TEMA: WIE PRAAT DIE WAARHEID?
In Jeremia 28 lees ons van twee profete wat sê: So sê die Here. Hulle boodskappe verskil egter totaal van mekaar. Wie praat die waarheid? Wie is die ware profeet?
1. HOE LYK DIE VALSE PROFEET?
Kyk na Gananja, by nabaat, uit die geskiedenis , weet ons hy is die vals profeet. Tog staan hy in die tempel en sê: "So sê die Here ..." hy is self oortuig dat hy namens die Here praat. Hy durf vir Jeremia aan en wil hom as vals profeet uitmaak.
2. HOE LYK DIE WARE PROFEET?
Op die oog af lyk hy en die vals profeet baie dieselfde. Hy sê ook: "So sê die Here..." Hy maak ook daarop aanspraak dat sy woorde waar is. Hy is ook oortuig van sy boodskap. Hy moes op die stadium verleë weggaan.
3. HOE HERKEN JY DIE WARE PROFEET?
Dis 'n ingewikkelde probleem. Dit was trouens nie eers vir die profete self so duidelik nie! Jeremia se boodskap sê onderwerp jou al kos dit lyding.
Buig, al lyk dit verkeerd! Die Here Jesus se boodskap sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My...".
TEKS:
Luister, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie. Jy laat hierdie volk staat-maak op leuens.
Jer. 28: 10 & 15
KATKISASIEOPENING
Die katkisasie begin vandag. Na afloop van ons erediens versoek ons al ons kinders van graad 1 – 11 om in die kerkgebou bymekaar te kom.
By die geleentheid sal Diaken Frikkie van der Walt, wat vir ons kategese se reëlings verantwoordelik is, die kinders help om in hulle onderskeie klasgroepe ingedeel te word.
U kan gerus ook saam met u kind na sy/haar lokaal toe beweeg en die hulpkategeet ontmoet wat elke Sondag u kind sal onderrig.
SUSTERS
2016 is nou al ʼnhele 3 weke oud en ons dinge begin nou volstoom. Hou asb. Vrydag-aand 5 Februarie oop vir ons Afskopfunksie. Dit beloof om ʼnheerlike aand te wees.
Blokke B en D se susters gaan ons op voortreflike wyse trakteer. As vervoer of ry in die donker ʼnprobleem is, kan u gerus vir Venita skakel en ons maak vinnig ʼnplan.
JEUG AANDBYEENKOMS 17 JANUARIE 2016
Die Teologiese student Marcel Floor gaan die byeenkoms aanbied. Die tema is: WAT LEER DIE NUWE TESTAMENT ONS OOR GEBED! Die aanddiens begin om 18:00.
DIE HARTKLOP FEES
Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.
Datum: 15 April 2016
Waar: NG Moreleta Ouditorium
Ten bate van: President Kruger Kinderhuise
Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za
Telefoon besprekings: 086 1000 291
Sangers: Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam
KOOR
Die koor begin vanmiddag 17 Januarie 2016 om 16:30 met hulle oefeninge. Indien daar ENIGE EEN is wat nog altyd wou koor sing maar nog nie so ver gekom het nie, is dit nou die tyd.
Ouderdom en ervaring speel geen rol om in die koor te sing nie. Net die behoefte om saam met medegelowiges die Here te loof en te prys en om op ʼnbesondere wyse interaksie met medegelowiges te hê, is hier belangrik.
aastyd is baie vroeg hierdie jaar en daarom sal ons moet wikkel!!!
WELKOM
Ons verwelkom vanoggend finale jaar teologiese student Marcel Floor hier by ons. Hy sal vir die volgende maand sy prakties hier by ons in die gemeente doen. U sal hom sekerlik in die maand heelwat beter leer ken en ons vertrou dat sy praktiese werk hier by ons vir hom sinvol en inspirerend sal wees.
Marcel Floor is tans in sy 6de en finale jaar aan die Teologiese Skool.
Hy het groot geword en skool gegaan op Heilbron in die Noord-Vrystaat.
Na hy sy matriek voltooi het op Heilbron het hy meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Vanaf 2002 het hy vir 9 jaar by Sasol in Secunda gewerk as meganiese ingenieur.
Hy was onder andere betrokke by die meganiese instandhouding van die as aanlegte, katalis aanlegte, water aanlegte, stoom aanlegte en suurstof aanlegte.
Die Here het hom egter geroep om voltyds in Sy diens te staan en sedert 2011 studeer hy teologie.
Hy is getroud met Jacqueline. Sy is ʼnchemiese ingenieur by Sasol, en werk tans by die monomere aanleg in Sasolburg.
Marcel en Jacqueline woon op Parys, want dit lêmooi tussen Sasolburg en Potchefstroom. Hulle dogtertjie, Claudia, is 16 maande oud.
PROGRAM VIR DIE WEEK
Maandag 18 Jan. 18:00 Susters Blok B & D Moederskamer
Dinsdag 19 Jan. 16:00 Sustersdiensgroep Verg (B) B/stasie
Dinsdag 19 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 1
Woensdag 20 Jan. 19:00 Kerkraad (ouderl. & diakens Kerksaal
Donderdag 21 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 1
Vrydag 22 Jan. Belydeniskamp Pastorie
FOKUSTYD
Ons begin hierdie jaar sommer vroeg met ʼnfokustyd en trek weg in die week van 24 Januarie. Ons plan is om die boek Habakuk te bestudeer.
In die tye en omstandighede waarin ons ons tans bevind, het Habakuk vir ons ʼntreffende en aktuele boodskap. Die handleiding wat ons gaan gebruik, is by die kerkkantoor beskikbaar en u kan dit nou reeds aanskaf.
ns wil graag soveel moontlik groepe en wyke betrek sodat ons almal saam ons in die Here se woord kan verdiep. Hier is weer ‘n spesiale geleentheid vir geestelike groei!
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Sustentasiefonds
Volgende Sondag by deure
Studentekas
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler Hannes Venter
Diaken Elsa Lourens Seun Potgieter
Gasvryheid D 1 & D 2 A 3
Volg. Week: D 3, D 4 & D 6 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
BEROEPE ONTVANG
Proponent GM Boersema [Marnix] na Graaff-Reinet.
ONDERLINGE MEELEWING
Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.
Laat julle as lewende stene opbou tot ʼngeestelike huis om ʼnheilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is(1 Pet 2:4-5).
1. Die skole het die afgelope week begin. Ons is dankbaar dat almal veilig terug is na die heerlike lang somervakansie.
Ons bid dat die Here ons ouers en hulle kinders in die nuwe kwartaal met al sy uitdagings en ontdekkings sal seën. Ons bid ook vir elke onderwyser(es) wat die verantwoordelikheid het om ons land se kinders op te voed.
2. Ons vier matrikulante het baie goed geslaag en is reeds met die nuwe fases in hulle lewens besig. Baie geluk en mag julle baie voorspoedig wees in dit wat julle nou aanpak.