Sosiale Skakels

Besoekers

We have 7 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Kerk Kantoor

Kerk Kantoor

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Friday, 14 September 2012 08:53

16 September 2012

 

16 September 2012        

Selfst. Skriflesing.  Hand 11: 19 – 30      Sing:  Ps. 111: 1-4 (p. 555)              Teksdeel:  2 tim 2: 1 – 7                                           Ps. 119: 25 & 26 (p. 591   Teks: 2 tim 2: 3 – 7                                        Ps. 4: 1 & 3 (p. 14) 

                                                                       Sb. 18-1: 1, 4 & 5

WORD STERK IN JOU GELOOF (2)                                                            

Wat ons nie by magte is om met ons eie krag en verstand te doen nie, kan God deur sy  Gees doen.  Daarom kon die apostel Paulus op ‘n stadium sê:  As ek swak is, dan is ek sterk (2 Kor. 12).                                                                                                                    

 1.  HOU AAN OM DEUR DIE GENADE VERSTERK TE WORD.                                             

Net God se genade wat in ons lewe, in die vorm van vergifnis van sonde ern nuwe lewe uit die dood, gestalte kry, maak ons sterk.  Ja, in en deur ons Here Jesus Christus lewe ons as oorwinnaars.                                                                                                         

2. WORD ‘n ONDERWYSER                                                                                          

 ‘n Gelowige wat deur  God versterk word, word ‘n onderwyser.  Hy en sy leer ander mense wie die Here is en hoe Hy gedien moet word,  Dit geskied met woord en daad.                                                                                                                             

3.  DRA ONTBERINGS AS SOLDAAT                                                                        

 Vgl. Ef. 6.  Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug.  Hierdie stryd is ‘n daaglikse stryd wat  ons volle lewe omvat.                                  

4.  TREE GEDISSIPLINEERD OP SOOS ‘n ATLEET                                                  

Die toewyding waarmee ‘n atleet oefen en die oorgawe waarmee hy aan sy item deel-neem, is die voorbeeld wat ons as gelowiges moet navolg om oorwinnaars te wees.                                                                                          

 5.  VOLHARD IN JOU DIENSWERK SOOS ‘n BOER                                                                         

Die volharding van die boer wat hard moet werk, is die motivering vir diegelowige wat nieteenstaande teenslae en teleurstelling aanhou en dan tog die vreugde van die oes ervaar.

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Peet Rheeders

                    Jan van der Walt

Diaken:        Hennie Oosthuizen

Ouderling:    Seun Potgieter

Soutpansdrift:

            Johanna van der Walt

Kotie Rheeders

Beestekraal:

            Ria van der Merwe

KOLLEKTES VANDAG:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Die Gideons

Volgende Sondag by deure:   Bybelverspreiding

VERGADERINGS:  Katkisasie-kom. Verg.  Woens. 19 Sept. om 19:00  in die moederskamer.       Sustersbestuur- en kontak-susters van Blok  E en G vergader Donderdag  20 Sept. om 18:00 by die pastorie.

ONDERLINGE MEELEWING:

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie..... Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles,.  (1 Kor. 13)

  1.  Oudl. Peet du Preez is nog in die hospitaal.  Hulle is steeds besig met toetse.  Sy een aar wat bloed aan die hart voorsien is blykbaar toe.  Die dokters besluit nog hoe om dit t e hanteer.
  2. Sr. Marthie Pretorius (snr) se fisiese toestand is effens beter nadat sy verlede naweek ‘n terugslag gehad het.  Haar gedagtes is egter baie deurmekaar.
  3. Zanmarie, dogter van Harm en Zanne du Plessis is in die hospitaal met oor- en keel  infeksie.  Die siekte kom op ‘n baie ongeleë tyd omdat sy tans met haar rekord-eksamen besig is.

Koor:  Sondag 16 September oefen die koor weer in die kerk van Soutpansdrift om 16:30.   Indien daar van die gemeentelede lus voel om aan die Kersprogram deel te neem, is dit nou jou kans om aan te sluit by die kerkkoor.

 

OU TESTAMENT DAG-SEMINAAR                                                                                15 Oktober 2012 om 08:30 deur die Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroom.           Die seminaar is geakkrediteer vir 5 VBO punte.                                                           DIE OU TESTAMENT IN KONTEKS

Verskillende benaderinge tot die Ou Testament en sy korpusse.

1.             WAT IS DIE OU TESTAMENT.

2.             DIE SAMESTELLING EN OPBOU VAN DIE OU TESTAMENT

3.             DIE OU TESTAMENT EN DIE KONSEPSUELE WERELD VAN DIE ANO

4.             HERMENEUTIESE BENADERINGE TOT DIE OU TESTAMENT

5.             DIE OU TESTAMENT BINNE DIE KONTEKS VAN OPENBARINGSGESKIEDENIS

AANBIEDERS:                               Dr. Jacobus de Bruyn (Post-doktorale navorsingsgenoot, NWU)                              Prof. Chris van der Walt (NWU)                                                                               

PLEK VAN DIE AANBIEDING:        Die Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroom, Lokaal 204                                       

DATUM:             Maandag die 15de Oktober 2012.                                                                           

KOSTES:           R280 met ‘n middagete ingesluit.

Verdere inligting is beskikbaar by die kerkkantoor

 

SUSTERS

Die volgende week (17-21 Sept) is die koekiebakweek.  Op verskillen-de tye en plekke gaan verskillende groepe susters kleinkoekies bak.  Op Vrydag 21 Sept. gaan ons die koekies in 500g pakkies verpak vanaf 8 uur.  Dit is gemengde pakkies met koffiekoekies, hawermout-koekies, gemmerkoekies en vla/kondensmelkkoekies.  Die koekies sal so van 11 uur af op die Vrydag en dan ook Sondag beskikbaar wees.

Het jy al jou bestelling geplaas vir die komende langnaweerk en vakan-sie?  Skryf asseblief jou naam op die lyste by die kennisgewingborde.  Ondersteun asseblief hierdie fondsinsameling van die susters.

Enige suster wat beskikbaar is ons  te help met die bakkery kan met die kontaksuster van jou wyk/groep in aanraking kom om te hoor waar en wanneer daar gebak word.  En as daar susters is wat kan help met die verpakking op Vrydag sal ons dit baie waardeer.  Dit is gewoonlik ‘n baie gesellige geleentheid waartydens daar lekker gekuier word terwyl die koekies verpak word.  Baie dankie solank vir almal se hulp en ondersteuning.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

17 Sep 1973      JACQUES ROUSSEAU             Sel: 0822263430 Wyk: F2

17 Sep 1952      BETS VAN DER WALT             Sel: 0724209019 Wyk: E4

18 Sep 1951      ANNATJIE DE WET                   Sel: 0843808698 Wyk: A3

18 Sep 1999      CARLY HATTINGH                     Sel: 0829206627 Wyk: F2

19 Sep 1951      WELMA DE WET                      Sel: 0842067748 Wyk: F4

19 Sep 1968      NICO ENGELBRECHT               Sel: 0826517718 Wyk: C3

20 Sep 1955      JOHAN RAS                             Sel: 0720737881 Wyk: D2

 

BEROEPE ONTVANG

·         Ds JA Berg van Vaalwater na Jeffreysbaai.

·         Ds PJ Grové van Wapadrant na Sanveld.

·         Proponent SJB Lee na Ladybrand/Tweespruit-kombinasie.

·         Ds MG Mdluli van Sharpeville/Sebokeng/Zamdela-komb. Na  Diepkloof.

·         Ds KP Steyn van Empangeni na Potchefstroom-Oos as medeleraar.

·         Ds TJ van Vuuren van Heilbron na Newcastle.

BEROEPE AANVAAR

·         Ds MG Mdluli van Sharpeville/Sebokeng/Zamdela-kombinasie na Diepkloof.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Durban-Noord.

BEROEPE BEDANK

·         Proponent GJJ van der Merwe na Buffeldoorns.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Ladybrand/Tweespruit-kombinasie.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Vryburg.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Zeerust.

 

PAUL KRUGER KINDERHUIShou hul kersfunksie op Sondag 28 Oktober by die kerk.  Die kinders gaan die diens by ons bywoon en vandaaraf vertrek hulle na Klipplaat Lodge (Wilna en Edward se wildsplaas).  Enige kontantdonasie sal welkom wees om vir hulle ‘n kersgeskenk te koop, soos wat ons elke jaar maak.  Die geldjie kan in ‘n koevert (gemerk kinderhuis) by die kerkkantoor ingegee word.  Byvoorbaat baie dankie.

 

NEEM KENNIS:  Die Kerkkantoor gaan Maandag 17 September nie oop wees nie, maar wel Dinsdag 18 September

Friday, 07 September 2012 11:56

9 September 2012

9 September 2012        

Selfst. Skrifl. Hand. 11:1 – 18       Sing:  Ps. 147:1 & 3 (p.709)

Teksdeel: 2 Tim 1:1-7 en 2:1 – 7            Ps.   59:1 & 10 (p. 289)

 Teks:  2Tim 2:1 & 2                                Ps.   48:4 & 5 (p. 245)       

                                                                Ps. 118:1 & 2 (p.580)

 

 WORD STERK IN JOU GELOOF

Soms voel  ʼn mens so asof jou geloof nie op standaard is nie. Asof jy ver van God af is. Timoteus het ook op  ʼn stadium moeg en moedeloos gevoel.

1.  DIE LEWENSTORMS MAAK MENS MOEG                                                   Timoteus was as jong man die leraar van die gemeente in Efese.  Die bediening het hom oorweldig. Hy was uitgeput en oorlaai.  Daarom moedig Paulus hom aan om weer die genadegawe, wat God hom gegee het, soos  ʼn vuur aan te blaas (Hfst. 1:6). 

2.  IN CHRISTUS WORD JY WEER STERK                                                      Timoteus moes weer sterk word om sy opdrag uit te voer. Ons elkeen kan eers diensbaar wees as ons sterk is.  Hoe word  ʼn mens sterk?  Paulus se raad is: Word gedurig sterk gemaak deur die genade wat ons in Christus het.  Genade bring vergiffenis en genade gee krag.

3.  AS JY STERK IS, WORD JY  ʼn ONDERWYSER                                                  Elke gelowige word  ʼn onderwyser. Paulus sê in vers 2: Wat jy my...  hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. Hier is  ʼn ketting van onderwysers! (Vgl.  ook Timoteus en sy voorgeslagte Hfst. 1:5).  Is jy ook een?

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Derick Rheeders

                    Christo du Plessis

Diaken:        Drikus van der Walt

Ouderling:    Dawie du Plessis

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Janet van der Walt

Siska van der Walt

Beestekraal:

            Anna-Marie Eloff

 

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Trans Oranje Skool vir  Buitengewone Onderwys.

Volgende Sondag by deure:   Bosveld Bedieningsfonds

 

Vergaderings:

Sieke Bedieningsverg.  Woensdag 12 September om 18:00 by die pastorie.        Jeugmentorsrverg.   Woensdag 12 September om 19:00 by die pastorie.     

 

God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.                                                                                                                                                                                                           (Heb. 6:10)

1. Ons betuig ons innige meegevoel met sr. Marthie Pretorius en br. Petrus. Marthie se broer is die afgelope week oorlede en haar skoonsuster was ook in die hospitaal.

2. Br. Peet du Preez in die hospitaal met hartprobleme. Hy het toetse ondergaan en is behandel nadat hy hartprobleme ontwikkel het. Hy sal moontlik oor die naweek huis toe kan kom.

3. Br. Marthinus du Plessis (snr.) was in die hospitaal vir behandeling nadat  ʼn bloedklont in sy kuit gevorm het.

 

Calvyn Jubileum Boekefonds: - www.cjbf.co.za

Die Webwerf CJBF het die Kerkordeboekie op die webwerf geplaas en is besig om al die veranderinge aan die boekie op datum te bring.  Daar is 2 indelings nl. Ons huidige lys van keurige publikasies en publikasies wat uit druk is en elektronies bestel kan word sodat u dit gratis op u rekenaar kan aflaai..

 

HARTKLOP 2012 IS OM DIE DRAAI

Hierdie is 'n geleentheid waar ons 'n invloed op ander mense kan hê. 'n Geleentheid om Christus se beeld te wees en Sy goeie dade te doen.  En dit gebeur alles tydens AARDKLOP in Potchefstroom. 

"God het ons gemaak wat ons nou is: in Chirstus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." Ef. 2:10 

Hulle vra:

Ons het regtig voorraad nodig om hierdie geleentheid te kan laat werk! Koffie, suiker, tee, melk, beskuit of donasies. Sommige gemeentes hou reeds kompetisies tussen die katkisasieklasse om voorraad in te samel. Stuur asb die voorraad na die Kruispad Kantoor by die GKSA Admin Buro in Potchefstroom.

Nog 'n manier van gee: Help ons met Hartklop se verblyf. As jy R 30 gee, kan jy vir iemand die hele week se verblyf tydens Hartklop@Aardklop betaal.

Wees deel van die GEE geleentheid, almal is welkom selfs gesinne!

Besoek gerus Kruispad se webblad  http://projekte.kruispad.net/meer-oor-hartklop.html  vir enige inligting

UITDAGING:   Kom ons maak Krokodilrivierjeug deel van hierdie uitreik!!  EK GAAN!  WIE GAAN SAAM?     Ds Danie.

 

Heerlike gemengde klein koekiesweer beskikbaar vanaf Vrydag 21 September by die kerk.  Bestellingsllyste is op die kennisgewingbord.  Die koste is R20 vir 500gm,

 

Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroombied aan ‘n Internasionale Kinder- en Jeug Konferensie 26 tot 28 September 2012. 

Die tema is:  Koester ons kinders en jeug.

Inskrywingsgeld:  R400 per persoon.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor.

Indien enige navrae:  Kontak die kerkkkantoor by 012 2544770.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

9 Sep 1980       LOHAN OTTO                            Sel: 0832355561 Wyk: B4

9 Sep 1937       SARIE PRETORIUS                  Sel: 0827242384 Wyk: D1

9 Sep 1996       ALIDA SIEBERT                        Sel: 0796204774 Wyk: F6

10 Sep 1934      SARIE BRITZ                            Sel: 0721103671 Wyk: A2

10 Sep 1985      RENEE DE BEER                                                Wyk: A5

10 Sep 1972      FLORIS KOTZE                         Sel: 0826040060 Wyk: E3

13 Sep 1942      TINA PRETORIUS                     Sel: 0827752590 Wyk: E6

14 Sep 1961      BRAAM DU PLESSIS                Sel: 0828801466 Wyk: A3

14 Sep 1966      BRUCE PERKINS                      Sel: 0832714953 Wyk: C2

14 Sep 1982      DONOVAN YOUNG                   Sel: 0832524632 Wyk: G3

 

Die Gereformeerde Kerk Cachet bied aan:INTERDOPPERKAMP 2012

Tema;  Wees wie jy is.....  VAT WAT JY KRY   -   DOEN WAT JY MOET.

Wanneer:  21 – 23 September 2012

Waar:  Nooitgedacht Kampterrein 

Wie:  Studente  en jong werkendes

Kontak:  Paul by 0844402199

Koste: R250     Jubila:, Absa Spaarrekening

Takkode:  335-138      Rekeningnr:  9066522601

Faks deposito strokie na: 0865102073 of Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

BEROEPE ONTVANG

·         Ds W van den Heever van Rietvallei na Vryheid.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Vryburg.

BEROEPE AANVAAR

·         Proponent H Nkoana na Ramotse.

Koor:  Sondag 9 September oefen die koor weer in die kerk van Soutpansdrift om 16:30.  Bring asb. julle ou koorstukke saam.  Indien daar van die gemeentelede lus voel om aan die Kersprogram deel te neem, is dit nou jou kans om aan te sluit by die kerkkoor.

 

 

Friday, 31 August 2012 11:26

2 September 2012

 

2 September 2012          

Selfst Skrifl. Hand.10:34 – 48.               Sing:  Ps. 122:1 & 2 (p.610)

Teksdeel:  1 Joh. 5:13 – 21                             Sb.  2-1:1 & 2

Teksvers: 1 Joh. 5:20b                                    Ps.   98:1 & 3 (p. 488)

                                                                        Ps.   20:1 & 2 (p. 90)

                                                                        Sb. 1-4:1,2 & 3

DIE HEERLIKE INHOUD EN VRUG VAN ONS GELOOFSEKERHEID

Die doel van Johannes se brief of preek staan in Hsft5:13. Sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het.  Hy wil aan die ware gelowiges geloofsekerheid gee.

1. ONS IS IN JESUS, DIE WAARAGTIGE GOD

Die ware geloof verbind  ʼn mens aan die ware God. Hy is die Lig en Hy is die Lewe. As ons in Hom bly, het ons die lig en die lewe.

2.  ONS HET GELOOFSEKERHEID, WANT ONS SIEN DIE VRUGTE

Ons is seker van gebedsverhoring (14 – 17)                                                  Ons is seker van ons oorwinning oor die sonde(18)                                                        Ons is seker van ons oorwinning oor die Bose (19)                                          Ons is seker, want ons het die onderskeidingsvermoë om die ware God te ken (20)

3. WAAK TEEN VALSE GODE

Bly weg van alles wat jou van jou geloofsekerheid sou kon beroof!

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:     Theuns Koekemoer

                     Frikkie vd  Walt

Diaken:         Danolien Postma

Ouderling:    Vakant

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Gertie du Plessis

             Anika van der Walt

Beestekraal:

            Sanette du Plessis

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Christelike Onderwys ARSO

Volgende Sondag by deure:   Emeritaatsfonds

 

Vergaderings:

Senior Bedieningsverg. Sondag 2 September direk na erediens in die kerk.          Groepleierverg.   Woensdag     5 September om 18:00 in kerksaal.      Breëkerkraadsverg.  5 September om 19:00 in die kerksaal.

 

ONDERLINGE MEELEWING

 “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is  ʼn kind van God; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is” (1Joh. 5:1).                        1. Ons betuig ons innige meegevoel met Danolien, Gert en Danolien (jnr) met die heengaan van br. Willem Grönum.  Ons bid dat die Here vir hulle as gesin en ook die res van die familie ryklik sal vertroos en versterk.                                                          2.  Sr. Daleen Meier is tuis nadat sy Donderdag geopereer is. Ons bid dat die Here haar gesondheid sal herstel deur die behandeling wat sy verder sal moet ondergaan. 3. Sr. Marthie Pretorius is tuis. Die dokters voel dat hulle nie op die stadium, as gevolg van haar ouderdom,  aan haar wil opereer nie. (Sy moes eintlik  ʼn heupvervanging kry).                                                                                                                                  4. Oudl. Peet du Preez het Vrydag  ʼn angiogram gekry en behandeling ondergaan.  Ons vertrou dat hy baat sal vind by die prosedure en sommer gou weer op die been sal wees.                                                                                                                          5. Baie geluk aan br. Petrus en sr. Marthie Pretorius met die geboorte van  ʼn kleindogter. Ons bede is dat sy julle baie vreugde sal gee.                                            6. Hartlik geluk aan ons orrelis, Jop Pretorius. Hy het sy graad 8 orrel-eksamen by Unisa met eervolle vermelding geslaag. Hy sal sekerlik met hierdie kwalifikasie nou nog mooier en beter speel!  Dankie Jop vir jou toewyding en die groot aandeel wat jy het in die wonderlike sang en musiek in hierdie gemeente. Ons kan die Here werklik saam met jou loof en prys!                                                                                               7. Br. Herman du Preez (seun van Pieter en Betsie) het Donderdag  ʼn operasie aan sy oogbank en wangbeen ondergaan nadat hy tydens  ʼn rugbywedstryd  ʼn besering opgedoen het. Ons is saam dankbaar dat die operasie goed afgeloop het.

FOKUSTYD  1 JOHANNES

Lees: 1 Joh. 5:13 – 21

Beantwoord die volgende vrae tydens u groepsbyeenkoms

1.  Wat is Johannes se doel met sy brief (preek)?

2.  Wat is die ENIGSTE VEREISTE wat Johannes vir iemand stel om in die ewige lewe in te gaan?

3. Wat is geloof en waar kom dit vandaan? (Vgl. Heid. Kat. Sondag 7; Heb. 11:1 en Efesiërs 2:8 – 10)

4. Wat beteken dit om IN Jesus te wees? (Vgl. Joh. 15:5; Ef. 4:15 en 16)

5. Ons lewe nou reeds in volle geloofsekerheid, want ons is IN Christus. Dit word sigbaar in ons sekerheid van:

            5.1  Lees verse 14 – 17 .....................................................

            5.2  Lees vers 18 ...............................................................

            5.3  Lees vers 19 ...............................................................

            5.4  Lees vers 20 ..............................................................

6. Wat bedreig die vrede en vreugde van ons nuwe lewe in Christus?

7.  Wat is die belangrikste lewensles wat jy in hierdie fokustyd by die apostel Johannes geleer het?

 

Riviertoer

Frankfort riviertoer          5 – 9 Desember 2012    

Plek: Frankfort, op die Wilgerivier

Koste: R580         Ouderdom: Gr.8 - 24 Jaar

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

3 Sep 1960       HANNES VAN DER WALT         Sel: 0762343833 Wyk: B1

4 Sep 1950       BESSIE DE WET                      Sel: 0827478810 Wyk: A1

5 Sep 2002       MICHELLE DU PREEZ                                        Wyk: E5

6 Sep 1970       TIENIE POTGIETER                   Sel: 0834109549 Wyk: A6

8 Sep 1953       EDDIE VAN DER MERWE         Sel: 0832344135 Wyk: A1

8 Sep 2009       JANEL VAN DER WALT            Sel: 0823242406 Wyk: F6

 

Die Gereformeerde Kerk Cachet bied aan: INTERDOPPERKAMP 2012

Tema;  Wees wie jy is.....  VAT WAT JY KRY   -   DOEN WAT JY MOET.

Wanneer:  21 – 23 September 2012

Waar:  Nooitgedacht Kampterrein 

Wie:  Studente  en jong werkendes

Kontak:  Paul by 0844402199

Koste: R250     Jubila:, Absa Spaarrekening

Takkode:  335-138      Rekeningnr:  9066522601

Faks deposito strokie na: 0865102073 of Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

BEROEPE ONTVANG

·         Proponent GJJ van der Merwe na Buffeldoorns.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Durban-Noord.

 

BEROEPE BEDANK

·         Ds TJ van Vuuren van Heilbron na George.

 

NEEM DEEL AAN LOSLITDAG OP VRYDAG 7 SEPTEMBER         Loslitdag  is Suid-Afrika se grootse jaarlikse  fondsinsamelingsveldtog vir persone met gestremdhede.  Koop  ʼn plakker teen R10 en wys dat jy deel is van die veldtog. Dit is  ʼn geleentheid om die liefde van die Here aan gestremde persone te bewys.  (Plakkers is beskikbaar by deelnemende Welsynsorganisasies asook ABSA, EDGARS, JET, CNA en GAME.)

 

Heerlike gemengde klein koekiesweer beskikbaar vanaf Vrydag 21 September by die kerk.  Bestellingsllyste is op die kennisgewingbord.  Die koste is R20 vir 500gm,

 

 

 

Monday, 27 August 2012 10:29

26 Augustus 2012

26 Augustus 2012          

Selfst. Skrifl.  1 Kor. 11:17 – 26       Sing:   Sb. 1–2: 1,2 & 3

Teksdeel: 1 Joh. 5:6 – 12                           Sb.  9-3 :1 & 2

Teks:  1 Joh 5:6c                                        Sb. 17-2:1,3 & 4

                                                                   Ps.     23:3 (p. 109)

                                                                   Sb.     11-3

                                                                   Sb.     10-2

TEMA:  DIE GEES SELF IS DIE GETUIE – HY BORG ONS SEKERHEID

Ons hoor dat ons God se kinders is, dat ons sy liefde beleef en die ware lig sien.  Maar is dit alles waar?  Kom ons kyk na die getuienis.

1.  JESUS SE LEWE GETUIG DEUR WATER EN BLOED                                             By die water van sy doop: Die Vader se stem: Dit is my geliefde Seun.                         By die bloed by sy dood: Die Seun se stem:  Vader in u hande gee ek my gees oor

2.  DIE HEILIGE GEES SE GETUIENIS STEM OOREEN                                       Onder leiding van die Heilige Gees getuig Johannes en die ander apostels. Hulle is oog- en oor getuies! Die Heilige Gees is die Gees van waarheid en getuig in ons elkeen se hart dat die Here Jesus die Seun van God is.

3.  GEEN NEUTRALE REAKSIE OP GETUIENIS MOONTLIK NIE                            Elke mens wat die getuienis hoor, reageer daarop. Diegene wat nie die getuienis aanvaar en glo nie, maak jy God tot leuenaar!

4.  INHOUD VAN GETUIENIS: WIE DIE SEUN HET, HET DIE LEWE                        Die sekerheid van die getuienis, laat jou aan die Here Jesus vasgryp. Hy is die LEWE!  As jy hom verwerp, het jy die dood! 

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Theuns Koekemoer  

                     Floris van der Walt  Diaken:         Cecile du Plessis

Ouderling:    Jan Erasmus

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Estie Siebert

Alida van der Walt

Beestekraal:

            Joey Erasmus

Huisbesoek:

Wyk F3 (André Rossouw) Dins-dag 28 Augustus en Donderdag 30 Augustus saam met die Predikant.

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Christelike Onderwys - ARSO

Volgende Sondag by deure:   Emeritaatsfonds

 

BEROEPE ONTVANG

·         Proponent H Nkoana na Ramotse.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Ladybrand/Tweespruit-kombinasie.

·         Proponent GJJ van der Merwe na Zeerust.

BEROEPE BEDANK

·         Ds JH Grobler van Louis Trichardt na Frankfort.

·         Ds KP Steyn van Empangeni na Durban-Noord.

 

Gholfdag:  Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal.

13 September 2012.

  Dienste Gholfklub

'n Dag wat jy nooit sal vergeet - Moet dit nie mis nie.

Groot pryse wat gewen kan word.

1e prys: 4 pakette wat insluit een nag akkomodasie met ontbyt te Leriba

Lodge, 4 ster en suite dubbelkamer

2e prys: 4 pakette wat insluit n naweek wegbreek in 5 bed Chalet te Hennops

Pride vakansie-oord.

4 Ball Alliance R300 per person ete ingesluit

Kontak Persoon : Johan Potgieter (082 651 0869)

 

Borg ‘n  Bybel  - 

Baie dankie aan almal wat al geld gegee het vir ’n Bybel. Ons het goed afge-skop en goeie reaksie gekry, maar nou staan dit ’n bietjie stil. Ons wil jul dus net herinner dat ons doelwit is dat elke lidmaat in die gemeente een Bybel se geld moet skenk. As mens dink aan

 

SUSTERS

•           Ons doen  ʼn beroep op al die susters om asseblief elkeen ʼn klein bydrae in die koevertjies te plaas wat verlede Sondag aan die Mostertsaad geheg was. Soos u almal  weet bied ons die Saamtrek aan in 2013 en met stygende kostes blyk die daggelde  net nie genoeg te wees om die kostes te dek nie.  Ons probeer om deur die loop van hierdie jaar so ‘n klein neseier op te bou sodat ons met gemak  ʼn goeie funksie kan aanbied.  By voorbaat baie dankie.

•           Die Nagmaal-ete vandag word ook deur die Susters van Blokke C en F aangebied en almal word hartlik uitgenooi om te kom saameet.  Na die heerlike ete kan u net asseblief vir ons  ʼn donasie van u keuse in die houer plaas.

hoe kragtig en lewensveranderend die Woord is dan is dit een van die beste geskenke wat jy aan iemand kan gee en jy hoef maar net R52 uit jou sak te haal daarvoor. Kom ons kyk of ons by ons doelwit kan uitkom.

 

Skenkings  Benodig:  Soos almal bewus is, is daar deesdae meer en meer ge-sinne in Brits wat finansieël sukkel om kop bo water te hou.  Verskeie van hierdie ge-sinne se kinders is leerlinge van Laerskool Brits.  ‘n Aantal jare gelede het Laerskool Brits dit goedgedink om die Hulp- en Ondersteuners fonds te stig, onder leiding van Mnr Andre Rossouw.  Die doelstelling van hierdie Fonds is om behoeftige kinders en hul gesinne by te staan in die vorm van voedsel, klere, terapeutiese behandeling en dokters besoeke.  Daar word daagliks vir die kinders broodjies verskaf wat hul pou-ses by die kombuis kan kry.  Daar word ook op ‘n gereelde basis kospakkies en vars groente aan die gesinne gestuur.  Die hulp- en ondersteunersfonds maak hoofsaak-lik staat op die inkomste van die jaarlikse Wildsfees asook vrywillige donasies. Bui-ten hierdie gemelde inkomste is daar steeds ‘n GROOT behoefte en die skool sukkel elke jaar meer en meer om hierdie behoeftes te vervul.  Ons doen hiermee ‘n beroep op die gemeente om te help met donasies in die vorm van die volgende:  Smere vir broodjies,  Nie-bederfbare voedsel (Blikkieskos, ens), Groente skenkings van boere en Kontant skenkings, Kontak Amanda Rheeders i.v.m met enige skenkingsof  sken-kings.  Sel: 082 922 5459

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

26 Aug 1956      GERHARD DE WET                  Sel: 0827800399 Wyk: A1

26 Aug 1955      GERDA KRUGER                      Sel: 0725992275 Wyk: A8

26 Aug 1986      ELOUISE LABUSCHAGNE         Sel: 0833099832 Wyk: G2

26 Aug 1944      PETRUS PRETORIUS                Sel: 0737785753 Wyk: C2

27 Aug 1954      PEET OOSTHUIZEN                  Sel: 0834426070 Wyk: E5

28 Aug 1946      ELMARIE PISTORIUS                Sel: 0725002968 Wyk: E1

28 Aug 1937     JAN PRETORIUS                      Sel: 0827408786 Wyk: E7

29 Aug 1967      BETS DU PREEZ                      Sel: 0837615720 Wyk: B2

29 Aug 1953      JANET VAN DER WALT            Sel: 0824465661 Wyk: E4

30 Aug 1993      LOUIS DU PLESSIS                  Sel: 0824030349 Wyk: G2

31 Aug 1959      BOET RHEEDERS                    Sel: 0828253564 Wyk: E1

1 Sep 1984       FRANCOIS DU PLESSIS           Sel: 0722847482 Wyk: G1

 

ONDERLINGE MEELEWING

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is  ʼn kind van God en ken God (1 Joh. 4:7).

1. Sr. Marthie Pretorius is nog in die hospitaal nadat sy weer geval en haar bobeen gekraak het. Sy wag op  ʼn operasie.

2.  Oudl. Peet du Preez is in Pretoria in die hospitaal met hartprobleme.  Hy ontvang behandeling en daar sal nog besluit word of ander prosedures nodig is.

3. Sr. Daleen Meijer word DV Dinsdag in die hospitaal opgeneem met die oog op  ʼn mastektomie. Ons dra haar en haar geliefdes op aan die troue sorg van ons hemelse Vader.

4.  Br Willem Grönum se toestand het die afgelope week merkbaar versleg. Hy is in Frankfort in die hospitaal opgeneem. Ons bid vir hom en sy geliefdes in die beproewing.

Koor:  Die koor oefen Sondag 26 Augustus by die NG Kerk Vorentoe se kerksaal om 18:00

 

VRAE VIR BESPEKING IN GROEPE 26  Aug. – 1 Sept. 2012.

Lees 1 Joh. 5:6 – 12

Beantwoord die volgende vrae in die groepe

1. Waarom twyfel  ʼn mens soms oor jou saligheid?

2. Wat het ons tot dusver oor sekerheid van saligheid by Johannes geleer?

3. Johannes plaas  ʼn hoë premie op getuies se rol in ons geloofsekerheid. Van watter getuies praat hy in Hfst. 1:2 & 3?

4. Wat is tydens Jesus se doop getuig en wie is die getuie?

5. Wat is tydens Jesus se dood getuig en wie is die getuie?

6. Wie getuig nog saam met die vorige twee getuies?

7. Waarom dra die drie getuies, wat Johannes hier noem, se getuienis buitengewone gesag?

8. Wat sê Johannes van mense wat hierdie getuienis verwerp?

9. Verwerp  ʼn mens net die getuienis met jou mond of kan jy met optrede dit ook doen?

10. Waarom is die getuienis vir ons, wat dit aanvaar, besonder troosvol en bemoedigend?

 

 

Friday, 17 August 2012 10:54

19 Augustus 2012

19 Augustus 2012          Voorbereiding vir Nagmaal

Selfst. Skrifl.  Hand 10:19 – 33        Sing: Ps.    48:1 & 4  (p.243)

Teksdeel: 1 Joh. 4:7 – 5:5                        Sb.  12-3:1 – 3

Teks: 1 Joh. 4:8                                        Ps.  116:1 & 5 (p. 569)                    

                                                                  Sb.15-7:5 & 6

(Beurtsang)                                               Sb. 5-4:1A,2A,3S,4B,5A,6A       

GOD SE LIEFDE IS ONS FONDAMENT VAN GELOOFSEKERHEID

God se eis is duidelik: Ons moet mekaar liefhê. Ons kan net liefhê omdat God ons eerste liefgehad het.

1. DIE FONDAMENT VAN ALLE GELOOFSEKERHEID: GOD IS LIEFDE          Sonder God kan daar nie iets soos absolute liefde bestaan nie.

2. DIE BEWYS VAN GOD SE LIEFDE: DIE GAWE VAN SY SEUN                           God se volmaakte liefde is  ʼn offer:  Sy Seun wat in ons plek kom sterf!

3. DIE KONKRETISERING VAN GOD SE LIEFDE: DIE GAWE VAN SY GEES       Ons weet dat ons deel het aan die Here Jesus se offer omdat die Heilige Gees dit in ons harte getuig.

4. DIE MERKTEKENS DAT DIE GEES AAN ONS GEGEE IS                                     Die Gees laat jou van Christus getuig. Die Gees laat jou bely dat Jesus die Seun van God is. Die Gees laat jou in absolute liefde leef.

5. DIE VRUG VAN WARE LIEFDE IN ONS LEWE                                    Geloofsekerheid wat lei tot  ʼn vrymoedige toekomsverwagting en opregte liefde wat sigbaar word in jou optrede.

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    André Rossouw  

                     Koos de Wet

   Diaken:      Bridget Kamffer

Ouderling:    Thinus Eloff

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Rina Gertenbach

           Arina de Jager

Beestekraal:

            Petro van Wyk

Vergaderings:   Blokverg.  -  Blok A  Maandag  20 Aug.  om 18:00 aan  huis  van Seun Potgieter.  Blok verg.  Blok B – G Dinsdag 21 Aug. om 18:00 en 19:30 by die pastorie.                                     Ouderlingverg. Woensdag 22 Augustus om 19:00 in die kerksaal.                     Diakonieverg. Woensdag 22 Augustus om 19:00 in konsistorie

 

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Kerkblad

Volgende Sondag by deure:   Christelike Onderwys ARSO

 

Skenkings  Benodig:  Soos almal bewus is, is daar deesdae meer en meer ge-sinne in Brits wat finansieël sukkel om kop bo water te hou.  Verskeie van hierdie ge-sinne se kinders is leerlinge van Laerskool Brits.  ‘n Aantal jare gelede het Laerskool Brits dit goedgedink om die Hulp- en Ondersteuners fonds te stig, onder leiding van Mnr Andre Rossouw.  Die doelstelling van hierdie Fonds is om behoeftige kinders en hul gesinne by te staan in die vorm van voedsel, klere, terapeutiese behandeling en dokters besoeke.  Daar word daagliks vir die kinders broodjies verskaf wat hul pou-ses by die kombuis kan kry.  Daar word ook op ‘n gereelde basis kospakkies en vars groente aan die gesinne gestuur.  Die hulp- en ondersteunersfonds maak hoofsaak-lik staat op die inkomste van die jaarlikse Wildsfees asook vrywillige donasies. Bui-ten hierdie gemelde inkomste is daar steeds ‘n GROOT behoefte en die skool sukkel elke jaar meer en meer om hierdie behoeftes te vervul.  Ons doen hiermee ‘n beroep op die gemeente om te help met donasies in die vorm van die volgende:  Smere vir broodjies,  Nie-bederfbare voedsel (Blikkieskos, ens), Groente skenkings van boere en Kontant skenkings, Kontak Amanda Rheeders i.v.m met enige skenkingsof  sken-kings.  Sel: 082 922 5459

 

Uitnodiging: - Gemeente ete Sondag 26 Augustus 2012                                     Die susters van Wyke C en F nooi die gemeente hartlik uit vir ‘n  heerlike Sondagmiddag-ete, direk na Nagmaal  26 Augustus 2012. Bring asseblief u eie eetgerei en drinkgoed.  Vrywillige bydrae vir die ete sal waardeer word.  Alle fondse word aangewend vir die Susters-saamtrek van 2013.             Kom geniet die dag saam met die hele gemeente!!

Borg ‘n  Bybel  - 

Baie dankie aan almal wat al geld gegee het vir ’n Bybel. Ons het goed afge-skop en goeie reaksie gekry, maar nou staan dit ’n bietjie stil. Ons wil jul dus net herinner dat ons doelwit is dat elke lidmaat in die gemeente een Bybel se geld moet skenk. As mens dink aan hoe kragtig en lewensveranderend die Woord is dan is dit een van die beste geskenke wat jy aan iemand kan gee en jy hoef maar net R52 uit jou sak te haal daarvoor. Kom ons kyk of ons by ons doelwit kan uitkom.

 

FOKUSTYD                                                                                                     Die langnaweek en ook die toer na Namakwaland het ons program so  ʼn bietjie deurmekaar gekrap. Ons gaan hierdie week verder met ons studie. Lees asb 1 Joh 4:7 tot 5:5 in die Bybel en kry vir uself duidelikheid oor die volgende vrae.  U sal opmerk dat die vrae en bespreking by vandag se preek aansluit.

WEEK 5  Deel 4.

Hfst 13  Die fondament van  ʼn leef in liefde (1 Joh. 4:7 – 11)

1.  Waar kom ware liefde vandaan?  (Vgl. Joh. 3:16 en 1 Kor. 12:31 en 1 Kor. 13:1 en 1 Joh 4:10)

2. Hoe word ware liefde sigbaar? God se liefde en ons liefde? (Vgl. 1 Joh. 4:9 met 1 Joh. 4:11)

3. Is hierdie liefde wat ter sprake is  ʼn gevoel of  ʼn daad? Bespreek.

Hfst. 14  Die sement vir  ʼn leef in liefde (1 Joh. 4:12 – 18)

1. Wat is die heel duidelikste kenmerk waaraan mens ‘n ware gelowige kan uitken?

2.  Wat beteken 1 Joh. 4:20 in die praktyk?   Kan  ʼn mens met jou optrede jou belydenis weerspreek?  En wat is dan die logiese en noodwendige gevolg?

