Sosiale Skakels

Besoekers

We have 14 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 09 September 2016 10:15

: AL ONTHOU JY NIE JOU DOOP NIE, MAG JY DIT NOOIT VERGEET NIE - SOUTPANSDRIFT

Written by 
Rate this item
(0 votes)

Behalwe as jy groot gedoop is, onthou niemand sy/haar eie doop nie. Wat beteken jou doop dan? Jou doop is die bewys en die versekering dat die Here jou aangeneem het en dat Hy aan jou bepaalde beloftes maak. Omdat ons gedoop is, kan ons seker wees

1.     ONS IDENTITEIT IS GEWORTEL IN DIE VERLEDE

Ons doop sê dat ons op grond van God se genade saam met Christus begrawe is en dat ons ook saam met Hom in ‘n nuwe lewe opstaan. Hierdie belofte is gewortel in die verbond wat God met Abraham gesluit het (Gen 17).  Daarom, sê die sformulier, word ons as kinders van ons hemelse Vader aangeneem.

2.     ONS HET ‘N OOREENKOMS GEWORTEL IN DIE HEDE

Die Here belowe dat Hy bloot uit genade deur die werking van die Heilige Gees ons sondes met die kosbare bloed van ons Here Jesus Christus wil afwas.

3.     ONS SEKERHEID IS GEWORTEL IN DIE TOEKOMS

Die Here belowe by die doop dat Hy, bloot uit genade, ons saam met Christus uit die dood sal opwek (vgl. vers 5) en ons die ewige lewe sal skenk. 

 

Daarom moet ons altyd ons doop onthou.

Read 1355 times Last modified on Friday, 09 September 2016 10:18
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments