Sosiale Skakels

Besoekers

We have 26 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 02 March 2018 10:30

4 Maart 2018

Written by

TEMA:  NIKS IS VIR GOD ONMOONTLIK NIE.  IS JY VRYGEWIG OF SUINIG MET DIE UITDEEL VAN HIERDIE GOEIE NUUS

VERWELKOMING:

Ons verwelkom vanoggend vir Ds. Johannes Aucamp (TOPIA). Hy sal voorgaan in die erediens en ons daarna kortliks toelig oor die werksaamhede van TOPIA.  Ons bid dat die Here hom sal seën met die Woordverkondiging.

 

God doen die onmoontlike en bring lewe en redding waar daar geen hoop op lewe is nie.  Jy word wonderbaarlik gered.  Hoe reageer jy? 

Is jy suinig en hou hierdie goeie nuus vir jouself of is jy vrygewig en wys vir ander waar hulle ook redding en hoop kan kry.

 

TEKS:

Hulle sê toe vir mekaar: “Ons maak nie reg nie. Vandag is ‘n dag vir blydskap en ons bly stil! As ons wag tot ligdag, sal ons beslis gestraf word.

2 Kon. 7: 1 – 3 & 9

 

SUSTERS                               25 EN 26 MEI 2018

Dit is die datum van ons GROOT  fondsinsameling.

Vrydagaand 25 Mei van 18:00 af :  Konkabraai met Wicus v/d Merwe as kunstenaar.  Bring eie vleis en drinkdingetjie.  Daar sal ook braaipakke te koop wees.

Saterdag 26 Mei 2018 van 8:00 af:  Kaskaruitdaagren op Soutpansdrift se terrein met kosstalletjies en vleisverkope.  Vir inskrywings skakel met Carien Kruger 084 220 0024. 

Ons daag die verskillende boerderye uit om in te skryf en te bepaal waar die krag en spoed lê.

 

Nooi asseblief vriende en familie.  Hou die datum oop!

 

VOORBIDDING

Voorbidding vir gemeente en aktiwiteite word gehou op Sondag 11 Maart om 9:30 in die Jeuglokaal.

 

Almal welkom.

 

KOOR

Op versoek uit die kerkverband en van ons eie lidmate het die Musiek-bediening besluit om hierdie jaar die uitgee van ‘n cd van koorsang en gemeentesang aan te pak. 

Ons nooi alle mense wat lief is vir sing  om te kom inval by die koor.  Ons oefeninge is altyd op ‘n Sondagmiddag van 16:30 af en ons sal DV volgende Sondag 4 Maart begin. 

Dan sal ons ‘n tyd afspreek wanneer die opnames van die gemeentesang gaan plaasvind.

 

BEGROTINGVERGADERING

Die Kerkraad en diakens vergader DV Woensdag 14 Maart om 19:00 om die begroting vir die nuwe finansiële jaar goed te keur.  (Al die ouderlinge en al die diakens asb.)

 

JONG OUERS: ONS DOOPBELOFTE IN AKSIE

 

Mens hoor soms die versugting by jong ouers dat hulle so wens dat die ooievaar ook handleidings saam met die babas kon aflewer.

Kinders grootmaak op sigself is nie ‘n grap nie en as ‘n mens mooi oor jou doop-belofte dink kry jy soms ‘n ligte angsaanval. 

Die verantwoordelikheid is so geweldig groot!  Reël vroegtydig dat ouma en oupa of iemand anders wat jy vertrou op Vrydagaand 23 en Sater-dagoggend 24 Maart hier is om vir boet en sus op te pas.

Tydens die geleentheid gaan ons julle as ouers toerus om julle doopbelofte op ‘n praktiese manier uit te leef. Sake soos ouerliefde, dissipline en Bybelonderrig .

 

ONDERLINGE MEELEWING

 

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.  As iemand sê: Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy  ʼnleuenaar, want wie sy broer,

wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie  (1 Joh. 4:19  - 20)

  1. Jan en Hester du Plessis se kleinseun (Armand Ras) was in ‘n ernstige motorongeluk. Hy het baie seer gekry en word in die Intensiewe Sorg Eenheid behandel.
  2.  Ons dra die gesin en familie op aan ons hemelse Vader.
  3. Annatjie Scheepers is met ‘n kwaadaardige gewas in haar een bors gediagnoseer.  Ons bid dat die Here haar sal vashou en dra deur die beproewing.
  4. Frikkie van der Walt het Vrydag ‘n galblaasoperasie ondergaan. Ons vertrou dat hy gou weer op die been sal wees.

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

4 Mrt 1988              ELFRIEDA DU PLESSIS            Sel: 0828653068                  Wyk: E 6

5 Mrt 1990              AJEE DU PLESSIS                    Sel: 0727156354                    Wyk: E 5

5 Mrt 1966              OCKERT VAN WYK                    Sel: 0718974266                    Wyk: B 7

6 Mrt 1955              FREDA RIEKERT                       Sel: 0732577779                    Wyk: A 3

7 Mrt 1940            AMANDA DU PLESSIS           Sel: 0726071685                 Wyk: D 8

9 Mrt 2007             DRIAAN DU PLESSIS               Sel: 0823379790                   Wyk: E 4

9 Mrt 1951               LYNN DU PLESSIS                   Sel: 0817026185                     Wyk: D 1

10 Mrt 1976             ISABEL BLIGNAUT                   Sel: 0824130105                     Wyk: A 3

10 Mrt 1981              KOBUS VAN DER WALT            Sel: 0824510477                     Wyk: B 3

 

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Studentekas

Volgende week                    Sustentasiefonds

               

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Christo du Plessis                                 André de Wet

Diaken                                   André van der Walt                             Louis Kruger

Gasvryheid

Vandag:                                 B 1 & B 2                                                      A 3

Volg. Week:                           B 3 & B 5                                                      A 4

 

MANNEONTBYT

Saterdag 21 April 2018 om 9:30 in Soutpansdrif se saal wil die susters van Blok A al ons manne EN hulle vriende onthaal met ‘n heerlike ontbyt en ‘n uitstekende spreker.  

naam is Myan Subrayan .  Hy is ‘n Indiër  wat uit die Hindoegeloof tot die Christendom bekeer is op ‘n wonderlike manier. 

Hy is tans ‘n lewensafrigter wat hierdie nuutgevonde geloof van hom prakties uitleef en met ander mense deel.  Hy was ook onder andere betrokke by die Leeus wat in die 2017 Super Rugby toernooi. 

aartjies sal binnekort beskikbaar wees.  Verkoop asseblief wyd en syd.  Baie dankie

 

 

 

 

 

 

 

 

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Next > End >>
Page 15 of 50