Sosiale Skakels

Besoekers

We have 13 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 13 November 2015 09:58

15 November 2015

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA:  GOD VOORSIEN TYDENS ‘N DROOGTE

Ons is in die greep van ʼnknellende droogte. Die hulpgeroep van mens en dier word dringend.   Ons oë is op God gerig. Net Hy kan ons nood verlig. 

Hoe doen Hy dit?  Hy doen dit met ons medewerking.  Daarom

1. VERLAAT JOU GEMAKSONE                                                                                

Elia het by die Kritspruit weggekruip. Agab het hom gesoek. Nou moes hy na Sarfa

Elia was bang. Hy het immers gebid dat daar droogte moes kom. Agab was op sy spoor.                                                                                                                       

3. SOEK GOD SE VOORSIENING                                                                      

4. STEEK JOU TROTS IN JOU SAK                                                                    

Hy moes by  ʼnweduwee gaan bedel. Dit was in die kultuur ongehoord.  Kyk hoe het die H

Die weduwee moes haar laaste meel en olie aan die man van God gee.  Saam beleef hulle dan die Here se wonderbaarlike versorging. 

Die Here het sy alles, sy lewe, vir ons kom gee.  Dit is mos wat ons vandag

 

TEKS:
“Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar.  Ek het ‘n weduwee opdrag gegee om vir jou te sorg.”
1 Kon. 17: 9 & 13
 

TEKS:

“Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar.  Ek het ‘n weduwee opdrag gegee om vir jou te sorg.”

1 Kon. 17: 9 & 13

 

VERFTEGNIEK KLASSE

 

Diegene wat balangstel in die Annie Sloane verfklasse kan direk met Welma de Wet kontak maak by 084 206 7748. 

Die klasgelde is R400 per persoon en begin Maandag 23 November om 9 uur by die kerk.

 

JEUGBEDIENINGSGROEP

Daar gaan hoenders en brood verkoop word by kerk as fondsinsameling vir die Jeugbediening.

Ons gaan werk op bestellings en dan gaan ons DV 22 November die hoenders by die kerk afgee. Dit beloop R60 vir ‘n hoender en  brood.  Ondersteun ons asseblief.

Frikkie van der Walt.

 

KERSPROGRAM  29 NOVEMBER

Ons gesamentlike Kersprogram (GK Krokodilrivier, NGK Sanddrift, APK Sanddrift) vind weer plaas om 18:00 op Sondag 29 November in die kerkgebou van NGK Sanddrift. 

Almal word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon.  Dit bring ons almal in die stemming van die komende Christusfees.

 

SUSTERS

Elke suster word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse afsluitingsfunksie op Saterdag 21 November 2015 om 9:00 by die kerksaal op Soutpans-drift. 

Ons gaan heerlik saamkuier, daar is  ʼnpaar verrassings en ons gaan die Geheime Vriendinne bekendmaak. 

Dink asseblief aan  ‘n oorspronklike manier om dankie te sêvir die vriendin wat jou die hele jaar met liefde bederf het.  Jy hoef nie  ‘n geskenkie te bring nie.  Ons sien uit daarna om almal daar te ontvang.

 

DIE HARTKLOP FEES

Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.

 

Datum: 15 April 2016

Waar:  NG Moreleta Ouditorium

Ten bate van: President Kruger Kinderhuise

 

Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za

 

Telefoon besprekings: 086 1000 291

 

Sangers:  Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam

 

BEROEPE ONTVANG

·        Ds SJ Briel [Stephan] van Bergbron na Middelburg-Noord.

BEROEPE AANVAAR

·        Proponent GP Meijer [Gerben] na Vryburg.

BEROEPE BEDANK

·        Ds HV Venter [Henning] van Pinetown na Middelburg-Noord.

 

Verjaarsdae hierdie week:

ONDERLINGE MEELEWING

Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus  (Gal. 6:2)

1.         Br. Jan du Plessis (Brigadier) ontvang nog behandeling vir sy hartprobleme. Ons dra hom en Sr. Ria op aan ons hemelse Vader.

2.        Hartlik geluk aan Arina van der Walt (Frikkie en Anika) wat as leier by Laerskool  Sanddrift verkies is.

3.        Br Christoff Naudé gaan die week vir  ʼnhart pasaangeër. Ons bid dat die Here die operasie sal seën.

4.        Baie geluk aan al ons kinders wat die afgelope tyd beloon is vir hulle harde werk en betrokkenheid deur die jaar.  Dit is voorwaar  ʼngroot voorreg om so  ʼnbeloning te ontvang. 

As jy maar net altyd onthou dat alles wat jy het en wat jy kan doen, verniet uit die hand van die Here kom en dat jy Hom daarvoor moet dankie sê. 

 

 

Read 1793 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments