Sosiale Skakels

Besoekers

We have 17 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Kerk Kantoor

Kerk Kantoor

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Friday, 01 March 2013 09:47

3 Maart 2013

3 Maart 2013

Selfst. Skrifl.  Hand 21:27 – 40  Sing: Ps.  66:1 & 2 (p.320) en  Ps. 33:1,5 & 6 Teksdeel; 1 Kor. 15:1 – 11                 Sb 12-2:1 - 5  (Sing 1, Lees 2 – 4 Sing 5)

Teks: 1 Kor. 15:3 & 4                         Sb   9-3:1 & 2

                                                           Sb.15-7:1 & 5

                                                           Sb.18-1:1, 4 & 5

 

HOU VAS AAN DIE EVANGELIE

Paulus sê op meer as een plek in sy briewe in soveel woorde dat hy oor niks anders wil praat nie as Jesus Christus, die gekruisigde. (Vgl. Hfst. 2:2)  Dit is die Evangelie!  

Waarom is die evangelie so belangrik? -  So belangrik dat hy oor niks anders wil praat nie? Hy sê in vers Hfst. 15:2: 

Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het.

Die evangelie is die boodskap van redding!  Dit is die boodskap van:

1. SONDE-OORWINING 

2. SONDE-KANSELLASIE

3. LEWENS-VERNUWING

Die evangelie is die boodskap wat ons vertel hoe ons Here Jesus Christus ons hele lewe omkeer, dit verander en totaal nuut maak.  

Wat maak jy met die evangelie wat jy hoor?

 

DIENSBEURTE VANDAG    

utpansdrift                     Ouderling:   Christo du Plessis

                                                       Vakant

 Diaken vandag:     Cecile du Plessis                

Volgende Sondag: Albert du Plessis    

Beestekraal                             Ouderling:  Jan Erasmus

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Petro Pretorius

            Nella van der Walt

Beestekraal:

            Joey Erasmus

 

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Bybelverspreiding                              

Volgende Sondag: Plaaslike Sending 

 

Vergaderings:                     

Finanskom. Verg.

Maandag 4 Maart om 19:00 aan huis van Derick Rheeders.

Spesiale  Breëkerkraadsverg.

Woensdag 6 Maart om 19:00  in die kerksaal.  -  Begroting

 

Diensbeurt vir klankdiensgroep:

 3 Maart - Jan Adriaan du Plessis &  André Kotze .                                    

 10 Maart – Gerrit Grobler & Stefan Pretorius.

 

FOKUSTYD                                                                                                     

Ons het tot by week 5 met ons fokustyd gevorder.  Hierdie is  ʼn baie belangrike week omdat ons in besonder op PERSOONLIKE GELOOFSGROEI fokus. 

Die gemeente as liggaam kan mos net in geloof groei as elke lidmaat persoonlik ook saam met die res groei. Paulus sê in Ef 4:16  Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam  ʼn eenheid. 

Elkeen vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.                                                                                                                                     

Ons gemeente word op hierdie stadium geestelik opgebou deur lidmate wat onder die kragtige leiding van die Heilige Gees met entoesiasme en toewy-ding deelneem aan die groei- en opbouproses. 

Met vraelyste kan elke lidmaat hierdie week sy/haar eie geloofsgroei toets. Daarna kry elkeen die geleentheid om self te beplan hoe om verder aktief in geloof te groei. 

Dit gaan verseker baie opwindend wees!                                                                                                        

Ek kan ons hemelse Vader nie genoeg loof en dank vir die terugvoer van soveel groepe wat   weekliks byeenkom en wat getuig van geestelike groei. 

Elke aand van die week is daar sommer verskeie groepe wat saamkom. 

Verder is daar groepe wat deur die dag saamkom en ander wat weer Sondae onderskeidelik voor en na die eredienste vergader. 

Dink net hoeveel Bybelverse word weekliks gelees, hoeveel geestelike gesprekke vind plaas en hoeveel gebede gaan op!! 

Ons ervaar die Here se wonderlike seën.

Prys sy grote Naam!!!                

Danie          

 

Die volgende drie weke gaan ons  drie Bybelstudies plaas ter voorbereiding van die Saamtrek.  Hierdie Bybelstudies is oorgeneem uit die Die Vroueblad.

BYBELSTUDIE 3 : Waar wil God my in sy Koninkryk gebruik?  Opgestel deur  Prof. Ben de Klerk.                                                                                       

 Lees enkele verse in I Petrus soos telkens aangedui

1. Hoekom kan ons die opdrag nakom om ons altyd goed onder die heidene te gedra?   Lees 1 Petrus 1:3b.

2. Hoekom moet ons ons altyd goed gedra onder die heidene? Lees l Petrus 2:12.

3. Wat is ons as Koninkryksburgers se verantwoordelikheid teenoor elke owerheid (kerklik,  plaaslike en nasionale regerings, ens.)? Lees 1 Petrus 2:13 en 14.

4. Hoe moet ons ons as Koninkryksmense gedra teenoor ons werkgewers? Lees 1Petrus 2:18.

5. Wat beteken dit vir burgers in die Koninkryk as hulle deur enige persoon of instansie  veronreg word? 1 Petrus 2:19 en 20.

6. Hoe moet ons as Koninkryksburgers ons gedra in die huwelik (ook as on- getroudes)? 1 Petrus 3:1-7 .

7. Hoe moet ons ons as Koninkryksmense gedra in die samelewing? Lees l Petrus 3:8,9.

8. Hoe tree 'n Koninkryksburger op in enige soort lyding? Kyk na 1 Petrus 3:13-15.

9. Wat kan ons uit al hierdie vorige vrae (1- 8) aflei oor waar God ons in sy Koninkryk wil gebruik?

 

Huisbesoek:  

Huisbesoek by Wyk A5 (Seun Potgieter) 5 & 7 Maart.

 

Koor:-

 Koor  oefen 3 Maart om 16:30 by Soutpansdrift Kerk.

 

 

SUSTERS

DIE AFTELLING VIR SATERDAG SE SAAMTREK HET BEGIN   10, 9, 8, 7...... !!!!                                                                                                         

Baie dankie vir elke suster wat in hierdie week nog gaan inspring en help.   Venita 

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

3 Mrt 1963         DAWIE DU PLESSIS                 Sel: 0824137890 Wyk: B1

3 Mrt 1962         CECILE VAN DER WALT           Sel: 0828428237 Wyk: E5

4 Mrt 1940        RITA NAUDÈ                             Sel: 0836356705 Wyk: E7

5 Mrt 1990         AJEE DU PLESSIS                    Sel: 0727156354 Wyk: G2

6 Mrt 1980         ANTOINETTE DU PREEZ          Sel: 076 640 2214 Wyk: E5

6 Mrt 1955         FREDA RIEKERT                      Sel: 0732577779 Wyk: A3

7 Mrt 1940        AMANDA DU PLESSIS              Sel: 0726071685 Wyk: E7

9 Mrt 2007         DRIAAN DU PLESSIS               Sel: 0823379790 Wyk: F6

 

  

ONDERLINGE MEELEWING

Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, julle moet mekaar liefhê (1 Joh. 3:11)

1. Sr. Ria du Plessis gaan DV Woensdag in Rustenburg  ʼn heupver-vangingsoperasie ondergaan. Ons bid dat die Here die operasie sal seën.

2. Sr. Petra van Wyk sukkel nog  ʼn bietjie met die herstelproses na haar knievervanging. Ons dra haar en Br Venter aan ons hemelse Vader op.

3. Sr. Ina Perkins sterk tuis aan nadat sy  ʼn operasie ondergaan het.

4. Baie geluk aan Br. John Kamffer wat die afgelope week sy graad ontvang het. Geluk ook aan sy trotse ouers Chris en Bridget!

5. Hartlik geluk aan Br. Jaco  Briel en Sr. Zelda Maree wat gister getroud is. Ons bid dat die Here hulle ryklik op hulle lewenspad sal seën. Geluk ook aan Br. Fanie en Sr. Hanlie Briel met hulle splinternuwe skoondogter.

6. Sr. Dina Snyman sterk na haar rugoperasie nog aan by haar dogter. Ons dink ook aan haar in ons gebede.

 

   

BEROEPE AANVAAR

. Ds RP Buys van Nelspruit na Delmas.

BEROEPE BEDANK

. Ds R Jansen van Vuuren van Hendrina/Carolina-kombinasie na

Krugersdorp-Wes/Magaliesburg-kombinasie.

 

  

Goeie Vrydag:   Vrydag, 29 Maart is daar ‘n gesamentlike diens wat gehou word by Soutpansdrift Kerk om 9 uur die oggend.

                                                                                                    

Friday, 22 February 2013 10:01

24 Februarie 2013

24 Februarie 2013

Selfst. Skriflesing: Hand 21:17 – 26    Sing: Ps.  33:1,6 & 7 (p. 157)

Teksdeel: Openb. 3:14 – 22                       Ps. 130:1 & 2 (p. 640)

Teks: Openb. 3:19 & 20                             Ps.   86:1 & 2 (p. 431)

                                                               Sb.  10-2

HOOR JY DIE HERE KLOP?  BEKEER JOU EN MAAK OOP DIE DEUR!

Die Here Jesus skryf aan die hand van sy apostel Johannes aan die gemeente in Laodisea  ʼn brief.  In sy brief rig Hy  ʼn ernstige waarskuwing: 

Hy wil hulle God, hulle Verlosser en Saligmaker wees, maar hulle het Hom na buite geskuif. 

Die probleem was dat hulle selfvoldaan geword het. Hulle voorspoedige materiële lewe het hulle geestelike lewe verlam. 

Die Here Jesus sê hulle is wat hulle geloofslewe betref, nie warm of koud nie, maar lou. Hulle louheid maak Hom naar. Daarom sê Hy, gaan Hy hulle uit sy mond uitspoeg!

Die genade is dat die Here hulle nie los nie. Hy sê: Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.

Hoe lyk ons elkeen se geloofslewe?  Die Here kyk na jou. Wat sien Hy?  Warmte? Liefde? Toewyding? Entoesiasme? 

Of maak jy Hom naar met  ʼn  houding van selftevredenheid, selfregverdiging  en gevolglike ongehoorsaamheid?

 

DIENSBEURTE VANDAG     Soutpansdrift                     

Ouderling:   Chris Kamffer

                  Vakant

 Diaken vandag:     Bridget Kamffer                 

Volgende Sondag: Cecile du Plessis    

Beestekraal                             

Ouderling:  Thinus Eloff

 

SKINKBEURTE         

Soutpansdrift:

            Bridget Kamffer

            Vakant

Beestekraal:

            Petra van Wyk

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Sustentasiefonds                             

 Volgende Sondag:  Bybelverspreiding

 

Huisbesoek: 

Huisbesoek by Wyk A 1 (Thinus Eloff) 26 & 28 Februarie

 

Diensbeurt vir klankdiensgroep: 

24 Feb. Paul Siebert

3 Maart Jan-Adriaan du Plessis

 

Vergaderings:                     

Finanskom. Verg.

Maandag 25 Februarie om 19:00 aan huis van Derick Rheeders.

Spesiale  Breëkerkraadsverg.

Woensdag 27 Februarie om 19:00  in die kerksaal.

Begroting

 

Koor:-

 Koor  oefen 24 Februarie om 16:30 by Soutpansdrift Kerk.

 

SUSTERS                                                                                                      

Ons is nou twee weke van D-dag af en alles is besig om nou bymekaar te kom.  Net  ʼn paar belangrike brokkies:

•  Ons eie susters moet asseblief ook hulle name opgee en die daggeld betaal anders gaan ons nie vir genoeg sitplek en verversings voorsiening kan maak nie.                                                                                                           

•  NB. Vandag is die laaste dag wat ons nog name kan opgee want ons moet begin om die kosaankope te doen.                                                                                           

•  Baie dankie aan almal wat so ywerig meewerk.  Dit is werklik  ʼn groot vreugde om as  ʼn gedugte span saamwerk.                                                                                      

•  Ons doen ook  ʼn beroep op al ons lidmate – broeders en susters - om in hulle gebede die Saamtrek aan die Here op te dra. 

Ons doelwit is om die hele oggend te laat staan in die lig van diensbaarheid aan ons Here en dat al die teenwoordiges hiervan-daan sal vertrek met  ʼn versterking van hullegeloof en  ʼn herinnering aan  ʼn geestelik ervaring asook met daadkrag om te gaan werk soos wat die Here dit van ons vra.

 

Die volgende drie weke gaan ons  drie Bybelstudies plaas ter voorbereiding van die Saamtrek.  Hierdie Bybelstudies is oorgeneem uit die Die Vroueblad.

BYBELSTUDIE  2: Altyd diensbaar,  diensbaar met my hart en hand

Opgeslel deur ds. Jan-Louis Lee, GK Bothaville

Lees: Matteus 7:15-23 : Jakobus 1 :16-27 (gebruik beide die ‘53- en ‘83-vertaling)

1. Lees weer Matt. 7:15 en 21 . Wat het hierdie twee groepe mense in gemeen?

2. Watter rede(s) voer die "elkeen" van vers 21 aan dat hulle die koninkryk waardig is?

3. Hoekom is hierdie redes nie aanvaarbaar nie?

4. Hulle optrede word beskryf as "ongeregtigheid" (1953)  en "wat die wet van God oortree" (1983).    Watter motivering moes hulle optrede eerder gerig het?

5. Watter verband kan tussen hierdie optrede en die van Jak. 1:22 getrek word?

6. Wat moet eintlik gebeur wanneer die woord "ingeplant" word (Jak.1:21)?

7. Wat is die gevolg van iemand wat "hoor" en nie "doen" nie (Jak. 1:22)?

8. Met watter doel word die woord van waarheid aan ons verkondig (Jak. 1:18)?

9. Met watter beeld maak Jakobus hierdie bedrog konkreet?

10. Wat is egte en suiwer Godsdiens?

11. Toets jou diensbaarheid aan hierdie gedeeltes: bly dit aan die een kant by "sê"? Bly dit aan die ander kant by "hoor"? Hoe kan jy 'n blywende verandering maak?

 

ONS FOKUSTYD                                                                                           

Ons kry baie goeie en positiewe terugvoer van al die groepe wat aan die fo-kustydprogram deelneem.  Daar is ook nog elke week lidmate wat nuut by groepe inskakel!  Dis wonderlik!  Mense geniet die deelname en getuig van dieper insig in die Skrif en ook persoonlike geloofsgroei.  Baie dankie vir u volgehoue gebede.  Ons ervaar die Here se wonderlike seën.  Die afgelope week het ons in ons Bybelstudie na die oplossing van die probleem van geestelike louheid in die kerk  gekyk.  Ons het met ontnugtering kennis geneem van die feit dat die gemeente se geestelike vlak uiteindelik van elke lidmaat se persoonlike insette asook verhouding met die Here Jesus afhang. Die Here het ons geleerdat ons vir mekaar verantwoordelik is en dat ons mekaar moet bedien en mekaar moet aanmoedig en opskerp.  Paulus verduidelik dit mooi as hy in Ef. 3: 18 skryf: Mag julle in staat wees omsaam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus sterk.   Miskien maak ons nog heeltemal te min van die gemeenskap van die gelowiges.   

 

   

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

25 Feb 1942      ANNATJIE DU PLESSIS        Sel: 0722379223 Wyk: C1

27 Feb 1979      THERESA OTTO                       Sel: 0729725426 Wyk: B4

28 Feb 1989      DRIKUS VAN DER WALT           Sel: 0795030542 Wyk: G1

28 Feb 1967      INNUS VAN WYK                      Sel: 0834491850 Wyk: E5

1 Mrt 1957         JANETTE OOSTHUIZEN            Sel: 0845483274 Wyk: E5

1 Mrt 2002         VANWYK VAN DER WALT         Sel: 0828098986 Wyk: B1

1 Mrt 2009         SIONÈ VAN DER WALT             Sel: 0825615192 Wyk: F6

2 Mrt 1967         PIETER MOULDER                    Sel: 0833058320 Wyk: A5

 

DIAKONALE KONFERENSIE

Baie dankie aan Danolien Postma en haar span wat ywerig gewerk het om gister ʼn baie geslaagde streekskonferensie aan te bied.  Prof. Gert Breed het aan al die aanwesiges  ʼn heel nuwe perspektief op die diakenamp gegee. 

Met hierdie nuwe perspektief gaan daar sommer  ʼn hele nuwe wêreld oop vir meer intensiewe dienswerk in die gemeente. 

Dit kan verder grootliks bydra tot nog groter betrokkenheid van al ons lidmate en uiteindelik lei tot  ʼn nog meer lewende gemeente!   Ons sal mettertyd oor die aangeleentheid meer inligting aan al die lidmate deurgee.

 

 

ONDERLINGE MEELEWING

Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie (1 Joh. 2:10)

1. Sr. Bellie du Plessis het verlede naweek geval. Sy is nie ernstig beseer nie. Net  ʼn paar lelike kneusplekke in die gesig. Ons is dankbaar dat sy alweer soveel beter is.  

2. Sr. Ria du Plessis het gehoor dat sy DV op 6 Maart in Rustenburg geopereer sal word. Sy verduur intussen baie pyn en ongemak. Ons dra haar op aan ons hemelse Vader.                                                                                                                            3. Br. Eddie en sr. Ria van der Merwe se seun Stefan was in  ʼn motorongeluk. Sy een long is in die proses baie beskadig. Hy het tot so  ʼn mate herstel dat hy uit intensief na  ʼn gewone saal oorgeplaas is. Ons bid vir sy volkome herstel.                                         

4. Sr. Rina Scheepers het die afgelope week  ʼn oogoperasie ondergaan. Alles het goed afgeloop en sy sê sy sien nou sommer baie beter!                                              

5. Br. Willie en sr. Elmarie Pistorius se kleinkind is gister  in Ellisras getroud. Baie geluk!

 

 

 

                                                                             

 

 

Friday, 15 February 2013 10:53

17 Februarie 2013

 

17 Februarie 2013

 

Selfst. Skrifl.  Hand. 21:1 – 16   Sing: Ps. 118:7 & 8 (p. 582)

Teksdeel Ef. 4:7 – 16                            Ps.   32:1 (p. 151)

Teks:  Ef. 4:15 & 16                              Ps.   43:2 (p. 222)

                                                               Ps.    23:3 (p. 109)

                                                               Ps.  116    (p. 569)

                                                               Ps. 98:1 & 3 (p. 488)

 

DIE HERE VOED ONS OM TE GROEI

Om geestelik aan te hou lewe en ook geestelik te groei, moet ons gevoed word.  By die nagmaal is ons veronderstel om geestelik kos te kry.

Die vraag is net:  Kry ons tydens nagmaal die nodige voeding?

Dit hang alles daarvan af of ons met nagmaal werklik by die Here Jesus uitkom.

Om werklik by die Here Jesus uit te kom het ons mekaar nodig.  Ons  het geestelike leiers nodig en elkeen van ons het ook die ander nodig.  Ons is immers almal ledemate van Christus se liggaam wat by mekaar pas en wat elkeen  ʼn funksie het.

Ons is vir mekaar lief en vir mekaar verantwoordelik. Dit alles trek saam in die nagmaal wat ons vandag vier!

 

DIENSBEURTE VANDAG     Soutpansdrift                    

 Ouderling:   Ernst Sprong

                  Banie Grobler

 Diaken vandag:      André Joubert                 

Volgende Sondag:  Bridget Kamffer    

Beestekraal                             Ouderling:  Jannie du Plessis

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Rina Scheepers

            Christelle Kotzé

Beestekraal:

            Rosie du Plessis

 

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Streeksinode Bosbeld                              

Volgende Sondag:  Sustentasiefonds

 

Huisbesoek:

Huisbesoek word gedoen  by Wyk E1 (Hans van der Walt)  20 Februarie 2013.

 

Die volgende drie weke gaan ons  drie Bybelstudies plaas ter voorbereiding van die Saamtrek.  Hierdie Bybelstudies is oorgeneem uit die Die Vroueblad.

BYBELSTUDIE 1:   Gelowig vrou      Opgestel deur ds. Abel Steyn, GK  Lydenburg  Lees Johannes 4: 1 – 42       Fokus: Johannes 4:27- 42

1. Wat is die doel van die vraag wat die vrou aan die mense in die dorp stel?

2. Het sy twyfel in haar gemoed as sy die vraag stel?

3. Wanneer Jesus die kos wat die dissipels aanbied, van die hand wys en hulle     aandag vestig op die voedsel wat Hy het (vers 32) -  wat bedoel Hy daarmee ?

4. Waarom gebruik Hy die voorbeeld van die oes (verse 35 - 38)?

5. Wie saai die saad van geloof in die Samaritaanse vrou se hart?

6. Wie saai die saad van geloof in die Samaritane van die dorp se harte?

7. Wie laat hierdie saad ontkiem (41 - 42)?

8. Daar vind ontwikkeling in die Samaritane se geloof plaas. Bespreek.

9. Is ons geloof afhanklik van mensewoorde?

10. Watter word is van deurslaggewende belang in jou lewe?

11. Watter rol speel broers en susters (medegelowiges) in ons geloofslewe?

12. Wat beteken hierdie gedeelte vir ons wat vandag kerk van ons Here Jesus Christus is?

 

Sustersaamtrek:  

Vir die susters wat nog nie weet wat die koste is van die saamtrek.  Dit is R120 per persoon.  Daar is nog net tyd tot 20 Februarie om julle name op die lys te sit en te betaal.  Indien julle dit sou verkies om ‘n internetbetaling te doen, moet julle, julle NAAM en VAN gebruik as verwysing en dit deurstuur na Amanda Rheeders.   

 

    

Borg ‘n ruiker:

Die ruikers wat met die saamtrek op die tafels gaan wees, kan geborg word @ R100 per ruiker.  Indien u belang stel, kontak Anriëtte – Selnr. 082 789 7022 of kerkkantoor 012 2544770.  Na afloop van die funksie word die ruiker jou eiendom.

 

  

Koor:-  Koor  oefen 17 Februarie om 16:30 by Soutpansdrift Kerk.  Ons oefen vir die  sustersaamtrek wat  9 Maart plaasvind.

 

Sonop Ouetehuis:

Rina Gertenbach is betrokke by Sonop Ouetehuis en vra asb. die volgende:- Volwasse weggooidoeke, tydskrifte, kinderbybels, wol en lap.  U kan haar kontak by Selnr. 082 374 0695.  Dit sal baie waardeer word.

 

ONS FOKUSTYD                                                                                 

Op hierdie stadium is daar min of meer 20 groepe waarby ongeveer 58% van ons lidmate by ingeskakel.  Dit maak  ʼn mens opgewonde en dankbaar!  Daar is baie mooi positiewe terugvoer van lidmate wat getuig van geestelike groei.                                                                    

Ons kry saam die geleentheid om in die lig van die Skrif na ons gemeente enelkeen ook na onsself te kyk. So saam in die groepe besef  ons al hoe meer dat daar baie werk is om te doen.  Ons gemeente het beslis nog baie potensiaal vir groei.                                                                                       

 Lidmate wat nog graag by  ʼn groep wil inskakel is baie welkom.

 

KROKODIL 4x4 TOER AUGUSTUS/SEPTEMBER                                        

 Ons het  Donderdagaand vergadering gehou by die pastorie en ‘n paar punte vasgemaak.  Daar is besluit dat ons 26 Augustus vertrek en keer weer terug 6 September 2013.  Dit blyk dat Botswana aangedurf gaan word.  Ons het reeds 6 voertuie het.  Daar is nog plek vir 4 paartjies (8 persone).  Skakel kerkkantoor 012244770 of selnr. 0827897022.  Ons  volgende vergadering is  18 Maart by die pastorie.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

17 Feb 1956      CHRISTO DEDNAM                   Sel: 0823465310 Wyk: E3

18 Feb 1992      TIAAN PUTTER                         Sel: 0763164125 Wyk: G2

18 Feb 1983      YOLANDA VAN DER WALT       Sel: 0822172451 Wyk: B3

20 Feb 1975      Hein BADENHORST                  Sel: 0719475855 Wyk: B2

20 Feb 2007      ELMÈ KOEKEMOER                 Sel: 0732440414 Wyk: F6

20 Feb 1961      FANUS PRETORIUS                  Sel: 0786773593 Wyk: D1

20 Feb 1945      JOHNNIE PRETORIUS               Sel: 0836850668 Wyk: A2

21 Feb 1964      MARILISE DU PLESSIS             Sel: 0827832527 Wyk: B1

21 Feb 1985      MARLIZE RHEEDERS               Sel: 0722618382 Wyk:E1

22 Feb 1970      DIANA VENTER                        Sel: 0823305296 Wyk: D3

23 Feb 1942      FRANS DE JAGER                    Sel: 0794975753 Wyk: F4

23 Feb 1977      JAN MARX                                Sel: 0836736576 Wyk: C2

 

ONDERLINGE MEELEWING

Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, julle moet mekaar liefhê (1 Joh. 3:11)

1. Sr. Petra van Wyk sterk tuis aan na haar knievervangingsoperasie.  Ons is dankbaar dat daar alreeds soveel beterskap is.

2. Br. Kerneels Grundlingh is ook weer tuis na sy rugoperasie. Ons is dankbaar dat die Here hom ook reeds soveel herstel gegee het.

3. Sr. Ria du Plessis sukkel baie met  ʼn heup wat probleme gee. Sy verduur baie pyn en ongemak.  Sy sal waarskynlik  ʼn heupvervanging moet ondergaan, maar wag nou eers om die dokter op 27 Februarie te sien.

 

Diakonie Konferensie:

Alle lidmate word uitgenooi na die Diakonie Konfersiensie op Saterdag 23 Februarie by Soutpansdrift.  Daar word in diepte gekyk na die woord “diako-nos” en wat dit volgens die Bybel behels.  Aangesien elke lidmaat aange-spoor word tot diens in die liggaam van Christus, is hierdie tema op almal van toepassing.  Name moet vandag by Anriëtte of  Danolien ingegee word

Wednesday, 13 February 2013 08:09

10 Febuarie 2013

10 Februarie 2013        Voorbereidingsdiens

Selfst. Skriflesing: Hand 20:13 – 38    Sing:  Ps. 111:1 – 4 (p. 555)

Teksdeel:  Haggai 1:1 – 15                             Sb.  9-3:1 en 2                       

 Teks: Haggai 1:14                                          Ps. 119:38 & 39 (p. 594)

                                                                        Sb.12-3:1,2 & 3

                                                                          Ps.   20:1,2,3 & 4 (p.90)

                                                                         Ps. 150:1,2 & 3 (p.719)

LUISTER!  DIE HERE WIL JOU AANVUUR                                                               Hoe ywerig is u in die Here se diens?                                                                        Die Here se volk wat uit ballingskap teruggekom het, het elke dag gesien hoe die tempel se bouwerk stilstaan. En dan stuur die Here sy profeet Haggai na hulle toe.       1. DAAR IS BAIE VERSKONINGS:                                                                                 Hulle verskonings was:  Die oeste is klein, daar is droogte.  Ons geld is niks werd nie. Ons mense kry swaar.  Boonop was die politiek moeilik. Hulle het gevoel:  .... dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie.                                                                                2. LUISTER NA DIE HERE SE ANTWOORD                                                                          Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon, terwyl my huis in puin lê?  Hoe lyk dit vandag in ons situasie?  Die Here wys hulle op die dinge wat met hulle gebeur.  (6 en 9). Hulle moet hulle verantwoordelikheid verstaan. (10 en 11).                                                            3. NEEM DIE HERE SE WOORD TER HARTE                                                            Die volk het onder leiding van hulle leiers die Here se woord ter harte geneem.  Hulle het sy opdrag (8) gehoorsaam.   Ons Here Jesus is die Woord wat vlees geword het.   Hoe lyk ons gehoorsaamheid?                                                                                        4.  HY WIL JOU AANVUUR                                                                                          Die Here verseker sy volk: Ek is by julle.   En dan staan in vers 14 dat die Here hulle aangevuur het.  Hulle kon deur sy krag met die bouwerk aan die tempel begin. Het ons die vuur van die Here – die Heilige Gees?  Dan sal ons mos ywerig begin bou!

Friday, 16 November 2012 11:41

18 November 2012

18 November 2012                    NAGMAAL

Skriflesing: Hand 15:22 – 41     Sing:  Ps. 146:1,2 & 8 (p. 700)

Teksdeel:  Openb. 12:1 – 17               Ps.   65:1 (2001. p. 318)                 

Teks: Openb. 12:13 en 14                   Ps.   91:1& 2 (p. 460)       

                                                             Ps.   23:3 (2001 p. 109)

                                                             Sb. 18-7 (Sing tydens Nagmaal)

                                                             Ps. 149:1 & 2  (p. 715)                                                          

DIE NAGMAAL IS ’N OASE OP ONS WOESTYNPAD                                 

Mense vra dikwels: Waarom kry gelowiges nog steeds so swaar in hierdie lewe?  Ons is dan die Here se eiendom... Die Here Jesus het ons dan verlos...

1. ONS IS IN DIE WOESTYN             Ons is op ’n woestynpad, net soos Israel destyds toe Moses hulle uit die sataniese aanslag van die farao van Egipte na hulle beloofde land moes lei. Die woestynpad is beslis ’n moeilike pad.                                                          

2. DIE HERE IS BY ONS                     Die woestynpad is 'n moeilike pad.  Op die oog af lyk dit nie of daar enige bestaansmoontlikheid is nie.  Daar is nie water nie en ook nie kos nie.  Maar God is daar saam met sy volk en dit maak die verskil!

3. ELKE NAGMAAL IS ‘N OASE        Soos woestynreisigers gedurig in die verte na ’n oase soek om hulle dors te les, so word elke nagmaal  ʼn geleentheid om uit die fontein van die lewe te drink en van die brood van die lewe te geniet.  Die Here voed ons deur sy Gees om voort te gaan.

 

 

ONS VERWELKOM VANOGGEND AMPTELIK

Ons  nuwe Evangelis is nou amptelik hier.  Hy is Chris van der Walt - hier gebore en getoë. Heelwat lidmate ken hom.  Na die afgelope kerkraadsvergadering is hierdie gesin nou ook amptelik en formeel deel van die gemeente.  Ons is baie dankbaar dat die Here hierdie gesin -- ywerige dienaars in sy koninkryk, -- juis na ons toe gelei het. Ja, dis is nie net Chris wat werk nie, Hanlie en die twee seuns , Jannis en Christiaan ,  werk een honderd persent saam in die uitdra van die evangelie!  Hulle is voorwaar  ʼn aanwins en voorbeeld vir ons gemeente.  Ons vra elke lidmaat se volle ondersteuning en voorbidding vir die missionêre werk wat op die manier gedoen word.  Hulle is al  ʼn paar weke aan die gang en ons kry al klaar baie mooi terugvoer oor hulle werk.                                                             Danie de Kock

DIENSBEURTE VANDAG     Soutpansdrift                  

 Ouderling:   Koos de Wet

                   Theuns Koekemoer

 Diaken:      Tina Pretorius

Beestekraal                             

Ouderling:   Peet du Preez

  

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Emeritaatsfonds                        

 Volgende SondagEkumensiteit: Buiteland

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Arina de Jager

            Estie Siebert

Beestekraal:

            Elsie du Preez

Moederskamer:

Daar is klagtes ontvang dat tydens eredienste gekuier word in die Moe-derskamer.  Ons doen egter ‘n  vriendelike beroep dat as die ere-diens aan die gang is, daar asb. stilte sal wees.

ONDERLINGE MEELEWING:

Hieraan weet ons wat liefde is:  Jesus het sy lewe vir ons afgelê.  Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê (1 Joh. 3:16)               

1. Sr. Dina Snyman is die afgelope week aan haar rug geopereer. Hulle moes egter die operasie halfpad stop omdat sy erg begin bloei het. Die operasie sal nou DV oor  ʼn week voltooi word. Intussen ontvang sy behandeling in die hospitaal.

2. Sr. Dawn Kruger se kanker is nou as Hodgkins limfatiese kanker gediagnoseer.  Sy moet  verdere behandeling ontvang.

3. Sr Annatjie Diedericks het  ʼn agterkleinkind ryker geword. Baie geluk!

4. Ons het verneem: Danolien Postma is hoofdogter by Brits Laer-skool. Willem van der Walt is  ʼn leier.  Louise van der Walt is onder-hoofdogter by Hoërskool Brits en Marike du Preez is  ʼn leier.  Baie ge-luk. Aan julle elkeen en ook julle trotse ouers en ook die oupas en oumas.  As daar is nog kinders is wat as leiers verkies is, waarvan ons nie weet nie, laat weet ons asseblief. Ons wil hulle ook graag geluk-wens!

 

Koor:                                                                                                     

Koor oefen Sondag 18 November by die Gereformeerde Kerk Sout-pansdrift om 16:30.

  

Kerssangaand:

Gesamentlike Kerssangaand met NG Kerk Sanddrift, AP Kerk Sand-drift en Gereformeerde Kerk Krokodilrivier by NG Kerk Sanddrift op 25 November om 18:00.

  

SUSTERS

Die beplanning van die Sustersaamtrek is nou sterk op dreef .  Die planne wat gemaak word maak  ʼn mens regtig opgewonde.  Nou is daar net  ʼn versoek :  sal u asseblief alle leë kondensmelk- en 410 g kosblikkies vir ons by die kerkkantoor besorg?  Ons het dit nodig vir ons  versiering van die tafels.  Baie dankie.

 

NAGMAALETE:              

Sondag 18 Nov. het ons soos gebruiklik weer nagmaalete by Sout-pansdrift Kerk.  Bring eie drinkgoed en eetgerei saam.                      

Die ete bestaan uit koue vleis en slaai.

 

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

20 Nov 1961      DIRK GERTENBACH                Sel: 0823740695 Wyk: F3

20 Nov 1965      KOWIE OOSTHUIZEN             Sel: 0722106710 Wyk: B4

20 Nov 1968      SISKA VAN DER WALT             Sel: 0827720932 Wyk: E1

20 Nov 1946      LENIE VENTER                         Sel: 0786187900 Wyk: A5

20 Nov 1987      JOLENE YOUNG                       Sel: 0836447924 Wyk: G3

22 Nov 1934      LOUIS KRUGER                  Sel: 0827011375 Wyk: E7

23 Nov 1999      HANNO CILLIERS (Doop)                                     Wyk: D4

23 Nov 1981      NICKEY VAN DER WALT           Sel: 0832793640 Wyk: B3

24 Nov 1955      MAUREEN HUMAN                   Sel: 0824153509 Wyk: F4

24 Nov 1941      TIENIE POTGIETER            Sel: 0823535408 Wyk: A6

24 Nov 1985      LORRAINE YOUNG                   Sel: 0718692361 Wyk:G3

 

KONINGSKINDERS UITREIK PROJEK.

Die Koningskinders uitreik het weer die afgelope Vrydag middag ‘n baie aangename uitstappies gereel, waar 36 behoeftige kinders uit Brits gemeenskap en heelwat van ons gemeente se jeug ‘n water-lekkerte by Klein Paradys geniet het. Baie dankie aan almal wat so middelik bygedra het om die dag so suksesvol te maak. Dit is sulke toewyding en ondersteuning wat die projek die moeite werd maak, veral vir die kinders wat nooit sulke geleenhede kan ervaar nie.  Ons volgende aksie is die Desember kamp (vanaf  09 tot 19de) by Die Hoekie) Daar word 50 minderbevoorregte kinders uit ons ge-meenskap na die kamp genooi, om sodoende met die Woord van God uit te reik na hulle en later hul gesinne.Dit gaan dus oor noodsaaklike maatskaplike bediening tesame met Bybelse Evangelisasie.

Ons nooi ons gemeente lede uit om deel te hê aan hierdie projek.

1)         Kleingroepe kan enige maaltyd op die kamp kom voorberei.

2)         Groepleiers – naskoolse jeug

3)         Hulp groepleiers  -  Gr.11 en 12 skoliere

4)         Maak van bordesakkies (materiaal is beskikbaar)

5)         Donasie van sonbrand room

6)         Bruikbare klere,skoene en handdoeke ( 10 tot 12 jaar)

Vir verdere inligting skakel gerus vir Danie Human 071 354 2697

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Monday, 12 November 2012 10:52

11 November 2012

11 November 2012                    VOORBEREIDINGSDIENS

Selfst. Skriflesing: Hand. 15:1 – 21    Sing: Sb.   1-2:1,2 & 3

Teksdeel:  Markus 2:13 – 22                       Sb.   9-1:1 & 11

Teks:  Markus 2:21 & 22                              Ps.    95:4 & 5 (p. 478)

                                                                     Sb. 12-3:1,2 & 3

                                                                     Sb. 10-2

DIE HERE WIL JOU HELE LEWE NUUT MAAK                               Hoe dapper is jy?   ʼn Mens is dapper as jy bereid is om iets te doen waarvoor ander mense te bang is.   ʼn Dapper mens is selfs bereid om sy lewe te waag!

1.  DIE HERE JESUS WAS DAPPER                                                   Hy het die Fariseërs en Skrifgeleerdes van destyds aangevat. Hy het teen die stoom in beweeg. Dit het hom in sommige kringe baie ongewild gemaak.

2.  DIE HERE JESUS SE DAPPERHEID BRING NUWE LEWE         Hy vergelyk homself met  ʼn dokter wat siek mense help om gesond te word (vers 17).  Hy het gekom om mense van hulle sondesiekte te verlos.  Om dit te doen, moes Hyself bereid wees om te sterf.

3.  JY KAN SAAM DIE HERE JESUS DAPPER WEES?                    Dit beteken egter dat jy bereid moet wees om totaal, geheel-en-al, nuutgemaak te word.  Is jy dapper genoeg?

 

VERGADERINGS:                       

Oudl.  Blokverg. A-Wyke, 11 Nov. om 18:00 aan huis van Hannes Venter.                                      

Oudl. Blokverg. Wyke B-G,  12  Nov.  om 18:00 en 19:30 by die Pastorie.                    

 Ouderlingverg. 14 Nov. om 19:00 in die Kerksaal.                         

Diakonieverg. 14 Nov. om 19:00 in die Konsistorie    

 

   

DIENSBEURTE VANDAG    

Soutpansdrift                  

 Ouderling:   André Rossouw

                   Japie Rheeders

 Diaken:      Stefan du Plessis

Beestekraal                             

Ouderling:   Hannes Venter

                        

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Antoinette Hattingh

            Rina Gertenbach

Beestekraal:

            Ina Potgieter

 

KOLLEKTES VANDAG:          Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                               By die deure:    Teol. Skool  Publ.                         Volgende SondagEmeritaatsfonds

 

ONDERLINGE MEELEWING:

Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul  (Kol. 2:6 & 7).

1. Sr. Dawn Kruger (Cherise Brits se ma) is die afgelope week in Pretoria geopereer. Sy het limfkanker en sal nog verdere behandeling moet ondergaan. Ons vra u voorbidding vir haar en haar gesin in hierdie beproewing.

2.  Mia Rheeders (Derick en Amanda se jongste) was die afgelope week in die hospitaal met breinvliesontsteking.  Ons is dankbaar dat sy nou tuis kan aansterk.

3.  Br. Peet de Wet het  ʼn knieoperasie ondergaan.

4. Baie geluk aan Thys Owens (Tilana Oosthuizen se verloofde) wat vanoggend tydens die erediens sy geloof openlik gaan bely en dan ook gedoop gaan word. Dit is  ʼn groot stap om te neem as jy so openlik bely dat jy nou  ʼn volledige nuwe mens in Christus is.

 

Rusoord Ouetehuis:

Dinsdag 9:30 by Rusoord Ouetehuis kombuis om melktert saam met tee uit  te deel.  Omdat dit nog deel is van ons Uitreik, vra ons vrywil-liges om hiermee te kom help.  Dankie

 

 Koor:           

Koor oefen Sondag 11 November by die NG Kerk Dalunie om 16:00 en tree op om 18:00, ook by die NG Kerk Dalunie.  

 

Geheime vriendinne wat hulle nog nie geopenbaar het nie, moet asb. by wie hulle gespook het, laat weet.  Aangesien almal nie by die Tong Tippie Toets Aand was nie, is daar ‘n paar van die suster wat nie weet wie by hulle  gespook het nie.  Hulle wil graag ook net dankie sê.

 

Kerssangdiens:

Gesamentlike Kerssangdiens met NG Kerk Sanddrift, AP Kerk Sanddrift en Gereformeerde Kerk Krokodilrivier by NG Kerk Sanddrift op 25 November om 18:00.

 

BEROEPE ONTVANG

·         Ds JJ Cloete van Koster na Hermanus.

 

RIVIERTOER VIR DIE JEUG

Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet.  Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskrywings-vorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting.  Die toer vind plaas op 5 tot 9 Desember 2012

 

NAGMAALETE:              

Volgende Sondag 18 Nov. het ons soos gebruiklik weer nagmaalete by Soutpansdrift Kerk.  Bring eie stoele, drinkgoed en eetgerei saam.

Ons gaan weer heerlik saam kuier.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

11 Nov 1933      HANNIE DU PLESSIS               Sel: 0825705274 Wyk: A3

11 Nov 1981      JANUS POWELL                       Sel: 0765405435 Wyk: G1

12 Nov 2010      TONETTE PUTTER                    Sel: 0828020592 Wyk: G1

13 Nov 1981      ANDRIES GOOSEN                  Sel: 0823195405 Wyk: G3

13 Nov 1980      RIANDI ROBBERTSE                Sel: 0825755635 Wyk: D1

13 Nov 1964      ANNELISE VAN DER WALT       Sel: 0829403208 Wyk: C1

14 Nov 1959      INA DE WET                            Sel: 0823561299 Wyk: A5

16 Nov 1970      PAUL SIEBERT                         Sel: 0846098675 Wyk: F6

 

KONINGSKINDERS UITREIK PROJEK.

Die Koningskinders uitreik het weer die afgelope Vrydag middag ‘n baie aangename uitstappies gereel, waar 36 behoeftige kinders uit Brits gemeenskap en heelwat van ons gemeente se jeug ‘n water-lekkerte by Klein Paradys geniet het. Baie dankie aan almal wat so middelik bygedra het om die dag so suksesvol te maak. Dit is sulke toewyding en ondersteuning wat die projek die moeite werd maak, veral vir die kinders wat nooit sulke geleenhede kan ervaar nie.

Ons volgende aksie is die Desember kamp (vanaf 09 tot 19de) by Die Hoekie.

Daar word 50 minderbevoorregte kinders uit ons gemeenskap na die kamp

genooi, om sodoende met die Woord van God uit te reik na hulle en later hul

gesinne.Dit gaan dus oor noodsaaklike maatskaplike bediening tesame met

Bybelse Evangelisasie.

Ons nooi ons gemeente lede uit om deel te hê aan hierdie projek.

1)         Kleingroepe kan enige maaltyd op die kamp kom voorberei.

2)         Groepleiers – naskoolse jeug

3)         Hulp groepleiers  -  Gr.11 en 12 skoliere

4)         Maak van bordesakkies (materiaal is beskikbaar)

5)         Donasie van sonbrand room

6)         Bruikbare klere,skoene en handdoeke ( 10 tot 12 jaar)

Vir verdere inligting skakel gerus vir Danie Human 071 354 2697

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Monday, 15 October 2012 08:36

14 Oktober 2012

 

14 Oktober 2012  

TEMA:  EREDIENS:  KOM ONTMOET DIE HERE!

ONTMOETINGSDIENS

  1. Votum
  2. Aanvangseën
  3. Loflied: Ps. 65: 1, 3, 7 en 9 (p. 314)
  4. Geloofsbelydenis: Sb. 12-3: 1, 2 en 3

VEROOTMOEDIGING

  1. Wet (Rom. 12: 9-21
  2. Gebed (Skuldbelydenis)
  3. Vryspraak ( 1 Joh. 1: 9)
  4. Ps. 32: 1 (p. 151)

WOORDDIENS

  1. Selfst. Skrifl:  Hand. 13: 13-25
  2. Ps. 119: 39 (Besing die wonder van God se Woord)
  3. Preek (Lees Psalm 27)

ANTWOORDDIENS

  1. Gebed
  2. Liefdesgawes
  3. Loflied: Ps. 150: 1 en 2 (p. 720)
  4. Slotseën

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift                   

Ouderling:   Hans van der Walt

                    Ernst Spröng      

Diaken:       Jan Potgieter

Beestekraal                    Ouderling:   Thinus Eloff

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Anriëtte van der Walt

Rina Scheepers

Beestekraal:

            Petro van Wyk

 

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                               By die deure:  Christelike Onderwys (ARSO)                        Volgende SondagEkumensiteit:                                           Geref  Jeug London

 

Huisbesoek:

Wyk C2 (Johannes Rheeders) het huisbesoek saam met die predikant op 16 en 18 Oktober. 

 

Vergadering: 

Beplannings Kom. Verg. Woensdag 17 Oktober by die Pastorie.

 

ONDERLINGE MEELEWING:

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik;  dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.  Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.(1 Kor. 13)

1.  Br Peet du Preez is terug by die huis. Die dokters wil dit nie nou waag om  ʼn omleiding te doen nie. Hy het net medikasie gekry wat hy nou moet gebruik.

2. Br. Duane Frost (Cecile du Plessis se seun) was die afgelope week in die hospitaal vir  ʼn blindedermoperasie. Daar is ook kankeragtige gewasse verwyder. Verdere toetse is gedoen.

3. Ina en Seun Potgieter se 2 kleinkinders het aan ‘n Wêreld Boogskiet Kampioenskap deelgeneem in Amerika en 10de en 14de plekke verower. Baie geluk aan hulle.

 

DIE SUSTERS BIED AAN:  TONG-TIPPIE-TOETS-AAND

DATUM :  25 OKTOBER 2012 om 18:00 by die kerksaal.

SLUIT IN : 1.  Wynproe  aangebied deur Alan Dawson van Klein Karoo Wyne.

2.  Verskeidenheid van ons topchefs se prima geregte in die volgende kategorieë:  voorgereg, vleisgereg, groentegereg, slaai, nagereg.  Hierdie geregte word anoniem ingeskryf en op die aand deur die aanwesiges beoordeel .  Daar is aanloklike pryse vir die topgereg in elke kategorie.  Enige broer of suster kan ‘n gereg borg en inskryf.

3. Die geheime vriendinne van die afgelope jaar word bekendgemaak.

KOSTE :  R80,00 per persoon vir die wyn- en kosproe

DRAG: Semiformeel                                                                  KINDERS :  Baie welkom. Geen koste.  Toesig, vermaak  en eetgoed in jeuglokaal. 

INSKRYWING VIR GEREGTE:  Voor of op 19 Oktober 2012

 

Laerskool Jeug

Daar word ‘n uitstappie na Hartbeespoort slangpark beplan vir 1 Desember.  Alle laerskool  jeug kom geniet die dag saam met ons.  Ouers wat saam wil gaan is welkom.  Vir verder inligting kontak:  Stefan du Plessis by 082 579 2800.

 

Koekieverkope:  Sal almal wat nog nie hulle koekiegelde inbetaal het nie, dit asb. Sondag inbetaal by Venita of Neeltjie.  Dankie

 

PAUL KRUGER KINDERHUIShou hul kersfunksie op Sondag 28 Oktober by die kerk.  Die kinders gaan die diens by ons bywoon en vandaaraf vertrek hulle na Klipplaat Lodge (Wilna en Edward se wildsplaas).  Enige kontant-donasie sal welkom wees om vir hulle ‘n kersgeskenk te koop, soos wat ons elke jaar maak.  Die geldjie kan in ‘n koevert (gemerk kinderhuis) by die kerkkantoor ingegee word.  Byvoorbaat baie dankie.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

14 Okt 1967      WILNA MEIRING                        Sel: 0820789380 Wyk: B3

14 Okt 1964      ANNATJIE PRETORIUS             Sel: 083 961 2595 Wyk: B2

14 Okt 1973      MIENIE SCHÜRGER                  Sel: 0844264446 Wyk: F3

14 Okt 1939      ANNA VIVIERS                         Sel: 0827150459 Wyk: C2

15 Okt 1992      HERMAN DU PREEZ                Sel: 0824418923 Wyk: G2

15 Okt 2009      STEFANIE LOUWRENS             Sel: 0827861761 Wyk: B4

16 Okt 1952      ANRIËTTE VAN DER WALT       Sel: 0827897022 Wyk: E1

17 Okt 1973      JACQUES CILLIERS                  Sel: 0829295302 Wyk: D4

17 Okt 1946      SUS DU PLESSIS                     Sel: 0832473612 Wyk: C2

18 Okt 1927      CHARLOTTE DE LA PORTE     Sel: 0822272078 Wyk: A8

20 Okt 1963      HARM BRITS                            Sel: 0829227278 Wyk: C3

20 Okt 1951      NELLA VAN DER WALT            Sel: 0835814228 Wyk: E6

 

RIVIERTOER VIR DIE JEUG

Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet.  Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskrywings-vorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting.

 

DIAKONALE KONFERENSIE

Diakonale Konferensie vir Bosveldstreeksinode.  Saterdag 27 Oktober 2012 te Krokodilrivier. 

Tema: Wat sê die Bybel regtig oor “diakonia” in die GKSA?

 Koste beloop R100 per afgevaardigde (ete en studiemateriaal inge-sluit). 

Antwoord asb. teen Vrydag 19 Oktober.  Die bedrag moet ook teen 22 Oktober by ABSA 640340150. 

 

Klanktoerusting Opleiding:

Daar word 3 November om 12:00 ‘n kusus by die kerk aangebied.  Diegene wat belangstel kan Anriëtte kontak by die kerkkantoor (012 2544770).  Ons wil graag die jong mense betrek om deel te hê aan hierdie program.

 

Thursday, 04 October 2012 09:16

7 Oktober 2012

7 Oktober 2012  

Selfst. Skrifl. Hand 13:1 – 12       Sing:  Ps.    84:1 & 2 (p. 424)

Teksdeel: Heb. 2:5-18                           Ps.     42:1 & 5 (p.214)

Teks: Heb. 2:7 – 9                                Ps.      8:3,4 & 5 (2001 p.33)                                               

                                                               Sb. 18-1:1 & 5

 GEBORE OM TE STERWE

Hoe belangrik is  ʼn mens?  Hoe belangrik is  ʼn mens vir God?

1. WAAR Lê DIE MENS SE EER EN AANSIEN?

In ons teksverse staan:  U het hom met heerlikheid en eer gekroon; U het alles aan Hom onderwerp". Die mens se eer en aansien het met sy posisie en sy taak, dws sy OPDRAG, in die skepping te doen.  Maar die mens het misluk. 

Daarom kom sê die Hebreërskrywer:

2. KYK NA JESUS

Ons teksvers sê: Hy is “met eer en heerlikheid gekroon OP GROND VAN SY LYDING EN DOOD”.  Hy het gekom om die mensdom wat sy eer en aansien deur die sondeval verloor het, te verlos.

3. LEWE SAAM MET JESUS

Ons kan nie met eer en heerlikheid gekroon word voor ons nie  ook eers in onself sterwe nie.  Ons is ook, netsoos Jesus, gebore om te sterwe.  Ons ou sondige mens moet dood!   Daarom sê Jesus baie duidelik:  “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis dra en My volg..... As ons saam met Hom sterwe, sal ons saam met Hom lewe!

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Banie Grobler

                    Danie Human

Diaken:        Jaco Theunissen

Ouderling:   Jannie du Plessis

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Hannetjie Grobler

Maureen Human

Beestekraal:

            Rosie du Plessis

 

Huisbesoek:

Wyk F6 (Theuns Koekermoer) het huisbesoek saam met die predikant op 9 en 11 Oktober. 

 

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                               By die deure:  Kerkblad     Volgende SondagChristelike Onderwys (ARSO)

 

Susterbestuur- en kontaksuster Vergadering:

Wyke A- vergader Dinsdag 9 Oktober om 16:00 aan huis van Ina Potgieter.

Wyke B – G– vergader Dinsdag 9 Oktober om 18:00 in die Moederskamer.

 

ONDERLINGE MEELEWING:

Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg (1 Kor. 11:1)

Ons dra die volgende lidmate wat siek is en of geopereer is aan ons hemelse Vader op:

1. Br Peet Rheeders het  ʼn knie operasie ondergaan. Hy is reeds op die been en dit lyk of alles goed afgeloop het.

2. Ons het verneem dat sr Johanna van der Walt haar voet tydens hulle vakansie in die Kaap beseer het en ook  ʼn operasie moes ondergaan.

3. Sr. Marthie Kruger is in die hospitaal vir behandeling.

4. Ons dra Sr. Lina Kruger en al haar kinders (Veral Marietjie, Oubaas en die kinders asook Francois wat in ons gemeente is),  aan ons hemelse Vader op vir troos en krag. Br. Danie Kruger is Woensdagmiddag skielik aan  ʼn hartaanval oorlede. 

 

 Koor:     Sondag 7 Oktober oefen die koor  vir die Kerssangdiens by  Soutpansdrift Kerk om 16:30.  

 

DIE SUSTERS BIED AAN:  TONG-TIPPIE-TOETS-AAND

DATUM :  25 OKTOBER 2012 om 18:00 by die kerksaal.

SLUIT IN : 1.  Wynproe  aangebied deur Alan Dawson van Klein Karoo Wyne.

