TEMA: ONS HEMELSE VADER IS IN BEHEER
Daar heers tans heelwat onsekerheid oor die toekoms. Die verkiesing is ophande. Wat gaan gebeur? Die volk Juda was destyds baie onseker oor hulle toekoms. Hulle sit in ballingskap en het nie juis hoop gehad op ’n toekoms nie.
1. VERLIES LEI TOT ANGS
Hulle het hulle beloofde land verloor. Met Psalm 137 kom hulle swaarkry na vore:
By die riviere van Babel het ons gesit en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. Aan die wilgerbome het ... ons ons liere opgehang... Hoe kan ons die lied van die Here sing in ʼnvreemde land?(Ps. 137:1 – 4)
2. DIE HERE GEE SEKERHEID
In Jesaja 43:1 – 7 bemoedig die Here sy volk. Dit lyk of die Here met sy Woord die volk so met albei arms om hulle skouers vat en na Hom toe nader trek.
3. STAP DIE TOEKOMS IN MET HOOP
Ons hou vas aan die versekering wat ons Verlosser en Saligmaker in Joh. 10:29
Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
TEKS:
Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam ge-noem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het.
Jes. 43: 1 - 7
ONDERLINGE MEELEWING
- Ons betuig ons innige meegevoel met André en Desiré Joubert wat hartseer is omdat drie van hulle familielede die afgelope twee weke oorlede is. Mag julle die Here se troosvolle nabyheid ervaar.
- Ons is saam met Martin en Janita Greyling asook hulle geliefdes opgewonde. Hulle seuntjie gaan DV môreoggend deur middel van ’n keisersnee in die wêreld gebring word. Ons bid dat alles goed sal verloop.
BEROEPE AANVAAR
- Proponent HJ Coetzee (Herman) na Amanzimtoti
BEROEPE BEDANK
- Ds GC Coetzee (Gideon) van Standerton na Delmas
KLEINGROEPIE
Die kleingroepie van ds. Regardt Venter kom weer Donderdag 9 Mei in die kerksaal bymekaar.
Tyd: 18:30
Almal is welkom.
FINANSIËLE STEUN AAN PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Ek rig met vrymoedigheid hierdie skrywe aan u.
Ons beleef tans ‘n besonderse moeilike tydperk wat finansies betref by die Kinderhuis. Volgens wat ons kon agterkom is dit meestal omrede die onsekere ekonomiese kwessies en die verkiesing wat voorlê.
Die Kinderhuis is afhanklik van finansiële bydraes vanuit die gemeenskap. Enige finansiële bydrae dra by tot die handhawing van die alomvattende versorging en opvoeding van ons kinders.
Graag wil ons ‘n dringende beroep op u doen om indien moontlik die Kinderhuis finansieël te steun.
Dankie dat ek u mag nader in die verband.
Vir enige navrae skakel my gerus by 012 3321366
Indien u bereid is om ‘n bydrae te maak, bank besonderhede as volg:
President Kruger Kinderhuis, ABSA Bank, Rekening nommer: 090340808
Verwysing: Naam + sel nommer
Koningkinderskamp 2019
Die Koningskinderkamp vir sowat 50 Gr 6 & 7 leerders is om die draai en ons is reeds druk besig om die kamp te reël.
Die kamp is 16 tot 23 Junie in die pragtige bosveld te Thaba Morula. In die oggend en die aand het ons ‘n geestelike program en verder deur die dag hou die instrukteurs van Thaba Morula die kinders besig met opwindende speletjies.
Indien u of ‘n kleingroep ‘n bydrae tot die kamp wil lewer sal die volgende baie waardeer word:
- U gebede dat die kamp vlot en sonder teespoed sal verloop
- Belydende lidmate wat as groepleiers kan optree
- Enige vleis en groente
- Skryfbehoeftes
- Ou / Nuwe klere
- Bybels
- Koekies/ Beskuit
- Lekkergoed
- Badbenodighede
- ‘n Geldjie om van die bogenoemde aan te koop.
Vir enige navrae kontak gerus Jana Leibbrandt - 073 217 5222 of Josua van der Walt – 083 638 0545
PROGRAM VIR DIE WEEK
6 Mei 2019 Blokraad D Vergadering 19:00 Pastorie
7 Mei 2019 Blokraad B Vergadering 19:00 Pastorie
8 Mei 2019 Blokraad E Vergadering 19:00 Pastorie
12 Mei 2019 Blokraad A Vergadering 16:30 Annemarie Eloff
VERJAARSDAE
5 Mei 1959 FANIE BRIEL Sel: 0822192828 Wyk: D 4
6 Mei 1961 WILLIE DU PLESSIS Sel: 0727096826 Wyk: D 7
6 Mei 1986 HANSIE VAN DER WALT Sel: 0716060159 Wyk: E 7
7 Mei 1990 CINDY GROBLER Sel: 0825798071 Wyk: E 4
8 Mei 1956 PIET PUTTER Sel: 0833402325 Wyk: B 2
9 Mei 1972 ESTIE SIEBERT Sel: 0844394837 Wyk: E 3
9 Mei 1978 FRIKKIE VAN DER WALT Sel: 0823242406 Wyk: E 4
10 Mei 2018 STEFAN DU TOIT Wyk: D 4
11 Mei 2006 ARMANDT MARX Sel: 0799074026 Wyk: E 4
11 Mei 2008 LUAN VAN DER WALT Wyk: E 7
11 Mei 1998 ANDRé VAN DER WALT Sel: 0822263253 Wyk: B 1
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Sustentasiefonds
Volgende week Plaaslike Sending
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Frikkie van der Walt Hannes Venter
Diaken Hennie Oosthuizen Seun Potgieter
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Peet Rheeders Gerhard de Wet
Christo Kruger Wicus de Wet
SKINK
Vandag: B 5 & B 6 A 6
Volg. Week: B 7 & D 1 A 7

