Kerk Kantoor
28 April 2019
TEMA: HOE BESLUIT EK WANNEER EK ‘N LANDSWET OF ‘N GEBOD VAN GOD KAN OORTREE?
Artikel 36van die Nederlandse geloofsbelydenis handel oor die burgerlike owerheid en hoe ons goeie God owerhede aanstel om wet en orde in ’n sondige wêreld te handhaaf.
Romeine 13 word aangehaal waar daar baie duidelik aan die gelowiges opdrag gegee word om hulle te onderwerp aan die gesag wat oor hulle gestel is.
God se wil is dat sy kinders saamwerk sodat hulle Hom kan verheerlik en sonder vrees vir straf kan lewe.
Soos wat die natuurwette ons beheer moet ons van jongs af tot die besef kom dat ons altyd onder beheer van gesag sal wees. Moedswillige oortredings lei tot slegte konsekwensies.
Maar dit is nie altyd so eenvoudig nie! Soms bevind ons onsself in baie moeilike situasies en moet ons een wet oortree om ’n belangriker een te gehoorsaam.
Daarvan is daar verskeie voorbeelde in die Bybel, mense wat landswette en selfs God se wette oortree het.
Christus is self aangespreek toe Hy God se wet in spesiale omstandighede oortree het.
Hoe weet ons wanneer oortredings toelaatbaar is?
Daarom kyk ons vandag na...
- Die gesag wat oor elke mens gestel is.
- Wanneer mag ons menslike wette oortree?
- Wanneer mag ons God se wette oortree?
TEKS:
As julle begryp het wat dit beteken: “Ek verwag barmhartig-heid en nie offers nie, dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.”
Mat. 12: 7
ONDERLINGE MEELEWING
- Ons betuig ons innige meegevoel met Sr. Hannelie Briel wie se Moeder die afgelope week oorlede is asook met Br. Fanie Briel.
- Janus Powell (‘n oud lidmaat van ons gemeente) word Dinsdag om 10 uur begrawe by Soutpansdrift Kerk.
- Br. Raymond Dicker kry 6 Mei ‘n hartomlyning. Ons wens hom sterkte toe.
- Dit gaan beter met Br, Seun Potgieter na sy operasie.
- Sr, Annemarie Eloff sterk ook goed aan na haar operasie.
- Sr. Annetjie Scheepers het hierdie week gegaan vir haar laaste Chemobehandeling.
KLEINGROEPIE
Die kleingroepie van ds. Regardt Venter kom weer Donderdag 2 Mei in die kerksaal bymekaar.
Tyd: 18:30
Almal is welkom.
47. OMGEWINGSPITKOS
Die wyse waarop skeppingsorg deur Christelik geörienteerde kerke aangespreek moet word, word deur verskillende grade van radikale omgewingsgesindes verdag gemaak.
Kundige omgewingbewarings aksies wat oor baie jare wetenskaplik begrond is, word smalend oorboord gegooi en vervang met ‘n sondig geheiligde sogenaamde ‘moederaarde’.
Die ekoloë as die werklike groenes word besweer omdat hulle waarsku teen globale verwarming en osoongate. Onvergenoegde rooi groenes of anti-alles word gedryf deur haat en ongelukkigheid met hul baie geld.
Hulle stem ooreen met fanatiese radikales in die geloof, soos die Puriteine.
Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword (Rom 1:22).
Koningkinderskamp 2019
Die Koningskinderkamp vir sowat 50 Gr 6 & 7 leerders is om die draai en ons is reeds druk besig om die kamp te reël.
Die kamp is 16 tot 23 Junie in die pragtige bosveld te Thaba Morula. In die oggend en die aand het ons ‘n geestelike program en verder deur die dag hou die instrukteurs van Thaba Morula die kinders besig met opwindende speletjies.
Indien u of ‘n kleingroep ‘n bydrae tot die kamp wil lewer sal die volgende baie waardeer word:
- U gebede dat die kamp vlot en sonder teespoed sal verloop
- Belydende lidmate wat as groepleiers kan optree
- Enige vleis en groente
- Skryfbehoeftes
- Ou / Nuwe klere
- Bybels
- Koekies/ Beskuit
- Lekkergoed
- Badbenodighede
- ‘n Geldjie om van die bogenoemde aan te koop.
Vir enige navrae kontak gerus Jana Leibbrandt - 073 217 5222 of Josua van der Walt – 083 638 0545
PROGRAM VIR DIE WEEK
30 April 2019 Spesiale Kerkraadsvergadering 19:00 Kerksaal
5 Mei 2019 Blokraad A Vergadering 16:30 Annemarie Eloff
VERJAARSDAE
28 Apr 1939 ERNST SPRONG Sel: 07316723 Wyk: D 8
29 Apr 1939 MOLLIE SPRONG Sel: 0832862723 Wyk: D 8
30 Apr 2008 MARLIONET FOURIE Sel: 0735602215 Wyk: D 1
30 Apr 1924 KITTY VAN DER WALT Sel: 0738229500 Wyk: D 6
3 Mei 1967 ZANNE DU PLESSIS Sel: 0828874385 Wyk: A 1
4 Mei 1979 ANIKA VAN DER WALT Sel: 0824121562 Wyk: E 4
4 Mei 1990 SHYANN VAN WYK Sel: 0836558999 Wyk: E 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Ekumenisiteit Buiteland London
Volgende week Sustentasiefonds
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling André Rossouw Pieter du Preez
Diaken Albert du Plessis Louis Kruger
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Frikkie van der Walt Hannes Venter
Hennie Oosthuizen Seun Potgieter
SKINK
Vandag: B 2 & B 3 A 5
Volg. Week: B 5 & B 6 A 6
14 April 2019
TEMA: VAT JOU KRUIS EN VOLG ONS HERE JESUS CHRISTUS
Besef ek en jy aldag wat dit beteken om die Here Jesus Christus te volg? Dit gaan baie beslis oor heelwat meer as ’n net besluit of vroom gebedjie.
Ouers belowe by die doop om hulle kinders te leer wat dit beteken om ’n dissipel van die Here Jesus Christus te wees.
- DIE BASIESE VEREISTES VIR DISSIPELSKAP
Hier is drie punte van belang: Selfverloëning, kruisdra en navolging. Uiteraard gaan dit met stryd en opoffering gepaard.
- DIE NOODSAAKLIKE VERHANDELING VIR DISSIPELSKAP
Dissipelskap beteken om in ’n daadwerklike transaksie betrokke te raak. Ons gee ons ou lewe en ontvang ’n heel nuwe lewe. So volg ons die Here Jesus.
Hy het sy lewe gegee om ons los te koop uit die mag van die sonde en die dood.
- DIE ERNSTIGE VERMANING VIR DISSIPELSKAP
Ons sondige natuur begeer die dinge van die wêreld. Ons Here Jesus waarsku dat ‘n mens wel die wêreld as wins kan kry, maar in die proses jou lewe verloor.
ONDERLING MEELEWING
Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal 6:2)
- Ons betuig ons innige meegevoel met Sr Marthie Pretorius, haar kinders en die res van die familie met die heengaan van Br Petrus.
- Ons bid dat die Here julle ryklik sal vertroos. Die begrafnis is DV Donderdag 11:00.
- Ons betuig ook ons innige meegevoel met Sr Annatjie du Plessis (Koster) en haar familie met die heengaan van haar skoonsuster, Mynie Eloff.
- Sr Annemarie Eloff het die afgelope week ‘n rugoperasie ondergaan. Sy sterk tuis aan. Toe Thinus op pad was om haar by die hospitaal te gaan haal,
- het ‘n vrou beheer oor haar voertuig verloor en in homvasgery. Hy is ongedeerd.
AANDBYEENKOMS (God se name)
Tydens die aandbyeenkoms vanaand om 18:00 gaan ons gesels oor die verskillende name van God.
Sommige godsdienstige groepe en sektes maak asof net hulle weet wat God se regte naam is. Hulle meen ook dat ons vandag nog net die Hebreeuse name mag gebruik.
Jonk en oud is baie welkom.
PROGRAM VIR DIE WEEK
15 April 2019 Jeugbedieningsraad Vergadering 19:00 Pastorie
16 April 2019 Omgeebediengsraad Vergadering 19:00 Kerksaal
17 April 2019 Evangelisasie bedieningsraad Verg. 19:00 Pastorie
GOEIE VRYDAG (Gesamentlike erediens om 09:00)
Soos gebruiklik het ons eerskomennde Vrydagoggend ‘n gesamantlike erediens om 09:00 te Soutpansdrift.
In die gees van Goeie Vrydag beplan ons om by die geleentheid ook saam Nagmaal te vier.
Familie en vriende is baie welkom. Kontak asb net vooraf met u wyksouderling sodat die nodige toestemming verleen kan word.
OMGEEBEDIENINGSRAAD (Dinsdag 19:00)
Die Omgeebedieningsraad vergader eerskomende Dinsdagaand om 19:00 in die saal.
Baie belangrik: Al die wykdiakens word versoek om die vergadering by te woon.
MOONLITEKAMP
Dit is weer tyd vir Mootlite 2019!
Mootlitekamp is spesifiek vir die Gr 6-9's.
Hoop julle is net so opgewonde soos ons om weer te gaan kamp!
Datum: Sondag 16 Junie tot Vrydag 21 Junie
Plek: Fraaibos (gaan loer gerus by http://www.fraaibos.co.za/ na hoe die kampterrein lyk!)
Koste: R700
Tema: Wat is jou WAPEN?
Inskrywingsvorm: https://docs.google.com/forms/d/10RmnotfMSzmDORIxPKQXsTGpSnv6csc5zkObdLgvbLQ/edit
Stuur enige vrae wat jy het aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of
kontak Ds. Lohan Linde by 084 787 5119.
VERJAARSDAE
14 Apr 1942 LETTIE DU PLESSIS Sel: 0715299535 Wyk: D 6
15 Apr 1995 ELRI DU PREEZ Sel: 0782249449 Wyk: E 5
16 Apr 1963 MARIETJIE PRETORIUS Sel: 0761669670 Wyk: B 5
17 Apr 1948 PETRO PRETORIUS Sel: 0827408786 Wyk: D 8
18 Apr 1977 JACOLIEN DU PLESSIS Sel: 0826421331 Wyk: E 1
19 Apr 1981 MARIET BADENHORST Sel: 0834292527 Wyk: B 2
20 Apr 2018 ANKE DU PLESSIS Wyk: E 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Teologiese Skool Bib
Volgende week Bybelverspreiding
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Gerhard de Wet
Diaken Braam de Wet Annemarie Eloff
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Japie Rheeders Josua van der Walt
Danolien Postma Charlie Prinsloo
SKINK
Vandag: E 6 & E 7 A 3
Volg. Week: E 8 & B 1 A 4
31 Maart 2019
TEMA: Gelowig – In opregtheid voor God alleen.
Julle lieg vir die Heilige Gees!!!
