Sosiale Skakels

Besoekers

We have 5 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 31 January 2020 09:56

2 Februarie 2020

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA: GOD HET ONS VERLOS EN VEREIS DERDENS DAT ONS NIE SY NAAM MOET MISBRUIK NIE.

 

Is ’n naam belangrik? Natuurlik! Van die begin af is selfs mense se name ‘n baie belangrike onderwerp. Elke naam herinner jou aan hoe ‘n persoon lyk en is,

wat hy gedoen het en moontlik nog gaan doen. Die meeste mense werk hard om ‘n goeie naam op te bou en in stand te hou.

Daarom is dit baie sleg wanneer daar met jou naam die spot gedryf word, dalk as gevolg van jou eie toedoen of wan-neer jou naam betrek word by ‘n smeerveldtog.

Alhoewel ons name vir ons be-langrik is, is God se Naam baie belangriker! Hy het sy Naam aan die mensdom bekend gemaak en as gevolg van die mens se sondige

herkoms en natuur word die ware God se Naam dikwels misbruik. Ongelowiges gebruik Sy Naam as ‘n vloekwoord en gelowiges misbruik dikwels sy Naam wanneer hulle

sweer of deur dit onnodig te herhaal. Ons gebruik sy Naam dikwels sonder om werklik ag te slaan op die betekenis daarvan. Amper soos ‘n straatnaam.

Wie weet nog wie “Van Velden” was waarna een van ons dorpstrate vernoem is?  Dit is aangrypend om te weet dat mense ter dood veroordeel is wat God se

Naam as vloekwoord gebruik het. Lev. 24:11-16. Al het die meeste van ons nog nie sy Naam as vloek-woord gebruik nie, het ons beslis al almal sy Naam iewers misbruik.

Genadiglik het Christus die doodstraf in ons plek gedra en werk in ons om God se Naam met respek te gebruik.

Christus se kruisdood herstel só jou naam voor God en jou medemens. Hy het gesterf sodat ons name skoon kan kom.

Nie alleen tot ons eie beswil nie maar ook sodat sy Naam wat Hy met ons verbind verheerlik kan word.

 

TEKS:

Jy mag die naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf  laat bly nie.

 

Deut. 5: 11

 

PROGRAM HIERDIE MAAND

2 Februarie 2020                  Prosedure Inskerping Vergadering      12:00       Kerksaal

5 Februarie 2020                  Blokvergadering                                19:00       Kerksaal 

5 Februarie 2020                  Kerkraadsvergadering                         19:00       Kerksaal

7 Februarie 2020                  Hartklop Bediening                              19:00       Pastorie

 

BELYDENIS VAN GELOOF

Die volgende kinders lê Belydenis van Geloof af volgende Son-dag 9 Februa-rie 2020: Makayla Bezuidenhout, Mia Hattingh, Ockert Kotzé en Vanwyk van der Walt.

 

ONDERLINGE MEELEWING

  1. Annemarie Eloff se swaer Frans se kanker het nou na sy ander long versprei.
  2. Strauss Kruger sterk goed aan by die huis na sy voetoperasie.
  3. Koos Scheepers is weer in die hospitaal opgeneem met sy knie.  Hulle doen toetse en daar is ‘n kans dat die prostese verwyder moet word.
  4. Sr. San Marx sterk tuis aan na sy baie siek was.

WILDTUINTOER 2020

DATUM:                                    VRYDAG 12 JUNIE TOT DINSDAG 16 JUNIE

WAAR:                                     PRETORIUSKOP KAMP

RONDAWEL (2):                       R743.00 PER NAG  VIR 2 PERSONE WAT RONDAWEL DEEL

BEWARINGSFOOI:                    R100 PER PERSOON PER DAG

PER PAAR:                              R3,772

PER PERSOON:                        R1,886

VERVOER EN ETES UITGESLUIT.

DEPOSITO BETAALBAAR TEEN 15 FEBRUARIE (50%)

ONS GAAN KOEKSISTERS BAK EN ANDER FONDSINSAMELING HOU OM DIE KOSTES VAN DIE BUS TE DEK.

GERHARD DE WET HET VIR ONS ‘N BEES GESKENK WAT ONS GAAN BEWERK  EN VLEIS VERKOOP OM TE HELP OM DIE KOSTES TE DEK.

DAAR SAL ‘N LYS OP DIE KENNISGEWINGBORD WEES WAAR JULLE, JULLE NAME KAN OPSIT.

GELDE KAN INBETAAL WORD BY DIE KERKKANTOOR.

 

KOOR

Alle koorlede en almal, van oud tot jonk, wat nog altyd wou sing en nog net nie so ver gekom het nie, kom vandag 2 Februarie na die oggenddiens in die

kerk bymekaar om oor ‘n  nuwe konsep te gesels.  Kom asseblief om te hoor.

 

VERJAARSDAE

 

4 Feb 1994              RUAN PRINSLOO                                     Sel: 0791232749 `                 Wyk: E 5

4 Feb 1959              KOBUS VAN ROOOYEN                            Sel: 0839596261                   Wyk: A 8

5 Feb 1963              MARINDA DU PLESSIS                            Sel: 0761416692                     Wyk: D 3

6 Feb 1990              FRANSISCA DU PLESSIS                         Sel: 0829265155                   Wyk: B 6

6 Feb 1948            SARIE DU PREEZ                                   Sel: 0832262313                 Wyk: A 2

6 Feb 1963              LOUIS KRUGER                                        Sel: 0791073332                    Wyk: A 7

8 Feb 1991               MATTANJA COMPAAN                             Sel: 0674047322                   Wyk: B 3

8 Feb 1965              LOUIS ROBBERTSE                                  Sel: 0828291244                    Wyk: D 2

 

Kollektes

Vandag onder diens       Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure            Dankbaarheidsfonds

Volgende week               CMR

 

FB

https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier

Twitter

GKKrokodilrivier@GK_Krokodil

 

DIENSBEURTE (hierdie week)

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Frikkie van der Walt                               Josua van der Walt

Diaken                                   Stefan du Plessis                                   Louis Kruger

DIENSBEURTE (volgende week)

Ouderling                                Peet Rheeders                                       Pieter du Preez

                                              Christo Dednam                                     Wicus de Wet

SKINK  

Vandag:                                 D 5 & D 6                                                             A 7

Volg. Week:                           D 7 & D 8                                                              A 8

 

 

Read 487 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments