Sosiale Skakels

Besoekers

We have 90 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 17 August 2012 10:54

19 Augustus 2012

Written by 
Rate this item
(0 votes)

19 Augustus 2012          Voorbereiding vir Nagmaal

Selfst. Skrifl.  Hand 10:19 – 33        Sing: Ps.    48:1 & 4  (p.243)

Teksdeel: 1 Joh. 4:7 – 5:5                        Sb.  12-3:1 – 3

Teks: 1 Joh. 4:8                                        Ps.  116:1 & 5 (p. 569)                    

                                                                  Sb.15-7:5 & 6

(Beurtsang)                                               Sb. 5-4:1A,2A,3S,4B,5A,6A       

GOD SE LIEFDE IS ONS FONDAMENT VAN GELOOFSEKERHEID

God se eis is duidelik: Ons moet mekaar liefhê. Ons kan net liefhê omdat God ons eerste liefgehad het.

1. DIE FONDAMENT VAN ALLE GELOOFSEKERHEID: GOD IS LIEFDE          Sonder God kan daar nie iets soos absolute liefde bestaan nie.

2. DIE BEWYS VAN GOD SE LIEFDE: DIE GAWE VAN SY SEUN                           God se volmaakte liefde is  ʼn offer:  Sy Seun wat in ons plek kom sterf!

3. DIE KONKRETISERING VAN GOD SE LIEFDE: DIE GAWE VAN SY GEES       Ons weet dat ons deel het aan die Here Jesus se offer omdat die Heilige Gees dit in ons harte getuig.

4. DIE MERKTEKENS DAT DIE GEES AAN ONS GEGEE IS                                     Die Gees laat jou van Christus getuig. Die Gees laat jou bely dat Jesus die Seun van God is. Die Gees laat jou in absolute liefde leef.

5. DIE VRUG VAN WARE LIEFDE IN ONS LEWE                                    Geloofsekerheid wat lei tot  ʼn vrymoedige toekomsverwagting en opregte liefde wat sigbaar word in jou optrede.

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    André Rossouw  

                     Koos de Wet

   Diaken:      Bridget Kamffer

Ouderling:    Thinus Eloff

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Rina Gertenbach

           Arina de Jager

Beestekraal:

            Petro van Wyk

Vergaderings:   Blokverg.  -  Blok A  Maandag  20 Aug.  om 18:00 aan  huis  van Seun Potgieter.  Blok verg.  Blok B – G Dinsdag 21 Aug. om 18:00 en 19:30 by die pastorie.                                     Ouderlingverg. Woensdag 22 Augustus om 19:00 in die kerksaal.                     Diakonieverg. Woensdag 22 Augustus om 19:00 in konsistorie

 

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Kerkblad

Volgende Sondag by deure:   Christelike Onderwys ARSO

 

Skenkings  Benodig:  Soos almal bewus is, is daar deesdae meer en meer ge-sinne in Brits wat finansieël sukkel om kop bo water te hou.  Verskeie van hierdie ge-sinne se kinders is leerlinge van Laerskool Brits.  ‘n Aantal jare gelede het Laerskool Brits dit goedgedink om die Hulp- en Ondersteuners fonds te stig, onder leiding van Mnr Andre Rossouw.  Die doelstelling van hierdie Fonds is om behoeftige kinders en hul gesinne by te staan in die vorm van voedsel, klere, terapeutiese behandeling en dokters besoeke.  Daar word daagliks vir die kinders broodjies verskaf wat hul pou-ses by die kombuis kan kry.  Daar word ook op ‘n gereelde basis kospakkies en vars groente aan die gesinne gestuur.  Die hulp- en ondersteunersfonds maak hoofsaak-lik staat op die inkomste van die jaarlikse Wildsfees asook vrywillige donasies. Bui-ten hierdie gemelde inkomste is daar steeds ‘n GROOT behoefte en die skool sukkel elke jaar meer en meer om hierdie behoeftes te vervul.  Ons doen hiermee ‘n beroep op die gemeente om te help met donasies in die vorm van die volgende:  Smere vir broodjies,  Nie-bederfbare voedsel (Blikkieskos, ens), Groente skenkings van boere en Kontant skenkings, Kontak Amanda Rheeders i.v.m met enige skenkingsof  sken-kings.  Sel: 082 922 5459

 

Uitnodiging: - Gemeente ete Sondag 26 Augustus 2012                                     Die susters van Wyke C en F nooi die gemeente hartlik uit vir ‘n  heerlike Sondagmiddag-ete, direk na Nagmaal  26 Augustus 2012. Bring asseblief u eie eetgerei en drinkgoed.  Vrywillige bydrae vir die ete sal waardeer word.  Alle fondse word aangewend vir die Susters-saamtrek van 2013.             Kom geniet die dag saam met die hele gemeente!!

Borg ‘n  Bybel  - 

Baie dankie aan almal wat al geld gegee het vir ’n Bybel. Ons het goed afge-skop en goeie reaksie gekry, maar nou staan dit ’n bietjie stil. Ons wil jul dus net herinner dat ons doelwit is dat elke lidmaat in die gemeente een Bybel se geld moet skenk. As mens dink aan hoe kragtig en lewensveranderend die Woord is dan is dit een van die beste geskenke wat jy aan iemand kan gee en jy hoef maar net R52 uit jou sak te haal daarvoor. Kom ons kyk of ons by ons doelwit kan uitkom.

 

FOKUSTYD                                                                                                     Die langnaweek en ook die toer na Namakwaland het ons program so  ʼn bietjie deurmekaar gekrap. Ons gaan hierdie week verder met ons studie. Lees asb 1 Joh 4:7 tot 5:5 in die Bybel en kry vir uself duidelikheid oor die volgende vrae.  U sal opmerk dat die vrae en bespreking by vandag se preek aansluit.

WEEK 5  Deel 4.

Hfst 13  Die fondament van  ʼn leef in liefde (1 Joh. 4:7 – 11)

1.  Waar kom ware liefde vandaan?  (Vgl. Joh. 3:16 en 1 Kor. 12:31 en 1 Kor. 13:1 en 1 Joh 4:10)

2. Hoe word ware liefde sigbaar? God se liefde en ons liefde? (Vgl. 1 Joh. 4:9 met 1 Joh. 4:11)

3. Is hierdie liefde wat ter sprake is  ʼn gevoel of  ʼn daad? Bespreek.

Hfst. 14  Die sement vir  ʼn leef in liefde (1 Joh. 4:12 – 18)

1. Wat is die heel duidelikste kenmerk waaraan mens ‘n ware gelowige kan uitken?

2.  Wat beteken 1 Joh. 4:20 in die praktyk?   Kan  ʼn mens met jou optrede jou belydenis weerspreek?  En wat is dan die logiese en noodwendige gevolg?

3.  Kan  ʼn mens uit jou eie krag absoluut liefhê?  Wat is nodig voordat jy so kan liefhê? (Vgl. 1 Joh 4:7 in die ’53 vertaling asook 1 Joh. 4:13)

Hfst. 15   Die toets vir die sterkte van  ʼn lewe in liefde (1 Joh. 4:19 – 5:5)

1.  Kan  ʼn mens liefhê sonder om te glo of kan  ʼn mens glo sonder om lief te hê?  Bespreek.

2.  Kan iemand God liefhê en terselfdertyd  ʼn medegelowige haat?  Waarvan is haat  ʼn onomstootlike bewys?

3.  Hoe voel  ʼn ware gelowige oor die oordeelsdag? (Vgl. 1 Joh. 4:17 en 18)

4. Hoe tree  ʼn kind van God in die wêreld op? (1 Joh.  5:3 – 5)

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

19 Aug 2011      LUCION PRETORIUS                                           Wyk: G3

20 Aug 1985      SONJA DE WET                       Sel: 0828195246 Wyk: G2

20 Aug 1987      MARTIN GREYLING                   Sel: 0820998038 Wyk: G1

20 Aug 1975      REINO VAN SCHALKWYK         Sel: 0823137677 Wyk: F2

21 Aug 1998      WESSEL ENGELBRECHT         Sel: 0823009241 Wyk: C3

21 Aug 2001      CORLIA RHEEDERS                 Sel: 0829225266 Wyk: F2

 

ONDERLINGE MEELEWING

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13)

1. Sr. Marthie Pretorius het weer geval en haar bobeen gebreek. Sy is in die hospitaal en moet weer geopereer word.                                                                                      2. Br Hans van der Walt is tuis na sy nekoperasie. Ons is dankbaar dat alles so goed afgeloop het.                                                                                                                   3.  Die Blommetoer na Namakwaland was  ʼn wonderlike belewenis. Daar was baie mooi blomme om te sien, maar aan die anderkant ook koue en reënerige weer. Niks kon egter die groep se geesdrif blus nie.  Die groep het lekker saam gekuier en op ʼn besondere manier die gemeenskap van die gelowiges beleef.  Meer nuus oor die toer sal volgende week in die Kro’kant verskyn.

 

WIL JY GRAAG ‘N ONDERWYSER WORD?  Studeer by Aros!  -  Verwerf ‘n christe-like Afrikaanse BEd-graad in Grondslagfase Onderwys  - Draf klas op Vrydagmidddae en – aande of op Saterdae – Kontak deur  middel van e- leer gedurende die week – Verwerf ‘n praktykgerigte graad van goeie akademiese gehalte.  By Aros-kampus OPEDAG 25 AUG 2012 OM 9:00

 

Riviertoer 2012:  Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet.  Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskry-wingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting.  Hartklop tydens Aardklop: 1-6 Oktober 2012.  Inligting beskikbaar by die kerkkantoor.

 

Senior Lidmate:  Almal bo 65 jaar word genooi na potjiekos ete by die Rooikoppies-dam op 25 Augustus om 12:00.  Hou asb. datum oop tot verdere kennisgewing.  Daar word ook ‘n wildrit gereël.  Vervoer  sal beskikbaar wees.  Laat weet asb. vir kerkkan-toor  by (012 2544770) of  Petro Pretorius (0827408786 of  012 2540319) wie belang-stel om te gaan, voor of op 20 Augustus.

Koor:  Die koor oefen Sondag 19 Augustus by die NG Kerk Vorentoe se kerksaal om 16:00

 

 

Read 2577 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments