HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 40
TEKS: 2 Kron. 18: 1 – 4
1. Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy ‘n huwelik tussen ‘n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.
2. Na ‘n paar jaar het hy vir Agab in Samaria gaan besoek. Agab het ter ere van Josafat en sy gevolg ‘n groot aantal skape en beeste geslag en hom ook probeer omhaal om ‘ n veeldtog teen Ramot in Gilead te begin.
3. Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gesê: “Ek en jy is een, en ons leërs is een. Ons is saam met jou in die oorlog,
4. Maar,” het Josafat verder vir die koning van Israel gesê, “vind nou eers uit wat sê die Here.”
TEKS: 2 Kron. 19: 1 – 3
1. Koing Josafat van Juda het behoue tuis gekom in Jerusalem.
2. Daar het die siener Jehu seun van Ganani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u ‘n goddelose help en aan ‘n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die here op u laat kom.
3. “Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”
BEHOEFTIGES
Daar is ‘n groot behoefte vir seunsklere, veral vir 2 en 10 jaar. Kontak Martie Pretorius by 0834250932.
Koningskinderskamp 2016
Dit is met groot opwinding dat ons weer die Koningskinderskamp vir 2016 begin organiseer.
Die kamp word jaarliks aangebied vir 50 kinders in die nabye omgewing. Hierdie jaar vind die kamp plaas DV 26 Junie tot 3 Julie te Thaba Morula.
Graag wil ons elkeen van u deel maak van hierdie unieke geleentheid om God se woord te verkondig aan die kinders van Sy koningkryk, die kroon van Sy skepping.
Ons geestelike program handel oor “ Wie is Jesus”, waartydens ons vir die kinders leer dat Jesus ons enigste weg en waarheid tot God is.
Indien daar enige belydende lidmate is wat graag groepleiers wil wees, kan u gerus vir Jana kontak.
As u graag in die vorm van ‘n skenking wil bydrae, sal ons enige skenkings vir:
Badgoed , Lekkergoed, Koekies , Beskuit, Klere, Slaapbenodighede, Vleis, Groente, Vrugte of ‘n finansiële bydrae opreg waardeer.
Ons nooi elke lid van die gemeente uit om te kom deel in die week se aktiwiteite. Indien enige kleingroep of gesin ‘n aand of dag saam ons wil kom spandeer, kan u gerus met Jana of Janita praat.
Indien u enige vrae het, kontak gerus:
Jana Leibbrandt ( kamporganiseerder en diaken) : 073 217 5222
Janita Greyling ( Kampmoeder) : 072 9077 811
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
GKSA Sustentasiefonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Peet Rheeders Gerhard de Wet
Diaken Cules van der Walt Annemarie Eloff
Gasvryheid E 1 A 5
Volg. Week: E 2 A 6
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
NAGMAALETE
15 Mei se Nagmaalete word aangebied deur Blok A by Thaba Morula.
Bring eie eetgerei en drinkgoed saam.asook ‘n geldjie om kostes te dek.
PROGRAM VIR DIE WEEK
Maandag 9 Mei 19:00 Blokraad D Vergadering Kerksaal
Woensdag 11 Mei 19:00 Wykbedieningsraad Vergadering Kerksaal
JEUG AANDBYEENKOMS
Vanaand om 18:00 in Soutpansdrift Kerk. Kollekte om uitgawes te dek en daar sal verversings wees.
Tema: Waarom laat die Here soms toe dat slegte dinge met sy kinders gebeur?
ONDERLINGE MEELEWING
1. Jop Pretorius is tuis na hy ‘n 2de operasie moes ondergaan.
2. Sr. Jeane du Plessis kry tans Chemo. Ons bid dat die Here haar deur hierdie behandeling sal versterk.
3. Sr. Rina Scheepers is ook besig met Chemobehandeling. Ons bid dat die Here haar deur hierdie moeilike tyd sal beskerm.