3.  Kan  ʼn mens uit jou eie krag absoluut liefhê?  Wat is nodig voordat jy so kan liefhê? (Vgl. 1 Joh 4:7 in die ’53 vertaling asook 1 Joh. 4:13)

Hfst. 15   Die toets vir die sterkte van  ʼn lewe in liefde (1 Joh. 4:19 – 5:5)

1.  Kan  ʼn mens liefhê sonder om te glo of kan  ʼn mens glo sonder om lief te hê?  Bespreek.

2.  Kan iemand God liefhê en terselfdertyd  ʼn medegelowige haat?  Waarvan is haat  ʼn onomstootlike bewys?

3.  Hoe voel  ʼn ware gelowige oor die oordeelsdag? (Vgl. 1 Joh. 4:17 en 18)

4. Hoe tree  ʼn kind van God in die wêreld op? (1 Joh.  5:3 – 5)

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

19 Aug 2011      LUCION PRETORIUS                                           Wyk: G3

20 Aug 1985      SONJA DE WET                       Sel: 0828195246 Wyk: G2

20 Aug 1987      MARTIN GREYLING                   Sel: 0820998038 Wyk: G1

20 Aug 1975      REINO VAN SCHALKWYK         Sel: 0823137677 Wyk: F2

21 Aug 1998      WESSEL ENGELBRECHT         Sel: 0823009241 Wyk: C3

21 Aug 2001      CORLIA RHEEDERS                 Sel: 0829225266 Wyk: F2

 

ONDERLINGE MEELEWING

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13)

1. Sr. Marthie Pretorius het weer geval en haar bobeen gebreek. Sy is in die hospitaal en moet weer geopereer word.                                                                                      2. Br Hans van der Walt is tuis na sy nekoperasie. Ons is dankbaar dat alles so goed afgeloop het.                                                                                                                   3.  Die Blommetoer na Namakwaland was  ʼn wonderlike belewenis. Daar was baie mooi blomme om te sien, maar aan die anderkant ook koue en reënerige weer. Niks kon egter die groep se geesdrif blus nie.  Die groep het lekker saam gekuier en op ʼn besondere manier die gemeenskap van die gelowiges beleef.  Meer nuus oor die toer sal volgende week in die Kro’kant verskyn.

 

WIL JY GRAAG ‘N ONDERWYSER WORD?  Studeer by Aros!  -  Verwerf ‘n christe-like Afrikaanse BEd-graad in Grondslagfase Onderwys  - Draf klas op Vrydagmidddae en – aande of op Saterdae – Kontak deur  middel van e- leer gedurende die week – Verwerf ‘n praktykgerigte graad van goeie akademiese gehalte.  By Aros-kampus OPEDAG 25 AUG 2012 OM 9:00

 

Riviertoer 2012:  Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet.  Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskry-wingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting.  Hartklop tydens Aardklop: 1-6 Oktober 2012.  Inligting beskikbaar by die kerkkantoor.

 

Senior Lidmate:  Almal bo 65 jaar word genooi na potjiekos ete by die Rooikoppies-dam op 25 Augustus om 12:00.  Hou asb. datum oop tot verdere kennisgewing.  Daar word ook ‘n wildrit gereël.  Vervoer  sal beskikbaar wees.  Laat weet asb. vir kerkkan-toor  by (012 2544770) of  Petro Pretorius (0827408786 of  012 2540319) wie belang-stel om te gaan, voor of op 20 Augustus.

Koor:  Die koor oefen Sondag 19 Augustus by die NG Kerk Vorentoe se kerksaal om 16:00

 

 

Friday, 03 August 2012 11:14

5 Augustus 2012

5 Augustus 2012     

SOUTPANSDRIFT: OGGENDDIENS (Ds. Johannes Aucamp)                  Ons verwelkom vanoggend Ds. Johannes Aucamp van TOPIA. Hy gaan voor in die erediens by Soutpansdrift. Ons bid dat die Here hom met die woordbediening sal seën.  Hy sal ons net na die erediens op hoogte bring van TOPIA se vordering. 

Skriflesing: Matt. 28: 11 – 20                  Ps.145: 1, 2 & 3                                    Fokus: verse 19 – 20                             Ps. 145: 4 & 5                                                                                             Ps. 145: 6 & 7                                                                                       Ps. 145:8 & 9   

Kyk na oorsigraamwerk op bl. 4.                                                                            

BEESTEKRAAL OGGEND - EN SOUTPANSDRIFT AANDDIENS (Dr. Danie de Kock)

Selfst. Skrifl.  Hand.10:1 – 18                        Ps.  33:1 & 8 (p.157)                         Teksdeel: 1 Joh. 2:28 – 4:6                            Ps.  38:1,15 & 17 (p. 189)                       Teks: 1 Joh 3:1 & 14                                      Ps.  89:6 & 17 (p.445)                                                                                                                                                       Sb. 2-4: 1,2 & 3                             

ONS IS KINDERS VAN GOD – ONS HET OORGETREK UIT DIE HUIS VAN DIE DOOD NA DIE HUIS VAN DIE LEWE

Ons is kinders van God en daarom het ons die versekering dat ons nou reeds  ʼn nuwe woonplek het. Ons ervaar die nuwe lewe, daarom is ons seker van  ʼn heerlike toekoms in die Vaderhuis.

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Chris Kamffer  

                     Pieter du Preez

   Diaken:      Albert du Plessis

Beestekraal

Ouderling:    Peet du Preez

Huisbesoek

 Wyk F2 (Japie Rheeders) Dinsdag 7 Augustus. 

Wyk B4 (Peet Rheeders) Woensdag 8 Augustus.

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Bridget Kamffer

            Nella van der Walt

Beestekraal:

            Elsie du Preez

 

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure: Studentkas

Volgende Sondag by deure:   Pro Ecclesiabeurs

 

 ONDERLINGE MEELEWING

Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom. 12:9)

1. Ons is dankbaar dat dit alreeds soveel beter gaan met br. Kosie du Plessis nadat daar die afgelope week “veertjies” in twee van sy hartare ingeplant is.

2.  Hartlik geluk aan Hannes Grobler (Banie en Hannetjie se seun) en Mia Louw wat verloof geraak het.

3. Br Hans van der Walt moet  ʼn nekoperasie ondergaan. Alles was gereed vir die operasie die afgelope Donderdag, maar daar was nog dokumente van sy werkgewer af wat uitstaande was. Die operasie sal nou DV hierdie week gedoen word.

4.  ʼn Klompie van ons lidmate gaan DV later hierdie week (9 – 15 Aug) op  ʼn trein- en bustoer na Namakwaland om blomme te gaan kyk. Ons bid dat die Here dit  ʼn geseënde toer sal maak.  Mag elkeen wat die toer meemaak die heerlikheid van God se skepping beleef en op  ʼn besondere wyse die gemeenskap van die gelowiges ervaar.

 

 ONDERLINGE MEELEWING

Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom. 12:9)

1. Ons is dankbaar dat dit alreeds soveel beter gaan met br. Kosie du Plessis nadat daar die afgelope week “veertjies” in twee van sy hartare ingeplant is.

2.  Hartlik geluk aan Hannes Grobler (Banie en Hannetjie se seun) en Mia Louw wat verloof geraak het.

3. Br Hans van der Walt moet  ʼn nekoperasie ondergaan. Alles was gereed vir die operasie die afgelope Donderdag, maar daar was nog dokumente van sy werkgewer af wat uitstaande was. Die operasie sal nou DV hierdie week gedoen word.

4.  ʼn Klompie van ons lidmate gaan DV later hierdie week (9 – 15 Aug) op  ʼn trein- en bustoer na Namakwaland om blomme te gaan kyk. Ons bid dat die Here dit  ʼn geseënde toer sal maak.  Mag elkeen wat die toer meemaak die heerlikheid van God se skepping beleef en op  ʼn besondere wyse die gemeenskap van die gelowiges ervaar.

 

Skenkings  Benodig:  Soos almal bewus is, is daar deesdae meer en meer gesinne in Brits wat finansieël sukkel om kop bo water te hou.  Verskeie van hierdie gesinne se kinders is leerlinge van Laerskool Brits.  ‘n Aantal jare gelede het Laerskool Brits dit goedgedink om die Hulp- en Ondersteuners fonds te stig, onder leiding van Mnr Andre Rossouw.  Die doelstelling van hierdie Fonds is om behoeftige kinders en hul gesinne by te staan in die vorm van voedsel, klere, terapeutiese behandeling en dokters besoeke.  Hul stel ook die kinders in staat om sport- en opvoedkundige uitstappies mee te maak wat hul andersins nie sou kon bekostig nie.  Daar word daagliks vir die kinders broodjies verskaf wat hul pouses by die kombuis kan kry.  Daar word ook op ‘n gereelde basis kospakkies en vars groente aan die gesinne gestuur.  Die hulp- en ondersteunersfonds maak hoofsaaklik staat op die inkomste van die jaarlikse Wildsfees asook vrywillige donasies. Buiten hierdie gemelde inkomste is daar steeds ‘n GROOT behoefte en die skool sukkel elke jaar meer en meer om hierdie behoeftes te vervul.  Ons doen hiermee ‘n beroep op die gemeente om te help met donasies in die vorm van die volgende:  Smere vir broodjies,  Nie-bederfbare voedsel (Blikkieskos, ens), Groente skenkings van boere en Kontant skenkings, Kontak Amanda Rheeders i.v.m met enige skenkings /voornemende skenkings.  Sel: 082 922 5459

 

Biltong en droeë wors skenking  -

 Dankie aan die mense wat reeds vir ons biltong en droeë wors geskenk het vir die Paul Kruger Kinderhuis se funksie. As daar dalk nog van ons groot wildjagters is wat van hul biltong wil afstaan kan hul vir Danolien kontak by 082 414 5253

Paul Kruger Kinderhuis: Jannie Moolman funksie  - 

Soos voorheen berig hou die Paul Kruger Kinderhuis ’n aand saam met Jannie Moolman ter stywing van hul fondse. Dit vind plaas op Vrydag 17 Augustus. Kostes is R200pp en sluit ’n kaas en wyn aansit ete in. Besprekings kan by Retha 083 752 0930 of Marlene 076 751 2235 gedoen word.

Borg ‘n  Bybel  - 

Baie dankie aan almal wat al geld gegee het vir ’n Bybel. Ons het goed afge-skop en goeie reaksie gekry, maar nou staan dit ’n bietjie stil. Ons wil jul dus net herinner dat ons doelwit is dat elke lidmaat in die gemeente een Bybel se geld moet skenk. As mens dink aan hoe kragtig en lewensveranderend die Woord is dan is dit een van die beste geskenke wat jy aan iemand kan gee en jy hoef maar net R52 uit jou sak te haal daarvoor. Kom ons kyk of ons by ons doelwit kan uitkom.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

5 Aug 1987       KOSIE (Jnr) DU PLESSIS          Sel: 0738237419 Wyk: A1

5 Aug 1978       WILLEM VAN DER WALT          Sel: 0836320133 Wyk: B3

7 Aug 2000       RICUS DU PLESSIS                  Sel: 0739991170 Wyk: F3

7 Aug 1983       ANDREA VREUGDENBURG      Sel: 0833437961 Wyk: G3

8 Aug 1950       JOEY ERASMUS                      Sel: 0784880828 Wyk: A6

8 Aug 1994       THEUNS KLOPPERS                                          Wyk: B3

10 Aug 1999      MANDELIE RHEEDERS            Sel: 0829225459 Wyk: F2

10 Aug 1999      CECILE RHEEDERS                 Sel: 0829225459 Wyk: F2

10 Aug 1974      GERDA  RHEEDERS                Sel: 0829225266 Wyk: F2

 

Riviertoer 2012:  Daar word weer ‘n riviertoer gereël vir hierdie jaar by GK Frankfort en Zorgvliet.  Koste hieraan verbonde is R590 pp en die inskry-wingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar asook enige ander inligting.  Hartklop tydens Aardklop: 1-6 Oktober 2012.  Inligting beskikbaar by die kerkkantoor.

 

WIL JY GRAAG ‘N ONDERWYSER WORD?  Studeer by Aros!  -  Verwerf ‘n christelike Afrikaanse BEd-graad in Grondslagfase Onderwys  - Draf klas op Vrydagmidddae en – aande of op Saterdae – Kontak deur  middel van e- leer gedurende die week – Verwerf ‘n praktykgerigte graad van goeie akademiese gehalte.  By Aros-kampus .OPEDAG 25 AUG 2012 OM 9:00

 

Week 4:  5 – 11 Aug.    Deel 3  p. 86 

Ons woon en leef as kinders van God

Lees 1 Joh. 2:18 – 4:6    Ons IS KINDERS van God.  Daarom leef ons op  ʼn bepaalde wyse.

Hfst. 7.  1 Johannes 2:18 -27  Die toets of ons kinders van God is

1.  Wie is die Antichris(te)? 

2. Hoe is dit moontlik dat die Antichriste uit die gemeente kom?

3.  Wie of wat stel die gemeente in staat om die waarheid en die leuen te onderskei?

Hfst. 8  1 Joh. 2:28 – 3:3    Die fondament van ons kindskap

1.  Wat het ons huidige lewe met ons ewige toekoms te doen?

2.  Wat is die eienskappe wat jy by  ʼn kind van God soek?

3.  Op watter manier kan jy dit  in die ware sin van die woord regkry om daardie eienskappe te hê en dit ook uit te leef?

Hfst. 9  1Joh 3:4 – 10 Die noodsaaklike sement van ons kindskap

1.  Watter invloed het ʼn hegte verhouding met God op jou keuses.

2. Wat is sonde?

3. Wat keer  ʼn mens om sonde te doen?

Hfst. 10.  1 Joh. 3:11 – 18  Nog noodsaaklike sement van ons kindskap

1.  Wat is die ooglopende onderskeid tussen kinders van God en kinders van die duiwel?

2.  Wat is  die bewys dat jy nou alreeds uit die dood na die lewe oorgegaan het?

3.  Wanneer het  ʼn mens vir jouself genoeg om van te leef?

  

 

Hfst. 11  1 Joh. 3:19 – 24  Nog  ʼn deel van die fondament van ons kindskap

1.  Waar kom  ʼn mens se gewete vandaan?

2.  Wat is God se groot opdrag in vers 23?

3.  Hoe kry ons dit reg om die groot opdrag uit te voer?

Hfst. 12.  1 Joh. 4:1 – 6  Nog  ʼn toets dat ons kinders van God is

1.  Hoe onderskei jy tussen die mense van die waarheid en die mense van die leuen?

2.  Is daar mense wat die Here Jesus net gedeeltelik erken of sy verlossing net gedeeltelik aanvaar?  Het sulke mense ook die waarheid?

3. Waar kom  ʼn ware kind van God vandaan (vgl. 4:4 en Joh. 3:3, 7 & 8)

 

 

Friday, 03 August 2012 06:36

29 Julie 2012

Teks: 1 Joh 1:5                                          Ps.    33:5 en 6 (p.159)

                                                                   Ps.   66:1,2,7 en 8 (p.320)                                                                 

Duisternis is altyd ʼn probleem. Ons weet wat om met fisiese donker te doen. Geestelike donker is egter  ʼn groter probleem. Net God wat lig is, kan geestelike duisternis verdryf.

1. IN ONS STRYD TEEN DIE SONDE BLY ONS IN DIE LIG

Ons moenie sondig nie. As ons wel sondig, het ons Christus as voorspraak by die Vader. As ons God se gebooie gehoorsaam, is dit  ʼn bewys dat ons in die lig is.