2.  Verskeidenheid van ons topchefs se prima geregte in die volgende kategorieë:  voorgereg, vleisgereg, groentegereg, slaai, nagereg.  Hierdie geregte word anoniem ingeskryf en op die aand deur die aanwesiges beoordeel .  Daar is aanloklike pryse vir die topgereg in elke kategorie.  Enige broer of suster kan ‘n gereg borg en inskryf.

3. Die geheime vriendinne van die afgelope jaar word bekendgemaak.

KOSTE :  R80,00 per persoon vir die wyn- en kosproe

DRAG: Semiformeel                                                                 KINDERS :  Baie welkom. Geen koste.  Toesig, vermaak  en eetgoed in jeuglokaal. 

 

ONS ONTHAAL ONS SENIORS

Op oom Paul se  verjaarsdag (Woensdag 10 Okt om 10 uur) word ons senior lidmate uitgenooi na  ʼn lekker bederf-oggend in die kerksaal te Soutpansdrift. Hou solank die datum oop en praat asb met Petro Pretorius as iemand vervoerprobleme het. Die sal maklik opgelos kan word. Moet net nie die geleentheid misloop nie!

 

JAARKURSUS IN PASTORALE SORG EN KRISIS BERADING

 POTCHEFSTROOM      -       Prof Wentzel Coetzer

Status van kursus: Noordwes-Universiteit Sertifikaat

Duur van kursus:  1 Jan 2013 – 31 Des 2013

Werkswinkels: Vier werkswinkels van vier dae elk - vier werkopdragte.

Registrasie sperdatum: 15 Jan 2013.

Navrae: Prof Wentzel Coetzer by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

      Tel nr: 018-2947457 (h)                  Sel: 0836600409      

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

8 Okt 2008        MIA COETZEE                                                     Wyk: C1

8 Okt 1960        ANNELIE NAUDÈ                      Sel: 0780730006 Wyk: D3

9 Okt 1933        MIEMIE BRIEL                                     Sel: 0122524131 Wyk: E2

9 Okt 1946        KOOS DE WET                         Sel: 0722705970 Wyk: F4

9 Okt 1944        DAWN KRUGER                       Sel: 0829288710 Wyk: C3

9 Okt 1991        TILANA OOSTHUIZEN               Sel: 0722432232 Wyk: B4

12 Okt 2000      DANOLIEN POSTMA                                           Wyk: F3

12 Okt 1990      ANNEMIE PRETORIUS              Sel: 0766459437 Wyk: G2

13 Okt 1962      LIEN MYNHARDT                      Sel: 0836391190 Wyk: D3

 

BEROEPE ONTVANG

* Dr VE (Victor) d'Assonville van die Geref. Kerk Marble Hall en

Reformatories-Teologiese Seminaar, Hannover, Duitsland, na die Geref.

Kerk Vryburg.

BEROEPE BEDANK

* Ds JA (Albert) Berg van die Geref. Kerk Vaalwater na die

Geref. Kerk Jeffreysbaai.

 

PAUL KRUGER KINDERHUIShou hul kersfunksie op Sondag 28 Oktober by die kerk.  Die kinders gaan die diens by ons bywoon en vandaaraf vertrek hulle na Klipplaat Lodge (Wilna en Edward se wildsplaas).  Enige kontant-donasie sal welkom wees om vir hulle ‘n kersgeskenk te koop, soos wat ons elke jaar maak.  Die geldjie kan in ‘n koevert (gemerk kinderhuis) by die kerkkantoor ingegee word.  Byvoorbaat baie dankie.

  Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders.

 

Klanktoerusting Opleiding:

Daar word 3 November om 13:00 ‘n kusus by die kerk aangebied.  Diegene wat belangstel kan Anriëtte kontak by die kerkkantoor (012 2544770).  Ons wil graag die jong mense betrek om deel te hê aan hierdie program.

 

Friday, 28 September 2012 08:45

30 September 2012

30 September 2012  

Selfst. Skrifl:  Hand 12:20 – 25     Sing:  Ps. 100:1 - 4 (p. 494)

Teksdeel: Luk 14:25 – 33                         Ps.    38:1 & 17 (p. 189)

Teks:  Luk 14:26                                       Ps. 107:1 & 3 (2001 p.539)

                                                                   Sb. 14-2.

 

BEREKEN DIE KOSTE VAN JOU DISSIPELSKAP

Ons almal weet baie goed: Jy kan nie Christenskap koop nie!  Maar tog is Christenskap baie duur....   As ʼn mens ʼn volgeling van die Here Jesus wil wees, moet jy dalk net eers die koste bereken.

1. WIE IS JESUS SE DISSIPELS?

Die skare wou graag hoor wat Hy sê. Hulle het Hom gevolg.  Hulle wou graag sy dissipels wees.  Hy oorhandig egter 'n rekening!

2. WAT KOS DISSIPELSKAP?

Dalk is dit meer as om net te hoor wat Hy te sê het. Dalk is dit meer as ‘n peer reels wat nagekom moet word. Dalk is dit meer as een of ander gevoel of ervaring.

3. IS EK BEREID OM DIE PRYS TE BETAAL?

 Moenie te maklik sê: Ek is 'n Christen nie!   Werk eers die koste uit!

 

 DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Fanie Briel

                    Christo du Plessis

Diaken:        Innus van Wyk

Ouderling:    Peet du Preez

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Hannelie Briel

Liezl Rousseau

Beestekraal:

            Elsie du Preez

 

Huisbesoek:

Wyk B4 (Peet Rheeders) het huisbesoek saam met die predi-kant op Donderdag 4 Oktober.  (slegs gesinne wat nog nie  huis-besoek gehad het nie).

 

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: GKSA Sustenta-siefonds

Volgende SondagKerkblad

 

ONDERLINGE MEELEWING:

"Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!"  (2 Kor. 13:11)

1. Oudl. Peet Rheeders het die afgelope week  ʼn knie-operasie ondergaan. Ons vertrou dat dit sommer gou weer beter sal gaan.

2. Sr. Daleen Meijer het die afgelope week met behandeling begin na haar operasie.

 

Koor:                                                                                          

Sondag 30 September oefen die koor  vir die Kerssangdiens by  Sout-pansdrift Kerk om 16:30.  

Nuwelinge baie welkom!!!

 

ONS ONTHAAL ONS SENIORS

Op oom Paul se  verjaarsdag (Woensdag 10 Okt om 10 uur) word ons senior lidmate uitgenooi na  ʼn lekker bederf-oggend in die kerksaal te Soutpansdrift. Hou solank die datum oop en praat asb met Petro Pretorius as iemand vervoerprobleme het. Die sal maklik opgelos kan word. Moet net nie die geleentheid misloop nie!

 

DIE SUSTERS BIED AAN:  TONG-TIPPIE-TOETS-AAND

DATUM :  25 OKTOBER 2012 om 18:00 by die kerksaal.

SLUIT IN : 1.  Wynproe  aangebied deur Alan Dawson van Klein Karoo Wyne.

2.  Verskeidenheid van ons topchefs se prima geregte in die volgende kategorieë:  voorgereg, vleisgereg, groentegereg, slaai, nagereg.  Hierdie geregte word anoniem ingeskryf en op die aand deur die aanwesiges beoordeel .  Daar is aanloklike pryse vir die topgereg in elke kategorie.  Enige broer of suster kan ‘n gereg borg en inskryf.

3. Die geheime vriendinne van die afgelope jaar word bekendgemaak.

KOSTE :  R80,00 per persoon vir die wyn- en kosproe

DRAG: Semiformeel                                                                 KINDERS :  Baie welkom. Geen koste.  Toesig, vermaak  en eetgoed in jeuglokaal. 

JAARKURSUS IN PASTORALE SORG EN KRISIS BERADING

 

POTCHEFSTROOM      -       Prof Wentzel Coetzer

Status van kursus: Noordwes-Universiteit Sertifikaat

Duur van kursus:  1 Jan 2013 – 31 Des 2013

Werkswinkels: Vier werkswinkels van vier dae elk - vier werkopdragte.

Module 1: Krisis en trauma berading (berading van getraumatiseerde persoon,                  ontlonting en nasorg, intergeneratiewe trauma)           

Module 2: Innerlike genesing en gebedsterapie (genesing van emosionele lyn,rol van gebed; verwerping; vergifnis).

Module 3: Noue wisselwerking tussen liggaam, gees en emosies (depressie; stres;   uitbranding; die bydrae deur breinskandering; liggaamlike probleme as                   gevolg van onverwerkte trauma).

Module 4: Verdere kritiese areas (huweliksproblematiek; eetversteurings; hospitaal pastoraat, wat oa insluit sterwensbegeleiding en treurberaad).

Registrasie sperdatum: 15 Jan 2013.

