Sosiale Skakels

Besoekers

We have 1 guest online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 14 September 2018 10:02

16 September 2018

Written by

TEMA:  Jy moes luister om te lewe, luister nou verder om te groei.

  1. Luister om te lewe.

Die uitnodiging om na God se Woord te luister gaan uit na alle mense. Maar as gevolg van die mens se sonde en dood, kan hy uit homself nie hoor of luister nie.

Daarom maak God uit genade die mens lewend en so in staat om sy stem te hoor. Hy werk in ons om nie alleen sy Woorde te hoor nie, maar om ook daarna te luister, dit aan te neem en te gehoorsaam. Sy Woord gee lewe.

  1. Luister om te groei.

Baie gelowiges raak traag om verder te luister en daarom is daar weinig groei te bespeur. Ons het ’n tweede geboorte beleef en is kinders van God maar as sy kinders moet ons nie bly by die melkkos van die Woord nie,

maar vaste spys inneem sodat ons geestelik kan groei.

Om te groei moet ons luister en om effektief te luister moet ons spesiale moeite doen sodat ons God se stem deur sy Woord kan hoor.

Ons moet soos Christus onsself gereeld afskei van die geraas van hierdie besige wêreld en ons in stilte afsonder om met God te praat maar ook na sy Woord te luister.

Jesus het verskeie kere gesê: Mat 13:9  "Wie ore het, moet luister!"

 

TEKS:

Gee aandag en kom na my toe, luister en julle sal lewe. Ek wil met julle ‘n ewige ver-bond sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

Jes. 55: 3 &

Heb. 5: 11

 

FRANKFORT RIVIERTOER 2018

Datum: Sondag 2 Desember tot Donderdag 6 Desember 2018

Waar: Frankfort/Tweeling                                                                                                                          

Wie: Alle hoëskool kinders (vriende in welkom)                                                                                           

Koste: R800 per person                                                                                                                               

Tema: Die Woord is skerper as die swaard!  

Inskrywingsvorms: Sien Facebook bladsy of stuur email na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 Die Gereformeerde Kerk Frankfort         

 

Tel: 058 813 1231     Sel: 083 653 1989    Faks: 086 520 6994 Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

JEUG BYEENKOMS EN BYBELSKOOL

Sondag 16 September 2018 om 18:00 te Soutpansdrift Kerk is daar Jeug Aandbyeenkoms en Bybelskool.

JEUG TEMA:  “THE BIG BANG THEORY” DIE OERKNAL TEORIE

BYBELSKOOL TEMA: KAN ‘N MENS GOD SE GENADE WEERSTAAN OF VERWERP?

Daar sal ‘n kollekte wees om kostes te dek.

 

TIENERTOER 29 Sept – 6 Okt 2018.  Winklespruit Aangebied deur die GK Hartbeespoort.                     

Gr. 8 – 12; oud: 14j-18j                                                                                                                     

BESPREEK jou plek so gou moontlik want daar is net 40 PLEKKE beskikbaar!

Handig die voltooide inskryfvorm en jou geld in by die GK Hartbeespoort kerkkantoor (tel. 0122530063) of stuur dit per epos en doen ‘n elektroniese betaling.  eposadres:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it                       

Elektroniese oorplasing:ABSA, 632005, Hartbeespoort;  Tjekrekeningnr: 640 340 134. Verwysing:Kind se NAAM enTienertoer 2018                                                                                  

Betaal jou geld in voor 11 September 2018.  TOERGELD:  R700.  LW Die totale KOSTE is baie meer ; ons is dankbaar dat  GKHartbeespoort  se kerkraad die toer subsidieer. 

Die toergeld sluit in: vervoer, verblyf, etes, toegangsgeld.  WAT GAAN ONS DOEN? Swem, speletjies, kuier, gesels oor “tiener-issues”. Ons gaan ook baie pitkos (kos vir jou brein!) kry! -

kom vind saam uit waar pas ons elkeen in God se groot plan met alles.                                                                                           

UITSTAPPIES sluit o.a. in pret by die Ushaka Marine World in Durban.                                                                 

NAVRAE: ds Christo 083 742 1496

 

ONDERLINGE MEELEWING

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?  (Rom. 8:31)

Ons vra u voorbidding vir die volgende lidmate:

  1. Br Theuns du Plessis is nog in die rehabilitasiesentrum in Pretoria, waar sy been en voet geoefen word om weer te kan loop
  2. Sr Arina de Jager is ook in die rehabilitasiesentrum na haar groot rugoperasie. Ons vertrou dat sy spoedig sterker sal wees.
  3. Dit gaan ‘n bietjie beter met br. Eddie en sr. Ria se kleinkind wat met ‘n paar probleme gebore is. Sy word sterker,maar daar lê nog ‘n paar dringende operasies voor en die ou lyfie is maar bitter klein vir die operasies.
  4. Sr Desiré Joubert se skoonsuster is die afgelope week na ‘n operasie en ‘n daaropvolgende hartaanval oorlede.
  5. Sr Amanda du Plessis reageer goed op die behandeling. Sy sukkel nog so ‘n bietjie met bloeddruk, maar dit lyk of dit nou stabiliseer.

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

 

18 Sep 1951               ANNATJIE DE WET                      Sel: 0843808698                     Wyk: A 4

18 Sep 1999              CARLY HATTINGH                       Sel: 0829206627                     Wyk: E 1

18 Sep 1976              SUZANNE MIENIE                       Sel: 0725123980                      Wyk: D 4

19 Sep 1948            EDDIE DU PREEZ                      Sel: 0834498652                  Wyk: A 2

19 Sep 1968              NICO ENGELBRECHT                  Sel: 0826517718                        Wyk: B 6

21 Sep 2001              SHERRYL CILLIERS                    Sel: 0826817484                       Wyk: B 7

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Mukhanyo Com. Centre

Volgende week                    Emeritaatsfonds

 

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Willem Potgieter                                    André de Wet

Diaken                                   Braam de Wet                                        Louis Kruger

 

Vandag:                                   D 2 & D 3                                                   A 1

Volg. Week:                           D 4 & D 5                                                   A 2

 

KOOR

Die koor oefening vandag 16 September by Soutpansdrift Kerk.

Almal wat belangstel is welkom.

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

U naam as verwysing asb.

 

 

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Next > End >>
Page 11 of 50