Dit is die aantuiging wat die apostel Petrus teen Ananias en Saffira inbring, julle het jul deur die Satan laat mislei,
soos Adam en Eva, gee jul eerder uiting aan jul eie begeertes en behoeftes, as om in opregtheid die Here se wil te soek.
Die oordeel oor Ananias en Saffira mag dalk vir ons ook baie hard klink, hulle het wel, soos talle ander, hul besittings verkoop en met ander gedeel, maar ten spyte daarvan, sterf hulle..?
Wat vir ons uitgewys word is nie wat hul gedoen het nie, maar hul moetief daaragter. Waarom doen hulle wat hul doen, waarom verkoop hul hul besittings, waarom gee hul die geld vir die apostels,
waarom hou hul ‘n deel terug, en waarom jok hul oor die volle omvangvan wat hulle doen? As mense, jou beweegrede is, om in die openbaar dinge te doen om ander te beïndruk eerder as om te leef in opregtheid teenoor God,
as geloof nie die motief agter ons dade is nie, dan getuig ons ingesteldheid dat ons nie die Here ken nie.Dit is wat in die hart van Ananias en Saffira se sonde gelê het,
hul optrede het nie voortgespruit uit suiwere geloofsoortuiging nie, maar daar was ‘n mate van eie eer, as motief.
TEKS:
Petrus sê toe vir hom: Ananias, hoe-kom het jy jou deur die Satan laat om-haal om vir die Heili-ge Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou?
Hand. 5: 3 & 4
ONDERLINGE MEELEWING
- Sr. Dorie van der Walt kry behandeling na sy vir toetse gegaan het.
- Sr. Annetjie Scheepers gaan hierdie week vir haar laaste kanker behandeling.
- Dit gaan nogsteeds nie baie goed met Br. Petrus Pretorius nie.
- Br. Banie en Sr. Hannetjie Grobler vra voorbidding vir hulle kleindogter wat ‘n breinvirus het.
BOELIES
|
Wanneer ‘n mens met jongmense werk dan word jy oorweldig deur die impak van ‘n problem soos boelie op talle jong lewens. Die afgelope klompie jare het daar ook ‘n al groter ver- skuiwing plaasgevind vanaf fisiese boelie na boelie via sosiale media. Op ‘n gereelde basis is daar ook berigte in die media van jongmense wat hul eie lewens neem as gevolg van hierdie probleem. Die oogmerk met hierdie boek is dat dit as ‘n appél sal dien tot elkeen wat met kinders werk en wat ‘n passie het vir hulle pyn en seer. Die uitdaging is om fyn te kan luister en dan met wysheid en onderskeiding voorkomend betrokke te raak ten einde te verhoed dat jong lewens deur hierdie probleem verwoes raak. Prys van boek:R120 (plus R99 posgeld via PostNet) Kontak Wentzel Coetzer: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 018-2947457
PROGRAM VIR DIE WEEK 3 April 2019 Jeugbedieningsraad Vergadering 19:00 Pastorie 3 April 2019 Susters Beplanningsverg. Blok A 17:00 Beestekraal Stasie 7April 2019 Susters Vergadering 17:00 Pastorie
VERJAARSDAE
31 Mrt 1995 PIETER DU PLESSIS Sel: 0789072322 Wyk: D 7 31 Mrt 1986 FIA DU PLESSIS Sel: 0797116883 Wyk: D 7 2 Apr 1971 RIENKIES VENTER Sel: 072 997 5623 Wyk: E 3 4 Apr 1980 STEFAN DU PLESSIS Sel: 0823779790 Wyk: E 4 5 Apr 1949 INA POTGIETER Sel: 0826404789 Wyk: A 5 6 Apr 1969 SANETTE DU PLESSIS Sel: 0836615512 Wyk: A 5
Kollektes Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens Vandag by deure Geref. Jeug London Volgende week Thusofonds
FB https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal Ouderling Banie Grobler Hannes Venter Diaken Jana Leibbrandt Louis Kruger DIENSBEURTE (volgende week) Ouderling Willem Potgieter André de Wet Christo Dednam Seun Potgieter SKINK Vandag: E 2 8 & E 3 A 1 Volg. Week: E 4 & E 5 A 2
BANKBESONDERHEDE: Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen. Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen: Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS. As verwysing u naam, van en wyk of lidnr. Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034. U naam as verwysing.
|
24 Februarie 2019
TEMA: GEHOORSAAMHEID EN DIE STRYD TUSSEN DIE MENS SE WIL EN GOD SE WIL
Elke mens besit sy eie wil. Wat is ’n wil? Wil, kan ook verwoord word met begeerte, wens of strewe.
Selfs van baie jongs af is babas ongelukkig as hulle oppasser nie hulle wil verstaan en doen nie. In huisgesinne is die die verskillende lede ook dikwels in konflik met mekaar omdat elkeen sy eie wil het. Vrae soos;
“Wat wil julle eet? Watter TV-program wil julle kyk? Waarheen moet ons gaan? Wys duidelik hoe uiteenlo-pend mense se begeertes is. Hierdie konflik is nie slegs met ons medemens of selfs diere nie maar ook met God.
Die Bybel leer ons oor God se wil.
1. God se wil.
God se werke in die skepping asook sy woorde druk die misterie van sy volmaakte wil uit. Ons leer verder in die Bybel oor die mens se wil.....
2. Die mens se wil.
Die mens is na God se beeld geskape en het ook sy eie wil. Met die sondeval is hierdie wil besmet met verkeerde begeertes en daarom dat God en sy skepsels in stryd is met mekaar.
3. Die stryd tussen dié twee.
Om God se wil te gehoorsaam is nie altyd maklik nie. Dit veroorsaak dikwels ‘n innerlike stryd. Jesus Christus se geweldige stryd in die tuin van Getsémané is tussen sy wil as mens en God se wil om die sondige mense te verlos.
As mens het Hy ’n stryd om sy Vader se wil te volvoer. Ons belangrikste wils - stryd is nie met ons medemens nie, maar met God ons Skepper. Ons hoogste doel is om sy wil te ken en ons wil aan syne te onderwerp.
TEKS:
Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hier-die lydensbeker van My af weg. Moet nog-tans nie doen wat Ek wil. nie, maar wat U wil.
Mark. 14: 36
SUSTERS!!! SUSTERS!!
SAAMTREK
Die WERKSLYSTE is by die verskillende sameroepsters: Kotie, Anriette, Carien, Johanna, Rienkies, Venita, Christelle, Jana. Kontak hulle sommer direk. BAIE DANKIE
Ons susters is darem net die beste: ons staan nou op wat die Saamtrek wil bywoon. Dis wonderlik!!
As daar dalk nog susters is wat gou nog vandag hulle name wil opskryf om ook die Saamtrek by te woon, is julle nog baie welkom.
ie geldjies wil ons net baie graag teen Sondag 3 Maart 2019 inbetaal hê, omdat ons nie met kontant op 9 Maart 2019 wil werk nie.
Baie dankie vir almal wat blikkies gebring het, ons het nou genoeg vir waarvoor ons dit benodig!!
VIR ONS JEUG!!
Onthou julle nog van die kunswerk waarvan ons gepraat het?
Daai een wat gaan oor ons omgewing of besoedeling of so?
Julle kan ʼnprent teken of ietsie van afvalmateriaal maak.
Ons gaan vir elkeen wat ʼnkunswerk maak ʼnIETSIE gee.
Ouers en kategete: help ons asseblief om die jongelinge aan te moedig
en geeasseblief ʼnhandjie waar nodig!!
Die kleuters kan asseblief ook ietsie maak!!
GLAS HERWINNING
Daar is gemerkte dromme uitgeplaas om alle gebruikte glashouers, waarin kos of drank was, te plaas. Dit word dan teruggestuur na Consol Glasfabriek om weer bottels te vervaardig.
ECOBRICKS
Ons hoop dat almal na die skyfievertoning die nut van hierdie projek sal insien en vir ons leë of gepakte 2 l plastiekbottels sal bring.
UITSTAPPIE VIR SENIOR LIDMATE
Op die kalender is ‘n geleentheid vir Senior Lidmate aangedui vir 2 Feb 2019. Ons stel dit egter uit na 6 April 2019 want ons wil hulle neem na die Lion and Safaripark by Broederstroom.
Hou solank die datum oop. Verdere inligting volg.
39. Omgewingspitkos
Ons hedendaagse bestaan se ellende sny so diep dat al die mooi in ons omgewings sonder waardering verby glip.
Ons vol dagboeke laat nie meer die geniet van opvlammende sonsopkomste en ondergange toe om ons passie vir die natuurlike te toon nie. Ons bewoon oor te groot huise gevul, met luukshede,
maar met minder kinders en tyd om hulle ook te geniet. Daar is wêreldvrede, maar oorlog in ons gesinne.
Ons reken ons is grootmense met meer kennis maar toon min gesonde verstand. Kitskos seevier met spysvertering wat in die slag bly. Meer medisyne, maar ons bly siek.
Troos, troos my volk, sê julle God (Jes, 40:1).
JEUG AANDBYEENKOMS
Jeugaand skuif na Sondag 3 Maart.
Tema: BOELIE – Rodney Seale kom gesels met ons oor die gevare van en die oplossings vir Boelie.
BEROEPE ONTVANG
Proponent G Janse van Rensburg (Gerhard) na Durban-Noord
PROGRAM VIR DIE WEEK
28 Februarie Kerkraadsvergadering (ouderlinge) 19:00 Kerksaal
ONDERLINGE MEELEWING
1. Wie se oë blink net so helder soos die diamant aan die vinger? Baie geluk aan Hanco Sipsma en Louise van der Walt met hulle verlowing.
2. Sr Dorie van der Walt (Rusoord) het hierdie week toetse en ondersoeke ondergaan om die behandeling vir die limfkanker te bepaal . Baie sterkte.
Pieter du Plessis was in die hospitaal vir knie operasies.
4. Daleen Ras se susterskind is skielik oorlede.
VOORBIDDING
- Die onrus en protesaksies wat voortdurend in ons land aan die gang is.
- Die regering, veral die groot taak wat op hulle rus om die land verantwoordelik te bestuur.
- Die Sustersaamtrek op 9 Maart 2019
- Vir ons ouer lidmate, vir wie die lewe nie meer so aangenaam is nie.
VERJAARSDAE
25 Feb 1942 ANNATJIE DU PLESSIS Sel: 0722379223 Wyk: B 5
28 Feb 1989 DRIKUS VAN DER WALT Sel: 0842525566 Wyk: E 7
28 Feb 1967 INNUS VAN WYK Sel: 0834491850 Wyk: D 2
1 Mrt 1957 JANETTE OOSTHUIZEN Sel: 0845483274 Wyk: D 5
1 Mrt 2009 SIONé VAN DER WALT Wyk: E 4
1 Mrt 2002 VANWYK VAN DER WALT Sel: 0828098986 Wyk: D 1
2 Mrt 1967 PIETER MOULDER Sel: 0833058320 Wyk: A 4
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Bybelverspreiding
Volgende week Studentekas
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders Hannes Venter
Diaken Martin Greyling Charlie Prinsloo
Skink
Vandag: B 7 & D 1 A 3
Volg. Week: D 2 & D 3 A 4
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing.
