Sosiale Skakels

Besoekers

We have 13 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 14 October 2016 11:10

16 Oktober 2016

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEKS: LEWE NADER AAN DIE HERE EN VERVUL SOJOU LEWENSDOEL     

 

Mense soos Henog, Noag en Asaf het naby aan God geleef.   Hoe naby lewe ek en jy aan die Here?

Ons kan die vraag beantwoord as ons ‘n verdere vraag stel:                       

1.  WAAROP IS JOU EN MY LEWE GEFOKUS?

Jakobus sê sy lesers is op hulle selfsugtige begeertes gefokus. Daarom is daar rusies en selfs moord.  Selfs hulle gebede is selfgesentreerd!  Wat is Jakobus se advies aan die mense?  En kan ons iets daaruit leer?  Hy sê

2. KOM NADER AAN DIE HERE

Maar waar begin ’n mens?   By persoonlike bekering.  Jakobus sê:  Nader tot God en Hy sal tot julle nader.    Om jou te bekeer beteken omdraai – terug na die Here toe.

3. MAAK JOU LEWE SKOON

Jakobus sê hulle het vuil hande en boonop ʼn  dubbelhartigheid.....  Maw hulle dade en hulle harte is verkeerd.  Jakobus sê onder leiding van die Heilige Gees:  ...... bekla julle ellende, treur en huil!  

Laat julle vrolikheid in rou verander enjulle blydskap in droefheid.  Alles gaan oor jou reiniging in Christus en die pad onder leiding van die Heilige Gees loop.

 

TEKS:

Nader tot God en Hy sal tot julle nader.  Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

Jak. 4: 8

 

BEROEPE ONTVANG

·         Proponent FG Lee (Hardus) na Derdepoort.

 

BEROEPE AANVAAR

·         Proponent J Cronje (Jaco) na Aliwal-Noord.

 

BEHOEFTIGES

Marthie Pretorius vra vir 2 sllimfone as u miskien kan afstaan wat nie meer gebruik word nie.  (Vir kinders)

Daar is ook ‘n behoefte vir seunsskoene nr 10 – 11 grootte).

Skakel Marthie asb by 083 425 0932.

 

TANT POPPIE SE KOOKBOEK

Van die lidmate wat Tant Poppie se kookboek bestel het, kan dit kom afhaal Sondag 16 Oktober in die Kerkkantoor.

Daar sal ook ekstra boeke wees,  indien daar van die dames is wat nie bestel het nie, maar een wil hê.

Tant Poppies al op ‘n later stadium die boeke kom teken.  Die prys is R260 per boek.

 

ONDERLINGE MEELEWING

Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.  (Gal 6:2)

1.          ere toe.Ons betuig ons innige meegevoel met Sr. Christelle Kotze en haar gesin. Christelle se pa is Donderdagoggend vroeg oorlede.  Hy is gister in Pretoria begrawe.

2.       Dit gaan heelwat beter met BrDit gaan heelwat beter met Br. Dries du Plessis. Hy sterk tuis aan en is fluks besig om aan sy nuwe apparate, wat hom help om oor die weg te kom, gewoond te raak.

3.       Br, Bossie Bosman  Br. Bossie Bosman is die afgelope week in die hospitaal opgeneem met asemhalingsprobleme.

4.        SrSr. Susan Marx is in Pretoria in die hospitaal opgeneem met spanningsprobleem.

Die matrieks beleef hierdie week hulle laaste skooldag. Dan begin hulle vir hulle eksamen voor te berei.  Ons bid julle elkeen die Here se krag en nabyheid toe.

 

FOKUSTYD

Ons is vir die volgende ses weke met Fokustyd besig wees.  Die tema is:

GOD SE MISSIE EN DIE ROEPING EN GROEI VAN DIE KERK.

