TEMA: WAARMEE LAAT JY JOU VUL?
Die spreekwoord lui. “Waar die hart van vol is loop die mond van oor!” ( Mat. 15:10 – 20)
Ons optrede kragtens gesindheid, woorde en dade word bepaal deur wat in ons harte en gedagtes aan die gang is.
Baie gelowiges moet geweldig baie energie gebruik om reg op te tree en reg te praat. Selfs al kry hulle dit meestal reg om in die openbaar hulle “pose” te hou voel hulle eintlik innerlik die teenoorgestelde.
Hulle voel dikwels om te vloek en skel, om te slaan te skop en te breek!
Die probleem is dat gelowiges se geestelike petroltenks leeg is en daarom al die vleeslike optrede!
Die oplossing begin by God, maar eis ons samewerking.
- God het die Heilige Gees gegee.
- Maar mense soek elders hulle vervulling.
- Ons het die verantwoordelikheid om deur Hom vervul te word.
TEKS:
Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul.
Ef. 5: 18
ONDERLINGE MEELEWING
- Oom Dries du Plessis se begrafnis was Vrydag, ons bid steeds vir die familie.
- Daar is ingebreek by Elsa Lourens, bid vir almal se veiligheid en veral ons weduwees wat alleen woon.
- Cecile Swart se eersteling word hierdie week gebore.
- Peet en Janette Oosthuizen se skoondogter verwag ’n tweeling.
PROGRAM VIR DIE WEEK
5 Augustus Blokraad D Vergadering 19:00 Pastorie
FOKUSTYD KUIERAAND
Daar het ‘n behoefte ontstaan om ‘n gesamentlike Fokustydkuier te hou op die 4de Augustus en 18de Augustus. Gemeentelede van Beestekraal wat wil aansluit kan van 15:30 by
Thaba Morula byeenkom en Soutpansdriftlede kom dan by Soutpansdrift kerk bymekaar om 18:30.
Die susters kan net ‘n bordjie toebroodjies saambring en ons verskaf die koffie en tee.
JEUGAAND BYEENKOMS
Die Jeugaand byeenkoms van 11 Augustus skuif na 18 Augustus om 17:30 by Soutpansdrift Kerk.
Die Tema sal later bekend gemaak word.
SUSTERSBEDRYWIGHEDE
- KOMBERSIEPROJEK:
Almal wat wil wol skenk of help hekel, kan met Rienkies Selnr. 072 997 5623 of Elmarie Selnr. 072 500 2968 kontak.
- SENIOR LIDMATE:
Gekookte maaltye vir Senior burgers, geskep en gemerk in bakkies kan by die kombuis vir Annalize gegee word.
- BYBELSTUDIEGROEP:
Alle susters wat wil inskakel by ‘n bybelstudiegroep kan gerus kontak vir Rienkies by 072 997 5623
BEROEPE ONTVANG
- Proponent JC Potgieter (JC) na Reformed Church Tswane
BEROEPE AANVAAR
- Ds AJ Rossouw (Cobus) van Daspoort na Hendrina/Carolina-kombinasie
ARMKAS
Daar is ‘n groot behoefte aan kinderklere vir alle ouderdomme. Kontak vir Marthie Pretorius by 0834250932 of handig in by die kerkkantoor. Dankie
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Groot opgewondenheid by die Kinderhuis vir ons 80ste Verjaarsdag Partytjie!
Tafels te koop vir hiedie kuier, dans en ete-bederf aand. 7 September by Hoërskool Oos-Moot. Die Campbells gaan behoorlik die dansvloer aan die brand sing!
Bespreek so gou as moontlik kaartjies/tafel vir jou, jou gesin, jou familie, jou kollegas, jou bure.....Kontak my gerus vir bespreking!
Marlene 012 3321366/
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
MANNE ONTBYT
DV Saterdag 7 September kom praat Wynand du Toit oor sy Recce dae van 1982.
Kaartjies is beskikbaar by die Kerkkantoor of by jou kontaksuster @ R150pp.
59. Omgewingspitkos
Vir ons as mens se anderse higiëne as dié van diere, byvoorbeeld om sweetlywe te verfris en van peste te vrywaar, voorsien die natuur in geur en kleur van snuifbal, knol, parfuumbos tot balsemboom.
Gilead se balsem, of die fyn mirre vanuit Eks 30:23, is getap vanuit doringagtige kanniedoodsoorte (Commiphora) wat veral ook in ons dorstreke voorkom.
Bybels bekende reukstowwe of parfuum (Hoog-lied 5:5) wat by ‘n koning pas en dus saam met goud en ivoor waar-devolle ruilmiddels was.
Simbolies is goud aan konings gegee, wie-rook aan ‘n godheid en mirre vir ‘n mens wat sou sterf. Dié nature-patie was ook deel van die eerbetoon van Oosterse sterrekykers met Jesus Christus se geboorte.
VERJAARSDAE
5 Aug 1978 WILLEM VAN DER WALT Sel: 0836320133 Wyk: B 3
6 Aug 1988 KOBUS SCHOEMAN Sel: 0724143258 Wyk: B 6
8 Aug 2016 GERRIT-JAN MOOLMAN Wyk: E 7
9 Aug 1950 NIC STRYDOM Sel: 0724906509 Wyk: A 1
10 Aug 1974 GERDA RHEEDERS Sel: 0829225266 Wyk: E 1
10 Aug 1999 MANDELIE RHEEDERS Sel: 0829225459 Wyk: E 1
10 Aug 1999 CECILE RHEEDERS Sel: 0829225459 Wyk: E 1
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Ekumenisiteit Buitel London
Volgende week Emeritaatsfonds
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders Hannes Venter
Diaken Hannelie Briel Louis Kruger
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Banie Grobler Pieter du Preez
Tina Pretorius Wicus de Wet
SKINK
Vandag: D 1 & D 2 A 4
Volg. Week: D 3 & D 4 A 5