Sosiale Skakels

Besoekers

We have 11 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 12 August 2016 07:54

14 Augustus 2016

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA:  Die Here is met sy kinders, daarom moet hulle nie bevrees wees in die worstelstryd nie.

 

Ons word oorlaai met ‘n magdom van slegte nuus, moord, doodslag, oorlog, stakings politieke onrus ensovoorts wat ‘n mens maklik benoud en bevrees maak.

Ons lees ook gereeld hoe mense reageer op die ontstellende nuus: “Wanneer gaan dit ophou?” “Hoe lank nog voor iemand opstaan om ons hiervan te verlos."

In die Skrifgedeelte lees ons van baie slegte nuus wat koning Josafat bereik van ’n oormag wat teen hom as koning van Juda optrek. Hy raak bevrees, maar neem nie sy eie besluite nie en maak ook nie sy eie planne nie.

Hy bid tot die Here en soek sy hulp en wysheid by God. Die Here bemoedig hulle met baie goeie nuus, dat Hy met hulle is en dat hulle net moes staan en kyk na die oorwinning wat Hy vir hulle sou behaal.

Hoe reageer ons op slegte nuus? Maak ons, ons eie planne, vertrou ons dalk op ons eie vermoë, of wag ons ook vir iemand wat na vore sal kom om ons te red?

Daar is net een regte reaksie wat ons by Josafat en andere leer en ook by David opmerk. Ons lees die woorde van die Here in Psalm 50…

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

Ekumenisiteit Buiteland

Volgende Sondag by deure     

Emeritaatsfonds

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling  Andre Rossouw         Gerhard de Wet

Diaken         Albert du Plessis      Annemarie Eloff

 

Gasvryheid           D 1                          A 3

Volg. Week:           D 2                         A 5

 

Facebook:                https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

AANDBYEENKOMS:

Jeug aanddiens 14 Augus-tus om 18:00 by Soutpans-drift Kerk.  Almal welkom.

 

VISITASIE 31 AUGUSTUS

Visitasie 31 Augustus om 19:00 deur Di Neville Boy en Nelius van Rooy. Lidmate is welkom om met visitatore te kontak indien nodig.  Al die ouderlinge en al die diakens moet asb by die visitasievergadering teenwoordig wees.  

 

PROGRAM VIR DIE WEEK

17 Augustus          Wyk Bediengsraad Verg.               19:00                     Kerksaal

 

 

ONDERLINGE MEELEWING

1.         Br. Gert van der Walt (ou oom Gert) is Dinsdagoggend oorlede.  Ons dink aan sy familie.

2.       Br. Dries du Plessis is nogsteeds in die hospitaal.

3.       Baie geluk aan Cornel en Bianca Moolman wat hierdie week ‘n seun ryker geword het.

 

OUPLAAS KONTREIMARK

Indien lidmate enige weggooi goed het wat ons op die veiling kan sit, kan hulle dit na die Kerkkantoor toe bring.  Enige iets soos breekgoed, meubels, skilderye ens.

 

 

 

 

   

Read 1353 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments