Sosiale Skakels

Besoekers

We have 10 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 23 June 2017 10:07

25 Junie 2017

Written by

TEMA:  AS JY SAAM MET DIE HERE JESUS WIL WEES, KLIM TERUG IN DIE SKUIT

 

AS JY SAAM MET DIE HERE JESUS WIL WEES, KLIM TERUG IN DIE SKUIT

Is jy in die skuit of probeer jy soos Petrus op die water loop?  Hierdie vraag is belangrik, want so kan jy jou eie benadering tot geloof in die Here Jesus toets.

DIE DISSIPELS WORSTEL SONDER JESUS

Nadat hy die meer as 5000 mense kos gegee het, stuur die Here Jesus sy dissipels weg met die skuit. Hy stuur hulle in ‘n storm in terwyl hy gaan bid.

DIE DISSIPELS IS VERWARD WEENS ‘N ONBEKENDE JESUS

Terwyl hulle deur die wind en wolke geteister word en nie werklik vordering maak nie, kom die Here Jesus op die water na hulle aangestap. Hulle herken Hom nie.  Petrus wil in sy voortvarendheid ook op die water loop. 

DIE DISSIPELS AANBID DIE GEOPENBAARDE HERE JESUS

Toe die Here Jesus, met Petrus aan die hand, in die skuit klim, word die waters kalm. Daar in die skuit ervaar hulle die kalmerende teenwoordig-heid van die Here Jesus en daar aanbid hulle Hom. 

 

Teksvers:   Hulle het toe in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Die man-ne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”

Matt. 14:32 & 33

 

BRIEF ONTVANG VAN:   SINODALE DEPUTATE DIAKONALE SAKE

DIE VOORSITTER

KERKRAAD, DIAKONIE EN SUSTERS

BRAND- EN STORMSKADE BY KNYSNA EN OMGEWING

Ons is almal bewus van die geweldige brand- en stormskade by Knysna en omgewing en dat mense tans in groot nood verkeer.

Die komitee wat die Noodfonds hanteer het reeds ‘n bedrag bewillig om na die GK Eden (Knysna en Plettenbergbaai) oor te plaas.

U word vriendelik versoek om die nood in u gemeente bekend te maak met die versoek aan lidmate om aan die noodlydendes in die Suid-Kaap in hul gebede te dink.

Waar lidmate dit ook in hulle harte vind om ook ‘n bydrae te maak om die nood te verlig, versoek ons vriendelik dat diakonieë enige bydraes na die volgende rekening sal oorplaas:

ABSA  -  Rekeningnaam: SDDS            Rekeningnommer: 3330141750

Takkode: 632005              Verwysing: Nood Eden

U broeder in Christus                         HSJ Vorster  Skakeldeputaat 

Lidmate wat nog kontant wil bydra vir die Knysna Hulpfonds, kan die geld in ‘n koevert sit en dit net merk “Knysna” en Sondag in die sakkies gooi. 

Klere, blikkies kos en komberse kan nog by die kerkkantoor ingehandig word.  Sover gaan ons gemeente ongeveer R20 000 oorbetaal asook ‘n klompie voorraad stuur.

 

VERJAARSDAE VIR DIE WEEK                                                                                                                                                           

25 Jun 1960             HANNETJIE GROBLER                 Sel: 0823003742              D 7         

25 Jun 1996             STRAUSS KRUGER                      Sel: 0827540646              A 3        

25 Jun 2007              IVAN LOUW                                                                        E 4         

25 Jun 1991              ANNA-MARIE VAN DER WALT   Sel: 0739160033              E 5          

26 Jun 1950              BABSIE BOSMAN                        Sel: 0835564906             D 8                                    

26 Jun 1968              JOPPIE DU PLESSIS                   Sel: 0836292055             A 5                                                            

30 Jun 1973              DERICK RHEEDERS                    Sel: 0827807200             E 1                                            

1 Jul 2016                 MARCO DU PLESSIS                                                           E 1

 

 

GEBEDSGROEP

Ons vra voorbidding vir die fokustyd waarmee ons na die Julie skoolva-kansie gaan begin.  Ons vra dat u bid  dat ons as gemeente sal groei om een te wees in Christus. 

Dat die heilige gees ons sal vul en sal onderrig in wat die Here van ons as liggaam van Christus verwag. 

Almal is welkom om ook saam te kom bid vir die gemeente elke Sondag oggend om 9:30.

 

VRYGEWIGHEID IS NIE NET VIR RYKES BEDOEL NIE, MAAR OOK VIR MY

 

Iewers het die idee in my eie kop posgevat ek moet ekstra geld hê voordat ek iets kan weggee, of ‘n bydrae kan maak vir die Here se werk.

Dalk het dit gebeur toe die diaken in my kinderdae vir die kerk kom kollekteer het by ons huis. Een keer het ek vir hom gevra of ek ook ‘n paar sent mag bydra.

Toe het my pa en die diaken gelag en verder gesels. Tog het ons almal iets om met mekaar te deel. Selfs diegene met twee stelle klere op hulle naam, het een stel om te deel, sê Johannes die Doper in Lukas 3.

Vrygewigheid het niks te make met die oorvloed of gebrek aan dinge op jou eie naam nie. Vrygewigheid is eerste ‘n hart-ding. 

As die Here jou hart aangeraak het om mededeelsaam te leef, dan klou jy nie aan jou besittings vas asof jou lewe daarvan afhang nie. Dan is jou hart vry en jou hande oop.

Dan gee jy. Jy gee jouself. Jy gee jou tyd. Jy gee jou aandag. Jy gee jou talente. Jy gee jou sente en rande. Jy deel jou hulpmiddels.  

......   Jy gee jou hart......

                                                                                      

deur Stephan Joubert

 

ONDERLINGE MEELEWING

Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, julle moet mekaar liefhê(1 Joh. 3:11)

Hartlik geluk aan Gert en Hannie van der Walt met die geboorte van ‘n volgende agterkleinkind.

Ons betuig ons innige meegevoel met Elsa Lourens wie se swaer die afgelope week oorlede is.

Ons betuig ook ons innige meegevoel met ds. Danie Smit en sy vrou Sannie wie se swaer ook die afgelope week oorlede is.

Beide Faan en Johnnie Pretorius moet nog verder behandeling teen kanker ondergaan.

 

Kollektes

Vandag onder diens              Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Emeritaatsfonds

Vlgde Sondag by deure      Thusofonds

 

Facebook:                 https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Soutpansdrif                                            Beestekraal                

Ouderling                                 André Rossouw                                    Thinus Eloff

Diaken                                     Hannes Grobler                                       Seun Potgieter

Gasvryheid

Vandag                                      E 4 en E 5                                              A 4

Volgende Sondag                    E 6 en E 7                                                A 5

 

PROGRAM VIR DIE WEEK

 Maandag 26 Junie                   Predikant Huisbesoek           Gert Postma                 19:00

  

LEKKER WINTERVAKANSIE

Ons wens al ons onderwysers en kinders ‘n heerlike vakansie toe.  Geniet die laatslaap en ontspan.  As julle op die paaie gaan, wees asb versigtig en kom veilig terug.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                                                                                                      

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Next > End >>
Page 20 of 50