Sosiale Skakels

Besoekers

We have 1 guest online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 08 March 2013 10:13

10 Maart 2013

Written by

10 Maart 2013

 

Selfst. Skrifl. Hand 22:1 – 21             Sing: Ps.  147:1 & 5 (p. 705)

Teksdeel:  Filippense 2:12 – 18                 Sb.12-3:1 - 3

Teks:  Filippense 2:12 & 13                       Ps.    32:3 (p. 152)

                                                              Ps.    23:1 & 2 (p. 107)

                                                              Sb.  2-4:1,2 & 3

MAAK VAS JOU VERLOSSING!

Een van die grootste foute wat  ʼn mens in jou geloofslewe kan maak, is om te dink dat as jy jou geloof in die openbaar bely het, is jy  ʼn gelowige....  en klaar. 

Die feit van die saak is:  As  jy nie in jou geloof groei nie, is jy besig om geestelik agteruit te gaan.  Jou geloof kan dan selfs sterf.... (vgl. Mark 4:5 & 6 asook 16 en 17).

Die apostel Paulus doen  ʼn beroep op die lidmate van die gemeente in Filippi om hulle verlossing van te maak.  Hoe moet hulle dit doen? 

Hulle moet hulle daarop toelê om as verloste mense te lewe.   ʼn Gelowige se lewe groei en produseer geestelike vrugte.

Om as verloste te lewe en in geloof te groei, vra egter opoffering en toewyding.  Dit beteken ook stryd. 

Stryd teen die satan, die wêreld en ons eie sondige natuur. Ons kan hierdie stryd net onder die kragtige leiding van die Heilige Gees voer. Bid om sy leiding!

 

DIENSBEURTE VANDAG     Soutpansdrift                    

 Ouderling:   Japie Rheeders

                  André Rossouw

 Diaken vandag:   Danolien Postma                

Volgende Sondag: Drikus vd Walt    

Beestekraal                             

Ouderling:  André de Wet

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Antoinette Hattingh

            Rina Gertenbach

Beestekraal:

            Sanette du Plessis

 

Vergaderings:                     

Evangelisasieverg.

Woensdag 13 Maart om 18:30 aan huis van Josua van der Walt.

Jeugmentorsverg.

Woensdag 13 Maart om 19:00 by die pastorie.

 

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Plaaslike Sending                              

Volgende Sondag:   Studentekas

Huisbesoek:  

Huisbesoek by  Wyk E3 (Banie Grobler) 12 & 14 Maart.

 

Diensbeurt vir klankdiensgroep:        10 Maart – Gerrit Grobler & Stefan Pretorius.

17 Maart – Leonard Kotzé en Christo Pretorius.

 

SUSTERSAAMTREK

Teen die tyd wat u hier lees, is die sustersaamtrek iets van die verlede. Dit was  ʼn aksie waaraan die meeste van ons susters met ywer deelgeneem het.

Baie dankie vir elkeen se insette, harde werk en opoffering. 

Ons gemeente kan met reg trots wees op die formaat sowel as die styl waarin die saamtrek aangebied is. Alles was puik! 

Al die eer aan ons hemelse Vader wat ons susters op  ʼn besonder manier in sy diens gebruik het. 

Ek is seker dat daar  ʼn duidelike getuienis oor ware diensbaarheid in God se koninkryk hiervandaan uitgegaan het. 

Baie dankie aan Venita en al die susters wat haar met liefde, entoesiasme en toewyding in die voorbereidings en aanbieding van die saamtrek bygestaan het.

Al ons broeders is trots op sulke deugsame vrouens!

                                                                      Danie (namens al die broeders)     

EVANGELISASIE NUUS:

Op die plase:                                                                                                                

Tans is ons nog steeds besig op die 9 plase waar ons 5 maande gelede begin het om die  evangelie te verkondig. 

Daar is egter in totaal 13 bedieningspunte waar ons besig is met dienste en leringe oor verskillende onderwerpe. 

Ons bly gefokus op God se koninkryk en vertrou dat die mense uit die duisternis in die lig sal kom: 

Ons is dankbaar vir mense soos Jannie wat help om mense by die dienste te kry!

Kleuterskole en geletterdheid:                                                                                  

Hanlie en Jannis vorder goed met die Bybellesse by die kleuterskole.  Ons is ook baie opgewonde oor die “geletterdheidsskooltjie”  wat begin het . 

Groot dankie aan almal wat betrokke is onder andere Danolien, Linda, Joseph, Christo, Josua en Pieter-hulle.

Sonop betrokkenheid:                                                                                                 

Hier begin dinge gebeur!  Rina en Hans se betrokkenheid gaan definitief ‘n groot verskil maak. 

Dankie ook aan al die boere wat groente skenk en ook die klere en dinge wat ons van Marthie-hulle ontvang.           

Geestelike lektuur:                                                                                                       

 ‘n Baie belangrike manier om ‘n impak op die omgewing te maak! 

Ons beplan om onder andere uitreike na die plakkerskampe en lokasies te maak gedurende vakansietye, maar vooraf gaan gee ons lektuur uit. 

Ons probeer ook om 1 of 2 keer per maand van die lektuur op stategiese plekke uit  te deel. 

Die koste aan die druk en aankoop daarvan is egter hoog en donasies sal verwelkom word . 

Onthou asseblief om te bly bid.  Satan hou niks van wat besig is om te gebeur nie!

Al die eer aan die Here!                                                     Chris van der Walt

 

 

FOKUSTYD

Hulle praat mos van “Murphy’s Law”.  Hierdie wet sê: As daar miskien iets kan verkeerd loop, sal dit verkeerd loop 

Die wet het toe weer ingeskop!   In ons boekie (handleiding) het daar by week 5 op  ʼn onverklaarbare rede een vraelys uitgeval. 

Dit is die eerste vraelys. Daar behoort 6 te wees, maar daar is net 5 in die boekie.  Ons gee vandag die vraelys uit by die deure en u kan dit dan asb net in u boekie inplak.  

U sal sien, die opskrif is daar, maar die vraelys nie.

Oppas.  Moenie toelaat dat week 5 jou oorwelig of moedeloos maak nie. Met week 5 word ons gehelp om ons eie geestelike groei te evalueer en dan verder  ʼn persoonlike groeiplan op te stel.

Dit is baie vir een week.   Onthou oor minder as twee weke sluit die skool. Dan stop ons eers met ons fokustyd. En dan kan u self u eie groeiplan deeglik uitwerk en begin implementeer. 

Onthou dis  ʼn plan waaraan u vir die volgende jaar gaan werk!

Ek dink dat elkeen wat die plan prakties gaan gebruik beslis goeie resultate in sy /haar persoonlike geloofslewe sal sien. 

Dit is  ʼn goeie hulpmiddel wat die Here in sy genade vir ons gee.

                                                                                                       Danie

   

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

10 Mrt 1981       KOBUS VAN DER WALT             Sel: 0824510477 Wyk: B3

13 Mrt 1949       MARTHIE BERTHOLD                Sel: 0791821655 Wyk: B4

15 Mrt 1930       KOSIE DU PLESSIS               Sel: 0825705274 Wyk: A3

15 Mrt 1962       ANDRÈ ROSSOUW                    Sel: 0766108907 Wyk: D3

15 Mrt 1941       GERT VAN DER WALT           Sel: 0828228766 Wyk: E2

 

ONDERLINGE MEELEWING:

Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie (1 Joh. 2:10)

1. Sr Ria du Plessis het die afgelope week  ʼn heupvervanging gekry. Sy is goed besig om aan te sterk en ons bid dat sy volkome sal herstel.

2. Br Braam du Plessis het sy rug beseer en moes die afgelope week  ʼn rugoperasie ondergaan. Ons is dankbaar dat dit alreeds soveel beter met hom gaan. Ons bid ook vir sy genesing.

3. Baie geluk aan ons gemeente se kinders wat die afgelope tyd so goed gedoen het op die atletiekbaan. Ons is saam met julle ouers en oupas en oumas  trots op julle prestasies!

BEROEPE AANVAAR

·         Ds HJ Stoltz van Bloemfontein-Suidheuwels na Ontdekkers.

BEROEPE BEDANK

·         Ds ASA de Bruyn van Wilropark na Rietvallei as medeleraar.

       

Goeie Vrydag:   Vrydag, 29 Maart is daar ‘n gesamentlike diens wat gehou word by Soutpansdrift Kerk om 9 uur die oggend.

                                                            

 

SUSTERS

BAIE, BAIE DANKIE                                                                                                                                                                                          

 Venita.

                                                          

 

 

 

<< Start < Prev 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 Next > End >>
Page 44 of 50