17 Februarie 2019
TEMA: NAGMAAL - ‘N TOETS VIR GEHOORSAAMHEID
Voor ek en jy aan die nagmaalstafel kan aansit, moet ons eers ernstig selfondersoek doen. Waarom? Ons kan hier kom aansit en dan, soos die formulier dit stel:
’n Oordeel oor onsself eet en drink.
- HOE DRINK JY ’N OORDEEL OOR JOUSELF?
Die Nagmaalsformulier sê: ...hulle wat hardnekkig en sonder berou God se gebod oortree, eet en drink ’n oordeel oor hulleself.
- DIE GEVAAR VAN ’N VALS BELYDENIS
Johannes verduidelik: As ons beweer dat ons aan Hom deel het en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
- MET NAGMAAL BELY ONS ’N NUWE LEWE IN DIE LIG
Dit beteken:
- Om te leef volgens die voorbeeld van Jesus Christus
- Om volledig deel te hê aan mekaar
- Om vergiffenis van sonde teontvang
TEKS: As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
1 Joh. 1: 6 & 7 en HK Sondag 28 Vraag 76
SUSTERS!!! SUSTERS!!
SAAMTREK
Die WERKSLYSTE is nou by die verskillende sameroepsters: Kotie, Anriette, Carien, Johanna, Rienkies, Venita, Christelle, Jana. Kontak hulle sommer direk. BAIE DANKIE
VANDAG IS DIE LAASTE DAG OM JOU NAAM OP DIE LYS TE SKRYF OM DIE SAAMTREK BY TE WOON. Tans is daar nog net 31 name by Soutpansdrif opgeskryf.
Nie seker van Beesetekraal nie.Die gelde kan later nog by die Kantoor inbetaal word.
BLIKKIES!!! BLIKKIES!!! BLIKKIES! 410 g blikkies by die kantoor asb. Ons kort nog net 20 blikkies
FIETSWEDREN
As gevolg van die baie reën, die oorvol riviere en kanale en die modderige paaie is die Fietswedren uitgestel na 25 Mei.
Baie dankie aan die susters van Blok B en ander wat slaggereed was om hierdie honger en dorstige trappers te voorsien van eet- en drinkgoed. Ons sien hulle dan later!!
GLAS HERWINNING
Daar is gemerkte dromme uitgeplaas om alle gebruikte glashouers, waarin kos of drank was, te plaas. Dit word dan teruggestuur na Consol Glasfabriek om weer bottels te vervaardig.
ECOBRICKS
Ons hoop dat almal na die skyfievertoning die nut van hierdie projek sal insien en vir ons leë of gepakte 2 l plastiekbottels sal bring.
UITSTAPPIE VIR SENIOR LIDMATE
Op die kalender is ‘n geleentheid vir Senior Lidmate aangedui vir 2 Feb 2019. Ons stel dit egter uit na 6 April 2019 want ons wil hulle neem na die Lion and Safaripark by Broederstroom.
Hou solank die datum oop. Verdere inligting volg.
FOKUSTYD EN GEESTELIKE GROEI
Hierdie week maak ons klaar met die huidige rondte Fokustyd. Ons het voorwaar heelwat nuwe insigte gekry oor die belangrike rol wat sogenaamde
Kleingroepe of Groeigroepe in my en jou as lidmate se geloofgroei kan speel. Ons hoop regtig dat al hoe meer lidmate van die geleentheid gebruik
sal maak om in te skakel en so saam in die geloof te groei. Ons tweede tema was Gehoorsaamheid. Sonder gehoorsaamheid is dit onmoontlik om God te behaag.
Ons het opnuut onder die indruk gekom van ons eie ongehoorsaamheid, maar ook God se genade omdat Hy ons deur sy Gees deel laat kry aan ons Here Jesus se volkome gehoorsaamheid.
In die laaste ses maande gaan ons weet ’n Fokustyd hê waartydens ons weer twee temas in ons geloofsgroeiproses sal behandel naamlik GAWES en GETUIG.
Die handleiding wat ons gebruik se naam is 12 Sleutels tot Geestelike Groei en is by die Kerkkantoor beskikbaar.
BRITS RUSOORD
Brits Rusoord Ouetehuis verkoop varsgebakte melktert @ R 50.00 elk op Vrydag 01 Maart 2019.Plaas bestelling by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 012 – 252 7043
VERJAARSDAE
17 Feb 1956 CHRISTO DEDNAM Sel: 0823465310 Wyk: D 7
17 Feb 1963 RINA VAN WYK Wyk: B 7
20 Feb 1975 HEIN BADENHORST Sel: 0719475855 Wyk: B 2
20 Feb 1945 JOHNNIE PRETORIUS Sel: 0836850668 Wyk: A 3
20 Feb 1961 FANUS PRETORIUS Sel: 0786773593 Wyk: D 2
21 Feb 1964 MARILISE DU PLESSIS Sel: 0827832527 Wyk: B 3
21 Feb 1985 MARLIZE RHEEDERS Sel: 0722618382 Wyk: D 5
22 Feb 1970 DIANA VENTER Sel: 0823305296 Wyk: D 3
23 Feb 1942 FRANS DE JAGER Sel: 0794975753 Wyk: E 3
23 Feb 1977 JAN MARX Sel: 0795113992 Wyk: B 6
23 Feb 1999 THINUS VAN DER WALT Sel: 0815477827 Wyk: D 5
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Sustentasiefonds
Volgende week Bybelverspreiding
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Frikkie van der Walt Pieter du Preez
Diaken Martin Greyling Annemarie Eloff
Skink
Vandag: A 2
Volg. Week: B 7 & D 1 A 3
ONDERLINGE MEELEWING
As broers moet julle mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves(Heb. 13:1 & 2)
- Lynette du Plessis was weer in die hospitaal nadat van haar medikasie nie goed met haar gewerk het nie. Dit gaan nou weer beter.
