Sosiale Skakels

Besoekers

We have 13 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Wednesday, 12 April 2017 07:26

16 April 2017

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA:  CHRISTUS VERLOS EN VERNUWE ONS OM GOEIE WERKE TE DOEN                                                                                                                                          

 

Was jy al beïndruk met ander godsdienste se goeie werke? Christene word dikwels beïndruk met die voorkoms en optrede van ander gelowe.

Boeddhiste en sommige Moslems doen byvoorbeeld baie moeite om goeie werke te doen.

Die Bybel leer ons dat mense se beste werke soos ’n vuil en besoedelde kleed is. Soos ’n bedelaar wat jou voorruit met ’n olierige lap wil was en dit eintlik net verder besmeer, is ons beste werke besoedel met sonde.

Die goeie werke waarmee ons so maklik beïndruk word, is dikwels besmet met hoogmoed en bybedoelings soos om aansien by mense  te verwerf of om guns by God te verdien.

As gevolg hiervan moes Christus vlees word om onbesoedelde goeie werke te kom doen en uiteindelik deur die “goeie werk” aan die kruis vir al ons sonde en besoedelde werke te sterf.

So verskil ons van ander godsdienste en selfs sommige Christene wat uit hulle eie goeie werke wil betaal om vir ewig te mag lewe.

Ons glo dat Christus ons van die ewige straf vir sonde verlos het deur sy goeie en volmaakte werk aan die kruis.

Maar daar is nog ’n gevaar aan die anderkant! ’n Slaggat waarin baie gelowiges trap is om onder die indruk te kom dat ons geen goeie werke hoef te doen nie. Christus het reeds alles vir ons gedoen.

Is dit die waarheid? Nee! Die Bybel leer ons om wel goeie werke te doen.

Goeie werke kan nie ’n mens verlos van die straf vir ons sonde nie, maar goeie werke het ’n belangrike plek in ons geloofslewe.

Die Heidelbergse Kategismus gee baie aandag daaraan, Sondag 32 – 52 fokus op die goeie werke wat ons uit dankbaarheid vir ons genadige verlossing moet doen. Vanoggend staan ons by Sondag 32 stil.

                                                                                                                              

Teksvers:

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God.

Ef. 2: 8—10

 

DAG VAN VEROOTMOEDING : 22 APRIL 2017

Die geleentheid val saam met die saamtrek van Angus Buchan te Bloemfontein.

Nie almal kan Bloemfontein toe gaan vir die byeenkoms daar nie,

daarom is daar ‘n geleentheid plaaslik geskep om ons saam voor die Here te

verootmoedig. 

Dit vind plaas op Saterdag 22 April 2017 om 14:00 by die NG Gemeente Dalunie.

Die lofprysing begin alreeds om 13:30.

 

ONDERLING MEELEWING

1.           Br. Hannes Venter was as gevolg van slaapapnee die afgelope week vir ‘n angiogram.  Ons wens hom sterkte toe met die behandeling.

 

Classics is groot

24 Junie 2017  om 19:30  Moreletapark Ouditorium

Jannie Moolman—Corlea Botha - Johannesburg Balletgeselskap -Joseph Clark - Coleske -   en die Nederlandse sangsensasie , Amira gaan vir ‘n ongelooflike musiek-ervaring sorg.

Slegs 20 kaartjies  by die Kerkkantoor beskikbaar spesiaal aangekoop vir ons senior lidmate @ R350 pp.  Ander lidmate is ook welkom om kaartjies te koop @ R425 pp.                                          

Saamrygeleentheid sal gereël word.

 

BENODIG DRINGEND

By Sonop Ouetehuis benodig ons dringend tweedhandse/gebruikte handdoeke – kontak Rina Gertenbach by 082 374 0695

Vir Cornerstone benodig ons vetkryt, inkleurpotlode, potlode, penne, en inkleurboeke – alles kan gebruik wees.  

 

GEMEENTEKAMP  5—7 MEI 2017           THABA MORULA

Besprekings vir akkommodasie is oop

Alle besprekings en betalings moet by die Kerkkantoor gedoen word.

Regstelling : Die chalets is R350per nag  en nie R50 per nag soos aanvanklik bekend gemaak is nie.

Die klaagliedere van Dominee Tienie Benade

Die een man vertoning van Frank Opperman vind plaas op  Vrydag 5 Mei 2017 om 19:00

Die kaartjies kan aan enigeen  ook buite die gemeente verkoop word.  Ons maak regtig staat op elke lidmaat se bemarkingsvermoë. 

Adverteer asseblief by julle familie en vriende.

 

Verjaarsdaehierdie week

 

16 Apr 1963      MARIETJIE PRETORIUS                      Sel: 0761669670                   B 5

17 Apr 1983      HESTER BERTHOLD                            Sel: 0829317543                   B 1

17 Apr 1948      PETRO PRETORIUS                            Sel: 0827408786                   D 8

18 Apr 1977      JACOLIEN DU PLESSIS                      Sel: 0826421331                    E 1

19 Apr 1981       MARIET BADENHORST                      Sel: 0834292527                   B 2

19 Apr 1986      DIRKIE GERTENBACH                        Sel: 0798722205                    E 7

21 Apr 1982      GERTIE DU PLESSIS                          Sel: 0829263237                    E 4

22 Apr 1986       HENNIE OOSTHUIZEN                       Sel: 0745229276                   E 7

22 Apr 1993        NICOLENE VAN NIEKERK                 Sel: 0797838424                   E 6

 

Kollektes

Vandag onder diens              Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Brits Rusoord

Vlgde Sondag by deure       Brits Rusoord

 

Facebook:                 https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                                     Soutpansdrif                                      Beestekraal                

Ouderling                                   André Rossouw                                     Gerhard de Wet

Diaken                                        Frans de Jager                                      Seun Potgieter

Gasvryheid

Vandag                                        E 5 en E 6                                                  A 1

Volgende Sondag                        E 7 en B 1                                                  A 2

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. 

Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

U naam as verwysing asb.

 

 

 

 

 

 

 

 

Read 1596 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments