Sosiale Skakels

Besoekers

We have 7 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 02 November 2018 08:53

4 November 2018

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA:  NEEM DIE WOORD VAN GOD AAN, DIT IS DIE SWAARD VAN DIE GEES.

Ons word vinnig ontsteld wanneer daar van ontwapening gepraat word want ons besef die belangrikheid van wapens om onsself mee te verdedig teen die aanslae van rowers, moordenaars en skelms.

Daarom sorg ons dat ons wapens vir selfverdediging veilig en skoon bewaar word. Baie van ons oefen gereeld om gewoond daaraan te bly sodat ons dit veilig kan gebruik om onsself mee te beveilig.

In die wapenrusting wat God vir sy kinders gee vir ons stryd teen die bose is daar een spesifieke item wat nie alleen tot verdediging aangewend word nie, maar ook om mee aan te val. Die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.

Ons kyk vanoggend na twee sake....

 

  1. Neem die Woord van God aan as swaard.

(Ps. 119:11)(Joh. 14:26)(Hand 17:11)(NGB art. 3-7)

  1. Waak teen die vyand wat  hierdie swaard wil afneem.

 (Gen. 3:1 en 4)(Mat 4:3)(Mat 13:19)

 

 

Iemand het gesê: “ ’n Bybel wat in jou kop gebêre is, is meer werd as ’n dosyn in jou tas.”

 

TEKS:

En neem aan die helm van verlos-sing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God.

 

Ef. 6: 17

 

NOOD BY ONS GEMEENTE SE ARMSORG

 

Ons vestig graag u aandag daarop dat ons gemeente se diakonale fondse onder druk verkeer. Die tekort beloop tans ±R7000 per maand.

As gevolg van die huidige ekonomiese omstandighede neem die behoefte na versorging geweldig toe. Ons kan met dank aankondig dat daar sedert ons vorige oproep wel 'n toename was, maar dit is ongelukkig nog nie voldoende nie.

Ons doen daarom 'n beroep op al ons lidmate om asseblief, indien moontlik, tydens kollektes heelwat meer by te dra sodat die tekort uitgewis kan word.

Sodoende stel u die diakonie in staat om die aller noodsaaklike barmhartigheidsdiens te kan doen. Onthou:  Die R10-00 wat jy tien jaar terug ingegooi het, is vandag, as gevolg van inflasie, sommer baie minder werd as destyds.

Iemand maak nou die dag die volgende ironiese opmerking:  Dit is nogal snaaks hoe min R50-00 is as daarmee by die restaurant betaal en hoe baie R50-00 is wanneer jy dit in die kollektesakkie by die kerk gooi.

 

27.  OMGEWINGSPITKOS

 

Ons  aanskoulike  belewenis van die natuur se gang  word reeds in Gen. 8 : 22 saamgevat.  ‘Van nou af sal al die dae van die aarde, saai en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie’.

Elke jaar se bekoorlike seisoenssimfonie is ‘n Godgewilde (Ps 74 :17) natuurritme  wat in sy volheid so ‘n noodsaak vir skeppingswelvaart is. 

Dit griffeer polsende emosiesnitte  ook in jou verstaan van die tweeprag Skrif en natuur. Benadruk balans en werklikheid, en laat jou die nut en sin van bestaan beter insien.

Lof aan die Here omdat God alles planmatig met ‘n doel geformeer het – om aan die mens op aanskoulike wyse die evangelie van verlossing te bring (Jes. 55:10,11). 

 

KERSTYD-DINGE (tye verander)

 

Sondag 25 November 2018 vanaf 18:30:  Kersliedere en Musiek in Soutpansdrif se kerkgebou.

 

Sondag 2 Desember 2018:         Gesamentlike Kerssangdiens by NG Sanddrift

 

Hou solank die datums in gedagte!!

 

BORG ‘N KERSGESKENK VIR CMR BRITS

CMR Brits bied op 6 Desember 2018 ons jaarlikse Kersboom aan vir minder bevoorregte kinders. Die Kersboom vind plaas by Polkadot (by Casa Grande).  Daar word beoog om ongeveer 60 kinders na die Kerspartytjie te nooi.

Elke kind ontvang jaarliks ‘n geskenk ter waarde van R150.00.  CMR Brits wil graag die gemeente nader en versoek om 10 kersgeskenke teen R150.00 elk te borg. 

Kontant skenkings is ook welkom.

U bydrae sal hoog op prys gestel word.

CMR groete  

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

 

5 Nov 1960               PIETER DU PLESSIS                   Sel: 0826558229                     Wyk: D 3

6 Nov 1956               CORNELIA DU PLESSIS               Sel: 0828785004                     Wyk: D 8

8 Nov 1994               ZANMARIE DU PLESSIS              Sel: 0795238174                       Wyk: A 7

8 Nov 2017                LILANIE KRUGER                                                                        Wyk: E 8

9 Nov 1975                HESTER MARX                           Sel: 0723725990                      Wyk: A 4

10 Nov 1969              RINA CILLIERS-LABUSCHAGNE   Sel: 0828927395                     Wyk: B 7

10 Nov 1967              PIETER DU PREEZ                      Sel: 0837070469                     Wyk: B 1

10 Nov 2004             LEANKE VAN DER WALT              Sel: 0826766698                     Wyk: E 1

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Studentekas

Volgende week                    CMR

 

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Jan van der Walt                                    Pieter du Preez

Diaken                                   Hannes Grobler                                      Annemarie Eloff

Vandag:                                   E 8 & B 1                                                      A 1

Volg. Week:                           B 2 & B 3                                                     A 2

 

 

PROGRAM VIR DIE WEEK

5 November            Blokraad B Vergadering                        19:00                 Pastorie

6 November            Blokraad E Vergadering                         19:00                 Pastorie

7 November            Admin Bedieningsraad Verg.                 18:00                 Pastorie

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

U naam as verwysing asb.

 

 

 

Read 686 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments