
Mosterdsaad (150)
9 September 2012
Selfst. Skrifl. Hand. 11:1 – 18 Sing: Ps. 147:1 & 3 (p.709)
Teksdeel: 2 Tim 1:1-7 en 2:1 – 7 Ps. 59:1 & 10 (p. 289)
Teks: 2Tim 2:1 & 2 Ps. 48:4 & 5 (p. 245)
Ps. 118:1 & 2 (p.580)
WORD STERK IN JOU GELOOF
Soms voel ʼn mens so asof jou geloof nie op standaard is nie. Asof jy ver van God af is. Timoteus het ook op ʼn stadium moeg en moedeloos gevoel.
1. DIE LEWENSTORMS MAAK MENS MOEG Timoteus was as jong man die leraar van die gemeente in Efese. Die bediening het hom oorweldig. Hy was uitgeput en oorlaai. Daarom moedig Paulus hom aan om weer die genadegawe, wat God hom gegee het, soos ʼn vuur aan te blaas (Hfst. 1:6).
2. IN CHRISTUS WORD JY WEER STERK Timoteus moes weer sterk word om sy opdrag uit te voer. Ons elkeen kan eers diensbaar wees as ons sterk is. Hoe word ʼn mens sterk? Paulus se raad is: Word gedurig sterk gemaak deur die genade wat ons in Christus het. Genade bring vergiffenis en genade gee krag.
3. AS JY STERK IS, WORD JY ʼn ONDERWYSER Elke gelowige word ʼn onderwyser. Paulus sê in vers 2: Wat jy my... hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. Hier is ʼn ketting van onderwysers! (Vgl. ook Timoteus en sy voorgeslagte Hfst. 1:5). Is jy ook een?
DIENSBEURTE VANDAG
Soutpansdrift
Ouderling: Derick Rheeders
Christo du Plessis
Diaken: Drikus van der Walt
Ouderling: Dawie du Plessis
SKINKBEURTE Soutpansdrift:
Janet van der Walt
Siska van der Walt
Beestekraal:
Anna-Marie Eloff
Kollektes vandag:
Onder die diens: Diens van Barmhartigheid
By die deure: Trans Oranje Skool vir Buitengewone Onderwys.
Volgende Sondag by deure: Bosveld Bedieningsfonds
Vergaderings:
Sieke Bedieningsverg. Woensdag 12 September om 18:00 by die pastorie. Jeugmentorsrverg. Woensdag 12 September om 19:00 by die pastorie.
God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. (Heb. 6:10)
1. Ons betuig ons innige meegevoel met sr. Marthie Pretorius en br. Petrus. Marthie se broer is die afgelope week oorlede en haar skoonsuster was ook in die hospitaal.
2. Br. Peet du Preez in die hospitaal met hartprobleme. Hy het toetse ondergaan en is behandel nadat hy hartprobleme ontwikkel het. Hy sal moontlik oor die naweek huis toe kan kom.
3. Br. Marthinus du Plessis (snr.) was in die hospitaal vir behandeling nadat ʼn bloedklont in sy kuit gevorm het.
Calvyn Jubileum Boekefonds: - www.cjbf.co.za
Die Webwerf CJBF het die Kerkordeboekie op die webwerf geplaas en is besig om al die veranderinge aan die boekie op datum te bring. Daar is 2 indelings nl. Ons huidige lys van keurige publikasies en publikasies wat uit druk is en elektronies bestel kan word sodat u dit gratis op u rekenaar kan aflaai..
HARTKLOP 2012 IS OM DIE DRAAI
Hierdie is 'n geleentheid waar ons 'n invloed op ander mense kan hê. 'n Geleentheid om Christus se beeld te wees en Sy goeie dade te doen. En dit gebeur alles tydens AARDKLOP in Potchefstroom.
"God het ons gemaak wat ons nou is: in Chirstus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." Ef. 2:10
Hulle vra:
Ons het regtig voorraad nodig om hierdie geleentheid te kan laat werk! Koffie, suiker, tee, melk, beskuit of donasies. Sommige gemeentes hou reeds kompetisies tussen die katkisasieklasse om voorraad in te samel. Stuur asb die voorraad na die Kruispad Kantoor by die GKSA Admin Buro in Potchefstroom.
Nog 'n manier van gee: Help ons met Hartklop se verblyf. As jy R 30 gee, kan jy vir iemand die hele week se verblyf tydens Hartklop@Aardklop betaal.
Wees deel van die GEE geleentheid, almal is welkom selfs gesinne!
Besoek gerus Kruispad se webblad http://projekte.kruispad.net/meer-oor-hartklop.html vir enige inligting
UITDAGING: Kom ons maak Krokodilrivierjeug deel van hierdie uitreik!! EK GAAN! WIE GAAN SAAM? Ds Danie.
Heerlike gemengde klein koekiesweer beskikbaar vanaf Vrydag 21 September by die kerk. Bestellingsllyste is op die kennisgewingbord. Die koste is R20 vir 500gm,
Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroombied aan ‘n Internasionale Kinder- en Jeug Konferensie 26 tot 28 September 2012.
Die tema is: Koester ons kinders en jeug.
Inskrywingsgeld: R400 per persoon.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor.
Indien enige navrae: Kontak die kerkkkantoor by 012 2544770.
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
9 Sep 1980 LOHAN OTTO Sel: 0832355561 Wyk: B4
9 Sep 1937 SARIE PRETORIUS Sel: 0827242384 Wyk: D1
9 Sep 1996 ALIDA SIEBERT Sel: 0796204774 Wyk: F6
10 Sep 1934 SARIE BRITZ Sel: 0721103671 Wyk: A2
10 Sep 1985 RENEE DE BEER Wyk: A5
10 Sep 1972 FLORIS KOTZE Sel: 0826040060 Wyk: E3
13 Sep 1942 TINA PRETORIUS Sel: 0827752590 Wyk: E6
14 Sep 1961 BRAAM DU PLESSIS Sel: 0828801466 Wyk: A3
14 Sep 1966 BRUCE PERKINS Sel: 0832714953 Wyk: C2
14 Sep 1982 DONOVAN YOUNG Sel: 0832524632 Wyk: G3
Die Gereformeerde Kerk Cachet bied aan:INTERDOPPERKAMP 2012
Tema; Wees wie jy is..... VAT WAT JY KRY - DOEN WAT JY MOET.
Wanneer: 21 – 23 September 2012
Waar: Nooitgedacht Kampterrein
Wie: Studente en jong werkendes
Kontak: Paul by 0844402199
Koste: R250 Jubila:, Absa Spaarrekening
Takkode: 335-138 Rekeningnr: 9066522601
Faks deposito strokie na: 0865102073 of Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
BEROEPE ONTVANG
· Ds W van den Heever van Rietvallei na Vryheid.
· Proponent GJJ van der Merwe na Vryburg.
BEROEPE AANVAAR
· Proponent H Nkoana na Ramotse.
Koor: Sondag 9 September oefen die koor weer in die kerk van Soutpansdrift om 16:30. Bring asb. julle ou koorstukke saam. Indien daar van die gemeentelede lus voel om aan die Kersprogram deel te neem, is dit nou jou kans om aan te sluit by die kerkkoor.