TEMA: BELEEF DIE KRAG VAN DIE WOORD
Wat deur ons teksvers op die tafel geplaas word, is die feit dat die Bybel beslis nie sommer maar net nog 'n boek op die rak nie. Sodra ek en jy die Bybel oopmaak en daarin lees, kry ons met God persoonlik te doen.
1. BEYWER JULLE OM IN DIE RUS IN TE GAAN
Dit het al in die verlede gebeur dat mense wat die beloftes van God gehoor het, nie in sy rus ingaan nie. Hoe kan dit gebeur? Vers 2:
“Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie”.
2. LEER UIT DIE FOUTE VAN DIE VERLEDE
Nadat Israel die Here se woord gehoor het en sy wonderdade gesien het, het hulle nog steeds in opstand gekom. En daarom kon hulle nie sy rus ingaan nie!
3. GEHOORSAAM DIE WOORD, DIT WAARBORG EWIGE RUS
Sy woord keer nooit leeg na hom terug nie. Hoe reageer u en ek op sy opdragte? Die feit van die saak is: Die helder lig van sy BLYE BOODSKAP skyn tot in die donkerste hoekies van ons elkeen se lewe.
Dis soos 'n vlymskerp swaard wat oopkloof en ontbloot. Dit beoordeel die bedoelings en oorwegings van die hart.
TEKS:
Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
Heb. 4: 12 & 13
HARTLIK WELKOM AAN DIE GIDEONS
Ons verwelkom vanoggend ‘n paar verteenwoordigers van die Gideons hier by ons. Hulle gaan ons kortliks vertel van die kosbare werk wat hulle doen om Bybels te plaas en sodoende die woord te versprei.
Ons is dankbaar vir die werk wat hulle doen en bid dat die Here hulle ryklik sal seën.
VAN DIE SUSTERS
Blok E se susters beplan
ʼnheerlike Fliekaand met Springmielies
en Potjiekos
vir die hele gesin op Saterdag 27 Oktober 2018.
Die potjiekos sal teen 18:00 gereed wees en as dit lekker donker is, begin die fliek op die gras voor die saal.
Die kaartjies is van vandag af beskikbaar by die kontaksusters van elke wyk en die kantoor @ R80 per volwassene en R40 per laerskoolkind.
Dit is ons laaste gesinsfunksie vir die jaar asook die laaste geleentheid om fondse in te samel vir die aanbieding van die Saamtrek 2019.
Baie dankie vir almal wat so ywerig saamwerk en ook diegene wat ons hande sterk maak!!
ONDERLINGE MEELEWING
Ons vra voorbidding vir die volgende lidmate:
- Br Harm du Plessis sterk goed aan na hy met ‘n bloedklont in die been gediagnoseer is.
- Br Petrus Pretorius sterk ook goed aan na sy operasie. Hy is egter maar baie swak
- Sr Rina Scheepers se gesondheid is nie na wense nie. Sy gaan stadig maar seker agteruit. Sy is verskuif na die hoësorgeenheid van Rusoord.
- Floris Kotze se suster Sarita is 5 Oktober oorlede en die 12 de begrawe.
Hartlik geluk aan:
Corlia Rheeders wat as Hoofdogter van Brits Hoërskool aangewys is. Ons is saam met haar ouers Japie en Gerda asook haar oupas en oumas (Gert en Hannie asook Peet en Kotie) sommer baie trots op haar.
Corlia, mag die Here jou die krag en wysheid gee om hierdie groot en verantwoordelike taak met liefde en toewyding te verrig.
Janien Linde (Ds Danie en Venita se dogter) het Vrydag by die Lente gradeplegtigheid van NWU haar Ph D in Algemene Taal- en Literatuur wetenskap ontvang.
MATRIEKS:
Ons dra ons matrieks op aan ons hemelse Vader. Hulle matriekeksamen begin hierdie week in alle erns. Mag julle elkeen die nodige krag, wysheid en kalmte ontvang om goed voor te berei en net julle beste te lewer.
Die matrieks is: Willem van der Walt, Danolien Postma, Barry Bedford, Cherie van Wyk, Elmien du Plessis, Christo Marx en Brandon Marx.
Kerstyd-dinge
Sondag 18 November 2018 vanaf 18:30: Kersliedere en Musiek in Soutpansdrif se kerkgebou.
Sondag 25 November 2018: Gesamentlike Kerssangdiens by NG Sanddrift
Hou solank die datums in gedagte!!
EERSTEJAARSKAMP GK CACHET
Dit is weer amper tyd vir GK Cachet se eerstejaarskamp! Alle voorneemende eerstejaars te NWU Potchefstroom kampus, word hiermee uitgenooi na Cachet eerstejaarskamp 2019.
Vind asseblief onder aangeheg die foto met verdere besonderhede. Gaan skryf in vir die kamp met die skakel hieronder, of gaan na GK Cachet se webtuiste.
Stuur ook asseblief indien moontlik, name en kontak besonderhede van alle voornemende eerstejaars, sodat ons in kontak met hulle kan kom.
ID Nagel. Jubila 2018/2019 - Voorsitter . 0729266851. This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
KERKGROEISEMINAAR 3 NOVEMBER
Datum: Saterdag, 3 November van 09:00 tot ongeveer 14:00
Sprekers: Dr Griffel van Wyk en Dr Malan van Rhyn
Plek: Gereformeerde Kerk Krokodilrivier (Soutpansdrift)
Kostes: R50 per/persoon om uitgawes rondom verversings te dek
Vir wie? Ten minste elke gemeente se predikant en bedieningskommissie, maar almal is baie welkom.
Deur die loop van die oggend sal 3 temas hanteer word:
- Die Heilige Gees, geloofsvertroue en groei.
- Klassis as groter groei liggaam - Dit fokus hier op die klassis funksionering beskrywingspunten praktyk daarvan.
- 'n Gemeente groei proses - NCD proses en gefokusde werkgroepein die gemeente.
Laat weet asb voor 27 Okt vir Anriette by die kantoor as jy gaan bywoon
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
21 Okt 1987 LIZA NIEMAN Sel: 0784622290 Wyk: A 4
22 Okt 1985 JOPPIE PRETORIUS Sel: 0798823433 Wyk: E 6
23 Okt 1972 IKABOD MARX Sel: 0832915238 Wyk: A 5
24 Okt 1959 DANIE BREEDT Sel: 0614269669 Wyk: A 2
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Gideons
Volgende week Teologiese Skool Biblioteek
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Gert Postma Hannes Venter
Diaken Jan-Hendrik Leibbrandt Louis Kruger
Vandag: E 4 & E 5 A 6
Volg. Week: E 6 & E 7 A 7
PROGRAM VIR DIE WEEK
21 Oktober Blokraad A Vergadering 16:00 Hannes Venter
23 Oktober Evangelisasiebedieningsraad Verg 19:00 Pastorie
24 Oktober Omgeebedieningsraad Verg 19:00 Pastorie
BEROEPE ONTVANG
- Proponent JN Hibbert (Josef) na Pietersburg-Noord
- Ds RJ Pretorius (Rynhardt) van Buffeldoorns na Benoni as medeleraar
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.