TEMA: LEWE JY UIT JOU EIE VUIS VOL MOEITE OF UIT DIE OOP HAND VAN GOD?
Die Prediker vra sommer hier aan die begin van sy boek, in hfst. 1:3: Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld? Sy eerlike bevinding is: Alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind (1:14).
Die vraag is: Hoe benader ons die lewe?
1. WIL EK EN JY ALLES UIT DIE LEWE UITHAAL?
Die meeste mense in ons of post-moderne tyd is mos ingestel op wins, groei, ontwikkeling en uitbreiding. Dit is immers wat die materialistiese samelewing vir ons leer. Jy soek altyd na meer en beter.
2. PROBEER ONS ALLES IN DIE LEWE INSIT?
Meer tyd, krag, moeite, vriendelikheid en liefde. Hierdie lewe wil hê jy moet reg belê en al jou vernuf gebruik, want dan sal jy sukses behaal.
3. KLIM LIEWER SELF IN DIE LEWE IN!
Luister weer na die Prediker se raad: Eet jou brood met vreugde..., dra wit klere..., geniet die lewe ... wat God jou in hierdie wêreld gegee het. God het nie net die lewe gegee nie.
Hy het vir ons sy Seun gegee en sy Heilige Gees uitgestort. Die lewe in Christus is die enigste sinvolle en ware lewe.
TEKS:
Doen met toewy-ding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waar-heen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie
.
Pred. 9: 7 - 10
ONDERLING MEELEWING
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld (Rom. 12:9 & 10)
- Br Johnnie Pretorius het besluit om nie op die stadium die operasie te ondergaan nie en sal daarom ander behandeling kry.
- Hartlik geluk aan Johan en Maruschka du Plessis met die geboorte van hulle dogtertjie. Geluk ook aan oupa Kobus en ouma Donnie. Geluk ook aan grootouma Lettie du Plessis.
- Geluk aan Lientjie du Plessis met die verwerwingvan haar graad die afgelope week. Geluk ook aan Jannie en Rosy met hulle slim dogter. (Ons hoor graag van ander studente wat graad vang)
- Sr Annetjie Scheepers moet vir die volgende 5 maande ernstige chemoterapie ontvang. Ons bid haar sterkte toe vir die moeilike tyd wat voorlê.
STEMMINGSPROGRAM 13 MEI 2018
Met die oog op die Paastyd wat verby is en die Hemelvaart nooi ons almal uit om deel te kom hê aan ons program “Christus het waarlik opgestaan .....en opgevaar” op Sondagaand 13 Mei 2018 om 18:00.
Die program bestaan uit lofprysing, koorsang en voorlesings. Ons vra dat almal wat kom ‘n bordjie toebroodjies (of soortgelyk) saambring sodat ons na afloop van die program nog lekker kan saamkuier oor ‘n koppie tee en eetdingetjie.
KONKABRAAI 25 MEI 2018 VANAF 15:00
Met die Manne-ontbyt suksesvol afgehandel, vat ons nou die volgende projek: die Konkabraai met Wicus van der Merwe ( Tolla seun). Die kaartjies is van hierdie week af beskikbaar by die kontaksusters: R100 per volwassene, R50 per laerskoolkind, voorskoolse kinders is gratis). Bring ‘n vleisie en drinkgoed saam. Hier sal braaipakkies te koop wees asook vleis om huis toe te neem ( a la Koos de Wet) , groente en ‘n brood- en beskuit tafel. Die Jeug gaan ‘n nagereg beskikbaar hê. Hierdie is ons laaste groot fondsinsameling van die jaar en ons doen ‘n beroep op elke lidmaat om te help met die kaartjie verkope. Nooi gerus u vriende en familie saam. Ons sal maar uit die blokke moet kom want daar is nie baie tyd nie!
BAIE DANKIE VIR ELKEEN SE HULP EN ONDERSTEUNING!!
BRITS RUSOORD HERFSMARK (5 MEI 2018 VANAF 9:00 – 12:00)
PRAGTIGE HANDWERK. PANNEKOEK, KERRIE EN RYS, VETKOEK,
NAGEREG EN VELE MEER.
KOM KUIER SAAM!!!
BESTELLINGS VIR AFLEWERING KONTAK ONS 012 252 7043 Baie dankie vir u hulp en ondersteuning by voorbaat.
PRESIDENT KRUGER KINDERHUISE
Namens die President Kruger Kinderhuise dank ons u opreg vir die groente en vrugte as skenking ontvang.
Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde.
Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om Gereformeerde Kerk Krokodilrivier se ondersteu-ning te ervaar.
Weereens baie dankie.