TEMA: MOENIE JOU GENADEGAWE(S) VERWAARLOOS NIE, BLAAS DIT
AAN SOOS ‘N VUUR
Ons almal ken iemand wat ’n talent ontvang het, maar omdat hulle die talent nie gebruik nie en nie daarmee woeker nie het hulle dit byna heeltemal verloor.
So kon sommige baie goed klavier speel en het die hoogste eksamens geslaag maar omdat hulle nie aangehou het nie het hulle nie meer vrymoedigheid om voor mense te speel nie.
Dit is nooit te laat om só talent weer aan te wakker nie!
Wat ons geestelike lewe aan betref is die Bybel baie duidelik dat alle gelowiges een of meer geestelike gawes ontvang het.
Net soos met talente waarsku die Woord dat ons die gawes nie moet verwaarloos nie, maar moet aanblaas.
- Elke kind van God het geestelike genadegawe(s) ontvang. Rom 12:6a
- Die gevaar bestaan dat jy jougenadegawe(s) kan verwaarloos. 1 Tim 4:14
- Jy moet gou geestelike gawe(s) aanblaas soos ’n vuur. 2 Tim 1:6
TEKS:
Moenie die genade-gawe wat jy het, ver-waarloos nie. Dit is aan jou gegee deur die profesieë toe die raad van ouderlinge jou hande opgelê het.
1 Tim. 4: 14 &
2 Tim. 1: 6
ONDERLINGE MEELEWING
- Br. Dries du Plessis is Donderdagnag oorlede na ‘n lang siekbed. Ons gebede gaan uit na Sr. Margie, kinders en kleinkinders
PROGRAM VIR DIE WEEK
31 Julie Adminbedieningsraad Verg. 19:00 Pastorie
4 Augustus Blokraad A Vergadering 14:30 Thaba Morula
FOKUSTYD KUIERAAND
Daar het ‘n behoefte ontstaan om ‘n gesamentlike Fokustydkuier te hou op die 4de Augustus en 18de Augustus.
Gemeentelede van Beestekraal wat wil aansluit kan van 15:30 by Thaba Morula byeenkom en Soutpansdriftlede kom dan by Soutpansdrift kerk bymekaar om 18:30.
Die susters kan net ‘n bordjie toebroodjies saambring en ons verskaf die koffie en tee.
JEUGAAND BYEENKOMS
Die Jeugaand byeenkoms van 11 Augustus skuif na 18 Augustus om 17:30 by Soutpansdrift Kerk.
Die Tema sal later bekend gemaak word.
SUSTERSBEDRYWIGHEDE
- KOMBERSIEPROJEK:
Almal wat wil wol skenk of help hekel, kan met Rienkies Selnr. 072 997 5623 of Elmarie Selnr. 072 500 2968 kontak.
- SENIOR LIDMATE:
Gekookte maaltye vir Senior burgers, geskep en gemerk in bakkies kan by die kombuis vir Annelise gegee word.
- BYBELSTUDIEGROEP:
Alle susters wat wil inskakel by ‘n bybelstudiegroep kan gerus kontak vir Rienkies by 072 997 5623
OMGEEBEDIENINGSRAAD
Gerhard de Wet van die Omgeebedieningsraad maak by hom beeste vet en versorg hulle vir die Armsorg.
Hy vra egter enige bydrae soos bv. voer vir die beeste.
Skakel hom by 082 780 0399
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Groot opgewondenheid by die Kinderhuis vir ons 80ste Verjaarsdag Partytjie!
Tafels te koop vir hiedie kuier, dans en ete-bederf aand. 7 September by Hoërskool Oos-Moot. Die Campbells gaan behoorlik die dansvloer aan die brand sing!
Bespreek so gou as moontlik kaartjies/tafel vir jou, jou gesin, jou familie, jou kollegas, jou bure.....Kontak my gerus vir bespreking!
Marlene 012 3321366/
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
CMR FONDSINSAMELING
Hoërskool Brits hou ‘n fondsinsameling vir CMR die 2de Augustus. Dis ‘n sop en sjerrie aand en Frank Opperman hou sy eenman vertoning “Donkie”.
Kaartjies is R180pp
Kontak Willa by Hoërskool Brits Kantoor. Haar nr. is 012 252 3228.
Indien enige een ‘n skenking wil maak soos Old Brown Sjerry, wyn of brode kan hulle ook die skool kontak.
58. Omgewingspitkos
Art. 1 van die NGB is die eerste en vernaamste van ons Belydenis want hier bely ons wie onse God is en wat sy goddelike krag en almag is.
Hy wat voor die grondlegging van die wêreld ‘n geheelplan vasgestel het waarvolgens Hy in die hemel en op die aarde geskep het.
Dit wat Hy wou doen het die HERE gemaak vir sy doel (Spr 16:4) en verklaar dat dit baie goed is (Gen 1:31). Veral vir die mens is veel daar gestel om tot ontplooiing gebring te word.
Uit en deur die godsdiens, wetenskap en tegniek moet al die geestelike en stoflike rykdomme tot openbaring kom want alles is dinamies gemaak.
‘n Eeuelange Godsbouwerk totdat die ganse skepping sy eindbestemming bereik.
VERJAARSDAE
28 Jul 1961 DONNIE DU PLESSIS Sel: 0781202394 Wyk: D 3
28 Jul 1959 ANDRÈ JOUBERT Sel: 0833692800 Wyk: E 1
29 Jul 1966 MARTHIE GROBLER Sel: 0794950705 Wyk: D 5
30 Jul 1940 SINTA DU PLESSIS Sel: 0733733931 Wyk: D 6
30 Jul 1991 MARILÈ KRUGER Sel: 0722754177 Wyk: A 3
31 Jul 1977 NATASHA BRUWER Sel: 0829260135 Wyk: B 7
31 Jul 1942 WILLIE PISTORIUS Sel: 0729452234 Wyk: D 5
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Kerkblad
Volgende week Ekumenisiteit Buitel London
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Jan van der Walt Josua van der Walt
Diaken Derick Rheeders Annemarie Eloff
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Johannes Rheeders Pieter du Preez
Hannelie Briel Louis Kruger
SKINK
Vandag: B 6 & B 7 A 3
Volg. Week: D 1 & D 2 A 4