5 Augustus 2012
SOUTPANSDRIFT: OGGENDDIENS (Ds. Johannes Aucamp) Ons verwelkom vanoggend Ds. Johannes Aucamp van TOPIA. Hy gaan voor in die erediens by Soutpansdrift. Ons bid dat die Here hom met die woordbediening sal seën. Hy sal ons net na die erediens op hoogte bring van TOPIA se vordering.
Skriflesing: Matt. 28: 11 – 20 Ps.145: 1, 2 & 3 Fokus: verse 19 – 20 Ps. 145: 4 & 5 Ps. 145: 6 & 7 Ps. 145:8 & 9
Kyk na oorsigraamwerk op bl. 4.
BEESTEKRAAL OGGEND - EN SOUTPANSDRIFT AANDDIENS (Dr. Danie de Kock)
Selfst. Skrifl. Hand.10:1 – 18 Ps. 33:1 & 8 (p.157) Teksdeel: 1 Joh. 2:28 – 4:6 Ps. 38:1,15 & 17 (p. 189) Teks: 1 Joh 3:1 & 14 Ps. 89:6 & 17 (p.445) Sb. 2-4: 1,2 & 3
ONS IS KINDERS VAN GOD – ONS HET OORGETREK UIT DIE HUIS VAN DIE DOOD NA DIE HUIS VAN DIE LEWE
Ons is kinders van God en daarom het ons die versekering dat ons nou reeds ʼn nuwe woonplek het. Ons ervaar die nuwe lewe, daarom is ons seker van ʼn heerlike toekoms in die Vaderhuis.
DIENSBEURTE VANDAG
Soutpansdrift
Ouderling: Chris Kamffer
Pieter du Preez
Diaken: Albert du Plessis
Beestekraal
Ouderling: Peet du Preez
Huisbesoek
Wyk F2 (Japie Rheeders) Dinsdag 7 Augustus.
Wyk B4 (Peet Rheeders) Woensdag 8 Augustus.
SKINKBEURTE Soutpansdrift:
Bridget Kamffer
Nella van der Walt
Beestekraal:
Elsie du Preez
Kollektes vandag:
Onder die diens: Diens van Barmhartigheid
By die deure: Studentkas
Volgende Sondag by deure: Pro Ecclesiabeurs
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom. 12:9)
1. Ons is dankbaar dat dit alreeds soveel beter gaan met br. Kosie du Plessis nadat daar die afgelope week “veertjies” in twee van sy hartare ingeplant is.
2. Hartlik geluk aan Hannes Grobler (Banie en Hannetjie se seun) en Mia Louw wat verloof geraak het.
3. Br Hans van der Walt moet ʼn nekoperasie ondergaan. Alles was gereed vir die operasie die afgelope Donderdag, maar daar was nog dokumente van sy werkgewer af wat uitstaande was. Die operasie sal nou DV hierdie week gedoen word.
4. ʼn Klompie van ons lidmate gaan DV later hierdie week (9 – 15 Aug) op ʼn trein- en bustoer na Namakwaland om blomme te gaan kyk. Ons bid dat die Here dit ʼn geseënde toer sal maak. Mag elkeen wat die toer meemaak die heerlikheid van God se skepping beleef en op ʼn besondere wyse die gemeenskap van die gelowiges ervaar.
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom. 12:9)
1. Ons is dankbaar dat dit alreeds soveel beter gaan met br. Kosie du Plessis nadat daar die afgelope week “veertjies” in twee van sy hartare ingeplant is.
2. Hartlik geluk aan Hannes Grobler (Banie en Hannetjie se seun) en Mia Louw wat verloof geraak het.
3. Br Hans van der Walt moet ʼn nekoperasie ondergaan. Alles was gereed vir die operasie die afgelope Donderdag, maar daar was nog dokumente van sy werkgewer af wat uitstaande was. Die operasie sal nou DV hierdie week gedoen word.
4. ʼn Klompie van ons lidmate gaan DV later hierdie week (9 – 15 Aug) op ʼn trein- en bustoer na Namakwaland om blomme te gaan kyk. Ons bid dat die Here dit ʼn geseënde toer sal maak. Mag elkeen wat die toer meemaak die heerlikheid van God se skepping beleef en op ʼn besondere wyse die gemeenskap van die gelowiges ervaar.
Skenkings Benodig: Soos almal bewus is, is daar deesdae meer en meer gesinne in Brits wat finansieël sukkel om kop bo water te hou. Verskeie van hierdie gesinne se kinders is leerlinge van Laerskool Brits. ‘n Aantal jare gelede het Laerskool Brits dit goedgedink om die Hulp- en Ondersteuners fonds te stig, onder leiding van Mnr Andre Rossouw. Die doelstelling van hierdie Fonds is om behoeftige kinders en hul gesinne by te staan in die vorm van voedsel, klere, terapeutiese behandeling en dokters besoeke. Hul stel ook die kinders in staat om sport- en opvoedkundige uitstappies mee te maak wat hul andersins nie sou kon bekostig nie. Daar word daagliks vir die kinders broodjies verskaf wat hul pouses by die kombuis kan kry. Daar word ook op ‘n gereelde basis kospakkies en vars groente aan die gesinne gestuur. Die hulp- en ondersteunersfonds maak hoofsaaklik staat op die inkomste van die jaarlikse Wildsfees asook vrywillige donasies. Buiten hierdie gemelde inkomste is daar steeds ‘n GROOT behoefte en die skool sukkel elke jaar meer en meer om hierdie behoeftes te vervul. Ons doen hiermee ‘n beroep op die gemeente om te help met donasies in die vorm van die volgende: Smere vir broodjies, Nie-bederfbare voedsel (Blikkieskos, ens), Groente skenkings van boere en Kontant skenkings, Kontak Amanda Rheeders i.v.m met enige skenkings /voornemende skenkings. Sel: 082 922 5459
Biltong en droeë wors skenking -
Dankie aan die mense wat reeds vir ons biltong en droeë wors geskenk het vir die Paul Kruger Kinderhuis se funksie. As daar dalk nog van ons groot wildjagters is wat van hul biltong wil afstaan kan hul vir Danolien kontak by 082 414 5253
Paul Kruger Kinderhuis: Jannie Moolman funksie -
Soos voorheen berig hou die Paul Kruger Kinderhuis ’n aand saam met Jannie Moolman ter stywing van hul fondse. Dit vind plaas op Vrydag 17 Augustus. Kostes is R200pp en sluit ’n kaas en wyn aansit ete in. Besprekings kan by Retha 083 752 0930 of Marlene 076 751 2235 gedoen word.
