Sosiale Skakels

Besoekers

We have 17 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 10 June 2016 08:16

12 Junie 2016

Written by 
Rate this item
(0 votes)

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Sondag:  48

 

TEKS:  OPENB. 5: 2B, 5, 6, 9 & 10

2b. Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” 5. Toe sê een van die ouderlinge vir my:

“Moenie huil nie.  Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oor-winning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.

6. Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. 

Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 9. Toe sing julle ‘n nuwe lied:

“U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mese vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 

10. U het hulle ‘n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”

 

KONTREIMARK 23 & 24 SEPTEMBER 2016

Soos almal weet, bied ons hierdie jaar weer die Kontreimark aan.

Verlede jaar was ‘n groot sukses en dit is agv van al die lidmate se harde werk en ondersteuning.

Ons vra egter hierdie jaar weer almal se samewerking;

-          DAAR GAAN ‘N LYS OPGEPLAK WEES BUITE.  VUL ASB. JULLE NAME IN WAAR JULLE VAN HULP KAN WEES.

Die volgende lyste sal later beskikbaar gestel word.

-          Geldelike bydrae

-          Bestandele

-          Gebak (daar sal ‘n lys beskikbaar wees van watter gebak goed verkoop het).

-          Lewende hawe

-          Items vir die Tombola tafel

Ons vra vrywillige lidmate wat bereid sal wees om as sameroeper op te tree vir die Tombolatafel

 

Broeders en susters                                                                                                     

Hiermee wil ek u graag in kennis stel van ons eie "gereformeerde"  "con-man". Dit is 'n jong man wat iewers 'n kerkalmanak in die hande gekry het en dit gebruik om kontak te maak met Gereformeerde predikante of ouderlinge.

Hy het donker hare, 'n langer onderkaak en is vol tatoeëermerke en snye wat hy glo self aan sy arm gebring het.

Sy storie aan my was dat hy wil selfmoord pleeg wat byna verseker dat hy 'n spreekbeurt gaan kry. Hy stel dan dat hy groot geword het in Pres. Kruger kinderhuis in Pretoria en in Gereformeerde Kerk Oos-Moot was.

Daarom soek hy 'n Gereformeerde Kerk Predikant om mee te praat want hy vertrou hulle glo die meeste.

Sy storie is dan dat hy deur die ds. van Oos-Moot verkrag is terwyl hy in die kinderhuis was en die naam van die ds. wat my gegee het was Faan Buys, iemand wat nie bestaan nie.

Hy verduidelik allerande grafiese gebeurtenisse op 'n wyse wat meeste warmbloedige afrikaanse gelowiges sal laat skrik of dalk net bloot kwaad gaan maak.

Hy vertel van sy ma wat hom op die oomblik misbruik om met mans seksueel te verkeer vir geld en stel dat hy sy vuiste moet gebruik om sy woede oor sy lewe te stil.

Hy sê dat hy 'n "digger" is in Piet Retief en dat sy sussie en haar tweelingdogtertjies daar woon en hy wil daarheen terugkeer maar het nie geld nie. Dit is dan uiteindelik dat hy geld vra.

Hy sal probeer om op jou gevoelens te speel deur heeltyd te stel dat hy jammer is dat hy jou tyd gemors het en het soms in vreeslike krutaal gepraat. Hy weier egter om homself te verwyder.

By my het hy sommer in my voertuig geklim. Sy naam vir my was Zander Jones en dit sal waarskynlik verander by elke predikant.

Dit wil voorkom of hy op 'n koningskinders kamp was en daar te doen gekry het met van die personeel by die kinderhuis omdat hy baie van die bekende name daar gebruik om jou te oortuig.

Ek het bevestig dat die man ook reeds besoek afgelê het in Bronkhorstspruit.

Hoop nie hy pla iemand anders nie maar wees maar op die uitkyk.                                    

Groete                                                                                                                         

Riekert Pelser     (Tel: 053 4740913 & Sel: 0823214373)                                                                                                                          

Gereformeerde Kerk Vaalharts                                                                                                

Posbus 42, Hartswater,  8570.___

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

Bybelverspreiding

Volgende Sondag by deure     

Emeritaatsfonds

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling  André Rossouw          André de Wet  

Diaken        Rainer Schurger        Jannie du Plessis                                              

 

Gasvryheid      E 5                              A 3

Volg. Week:      E 6                              A 4

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:                https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

VERGADERING:

Kerkraadverslag Vergadering Woensdag 22 Junie om 19:00 in die kerksaal.

 

ONDERLINGE MEELEWING

1.         Len Labuschagne is in die hospitaal en sal Maandag ontslaan word.  Ons wens hom alle beterskap toe.

2.        Theuns du Plessis is ook in die hospitaal.  Hy het nierprobleme.  Ons bid hom sterkte toe.

3.       Tant Bellie het ‘n operasie ondergaan en is nogsteeds in die hospitaal.  Dit gaan nie baie goed met haar nie.  Ons bid dat die Here haar sal dra en versterk.

 

SOP EN SJERRIE

Die Susters van Beestekraal nooi die gemeente uit na ‘n “SOP EN SJERRIE ETE” by Soutpansdrift Kerk vandag 12 Junie direk na die erediens.

Prys – R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.

 

 

 

 

 

 

Read 1814 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments