TEMA: GOD DIE VADER IS DIE BOER, CHRISTUS DIE WARE WINGERDSTOK EN ONS DIE LOTE
God het aan Moses verskyn in ‘n vlam binne in ‘n doringbos wat nie uitgebrand het nie, en toe Moses wou weet hoe hy moes antwoord as die Israeliete hom vra wat God se Naam is, het God vir hom gesê dat hy moes antwoord,
“Ek is” het my na julle gestuur.In die evangelie van Johannes openbaar Jesus Homself deur sewe “Ek is” uitsprake.
- “Ek is die brood wat lewe gee” Joh. 6:35
- “Ek is die lig vir die wêreld” 8:12, 9:5
- “Ek is die ingang” 10:7
- “Ek is die goeie herder” 10:11 en 14
- “Ek is die opstanding en die lewe” 11:25
- “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” 14:6
- “Ek is die ware wingerdstok” 15:1
In Johannes 15 word God die Vader ook vermeld. Terwyl Christus Homself as die ware wingerdstok uitdruk word God die Vader as ‘n boer vergestalt.
Al hierdie uitsprake dui op Jesus Christus se Godheid en alhoewel die Vader in die 4de en 6de uitspraak ingesluit word , word die doelwit van God met die uitverkorenes in Christus in hierdie laaste een op ‘n besondere manier verduidelik.
In ‘n wêreld vol sondaars waarvan ek die vernaamste een is (1Tim 1:15) verloor ‘n mens baie vinnig perspektief van God se doel met jou en my. Uit hierdie “Ek is” uitspraak leer ons meer oor God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Ons verstaan dat
SKRIFLESING:
JOH. 15: 1 - 8
SING:
Ps. 84: 1, 2 & 3
Ps. 150: 1 & 3
Sb. 12 – 5
TEKS:
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
AFRI-DUETFEES
Die Gereformeerde Kerk Andeon hou op Vrydag 4 en Saterdag 5 Desember hul jaarlikse Afri-Duetfees by die Choose Life Teater, ou NG Moreleta. Die baie gewilde sang-egpaar, Willie en Natasha Joubert is een van die vier duetpare. Hulle woon tans in George in die Suid-Kaap, en vlieg op vir die Duetfees. Hulle is Sondag 6 Desember in Pretoria, en ek wil baie graag vir hulle ‘n Kers-optrede reël vir Sondagoggend en Sondagaand, 6 Desember. DIt kan enige plek in Pretoria of die Rand wees. Tarief sal ook baie billik wees, aangesien hulle reeds hier is vir die Duetfees.Ons het hulle twee jaar gelede by Andeon vir ‘n Kersprogram gehad, en ek kan hulle van harte aanbebveel. Hul optrede kan gemaklik by die oggend- of aanddiens aansluit.
Hieronder skakels na twee van hul Duette: Psalm 23 en The Prayer.
Laat weet my as u dalk belangstel.
Kontak die Kerkkantoor vir kaartjies.
PROGRAM VIR VOLGENDE WEKE
11 Oktober 2020 Susters Alg. Vergadering Kerk 11:00
12 Oktober 2020 Evangelisasie bedieningsraad Verg. Pastorie 19:00
FOKUSTYD
Die fokustyd begin vanaf 12 Oktober tot 1 November. Opskrif “GAAN” Bl. 201, van die Boek “12 Sleutels tot Geestelike groei.
”SUSTERS
Voorlopige program vir die 4de kwartaal. Vir fondsinsameling: Vetkoek en maalvleis. Gemeente bestel vooraf en haal dit af 30 Oktober.
Nagmaalete – Bring en Braai onder die bome, bykosse word voorsien.
Sustersafsluiting – 28 November, Platinum Kersmark toe en later saam eet. TENTATIEF!!!!
GKK Mannebraai – Makulu Padstal, 13 November, 18:00, pap en sous word voorsien. Bevestig by Carien Kruger 084 220 0024.
Kerssangdiens – 29 November by Krokodilrivier.
ONDERLINGE MEELEWING
- Tannie Hester Riekert gaan die 12de Oktober ‘n hart spesialis sien by Zuid-Afrikaanse hospitaal.
- Ben & Daleen Ras se skoondogter is in die hospitaal opgeneem, vir behandeling tydens swangerskap.
- Hettie Strydom was vir ‘n hart prosedure gewees.
- Siska van der Walt sterk aan by die huis na haar rug operasie.
JEUGUITSTAPPIE
Klim die Langberg! Almal wat kans sien word uitgenooi om op Saterdag 7 November die Langberg saam met ons te bestyg en ‘n boereworsbroodjie by ‘n pragtige uitsig te geniet
Ons kom 7:30 by die Kerk bymekaar
VERJAARSDAE
13 Okt 1962 LIEN MYNHARDT Sel: 0836391190 Wyk: D3
14 Okt 1973 MIENIE SCHÜRGER Sel: 0844264446 Wyk: E2
15 Okt 1992 HERMAN DU PREEZ Sel: 0824418923 Wyk: E5
15 Okt 1940 DORIE VAN DER WALT Sel: 0823126961 Wyk:D6
16 Okt 2017 MIHLE GREYLING Wyk: E7
16 Okt 1952 ANRIËTTE VAN DER WALT SEL: 0825419417 Wyk: D5
17 Okt 1973 JACQUES CILLIERS Sel: 0829295302 Wyk: D4
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Studentekas
Volgende week Sustentasiefonds
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Pieter du Preez
Diaken Hendrik Kruger Wikus de Wet
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Andre Rossouw Thinus Eloff
Diaken Fanie Briel Ikabod Marx