- Petrus Pretorius se liggaamskragte neem stelselmatig af. Ons dra hom en sy geliefdes op aan die troue sorg van ons hemelse Vader
- Geluk aan Hans en Anriëtte van der Walt. Hulle kleindogter is as onder hoofdogter by haar skool aangewys.
27 Januarie 2019
TEMA: Godsdienstige tradisies: belangrik terselfdertyd gevaarlik.
Ons almal leef in ’n wêreld vol van tradisies:goeie tradisies en slegte tradisies. Tradisies wat sekere waardes konstruktief in stand hou; wat help met die opbou van die mens se gees en moraal.
Maar tradisies wat aanvanklik goed was kan ook later ontaard in iets slegs en daarom destruktiewe gevolge hê.
Christus spreek die godsdienstige leiers aan omdat hulle die ware betekenis en doel van die goeie tradisies laat verlore gaan het. Hulle is so ver van die ware betekenis af dat hulle selfs God aangespreek het daaroor.
Hulle konfronteer Jesus omdat sy dissipels nie bly by die tradisies soos dit aan hulle oorgedra is nie.
Hulle word dan deur Christus self daarop gewys dat hulle die punt heeltemal mis en só God se Woord van sy gesag ontneem. Om die saak te vererger dra hulle hierdie dooie tradisies aan die volgende geslagte oor met verreikende gevolge.
God stel goeie tradisies in om sy Woord aan ons en ons nageslagte oor te dra.
Die mens neig om die tradisies te verafgod en so die Woord sy gesag te ontneem.
Kom ons gaan voort om in die gees van die hervorming alle tradisies in die lig van God se Woord te ondersoek en te beproef en ons wees bereid om verder te hervorm rondom hierdie Waarheid.
TEKS:
So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen.
Markus 7:13
SUSTERS!!! SUSTERS!!
- Afskopfunksie: Sat. 9 Feb ’19. Ontbyt by Makulu Padstal om 9:00!! Kosteloos. Skryf net jou naam op die lys
- FIETSRYTOER !!! ‘n Wonderlike fondsinsamelingsgeleentheid wat oor ons pad gekom het sondar da tons daarvoor gevra/gesoek het! Saterdag 16 Februarie 2019 ry 1800 fietsryers van Harties na Vaalkopdam. Ons moet ‘n waterpunt en ‘n verversingspunt beman. Kom help asseblief.
- Dis hoogstens 3 ure se werk en die geld is besonder welkom. Meld by Johanna v/d Walt aan. Ons gaan onder andere pannekoek bak en benodig die volgende bestandele: Koekmeel, olie, bakpoeier en asyn en later ook eiers.
- Dankie vir die ondersteuning.
- Saamtrek:
- Die WERKSLYSTE is nog net hierdie Sondag beskikbaar om jou naam op te skryf. Ons vra mooi dat elke suster haarself sal indeel waar sy graag wil werk.
- Die BYWONINGSLYSTE is ook beskikbaar. Skryf asb jou naam op en betaal by Anriëtte in die kantoor in.
- BLIKKIES!!! BLIKKIES!!! BLIKKIES! Asb. 410 g blikkies ingee by die kantoor.
- Die eierhouers en purity botteltjies is nie meer nodig nie . Dankie vir almal wat gegee het.
UITSTAPPIE VIR SENIOR LIDMATE
Op die kalender is ‘n geleentheid vir Senior Lidmate aangedui vir 2 Feb 2019. Ons stel dit egter uit na 6 April 2019 want ons wil hulle neem na die Lion and Safaripark by Broederstroom.
Hou solank die datum oop. Verdere inligting volg.
Benodig u die dienste van
‘n pastorale berader ten opsigte van:
Emosionele verwonding, Ontlonting en nasorg na trauma,Hospitaalpastoraat,
Sterwensbegeleiding, Verwerping en vergifnis, Seksuele verslawing,
Generasie-bagasie, Rouposes, Depressie, Eetversteurings, Huweliksberading, Berading van alle betrokkenes by Selfmoord, Aborsie, Miskraam en Stilgeboorte, Stres en Uitbranding ??
Skakel Elsa Lourens 0827753021
FOKUSTYD
GASPREDIKER EERSKOMENDE SONDAG 3 Feb.
Ter ondersteuning van ons fokustydtema GROEI IN JOU GELOOF het die kerkraad Dr Griffel van Wyk, predikant van die Gereformeerde Kerk Rustenburg, uitgenooi om hier by ons te kom preek.
Hy is die sameroeper van die Sinodale deputate vir Kerkgroeibediening. Die gedagte is dat hy by die geleentheid ons so ‘n bietjie toerus oor ons verantwoordelikheid ten opsigte van Kerkgroei. Dr. Danie gaan die Sondag in Rustenburg preek.
TOERUSTING VIR WYKSDIAKENS EN KLEINGROEPLEIERS
Eerskomende Sondagaand om 18:00 is daar ‘n spesiale geleentheid vir toerusting vir al die wyksdiakens en kleingroepleiers in die saal te Soutpansdrif.
Die gedagte is om tydens die geleentheid toerusting te gee oor die funksionering van die wyke en die kleingroepe sodat die lidmate die gemeenskap van gelowiges op ‘n sinvolle en praktiese manier kan ervaar.
Ons vra dat al die wyksdiakens asook kleingroepleiers die geleentheid sal bywoon.
VERJAARSDAE
29 Jan 1991 SL DE WET Sel: 0827893719 Wyk: E 5
29 Jan 1957 INA PUTTER Sel: 0726988848 Wyk: B 2
31 Jan 1966 HARM DU PLESSIS Sel: 0846570880 Wyk: A 1
31 Jan 1990 LOURENS PRETORIUS Sel: 0823774494 Wyk: E 5
1 Feb 1982 JAN ADRIAAN DU PLESSIS Sel: 0827478815 Wyk: E 6
2 Feb 2000 CHRISTO MARX Sel: 0723779540 Wyk: A 4
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Studentekas
Volgende week Dankbaarheidsfonds
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Hannes Venter
Diaken Rainer Schurger Charlie Prinsloo
Skink
Vandag: E 8 & B 1 A 6
Volg. Week: B 2 & B 3 A 7
ONDERLINGE MEELEWING
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. (Rom. 8:18)
- Baie geluk aan sr. Elsa Lourens wat haar studies as pastorale berader in 2018 met lof afgesluit het. Ons bid dat die Here haar gawes tot voordeel van baie mense sal gebruik.
- Br. Petrus Pretorius se gesondheid is nie na wense nie. Hy verswak algaande en beweeg al hoe moeiliker. Ons dra hom en sy geliefdes op aan ons hemelse Vader.
- Br. Gys Kruger is Vrydag vir ‘n niersteen geopereer. Ons bid dat hy spoedig sal herstel en sommer vinnig weer op die been sal wees.
- Br. Koos Scheepers gaan Dinsdag 29 Januarie vir ’n knievervanging.
- Ons dra die mense van ons buurland Zimbabwe in ons gebede op aan die Here. Die afgelopeweke onstellende politieke onrus wat menselewens in gevaar stel. Verder gaan dit op ekonomiese terrein ook bitter sleg.
- Ons dink aan lidmate wat worsteling in die gemoed ervaar. Hartseer, bekommernis, moedeloos-heiden twyfel kan ‘n mens se lewe erg versuur. Ons bid dat u elkeen krag, troos en liefde by ons troue hemelse Vader ontvang.
2 Desember 2018
TEMA: Gebed is die onmisbare skakel in ons weerstand teen die bose.
As kinders van God is ons in ‘n worstelstryd met die bose gewikkel. Al hoe ons staande kan bly is om ons krag buite onsself in God te vind. God bied vir ons sy krag aan in Christus gewerk deur die Heilige Gees.
Ons verantwoordelikheid is om ons met Christus se eienskappe te beklee. Paulus maak hierdie eienskappe prakties deur dit aan die wapentuig van ’n destydse soldaat koppel.
Die opdrag en daarom verantwoordelikheid om hierdie wapenrusting van God op te neem word deurentyd herhaal, “trek aan”, “neem op” en “sit op”. Nou kan u vra maar hoe kan ek hierdie geestelike wapentuig optel en aantrek?
Daarom word die gedeelte afgesluit met die opdrag dat ons dit alles biddend sal doen. Gebed is die onmisbare skakel wat ons toegang gee tot die krag van God wat in Christus beskikbaar is.
- Gebed ontsluit die krag in God se Wapenrusting.
- Hoe daar gebid behoort te word.
- Vir wie daar gebid behoort te word.
BARMHARTIGHEID
Die Diensgroep vir Barmhartigheid gee soos gewoonlik Kerspakkies uit. Hierdie Kerspakkies bevat nie-bederfbare kos en vleis.
Maar om die Kersgety vir die mense ook ‘n bietjie op te vrolik benodig ons nie bederfbare lekkernye soos koekies, lekkers en kitspoedings.
Vir die volgende paar Sondae gaan daar kartondose by die deure wees waarin hierdie lekkernye geplaas kan word. Baie dankie byvoorbaat.
KERSSANGDIENS
Dit is ook weer tyd vir ons gesamentlilke Kerssangdiens saam met APK Sanddrift en NG Sanddrift. Vanaand bied NG Kerk Sanddrift die Kerssangdiens aan.
Kom ons wys ons eensgesindheid met ons broeders en susters in die
geloof in hierdie Kerstyd.
Onthou om kerse saam te bring sowel as ‘n houer vir was wat drip
Sondag 2 Desember 2018 vanaf 18:30
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar ver-heug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glol alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13)
- Sr. Alida was die afgelope week vir ‘n operasie ondergaan aan haar regterhand. Haar linkerhand gaan later gedoen word,
SAAMTREK 2019
Die volgende items word benodig met die oog op die Susters (gee by die Kantoor af):
- 410g blikkies met die papier afgeskeur as dit moontlik is;
- Eierhouers veral die plat houers wat 30 eiers hou, maar die ander is ook welkom.
- Leë purity botteltjies (klein en medium grootte).
FRANSE MEDIABEDIENING
Oor ’n maand is ek DV weer in Suid Afrika vir my jaarlikse besoek aan Rietvallei en ander gemeentes wat die Franse Mediabediening getrou ondersteun.