Die tema sluit aan by die vorige sinode se besluit rondom die groei van die kerk. As die kerk wil groei, kan dit uiteraard net by elke lidmaat persoonlik begin. Volwasse gelowiges is uiteindelik diensbare gelowiges. Mense wat nog kinders in die geloof is, sukkel maar om diensbaar te wees.  Soos klein kindertjies is hulle nog selfgesentreed. Soos babas of kleuters huil hulle as hulle versorg wil word. Hulle wil die bedien nie.    Hulle wil net bedien word.

Ons fokustyd se doel is daarom geloofsgroei. Ons moet opnuut weer vra: Waarom het die Here my verlos en sy kind gemaak? Wat is sy doel met my lewe? Wat verwag Hy van my?  Hoe wil die Here my gebruik?  Die Skrif leer ons dat ons mekaar moet help en ondersteun sodat ons kan groei en kan werk aan die uitbreiding van God se koninkryk. Daarom gaan ons vir 6 weke ons saam in die Here se Woord verdiep.  Daar is nog tyd om in te skakel en saam te groei.

Wat kan elke lidmaat persoonlik doen?

1.         Koop ‘n fokustydboekieby die kantoor teen R20-00.

2.       Bid elke dagdat die Here die fokustyd sal gebruik om geestelike verdieping by jou persoonlik en by elke lidmaat in ons gemeente te bewerk.

3.       Kom ontmoet die Here vir die volgende 6 weke, elke Sondag om die inleiding vir die week se studie in die prediking te hoor en die gemeenskap van gelowiges te ervaar.

4.        Lees elke dag se dagstukkieen besin saam met jou gesin oor die vrae wat gestel word.

5.       Skakel vir die volgende 6 weke in by ʼngroepwat weekliks byeenkom om die vrae te bespreek.                                                                                             

Indien daar onduidelikheid is, of as ek u kan help om by ‘n groep in te skakel, kontak my gerus.                                                                                               

 Danie de Kock

 

KINDERHUISFUNKSIE  BAIE DANKIE

Baie dankie aan almal wat op een of ander manier betrokke was by die uitreik na die Paul Kruger Kinderhuis se kinders. Hulle is gister by Thaba Morula onthaal. Baie dankie Riana Engelbrecht vir al jou reëlings.

Baie dankie aan elkeen wat ʼnbydrae gelewer het. Finansieel of andersins

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

Ekumenisiteit Buiteland

Volgende Sondag by deure     

Kerkblad

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling  Peet Rheeders           Gerhard de Wet

Diaken        Hennie Oosthuizen     Jannie du Plessis

 

Gasvryheid           E 1                          A 6

Volg. Week:           E 2                         A 7

 

Verjaarsdae hierdie week:  

Facebook:                https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

KOOR: 

Die koor  oefen Sondag 16 Oktober om 16:30 in Soutpansdrift Kerk.

 

JEUG AANDBYEENKOMS (16 Oktober om 18:00)

Spreker:  Dr. Danie de Kock

Tema:  Gesonde gesinne, geseënde kinders

Kollekte by deur om kostes te dek.

 

PRORAM VIR DIE WEEK

16 Okt.                     Sustersdiensgroep (S).                         11:00        Moederskamer

17 Okt.                      Kontreimark Vergadering                      19:00       Kerksaal

18 Okt.                     Predikant Huisbesoek                            E4            Hannes Grobler

19 Okt.                     Jeugbedieningsraad Vergadering         19:00       Kerksaal 

23 Okt.                    Evangelisasie B/raad Verg.                  11:00        Moederskamer

 

2016 FRANKFORT RIVIERTOER

Datum:    Woensdag 30 November tot Sondag 4 Desember 2016.

Waar:      Zorgvliet – Tweeling distrik (Frankfort).

Wie:         Alle Hoërskoolkinders van Gr. 8 tot 10.

Koste:      R750 per kind.

Vervoer:  Eie vervoer moet gereël word na en van Frankfort se kerkgebou.

Tema:      My beeld van ..God, myself en my naaste!

 

 

Read 2294 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments