TEMA: KERKLIKE TUG WIL EN KAN NIE STRAF NIE, MAAR WIL TOT BEKERING BRING.
“Wie is hulle om te oordeel?” ’n Vraag wat dikwels in ontsteltenis gevra word wanneer iemand in die kerk tereggewys word.
Ons bevind ons op ’n plek in die geskiedenis van die kerk waar kerklike tug en sensuur ’n geweldige bitter smaak in mense se gemoedere laat.
Ouderlinge bevind hulle meestal in moeilike posisies wanneer hulle uitvind van ’n lidmaat in hulle wyk wat doelbewus sondig.
Die sentiment van die tyd is om maar anderkant toe te kyk en toe te laat dat “Gods water oor Gods akker loop.”
Die tradisionele tugproses word feitlik nooit meer gevolg nie. Die formuliere vir afsnyding en heropname kruip skaam agter in die Psalmboek weg.
Is daar nog plek vir kerklike tug in die moderne kerk of moet ons liefs almal in liefde verdra? Maar wat leer die Bybel?
- Kerklidmate is geestelike familie.
- Familielede tree dikwels verkeerd op.
- Uit liefde is ons verplig om mekaar tereg te wys.
- Die teregwysing is nie om te straf nie, maar om te bekeer.
TEKS:
“ As jou broer ver-keerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.
Mat. 18: 15
ONDERLINGE MEELEWING
- Donnie du Plessis is Woensdag opgeneem om ‘n niersteen te verwyder en sterk aan by die huis.
KLANK VIR BEESTEKRAAL
Annemarie Eloff vra of daar ‘n lidmaat is wat bereid sal wees om saam met haar die klank te hanteer by Beestekraal.
Jannnie du Plessis wat haar altyd gehelp het, trek na ‘n ander dorp toe. Kontak haar asb. by 082 785 9139
BEROEPE ONTVANG
- Ds GM Boersema (Marnix) van Graaff Reinet na Reitz/Lindley kombinasie
BEROEPE AANVAAR
- Proponent JC Potgieter (JC) na Reformed ChurchTshwane
PROGRAM VIR DIE WEEK
4 September Kerkraadsvergadering (Ouderliinge) 19:00 Pastorie
VIER 200 JAAR MET 2 MILJOEN BYBELS
In 2020 is die Bybelgenootskap van Sutd-Afrika 200 jaar oud en ons beplan ‘n propvol program om hierdie groot mylpaal te vier.
As deel van die feesverrigtinge, het ons kerke versoek om 2020 die Jaar van die Bybel te maak. Ons hoop dat kerke regoor die land regdeur die jaar spesifiek op die Bybel sal fokus,
met die aanbieding van spesiale leesplanne, bybelstudies en Bybelgebaseerde aktiwiteite.
Nog ‘n hoogtepunt vir hierdie groot herdenkingsjaar is ons 2 Miljoen Bybels-projek. Deur hierdie projek, wat amptelik op 23 Augustus vanjaar bekendgestel word,
wil die Bybel-genootskap twee miljoen Bybels versprei onder Suid-Afrikaners wat nie ‘n eie Bybel kan bekostig nie. Dit is bo en behalwe die bykans een miljoen Bybels wat die Bybelgenootskap elke jaar versprei.
Hierby projek sal tot 23 Augustus 2021 duur.
Ongeletterdheid in Suid-Afrika is ‘n groot probleem en om die rede sluit ons 2 Miljoen Bybels-projek ook die verspreiding van twee miljoene stelle Bybelgebaseerde geletterd-heidsboekies in.
Jou geskenk van R100 kan help om ‘n Bybel en ‘n stel geletterdheidsboekies beskikbaar te stel. Ondersteun assebief hierdie projek en help ons om ons verjaardag te vier deur terug te gee aan die mense van ons land.
Wees ‘n saaier van hoop.
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Ons President Kruger kinderhuis kersfunksie is die 5de Oktober by Arrows Rest. Daar is n groot behoefte aan nagklere vir die kinders.
Susters wat nagklere wil koop kan n naam kry met ouderdom by Riana Engelbrecht 0823009241.
65. Omgewingspitkos
Oor die ateïsme as filosofiese dissipline is al boekdele geskryf. Tog staan die pittigste ding wat ooit daaroor geskryf is in Ps 14:1 : ‘Die dwaas sê in sy hart – daar is geen God nie’.
Dit terwyl die natuur so God se heerlikheid verkondig en ons aansê om nog meer vroom en aan God toegewy te lewe.
Om die bestaan van God te ontken is in stryd met wat jy in die skepping met jou eie oë kan waarneem. God is die grootste realiteit en jy wat Hom loën is ‘n ontaarde skepsel (vs 2-3).
Mag die biologiese evolusioniste wat die bestaan van ‘n almagtige skeppingsgod ontken, ook hiervan kennis neem.
VERJAARSDAE
1 Sep 1984 FRANCOIS DU PLESSIS Sel: 0722847482 Wyk: E 7
4 Sep 1950 BESSIE DE WET Sel: 0827478810 Wyk: A 1
4 Sep 1987 RIETA KRUGER Sel: 0762349218 Wyk: E 8
6 Sep 1970 TIENIE POTGIETER Sel: 0834109549 Wyk: A 2
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Thusofonds
Volgende week Ekumenisiteit Buitel London
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Josua van der Walt
Diaken Rina Gertenach Louis Kruger
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling André Rossouw Pieter du Preez
Jana Leibbrandt Wicus de Wet
SKINK
Vandag: D 7 & D 8 A 1
Volg. Week: E 1 & E 2 A 2