Sosiale Skakels

Besoekers

We have 21 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 18 September 2015 09:18

20 September 2015

Written by 
Rate this item
(0 votes)

 TEMA:  Jesus Christus het gesterf om alles met homself te versoen

Ons verwelkom vandag vir Ds. Johannes Aucamp wat die erediens by ons gaan waarneem.  Ons bid hom die seën van die Here toe.

 

Weet jy wie jy is en hoekom jy leef?  Maak jou lewe sin?  Om jou ware identiteit en rol in God se geskiedenis te kan uitleef, moet jy weet hoekom Jesus Christus sy bloed aan die kruis gestort het.  

Die meeste gelowiges is oortuig dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het om hulle sondes weg te neem.  Hierdie antwoord is egter  net 'n gedeelte van die waarheid en 'n verskraling van die volle waarheid.  

In Kolossense 1:20 word daar direk vir ons gewys dat Jesus moes sterf om alles met homself te versoen.  Wat sou die alles wees wat Hy kom versoen het?

 

 

KONTREIMARK VERFKUNS

Die Annie Sloane verftegnieklasse wat tydens Die Ouplaas Kontreimark aangebied word behels die volgende: elke deelnemer ontvang ‘n raam waar op die agterkant verskillende tegnieke aangeleer word. 

Daarna besluit jy self waarvan jy hou en voltooi die voorkant van die raam met daardie tegniek.  Die koste vir ‘n 3 ure klas is R400 per persoon. Daar is nog plek vir 4 dames vir

Vrydag 25 Sep. vanaf 1 – 3.  Diegene wat reeds bespreek het moet assebief vooraf die geld by die Kerkkantoor inbetaal.

 Vir verdere inigting skakel Welma de Wet  084 206 7748.

 

BRITS RUSOORD SPITBRAAI
Ons is van voorneme om in die lente 'n funksie aan te bied waar die gemeenskap en ons inwoners saam kan kuier.
Datum:  30 Oktober 2015                                                   Tyd:        18h00
Venue:    Brits Rusoord                                                      Kaartjies: R 130.00 per persoon
Spyskaart: Skaap op spit. Wors, Pap & Sous, Brood/konfyt tafel, 2 slaaie, en nagereg.
Ons verskaf dansmusiek.             Bring asb eie mandjie met eetgerei en drank.
Kontak asb vir Truidie van Schalkwyk 012 252 7043/082 459 3840
 

 

ALMANAKKE 2016:

Ons plaas weer bestellings vir die Almanakke van 2016 aan die einde van September 2015.  Indien u enigsins belangstel, moet u die kerkkantoor kontak voor of op 30 September. 

Ons gaan hierdie jaar slegs almanakke bestel waarvoor daar bestellings geplaas is.

 

Kollektes
Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure    
Mukhanyo Com. Centre                    
Sondag by deure       
Emeritaatsfonds
 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling    Floris van der Walt   Eddie v/d Merwe

Diaken         Gert Postma             Annemarie Eloff

 

Gasvryheid        E 8                      A 4

Volg. Week:        B 1, B 2 & B 3      A 5       

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

 ONDERLINGE MEELEWING

1.         Sr Petro Pretorius se rugoperasie het goed afgeloop. Sy is nog in die hospitaal, maar sterk goed aan.

2.        Sr Trix Dreyer gaan DV Maandag vir ‘n knieoperasie. Ons bid dat die Here die operasie sal seen.

3.       Sr Amanda du Plessis was die afgelope week in die hospitaal. Sy het ‘n mantelvliesbreuk en sukkel ook met haar hart.

Ons bid dat die Here haar in sy liefde sal vashou en die behandeling sal seen.

4.       Sr Bettie Pretorius is maar swak. Sy is tans in die bed en word tuis by Riandi en Louis versorg.

5.       Br. Leonard Labuschagne (Christelle Kotzese pa) was die afgelope week in die hospital met long- en bloedprobleme. Hy is Donderdag ontslaan en sterk tuis aan.

 

BANKBESONDERHEDE:
Vir Die  Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS
U naam as verwysing asb.
 
 
 

 

Read 1730 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments