Sosiale Skakels

Besoekers

We have 13 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 06 November 2020 11:17

8 November 2020

Written by 
Rate this item
(0 votes)

TEMA:   GOD LAAT ALLES TEN GOEDE MEEWERK VIR SOMMIGE

As gelowiges is ons God se kinders en erfgename Rom. 8:17. Maar as die Heer se erfgename verloop alles nie net goed nie.

Elke gelowige in die Bybel soos Paulus kon getuig van baie lyding wat hulle moes deurgaan. Hetsy fisies, emosioneel of geestelik.

Die tydelike lyding van die gelowiges word nie ontken nie, maar erken.

Daarom sug ons ook saam met die skepping. 8:22-23

Maar te midde van ons aardse stryd is daar dinge wat ons moet weet en onthou.                                   

 Paulus skryf self dat hy oortuig is van ‘n beter toekoms 8:18, ons sien uit na die dag waarop God ons as sy kinders sal bekend sal maak  8:23.

Daar is hoop in ons ten spyte daarvan dat ons nie alles verstaan nie en selfs nie weet wat om te bid nie.  Daarom dat die Heilige Gees vir ons intree.

Wat ons wel weet, en wat ons vertroos is dat God in beheer is en Hy laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. Hierdie liefde kom nie uit onsself nie.

Hy het ons lank gelede al uitgekies, geroep en bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te wees. 

Die goeie werk wat Hy in ons begin het deur die werking van die Heilige Gees sal voleindig word.             Dit is vanuit God se perspektief reeds afgehandel 8:30!

As gevolg van God se inisiatief is ons gelowiges en kan ons ons geloof bely met die wete dat niks en niemand ons kan skei van God se liefde wat Hy in Christus Jesus aan ons openbaar het nie. 

 

TEKS:

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.

 

Rom. 8: 28

 

KLANK BY BEESTEKRAAL

Annemarie Eloff vra dringend iemand wat haar kan help Sondae by Beestekraal Kerk met die klank.

 

SUSTERS

Nagmaalete – Bring en Braai onder die bome, bykosse word voorsien. Geen donasies nie.

Susters van B blok vra gemeentelede om te bespreek indien u die nagmaalete wil bywoon by die volgende susters.

  Blok A – Annemarie Eloff, Blok B – Siska van der Walt, Blok D – Riana Engelbrecht en Blok E – Carien Kruger. Bring eie breekgoed, drinkgoed env leis.

Susters wat nog goeie handdoeke het en graag vir Sonop Ouetehuis wil gee, moet die asb Sondag saambring.  Nuwe handdoeke is ook welkom.  Kontak vir Rina Gertenbach by 0823740695.

Sustersafsluiting –  28 November kan susters wat Platinum Kersmark wil bywoon, met  eie vervoer dit bywoon.  Ons sal agv Covid 19 nie as ‘n groep kan gaan nie.

Die 29ste  kry elke suster ‘n geskenkie by die oggend erediens of die aan met die Kerssangdiens.

GKK Mannebraai – Makulu Padstal, 13 November, 18:00, pap en sous word voorsien. Bevestig by Carien Kruger 084 220 0024.

Kerssangdiens – 29 November by Krokodilrivier. Wafels stroop en room of soutigheid en roomys en vrugteslaai.

 

ONDERLINGE MEELEWING

  1. Kotie Rheeders het vandeesweek ‘n operasie ondergaan in Rustenburg Hospitaal.
  2. Met Elna gaan dit beter na haar operasie.
  3. Giel Pretorius was ook in die hospitaal met sy hoë bloeddruk.
  4. Chris du Plessis is tuis na hy ook met Covid 19 in die hospitaal is.

 

VERJAARSDAE

8 Nov 1994               ZANMARIE BATES                       Sel: 0795238174                       Wyk: A 7

8 Nov 2017                LILANIE KRUGER                                                                        Wyk: E 8

9 Nov 1975              HESTER MARX                        Sel: 0723725990                 Wyk: A 4

10 Nov 1967              PIETER DU PREEZ                      Sel: 0837070469                     Wyk: B 1

10 Nov 2004             LEANKE VAN DER WALT              Sel: 0826766698                     Wyk: E 1

11 Nov 1933              HANNIE DU PLESSIS               Sel: 0825705274                 Wyk: A 8

11 Nov 1946              PHILIP DU PLESSIS                 Sel: 0843776089                 Wyk: D 1

11 Nov 1977                HANNELIE KRUGER                     Sel: 0727460854                     Wyk: A 7

12 Nov 1961                KOBUS DU PLESSIS                   Sel: 0836296817                      Wyk: D 3

13 Nov 1980              RIANDI ROBBERTSE                    Sel: 0825755635                     Wyk: D 2

13 Nov 1964              ANNELISE VAN DER WALT           Sel: 0829403208                     Wyk: B 6

14 Nov 1959              INA DE WET                               Sel: 0823561299                      Wyk: A 4

HUWELIKSHERDENKING

11 NOVEMBER 2000     LOUIS EN HANLIE KRUGER SELNRS. 0791073332/0727460854       20 JAAR 

 

Kollektes

Vandag onder diens       Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure            CMR             

Volgende week               Emeritaatsfonds

 

FB

https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier

Twitter

GKKrokodilrivier@GK_Krokodil

 

DIENSBEURTE (hierdie week)

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                                Frikkie van der Walt                               Josua van der Walt

iaken                                      Cecile van der Walt                                Louis Kruger

DIENSBEURTE (volgende week)

Ouderling                                Gert Postma                                           Eddie du Preez

Diaken                                     Cornelia du Plessis                                Ikabod Marx            

 

Read 507 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
More in this category: « 18 Oktober 2020
Login to post comments