Mosterdsaad (150)
TEMA: NEEM DIE WOORD VAN GOD AAN, DIT IS DIE SWAARD VAN DIE GEES.
Ons word vinnig ontsteld wanneer daar van ontwapening gepraat word want ons besef die belangrikheid van wapens om onsself mee te verdedig teen die aanslae van rowers, moordenaars en skelms.
Daarom sorg ons dat ons wapens vir selfverdediging veilig en skoon bewaar word. Baie van ons oefen gereeld om gewoond daaraan te bly sodat ons dit veilig kan gebruik om onsself mee te beveilig.
In die wapenrusting wat God vir sy kinders gee vir ons stryd teen die bose is daar een spesifieke item wat nie alleen tot verdediging aangewend word nie, maar ook om mee aan te val. Die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.
Ons kyk vanoggend na twee sake....
- Neem die Woord van God aan as swaard.
(Ps. 119:11)(Joh. 14:26)(Hand 17:11)(NGB art. 3-7)
- Waak teen die vyand wat hierdie swaard wil afneem.
(Gen. 3:1 en 4)(Mat 4:3)(Mat 13:19)
Iemand het gesê: “ ’n Bybel wat in jou kop gebêre is, is meer werd as ’n dosyn in jou tas.”
TEKS:
En neem aan die helm van verlos-sing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God.
Ef. 6: 17
NOOD BY ONS GEMEENTE SE ARMSORG
Ons vestig graag u aandag daarop dat ons gemeente se diakonale fondse onder druk verkeer. Die tekort beloop tans ±R7000 per maand.
As gevolg van die huidige ekonomiese omstandighede neem die behoefte na versorging geweldig toe. Ons kan met dank aankondig dat daar sedert ons vorige oproep wel 'n toename was, maar dit is ongelukkig nog nie voldoende nie.
Ons doen daarom 'n beroep op al ons lidmate om asseblief, indien moontlik, tydens kollektes heelwat meer by te dra sodat die tekort uitgewis kan word.
Sodoende stel u die diakonie in staat om die aller noodsaaklike barmhartigheidsdiens te kan doen. Onthou: Die R10-00 wat jy tien jaar terug ingegooi het, is vandag, as gevolg van inflasie, sommer baie minder werd as destyds.
Iemand maak nou die dag die volgende ironiese opmerking: Dit is nogal snaaks hoe min R50-00 is as daarmee by die restaurant betaal en hoe baie R50-00 is wanneer jy dit in die kollektesakkie by die kerk gooi.
27. OMGEWINGSPITKOS
Ons aanskoulike belewenis van die natuur se gang word reeds in Gen. 8 : 22 saamgevat. ‘Van nou af sal al die dae van die aarde, saai en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie’.
Elke jaar se bekoorlike seisoenssimfonie is ‘n Godgewilde (Ps 74 :17) natuurritme wat in sy volheid so ‘n noodsaak vir skeppingswelvaart is.
Dit griffeer polsende emosiesnitte ook in jou verstaan van die tweeprag Skrif en natuur. Benadruk balans en werklikheid, en laat jou die nut en sin van bestaan beter insien.
Lof aan die Here omdat God alles planmatig met ‘n doel geformeer het – om aan die mens op aanskoulike wyse die evangelie van verlossing te bring (Jes. 55:10,11).
KERSTYD-DINGE (tye verander)
Sondag 25 November 2018 vanaf 18:30: Kersliedere en Musiek in Soutpansdrif se kerkgebou.
Sondag 2 Desember 2018: Gesamentlike Kerssangdiens by NG Sanddrift
Hou solank die datums in gedagte!!
BORG ‘N KERSGESKENK VIR CMR BRITS
CMR Brits bied op 6 Desember 2018 ons jaarlikse Kersboom aan vir minder bevoorregte kinders. Die Kersboom vind plaas by Polkadot (by Casa Grande). Daar word beoog om ongeveer 60 kinders na die Kerspartytjie te nooi.
Elke kind ontvang jaarliks ‘n geskenk ter waarde van R150.00. CMR Brits wil graag die gemeente nader en versoek om 10 kersgeskenke teen R150.00 elk te borg.
Kontant skenkings is ook welkom.
U bydrae sal hoog op prys gestel word.
CMR groete
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
5 Nov 1960 PIETER DU PLESSIS Sel: 0826558229 Wyk: D 3
6 Nov 1956 CORNELIA DU PLESSIS Sel: 0828785004 Wyk: D 8
8 Nov 1994 ZANMARIE DU PLESSIS Sel: 0795238174 Wyk: A 7
8 Nov 2017 LILANIE KRUGER Wyk: E 8
9 Nov 1975 HESTER MARX Sel: 0723725990 Wyk: A 4
10 Nov 1969 RINA CILLIERS-LABUSCHAGNE Sel: 0828927395 Wyk: B 7
10 Nov 1967 PIETER DU PREEZ Sel: 0837070469 Wyk: B 1
10 Nov 2004 LEANKE VAN DER WALT Sel: 0826766698 Wyk: E 1
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Studentekas
Volgende week CMR
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Jan van der Walt Pieter du Preez
Diaken Hannes Grobler Annemarie Eloff
Vandag: E 8 & B 1 A 1
Volg. Week: B 2 & B 3 A 2
PROGRAM VIR DIE WEEK
5 November Blokraad B Vergadering 19:00 Pastorie
6 November Blokraad E Vergadering 19:00 Pastorie
7 November Admin Bedieningsraad Verg. 18:00 Pastorie
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.