2. ONS IS SEKER DAT ONS, NIETIGE MENSE, DIE BOSE OORWIN HET

Omdat ons die Vader in en deur die Here Jesus ken, maak die Woord ons sterk sodat ons die Bose oorwin.

3. ONS HET DIE VERLEIDING VAN DIE WÊRELD OORWIN

Stry teen die verleidinge van die wêreld. Dit lyk aanloklik, maar gaan verby. Diegene wat God se wil in Christus doen, bly ewig lewe.

4. SELFS DIE ANTICHRIS EN SY DWAALLEER SAL ONS NIE IN ONSEKERHEID DOMPEL NIE

Die satan stuur die Antichris om ons van die spoor te probeer weglok. Ons het egter die salwing van die Gees sodat ons die leuen van die Antichris kan ontbloot. Die Gees lei ons in die waarheid.

 

 

 

ONDERLINGE MEELEWING

Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is  ʼn kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is (1 Joh. 5:1).

1. Sr. Hannelie Briel se pa is Woensdag oorlede. Ons bid vir haar en haar gesin en dra hulle op aan die troosvolle krag en bystand van ons hemelse Vader.

2. Br Gerhard de Wet (Koos en Welma se seun) was die afgelope week weer in die hospitaal. Dit blyk toe dat die kanker, nadat sy blaas verwyder is, nou tog verder versprei het.  Hy begin hierdie week met intensiewe chemoterapie. Ons dra hom, Sonja en die kinders asook vir Koos en Welma op aan ons hemelse Vader in hierdie tyd van beproewing.

3. Br. Marthinus du Plessis (snr.) het verlede week  ʼn liesbreukoperasie ondergaan. Ons is teenoor die Here dankbaardat dit sommer gou veel beter gaan en bid dat hy weer volkome gesond sal word.

 

 

FOKUSTYD:  1 JOHANNES

Daar is nog steeds geleentheid om by groepe vir die Bybelstudie in te skakel. Kontak asb vir Anriëtte by die kerkkantoor om  ʼn boek (R100) te koop en/of by  ʼn groep in te skakel.  Ons bede is dat die Here hierdie fokustyd net so ryklik sal seën soos wat ons dit verlede jaar beleef het toe ons die boek Jeremia bestudeer het. 

Week 3:  29 Jul – 4 AugDeel 2  p. 46     Ons besondere verhouding met die Gasheer

Lees: 1 Joh 1:5 – 2:17.

Hfst. 4:  Die Fondament van die verhouding: 1 Joh. 1:5 – 2:2.

1.  Wat beteken dit om in die lig te leef?

2.  En in die duisternis?

3. Hoe kry ek en jy dit reg om in die lig te lewe?

4.  Wat gebeur as  ʼn mens sê jy is in die lig, maar jy doen die werke van die duisternis?

Hfst. 5:  Die noodsaaklike sement van die verhouding 1 Joh. 2:3 – 12

1.  Wat is die Here se opdrag?

2.  Waaraan toets  ʼn mens iemand se belewenis van God?

3.  Hoe word ons liefde vir God prakties sigbaar? (Hfst.  2:5 – 10)

4. Bespreek: Lig en liefde teenoor duisternis en haat

Hfst.6.  Die toets vir die sterkte van ons verhouding

1.  Waarom spreek Johannes sy lesers aan as “kinders”?

2.  Wat is die bewys dat  ʼn mens God liefhet? (1 Joh. 2:15 – 17)

3.  Wat is die “wêreld” waarvan Johannes in die gedeelte praat?

4. Lees Matt 6:31 – 34.  Hoe stem  Johannes se waarskuwing ooreen met dit wat die Here Jesus sê?

ONTHOU DIE BYBELVASVRA:  Johannes 1 – 8 en I Joh. 1 – 5!!!!

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:    Gert  v/d Walt  (Bets) 

                     Banie Grobler

   Diaken:      Tina Pretorius

Beestekraal

Ouderling:    Hannes Venter

 

 Finans. Kom. Verg:  Maandag 30 Julie om 18:00 aan huis van Derick Rheeders

Eiendomskom. Verg:  Maandag 30 Julie om 18:00 aan  huis van Johannes Rheeders

Spesiale Kerkraadsverg: Woensdag 1 Augustus om 19:00 by Soutpansdrift kerk.

 

SKINKBEURTE         Soutpansdrift:

            Bets van der Walt

           Christelle Kotze

Beestekraal:

            Ina Potgieter

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure:Ekumensiteit Geref. Jeug London

Volgende Sondag by deure:  Studentekas

 

Huisbesoek

Wyk B3 (Jan v/d Walt) Dinsdag 31 Julie  en Donderdag  2 Augustus.

 

SUSTERS  -  Omdat ons graag aan alle susters die geleentheid wil gee om betrokke te wees by die organisering en aanbieding van die Saamtrek 2013 – dit is tog die Susters van Gereformeerde Kerk Krokodilrivier wat die gasvroue is !! – is daar tans lyste by die kontaksusters waarop u kan aandui waar u graag wil werk.  Hierdie vorms moet asb. voltooid op So 5/8 terug wees by die Kerkkantoor sodat ons dit kan verwerk.  Dankie.

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

29 Jul 1966          MARTHIE GROBLER                   Sel: 0794950705 Wyk: G2

30 Jul 1936       STIENIE DU PLESSIS              Sel: 0761336812 Wyk: A7

30 Jul 1940       SINTA DU PLESSIS                  Sel: 0733733931 Wyk: C3

30 Jul 1991          MARILÈ KRUGER                         Sel: 0722754177 Wyk: A2

30 Jul 2000          WILLEM VAN DER WALT             Sel: 0732409667 Wyk: G2

31 Jul 1942       WILLIE PISTORIUS                 Sel: 0827068800 Wyk: E1

 

 

BEROEPE AANVAAR

·         Ds GJ Erasmus van Vryburg na Komatipoort.

 

Letlhabile Kliniek

Ek is op soek na enige speelgoed, boekies, kryte of donasies vir 'n speel-hoekie vir siek kindertjies in die wagarea van Letlhabile Kliniek. Baie van die kindertjies is hiv+ en spandeer soms die hele dag by die kliniek, as jy kan help, skakel my asb 0849412643,       Liezl Rousseau

 

PRETDAG BY ROODEKOPJESDAM OP 25 AUGUSTUS

Hou solank die datum oop!  Dit is die Saterdag van ons nagmaalnaweek.  Gewoonlik hou ons dan  ʼn gemeentefunksie. Hierdie jaar gaan ons dit kombineer met  ʼn uitreik deur die mense in Beestekraal omgewing.  Dit gaan alles uiteindelik oor die ondersteuning wat ons aan die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) in Brits wil gee. Hoewel die staat onderneem het om die CMR finansieel te ondersteun gebeur dit nou reeds vir 3 jaar glad nie, en daarom is daar dringende nood.

Ons as gemeenskap is grootliks afhanklik van die dienste van die CMR. Alles wat met kindersorg en gesinsorg (verwaarlosing, veilige bewaring en aanneming) te doen het, word deur hulle behartig. Net hulle kan die wetlike deel van die dienste hanteer.

Al die inkomste wat op die pretdag in samewerking met die Bond van Oud-polisielede ingesamel word, sal aan die CMR geskenk word.  Wildsritte, bergfietsritte, visvangkompetisies en potjiekoskompetisies word beplan.  Die gesin kan sommer vir die naweek by Thaba Morula gaan oorbly (Kampering of gerieflike chalets). Hulle gee die volle inkomste van die naweek ook vir die CMR!!

 

 

Senior Lidmate:  Almal bo 65 jaar word genooi na potjiekos ete by die Rooi-koppiesdam op 25 Augustus om 12:00.  Hou asb. datum oop tot verdere ken-nisgewing.  Daar word ook ‘n wildrit gereël.  Vervoer  sal beskikbaar wees

 

 

<< Start < Prev 11 12 13 14 15 Next > End >>
Page 15 of 15