Sosiale Skakels

Besoekers

We have 7 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 24 November 2017 11:32

26 November 2017

Written by

MISSIO DEI – GOD MAAK MET ONS ‘N NUWE BEGIN

Toe die Here Jesus uit die dood opgestaan het, het daar ‘n heel nuwe bedeling aangebreek. Die apostel Paulos sê:  Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2 Kor 5: 17).

1.         ONS HET ‘N NUWE IDENTITEIT

Hoe lyk ons ou identiteit?  Dit is in die sonde verstrengel. Dit is ‘n identiteit waarmee jy jouself probeer verbeter. Die Here Jesus se dissipels het op grond van hulle geloof saam met Hom in ‘n nuwe lewe opgestaan. Hulle het ‘n nuwe identiteit as burgers van die koninkryk van die hemel.

2.        ONS HET ‘N NUWE KRAG

Hoe lyk ons ou krag? Uit onsself is ons tot niks goed in staat nie. Die Here Jesus belowe egter sy voortdurende nabyheid. Deur sy Gees het Hy in ons kom woon. Ons lewe nou vanuit die lewewekkende krag van die Gees.       (Vgl Ef 1:18 & 19)

3.        ONS HET ‘N NUWE OPDRAG

Wat was ons ou opdrag? Volgens Gen 1:28 het God aanvanklik aan die mens die opdrag gegee om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon en te bewerk. Nou sê die Here Jesus aan sy dissipels: Gaan en maak die mense my dissipels en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

SKRIFLESING:

MATT 28: 16 – 20

 

 LIEDERE:

Ps 95: 1 & 4

Ps 146 : 1 & 8

Sb 12-3 : 1,2 & 3

SB 9-3: 1 & 2

Ps 40: 3 & 4

 

Sb 18-6 :1 - 5

TEKSVERS:

 

MATT 28: 18-20

 

 

… Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my disiiples…

 

GEMEENTEVERGADERING NA AFLOOP VAN DIE EREDIENS

Al die lidmate word uitgenooi na ‘n gemeentevergadering na afloop van die erediens, sowel te Beestekraal as Soutpansdrift. Die doel van die vergadering is:

Om saam te besin oor die gedagte om Proponent Regard Venter as ‘n tweede

Predikant te beroep.

Na afloop van die bespreking is daar ‘n geleentheid waartydens elke belydende lidmaat van die Gemeente JA of NEE moet stem. Indien daar voldoende JA stemme is, sal hy amptelik beroep word.

 

KERSPROGRAM

3 DESEMBER – 18:30

 

Die Kersprogram is een van die hoogtepunte op ons Gemeente se kalender.Dit is hierdie jaar weer ons beurt om as gasheer op te tree vir NG en APK Sanddrift. Dit beloof om ‘n sielsverrykende geleentheid van nadink oor die Kersgebeure en mooi musiek te wees. Na afloop van die program kan ons gesellig saam om ‘n eetdingetjie verkeer. Daar sal ‘n kollekte gehou word om die onkoste te dek. Nooi asb u vriende en familie ook uit.

 

TOER NA ISRAEL 2018

Ds. Karel Steyn reël saam met Fitting Choice `n 8 dae toer na Israel vanaf 29 Augustus 2018. Plekke wat ons gaan besoek sluit onder andere Kapernaum, Abraham se putte, Megiddo, die Tuingraf, die Klaagmuur en die See van Galilea in. Ons gaan die Via Dolorosa stap, met die kabelkar opry na Masada toe, op die Dooie See dryf en deur Hiskia se tonnel stap. Kostes vir die toer beloop R 29,590 per persoon wat deel en sluit die volgende in: retoervlugte vanaf OR Tambo, lughawe belasting, alle ingangsfooie by besienswaardighede, vervoer in `n luukse bus, `n Engelssprekende toergids, verblyf in 3- en 4-ster hotelle en twee etes per dag. Besprekings vir die toer sluit 28 Februarie 2018. Vir meer inligting kontak ds. Karel by 072 476 8794 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

VOORBIDDING:

1.          Kom ons dank die Here vir die Fokustyd wat ons as Gemeente kon hê, waar ons net weer oor die kern van ons geloof kon besin.

2.        Kom ons bid ook nou vir die vergadering wat na die diens gaan plaasvind. Kom ons  vra dat die Here die proses sal lei dat ons binne Sy plan vir ons Gemeente sal handel en dat Sy wil sal geskied.

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Next > End >>
Page 17 of 50