Borg ‘n Bybel -
Baie dankie aan almal wat al geld gegee het vir ’n Bybel. Ons het goed afge-skop en goeie reaksie gekry, maar nou staan dit ’n bietjie stil. Ons wil jul dus net herinner dat ons doelwit is dat elke lidmaat in die gemeente een Bybel se geld moet skenk. As mens dink aan hoe kragtig en lewensveranderend die Woord is dan is dit een van die beste geskenke wat jy aan iemand kan gee en jy hoef maar net R52 uit jou sak te haal daarvoor. Kom ons kyk of ons by ons doelwit kan uitkom.
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
5 Aug 1987 KOSIE (Jnr) DU PLESSIS Sel: 0738237419 Wyk: A1
5 Aug 1978 WILLEM VAN DER WALT Sel: 0836320133 Wyk: B3
7 Aug 2000 RICUS DU PLESSIS Sel: 0739991170 Wyk: F3
7 Aug 1983 ANDREA VREUGDENBURG Sel: 0833437961 Wyk: G3
8 Aug 1950 JOEY ERASMUS Sel: 0784880828 Wyk: A6
8 Aug 1994 THEUNS KLOPPERS Wyk: B3
10 Aug 1999 MANDELIE RHEEDERS Sel: 0829225459 Wyk: F2
10 Aug 1999 CECILE RHEEDERS Sel: 0829225459 Wyk: F2
10 Aug 1974 GERDA RHEEDERS Sel: 0829225266 Wyk: F2
Riviertoer 2012: Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet. Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskry-wingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting. Hartklop tydens Aardklop: 1-6 Oktober 2012. Inligting beskikbaar by die kerkkantoor.
WIL JY GRAAG ‘N ONDERWYSER WORD? Studeer by Aros! - Verwerf ‘n christelike Afrikaanse BEd-graad in Grondslagfase Onderwys - Draf klas op Vrydagmidddae en – aande of op Saterdae – Kontak deur middel van e- leer gedurende die week – Verwerf ‘n praktykgerigte graad van goeie akademiese gehalte. By Aros-kampus .OPEDAG 25 AUG 2012 OM 9:00
Week 4: 5 – 11 Aug. Deel 3 p. 86
Ons woon en leef as kinders van God
Lees 1 Joh. 2:18 – 4:6 Ons IS KINDERS van God. Daarom leef ons op ʼn bepaalde wyse.
Hfst. 7. 1 Johannes 2:18 -27 Die toets of ons kinders van God is
1. Wie is die Antichris(te)?
2. Hoe is dit moontlik dat die Antichriste uit die gemeente kom?
3. Wie of wat stel die gemeente in staat om die waarheid en die leuen te onderskei?
Hfst. 8 1 Joh. 2:28 – 3:3 Die fondament van ons kindskap
1. Wat het ons huidige lewe met ons ewige toekoms te doen?
2. Wat is die eienskappe wat jy by ʼn kind van God soek?
3. Op watter manier kan jy dit in die ware sin van die woord regkry om daardie eienskappe te hê en dit ook uit te leef?
Hfst. 9 1Joh 3:4 – 10 Die noodsaaklike sement van ons kindskap
1. Watter invloed het ʼn hegte verhouding met God op jou keuses.
2. Wat is sonde?
3. Wat keer ʼn mens om sonde te doen?
Hfst. 10. 1 Joh. 3:11 – 18 Nog noodsaaklike sement van ons kindskap
1. Wat is die ooglopende onderskeid tussen kinders van God en kinders van die duiwel?
2. Wat is die bewys dat jy nou alreeds uit die dood na die lewe oorgegaan het?
3. Wanneer het ʼn mens vir jouself genoeg om van te leef?
Hfst. 11 1 Joh. 3:19 – 24 Nog ʼn deel van die fondament van ons kindskap
1. Waar kom ʼn mens se gewete vandaan?
2. Wat is God se groot opdrag in vers 23?
3. Hoe kry ons dit reg om die groot opdrag uit te voer?
Hfst. 12. 1 Joh. 4:1 – 6 Nog ʼn toets dat ons kinders van God is
1. Hoe onderskei jy tussen die mense van die waarheid en die mense van die leuen?
2. Is daar mense wat die Here Jesus net gedeeltelik erken of sy verlossing net gedeeltelik aanvaar? Het sulke mense ook die waarheid?
3. Waar kom ʼn ware kind van God vandaan (vgl. 4:4 en Joh. 3:3, 7 & 8)