Navrae: Prof Wentzel Coetzer by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

      Tel nr: 018-2947457 (h)                  Sel: 0836600409  

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

30 Sep 1932      MIEMIE ERASMUS                   Sel: 0741877076 Wyk: E7

3 Okt 1994        LETSIE MYBURGH                    Sel: 0826953003 Wyk: E2

4 Okt 1950        SOPHIA VAN WYK                    Sel: 0724454362 Wyk: D3

5 Okt 1984        MINETTE POTGIETER               Sel: 0794938035 Wyk: D1

5 Okt 1962        ANNELINE PRETORIUS             Sel: 0845549887 Wyk: D1

6 Okt 1993        ALBERT DU PLESSIS               Sel: 0786392227 Wyk: B2

6 Okt 1980        S P LOUWRENS                       Sel: 0828136947 Wyk: B4

6 Okt 1952        PEET OOSTHUIZEN                  Sel: 0834252697 Wyk: A8

 

BEROEP ONTVANG

Ds. HB Coetsee van Ontdekkers na George.

 

PAUL KRUGER KINDERHUIShou hul kersfunksie op Sondag 28 Oktober by die kerk.  Die kinders gaan die diens by ons bywoon en vandaaraf vertrek hulle na Klipplaat Lodge (Wilna en Edward se wildsplaas).  Enige kontant-donasie sal welkom wees om vir hulle ‘n kersgeskenk te koop, soos wat ons elke jaar maak.  Die geldjie kan in ‘n koevert (gemerk kinderhuis) by die kerkkantoor ingegee word.  Byvoorbaat baie dankie.

  Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders.

 

Ouetehuis – Beestekraal:

As gevolg van die pastorie wat nou gebruik gaan word vir die huis-vesting vir die Evangelis (Chris van der Walt), gaan die ouetehuis skuif na ‘n ander perseel.  Indien enige navrae, kan Elmarie Els gekontak word by Sel nr. 0827427070.

 

Klanktoerusting Opleiding:

Daar word 3 November om 13:00 ‘n kusus by die kerk aangebied.  Diegene wat belangstel kan Anriëtte kontak by die kerkkantoor (012 2544770).  Ons wil graag die jong mense betrek om deel te hê aan hierdie program.

 

 

Sunday, 23 September 2012 06:43

23 September 2012

23 September 2012        

Selfst. Skrifl. Hand. 12:1 – 19                           Sing:        Ps.  146:1,2 en 3 (p. 700)

Teksdeel: Lees Matt 13:1 – 9 en 18 – 23                        Sb. 12-3:1,2 & 3

Teks: Matt 13:7 & 22                                           Ps.   86:3 & 6 (p. 432)                                   

                                                                                                Ps.    25:2 (p. 118)

                                                                                Sb.14-1:1 & 2

GESAAI TUSSEN DIE ONKRUID

Die saad van die Woord word gereeld en oor baie jare in ons elkeen se lewe gesaai. Die vraag is: Waar val die saad en wat is die opbrengs?

1. DIE SAAD

Die saad wat gesaai word, is die Woord. En ons weet mos die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. Ons Here Jesus is die Woord, die Lewe! 

2. DIE ONKRUID

Sommige van die saad val op die pad, ander op die klipbank en ander weer tussen onkruid. Sowel die op die pad as op die klipbank gaan tot niet. Die tussen die onkruid groei egter wel, maar kyk na

3. DIE OPBRENGS

Die saad groei, maar daar is geen vrug, geen opbrengs!  Dit wat ons in ons lewe toelaat en selfs toelaat om te groei, bepaal watter vrug die Woord in ons kan dra.

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Johannes Rheeders

                    Cules van der Walt

Diaken:        Hannelie Briel

Ouderling:    Hannes Venter

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Marthie Grobler

Riana Engelbrecht

Beestekraal:

            Ina Potgieter

 

Koor:

Sondag 23 September oefen die koor  vir die Kerssangdiens by  Soutpansdrift Kerk om 16:30.  

Nuwelinge baie welkom!!!

 

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Bybelverspreiding

Volgende SondagGKSA Sustentasiefonds

 

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Bybelverspreiding

Volgende SondagGKSA Sustentasiefonds

 

ONS ONTHAAL ONS SENIORS

Op oom Paul se  verjaarsdag (Woensdag 10 Okt) word ons senior lidmate uitgenooi na  ʼn lekker bederf-oggend in die kerksaal te Soutpansdrift. Hou solank die datum oop en praat asb met Petro Pretorius as iemand vervoerprobleme het. Die sal maklik opgelos kan word. Moet net nie die geleentheid misloop nie!

 

DIE SUSTERS BIED AAN:  TONG-TIPPIE-TOETS-AAND

DATUM :  25 OKTOBER 2012 om 18:00 by die kerksaal.

SLUIT IN : 1.  Wynproe  aangebied deur Alan Dawson van Klein Karoo Wyne.

2.  Verskeidenheid van ons topchefs se prima geregte in die volgende kategorieë:  voorgereg, vleisgereg, groentegereg, slaai, nagereg.  Hierdie geregte word anoniem ingeskryf en op die aand deur die aanwesiges beoordeel .  Daar is aanloklike pryse vir die topgereg in elke kategorie.  Enige broer of suster kan ‘n gereg borg en inskryf.

3. Die geheime vriendinne van die afgelope jaar word bekendgemaak.

KOSTE :  R80,00 per persoon vir die wyn- en kosproe

DRAG: Semiformeel

KINDERS :  Baie welkom. Geen koste.  Toesig, vermaak  en eetgoed in jeuglokaal. 

 

KOEKIESBAK WAS ‘N REUSE POGING!

Baie dankie aan elkeen van die susters wat die afgelope week so lekker saamgewerk het en heerlike koekies gebak het .Sommige susters het voor die stowe gestaan en ander het ‘n geldjie en bestanddele geskenk.  Dit het soms rof gegaan as al die tegnologie nie so mooi wou werk nie.  By sommige bakpunte was die krag af, ander se elektriese mengers het gewerk dat die rook draai. Hier en daar het  ʼn koekie verbrand of gebreek. Die finale produk is egter heerlik en dit gaan sommer lekker saam met die tee en koffie in die vakansietyd smaak! Vir die susters was die saamwerk en saamkuier  ʼn geleentheid om ook so die gemeenskap van die gelowiges te ervaar.

Daar is nog heelwat koekies beskikbaar teen R20 per 500 gram.

Die wat  reeds bestelling geplaas  het, kan dit kom afhaal by Neeltjie Koekemoer direk na kerk.

 

HULP GEVRA:  MET VERVOER VAN KLEUTERS

Madelein Fourie vra dringend hulp met die vervoer van hulle kleuters in die namiddae vanaf Sonskynkleuterskool in Kerkstraat na hulle huis in die Losperfontein-omgewing. Die kinders kan deur die loop van die middag, maar op die laatste so 5 uur  by die kleuterskool opgelaai word.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

23 Sep 1966      GERHARD DU PLESSIS           Sel: 0829226281 Wyk: A8

23 Sep 1956      OUBAAS PRETORIUS               Sel: 0827724692 Wyk: B2

24 Sep 1990      LOUISE DICKER                       Sel: 0731577972 Wyk: Z

24 Sep 1993      BERTUS PRETORIUS                Sel: 0767955605 Wyk: G1

24 Sep 1980      ELANIE VAN DER WALT           Sel: 0825615192 Wyk: F6

26 Sep 1975      AMANDA RHEEDERS               Sel: 0829225459 Wyk: F2

27 Sep 1977      BENNIE COETZEE                    Sel: 0716088532 Wyk: C1

27 Sep 1938      NEN KRUGER                           Sel: 0827011375 Wyk: E7

27 Sep 1965      JAN VAN DER WALT                Sel: 0723963067 Wyk: B2

29 Sep 1949      KOTIE RHEEDERS                   Sel: 0829279560 Wyk: E1

29 Sep 1941      HESTER RIEKERT                    Sel: 0843842727 Wyk: A2

29 Sep 1989      STEFAN VOLSCHENK             Sel: 0729960346 Wyk: G2

 

 

BEROEPE ONTVANG

·         Ds RN Makungo van Trans-Letaba na Malamulele.

 

PAUL KRUGER KINDERHUIShou hul kersfunksie op Sondag 28 Oktober by die kerk.  Die kinders gaan die diens by ons bywoon en vandaaraf vertrek hulle na Klipplaat Lodge (Wilna en Edward se wildsplaas).  Enige kontant-donasie sal welkom wees om vir hulle ‘n kersgeskenk te koop, soos wat ons elke jaar maak.  Die geldjie kan in ‘n koevert (gemerk kinderhuis) by die kerkkantoor ingegee word.  Byvoorbaat baie dankie.

 

Ek wil graag die geleentheid gebruik om elke gemeente wat betrokke is by die Gereformeerde President Kruger Kinderhuise opreg te be-dank. Dit gaan baie goed by beide Kinderhuise en ons sien elke dag die Here se hand in ons kinders se versorging. Ek wil ook die ge-meentes bedank vir die plasing van ons SMS nommer as ‘n perma-nente advertensie in hul ‘kerkblaadjies’.  Graag doen ek ook dan ‘n beroep op die gemeentes wat nog nie die SMS nommer geplaas het nie, om dit goedgunstiglik te oorweeg.

  Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders.

 

 

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 Next > End >>
Page 14 of 15