TEKS: Die toekoms is by God bekend, daarom moet ons alleen op Hom vertrou
TEKS:
Hulle het hom geant-woord: ”Ons het elk-een ‘n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.” Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.”
Gen. 40: 6 - 8
ONDERLINGE MEELEWING
1. Br. Oubaas Pretorius is Vrydagoggend oorlede. Ons getuig ons innige meegevoel met Sr. Marietjie en haar gesin. Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
BEROEPE ONTVANG
Proponent DJ Malan (Danie) na Uitschot
VLEISVERWERKING EN –VERKOPE
Ons vleisverkope die afgelope jaar was ‘n baie groot sukses. Ons kon fondse insamel vir verskeie projekte:
Ons kon onder andere vleis voorsien aan instansies soos: die Omgeebedienings Raad, die Paul Kruger Kinderhuis, Davron en Cornerstone. Ons wil graag hiermee voortgaan om hierdie uitreikprojekte te help met vleis.
it spaar die kerkkas aan kontant en hulle kan in elk geval nie dieselfde hoeveelheid vleis koop sou ‘n mens vir hulle kontant skenk nie.
Ons beoog om deurlopend deur die jaar van tyd tot tyd vleis te verwerk en aan die gemeente te koop aan te bied en sodoende ook nog genoeg te he om in ons uitreike te voorsien.
Ons beoog ook om ‘n Vleis Verwerkingsgroep te stig, soortgelyk aan die Groente Verwerkingsgroep, wat in die namiddae behulpsaam kan wees van ongeveer 17h00 tot 20h00.
Lidmate wat vleis wil skenk vir hierdie projek, kan ons dwarsdeur die jaar kontak. Ons benodig bees-, wilds-, vark-, skaap- en hoendervleis.
Koos de Wet
KOOR
Die Simpre Cantando koor begin weer oefen Sondag 22 Januarie in die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Soutpansdrift.
Almal wat belangstel, is baie welkom veral die jonger stemme.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Sustentasiefonds
Volgende Sondag by deure Studentekas
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler Hannes Venter
Diaken Elsa Lourens Jannie du Plessis
Gasvryheid B 3 A 3
Volg. Week: B 5 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
15 Jan 1995 LOUISE V/D WALT Sel: 0736001100 E 5
17 Jan 2009 MARÈSSA MARX Sel: 0799074026 B 6
17 Jan 1948 RUT POTGIETER Sel: 0823535408 A 2
18 Jan 1978 FRANSIE MARX Sel: 0744947375 B 6
19 Jan 2007 JEAN V/D WALT Sel: 0824121562 E 4
19 Jan 1945 FERDIE KRUGER Sel: 0832687154 A 6
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Katkisasie:
Katkisasieopening vandag 15 Januarie.
GEBEDSBEDIENING
Elke Sondag om 9:15 word voorbidding gedoen vir die gemeente in die Jeuglokaal.
Almal is welkom.
Ons vra of die gemeente sal bid vir alles wat in die Mosterdsaad staan. Mense wat siek is en vir die vergaderings.
JEUG AANDBYEENKOMS
Vanaand 15 Jaunarie om 6 uur is dit die Jeug Aandbyeenkoms te Soutpansdrift Kerk.
Vir die openingsaand gaan die jeug bordspeletjies speel en nie ‘n bespreking soos altyd nie..