Sosiale Skakels

Besoekers

We have 17 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 14 August 2015 10:22

16 Augustus 2015

Written by 
Rate this item
(0 votes)

 TEMA:      BID ONDER LEIDING VAN DIE GEES

Met ons fokustyd leer ons met nuwe oë na die kerk kyk.  Die kerk is alles behalwe ʼnluukse passasierskip waar almal sommer net heerlik bedien en vermaak word. 

Die kerk is die Here Jesus se oorlogskip (v 12) wat deur die satan en sy bose magte aangeval word. Elkeen van ons is in die geveg betrokke.

ONS MOET STERK WEES IN DIE STRYD                                             

Die geveg waarin ons betrokke is, gaan oor lewe en dood – ewige lewe en ewige dood. Elkeen moet sy/haar pos beman (v 11 & 13).  In ons stryd het ons die Here en ook mekaar nodig (v 18)                           

DAAROM MOET ONS BID                                                                  

Paulus leer ons: Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid ....  En dan sê verder: Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.   Maar dan kom die klem                                             

ONDER LEIDING VAN DIE GEES                                                         

Ons gebede moet deur die Gees gedra word, anders beteken dit net mooi niks. Paulus gee die versekering:  ... ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees pleit vir ons... (Rom. 8:26)

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ons dit kan droom , kan ons dit doen!”

25 & 26 September 2015

 

Ø  Soos almal kan sien klim die bydrae barometer  hier langsaan stadig maar seker.  Baie dankie daarvoor.

Ø  Siska van der Walt en Annemarie Eloff is in beheer van die Gebak vir Die Mark.  Diegene wat nog nie besluit het wat om te bak nie, kan sommer vandag met hulle praat. 

Ons kort regtig  nog daardie wenresep van jou se koek of tert vir ons Mark.

Ø  Nadia plaas so elke vier o vyf dae ‘n nuwe Het jy al die FB Event met jou vriende en familie gedeel?? Op hierdie manier kan die boodskap van Die Ouplaas Kontreimark baie ver   trek.

Ø  Danolien vra fotostate van ou familiefoto’s en geleenthede wat in die kerkgebou plaasgevind het.  Kontak haar by 0824145253. 

Sy soek ook ou Leef -tydskrifte wat by die kerkkantoor ingehandig kan word.

 

Ø  Ons kort nog baie sterk jonges met spiere wat kan kom help met die uitleg van die terrain en bemarking.  Praat asseblief met Peet Oosthuizen of Banie Grobler.

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. 

Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

 

Vir ons Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS

U naam as verwysing asb.

 

BRITS RUSOORD

Geagte Predikante en gemeente

Ons wil net hiermee baie dankie se vir die donasie van R 2 444 ontvang.
Brits Rusoord kan slegs goeie diens lewer omdat ons ondersteun en gedra word deur ons gemeenskap.
 

Baie dankie weereens.
Vriendelike groete

 Truidie van Schalkwyk

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Saterdag 12 September is dit weer die Paul Kruger kinderhuis se kersfunksie.  Ons wil graag die jaar as geskenk vir hul ‘n kontantbedrag gee om hul kamers op te knap.

Die dogters kort gordyne en hul kan self besluit wat hul met die seuns se kamers wil doen.

Ons wil vir hul ‘n donasie van omtrent R15000 gee, aangesien die koste vir gordyne in die meisies se kamers R10 000 sal beloop.

Ons sal verdere reëlings deurgee waarheen ons sal gaan vir die kersfunksie.

Baie dankie dat ons weereens op jul kan staatmaak.

 

Riana

 

Program van die week wat kom

So.         16 Aug.            Omgeebedieningsraad Vergadering         11:00       Moederskamer

Wo.        19 Aug.            Evangelie Bedieningsraad Vergadering    19:00      Jeuglokaal

 

Cornerstone Kinderhuis

Gertruida  en  Werner Wagner  versorg  25 blanke  kinders op ‘n plaas in die omgewing.  Hulle doen kosbare werk daar.  Hulle het  tans ‘n tekort aan speelgoed.

Daar is ook ‘n fondsinsamelingsprojek wat hulle tans van stapelstuur om salarisse aan te vul: fonteinwater @ R4  en gegeurde water @ R6  beskikbaar by die bandeplek by die Meule.

 

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                         

Ekumenisiteit Buiteland

Volgende Sondag by deure     

Emeritaatsfonds

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Japie Rheeders          Eddie v/d Merwe

Diaken        Marthie Grobler         Harm du Plessis

 

Gasvryheid        E 1                      A 6

Volg. Week:        E 2                     A 7

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:

Volgende Sondag:  30 Aug.

Les 18.   Eks. 6 - 10

Die eerste nege plae.

 

ONDERLINGE BELEWING                                                                                                     

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ʼnoffergawe gegee het. (Ef. 5:1 & 2)

1.         Sr Jeanne du Plessis is tuis na haar knie-operasie. Ons vertrou dat sy gou weer op die been sal wees.

2.       Sr. Bettie Pretorius bly maar swak en verduur ook pyn en ongemak.  Ons dra haar en haar geliefdes op aan ons hemelse Vader.

3.       Sr Lettie du Plessis se toestand verbeter skynbaar ook nie veel nie. Sy word in die afdeling vir verswaktes in Rusoord versorg. Ons dra haar ook op aan die sorg van ons hemelse Vader. 

4.        Sr Ria du Plessis verduur nog heelwat ongemak nadat sygeval en twee van haar ribbebene gebreek het. 

5.    Hartlik geluk aan br Jan en  sr Ria du Plessis wat die afgelope week hulle 64 ste troudag kon vier. Dit is groot genade van die Here as ʼnmens so lank saam die pad kan loop.

      

 

Read 2540 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments