TEMA: KOM BELEEF ONS HEMELSE VADER SE OPSOEKENDE LIEFDE
Geen mens kan of wil van vanself naby die Here leef nie. Inteendeel, die mens kruip as gevolg van die sonde weg – vir die Here en vir mekaar (Vgl. Gen. 3:7 – 10).
- SONDE IS ‘N GEHEIME, VERNIETIGENDE KRAG
Sonde lê in die wese van die vraag: Wie is ek? Kain en Abel was broers, maar hulle lewensbenadering verskil. Abel stel sy vertroue in God terwyl Kain sy sonde toelaat om hom te oorheers.
- DIE EWIGE GOD VOL GENADE SOEK ONS IN LIEFDE OP
Die Here kom praat spesiaal met Kain. Hy waarsku hom en wys op die mag van die sonde. Desnieteenstaande vermoor Kain sy broer.
- GOD STUUR SY SEUN OM ONS KRAGDADIG TE VERLOS
Kain se bloedvergieting lei tot sy verwerping. Hy toon geen berou en word ʼnswerwer –van God verlate. Daarom moes God sy Seun stuur sodat Hy ons verlos deur die vloek in ons plek te dra. Ons Here Jesus se bloed aan die kruis roep om God se vergelding en Hy roep uit: My God, my God waarom het U my verlaat?
TEKS:
“As jy nie goed doen nie-die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
Gen. 4: 6 & 7
ONDERLINGE MEELEWING
"Dieselfde gesindheid moet ook in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was...." (Fil. 2:5)
- Sr. Petra Steenkamp is tuis na haar heupvervanging. Ons is dankbaar vir die Here se genesende krag.
- Sr. Arina de Jager is ook uit die hospitaal ontslaan na haar knievervanging. Sy sterk ook goed aan onder die liefdevolle versorging van ons hemelse Vader.
- Br Dries du Plessis was in die hospitaal nadat ʼnmaagseer aan die bloei gegaan het. Hy is ook weer tuis en sterk met behulp van die regte behandeling goed aan.
- Die skole het Vrydag gesluit en ons wens al ons kinders en onderwysers ʼnwonderlike vakansie toe. Almal op die paaie: Ry asb versigtig en kom veilig tuis. Mag die Here ons almal vashou in sy liefde.
GOEIE VRYDAG EREDIENS
Ons het DV op Goeie Vrydag 25 Maart om 09:00 ‘n gesamentlike erediens (Soutpansdrift en Beestekraal) in Soutpansdrift kerkgebou.
Bring gerus u familie en vriende saam om die Here op die besondere dag in ons kerklike jaar te ontmoet.
Goeie Vrydag is inderwaarheid die belangrikste dag op ons kerklike kalender, want dan herdenk ons Here Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis.
MOOTKAMPE 2016
Die Mootkampe word aangebied vir ons jongmense.
Die kampdatums is Gr. 10 – 12 vanaf 25 Junie tot 2 Julie en
Gr. 7 – 9 vanaf 26 Junie tot 1 Julie.
Die koste beloop R690 vir Gr. 7 – 9 en R966 vir Gr. 10 – 12 (etes ingesluit).
Kontak Ansuri Welman by Selnr. 072 418 2190 of eposadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
TER APPROBASIE
AS DIAKENS:
Koos Venter, Grieta Venter, Chris du Plessis, Christo Hattingh, Rainer Shurger en Herman du Preez.
AS OUDERLINGE:
Gert Postma en André Rossouw.
MEDIAVDERKLARING DEUR BESORGDE SUID-AFRIKANERS, WAT OP 29 FEBRUARIE 2016 IN PRETORIA ONTMOET HET
Goeiedag broers en susters
Ek gee graag vir u die mediaverklaring deur soos saam met 'n aantal organisasies wat op inisiatief van Dr Theuns Eloff vergader het, opgestel.
Die GKSA se Deputate Owerheid het die verklaring onderskryf in ooreenstemming met die mandaat wat ons van die Algemene Sinode ontvang het. Cassie Aucamp
As besorgde Suid-Afrikaners uit kerke, vakbonde, die sakewêreld en burgerlike samelewingsorganisasies, is ons diep verontrus deur die toenemend gespanne verhouding tussen
Suid-Afrikaanse gemeenskappe en die eskalasie van rasse-insidente, insluitend die onlangse protesoptrede by universiteite.
Ons verwerp rassisme uit enige oord ondubbelsinnig en ons waarsku dat die uitbuiting van rassisme vir politieke doeleindes uiters gevaarlik is.
Ons doen ʼnberoep op alle Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe om respek teenoor mekaar te betoon ten opsigte van menswaardigheid, verdraagsaamheid met verskille en die oorweging van almal se bekommernisse, belange en aspirasies.
Ons is bekommerd oor die gevolge van woede én vrees, en die verdere eskalasie van rassespanning. Ons jongmense is in hierdie opsig besonder kwesbaar.
Ons besef dat arrogante, onnadenkende en onsensitiewe houdings groot skade kan berokken en verbind onsself om dit te bestry.
Terselfdertyd is dit ons oortuiging dat mense van alle rasse beoordeel moet word op grond van wat hulle as indiwidue doen en sê, en nie bloot op grond van hulle ras nie.
Ons vind dit prysenswaardig dat verskillende organisasies en gemeenskappe alliansies met universiteite gevorm het om geweld en rassisme te beveg, sodat bestendige, vreedsame en volhoubare oplossings nagejaag kan word.
Ons het in ons gesprekke die behoefte aan ‘n hernieude versoening en vredesproses geïdentifiseer, waardeur Suid-Afrikaners oor ‘n breë spektrum kan beraadslaag oor ‘n gedeelde
visieen die samelewingsprobleme wat ons in die gesig staar. Daarom sal ons om hierdie proses te bevorder, gesamentlik en afsonderlik in gesprek met ons mede-Suid-Afrikaners tree.
Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons oproep vir hernieude versoening te ondersteun.
Ons sal ‘n dringende en hoëvlak gesprek met die regering vra, sodat ons ons bekommernisse in ‘n gees van wedersydse erkenning en respek kan bespreek.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Plaaslike Sending
Volgende Sondag by deure
Die Kerkblad
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders Thinus Eloff
Diaken Nico Engelbrecht Jannie du Plessis
Gasvryheid E 6 – E 10 A 5
Volg. Week: B 1, B 2 & B 3 A 6
Verjaarsdae hierdie week:
BYBELSKOOL:
Maandag 21 Maart om 18:00 in die kerksaal.
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Jesus loop Homself dood
deur Stephan Joubert
Wanneer ek die Markusevangelie lees val dit my op hoe baie Jesus aan die beweeg is. Hy is gedurig op die pad en vinnig aan’t rondbeweeg. In Markus 15 loop Jesus Homself dood- letterlik!
Ons lees hier hoe Hy aan ’n houtkruis vasgekap word net buitekant Jerusalem. Terwyl almal Hom verlaat, roep Jesus daar sy bekende woorde van Psalm 22 uit:
“My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Markus 15:34). Hoop-verlore, of dalk nie! Want daar in Jesus se sterwensoomblikke roep Hy juis na God, daardie einste God wat die
psalm-skrywer van Psalm 22 te hulp gekom het, soos wat die res van hierdie psalm getuig. Jesus se sterwe is geen noodlot-grap nie. Vanaf Markus 8 het Jesus drie keer gesê dat Hy,
die Seun van die mens, oppad is na Jerusalem om doodgemaak te word. Sy pad is ’n doodloopstraat. Dit eindig aan ’n houtkruis. Nee wag, dit eindig anderkant die leë graf.
Want daardie einste lydende Seun van die mens word ook deur God opgewek uit die dood. Sy doodloopstraat lei ’n nuwe leefstraat in vir Homself en elkeen wat in Hom as die Seun van God glo.
Slegs in Jesus is hierdie nuwe lewe moontlik.