HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 25 – Vraag 65 en Sondag 38 – Vraag 103
TEKS: Ps. 32: 1 – 5
‘n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
2. Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3. Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4. U hand het dag en en nag swaar op my gedruk, my kragg het opge-droog soos water in somerhitte.
5. Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê. “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe.
BEROEPE AANVAAR
· Ds JD Potgieter [Dreyer] van Rooihuiskraal na Meyerspark.
President Kruger Kinderhuise
Krokodilrivier Gereformeerde Kerk
Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende die kontant bydrae van R15000 wat ons op 28-04-2016 ontvang het.
Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde.
Ons kan met sekerheid sê dat die fondse aangewend sal word vir die versorging van ons kinders.
Volgehoue ondersteuning en bydraes soos hierdie maak ons hande sterk om ons kinders 'n tuiste en platvorm te bied waar hulle kan ontwikkel tot hulle volle potentiaal.
Dit is ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Krokodilrivier Gereformeerde Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.
Weereens baie dankie.
Vriendelike Groete,
President Kruger
FRANSE RADIOBEDIENING
Gister ontvang ek die volgende epos van die Amerikaanse koordineerder van die TWR360 platvorm (TransWêreldRadio se internet uitsendings):
Brother Eric,
Greetings to you today in the name of the Lord Jesus Christ! I was just looking over your latest TWR360 monthly report, and I found it to be tremendously encouraging, as I hope you also will.
Here are some specifics that I would like to point out:
1. As before, FEVR [Foi et Vie Réformées] is getting a huge number of listener comments each month, more than any other program that I am acquainted with on TWR360.
Your listeners are very enthusiastic about your program, and I hope you will be able to take advantage of the listing of their e-mail addresses to correspond with them.
2. Your streams and downloads total (= the number of people who actively engaged with your content) went from 914 (in the previous month) to 2,291 in April, which is a 250% increase!
3. In addition, your French programs are crossing language boundaries in a significant way.
They were accessed last month by speakers of nine different non-French languages, that is, people who speak French as a secondary language. These languages included…
§ English, § Afrikaans, § Arabic, § Bengali, § German, § Indonesian, § Mandarin,
§ Spanish (a LOT of them!), § Vietnamese.
All in all, I hope that this will be a blessing to you, and may God strengthen you and encourage you to carry out all that He has called you to do.
We are so grateful to be able to partner together with you in proclaiming the Good News of our wonderful Lord Jesus Christ!
Aan God Drie-Enig alleen die eer! Dankie vir voortgesette gebede en ondersteuning.
Ds EricKayayan
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Davron
Volgende Sondag by deure
GKSA Sustentasiefonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders André de Wet
Diaken André van der Walt Jannie du Plessis
Gasvryheid E 2 A 6
Volg. Week: E 3 A 1
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
NAGMAALETE
Dit word aangebied deur Blok A by Thaba Morula. Bring eie eetgerei, drinkgoed asook ‘n geldjie om kostes te dek.
JOP
Baie dankie vir almal se boodskappe en mooi wense vir herstel tydens my hospitalisasie en daaropvolgens.
Die oorvloed was net te veel sodat ek ongelukkig op elkeen individueel terug kon reageer nie. ‘n Besonderse dank aan br. Regardt Venter vir die bemoedigende besoeke in die hospitaal.
Hoe wonderlik was dit tog nie om die liefde en gemeenskap van Gelowiges ook op hierdie wyse te kon ervaar! Alle eer aan ons groot Geneesheer!
Groete
Jop Pretorius
ONDERLINGE MEELEWING
1. Sr. Jeane du Plessis is baie ernstig siek. Ons bid dat die Here haar en haar familie in sy lliefde deur hierdie beproewing sal dra en versterk.