Ek sien baie daarna uit om na ‘n jaar van afwesigheid ou en ook nuwe lidmate te ontmoet.
Intussen is Desember ‘n maand vol aktiwiteite, ten minste tot die 24ste. Hierdie naweek is ek in Lyon, die tweede grootste stad in Frankryk.
Ek kuier by Radio Colombe (Radio Duif) met wie ek vanaf 2002 mooi bande van samewerking het. Hulle nuwe administrateur is ‘n jong Gereformeerde Fransman wat tot onlangs in Franse Kanada met sy gesin gewoon het,
totdat Radio Colombe twee jaar gelede, op my voorstel, hierdie pos vir hom aangebied het. Ek voel dus bietjie verantwoordelik om te gaan kyk of alles daar goed gaan (ek hoor dat almal in hulle skik is met hom!)
‘n Ander vlak van samewerking is te danke aan die feit dat Radio Colombe as verspreider dien vir my kort radioprogramme (podcasts) teenoor ander Christelike radios in Frankryk en Switserland.
‘n Besoek aan ‘n Gereformeerde gemeentetjie motiveer ook hierdie besoek in die Lyon omgewing.
Daarna beplan ek om verder suid te ry, na een van die bakermatte van die Franse Hugenote, nl. die Cévennes gebied.
By die klein stad Alès is daar ‘n “Johannes Calvyn” boekwinkel wat onlangs twee ander takke in Frankryk geopen het, waarvan een in Parys.
Een van die werkers by dié boekwinkel is ook ‘n vriendelike predikant. Hy het my uitgenooi om drie dae by hom te kom spandeer om in die lewe en aktiwiteite van die Protestantse gemeenskap in daardie omgewing te deel.
Na nog ‘n besoek naby Montpellier, sal ek op pad huis toe naby die stad Clermont-Ferrand ‘n ander gemeentetjie besoek en hul oggenddiens op Sondag 9 Desember bywoon.
Enkele jare gelede, toe die Nasionale Sinode van die tradisionele Franse ProtestanteKerk (‘n hiper-liberale kombinasie van sg.
Luterane en Gereformeerdes) besluit het om toestemming te verleen aan predikante om homoseksuele “huwelike” in te seën,
het hierdie dapper gemeente besluit om van hulle af te skei, ongeag finansiële en ander tipes druk wat op hulle uitgeoefen is.
Ek hoop dat hierdie kort besoek die geleentheid sal bied om broederlike bande te vestig en hulle ook bekend te stel aan al die bronne wat ons bediening via ons webtuiste aanbied (videos, artikels, podcasts ens.)
In die tussentyd het my reeks videos oor die grondslag van die Christelike kerk in die Bybel mooi gegroei. ‘n Ander reeks, oor die Tien Gebooie, is nou ook aan die gang.
Mag elkeen van julle ‘n geseënde Kerstyd beleef in die besef dat die Koning van die konings op die aarde vanaf die hemel alle dinge regeer.
Ds Eric Kayayan
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
3 Des 1966 DARELLE DU PLESSIS Sel: 0714473286 Wyk: B 1
4 Des 1989 HANNES GROBLER Sel: 0721973246 Wyk: E 4
5 Des 1960 HENDRIK KRUGER Sel: 0823312593 Wyk: E 3
5 Des 1949 HETTIE SWART Sel: 0735909462 Wyk: A 4
5 Des 1951 HANS VAN DER WALT Sel: 0823043533 Wyk: D 5
5 Des 1954 LOUTA VAN DER WALT Sel: 0762370776 Wyk: D 5
5 Des 1969 REGARDT VENTER Sel: 082 721 0623 Wyk: E 3
6 Des 1930 SOPHIE POTGIETER Sel: 0713725469 Wyk: D 6
6 Des 1943 GERTJIE VAN DER WALT Sel: 0715447993 Wyk: B 5
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Emeritaatsfonds
Volgende week Thusofonds
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Gerhard de Wet
Diaken Peet Oosthuizen Jannie du Plessis
Vandag: B 7 & D 1 A 5
Volg. Week: D 2 & D 3 A 6
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing.
4 November 2018
TEMA: NEEM DIE WOORD VAN GOD AAN, DIT IS DIE SWAARD VAN DIE GEES.
Ons word vinnig ontsteld wanneer daar van ontwapening gepraat word want ons besef die belangrikheid van wapens om onsself mee te verdedig teen die aanslae van rowers, moordenaars en skelms.
Daarom sorg ons dat ons wapens vir selfverdediging veilig en skoon bewaar word. Baie van ons oefen gereeld om gewoond daaraan te bly sodat ons dit veilig kan gebruik om onsself mee te beveilig.
In die wapenrusting wat God vir sy kinders gee vir ons stryd teen die bose is daar een spesifieke item wat nie alleen tot verdediging aangewend word nie, maar ook om mee aan te val. Die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.
Ons kyk vanoggend na twee sake....
- Neem die Woord van God aan as swaard.
(Ps. 119:11)(Joh. 14:26)(Hand 17:11)(NGB art. 3-7)
- Waak teen die vyand wat hierdie swaard wil afneem.
(Gen. 3:1 en 4)(Mat 4:3)(Mat 13:19)
Iemand het gesê: “ ’n Bybel wat in jou kop gebêre is, is meer werd as ’n dosyn in jou tas.”
TEKS:
En neem aan die helm van verlos-sing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God.
Ef. 6: 17
NOOD BY ONS GEMEENTE SE ARMSORG
Ons vestig graag u aandag daarop dat ons gemeente se diakonale fondse onder druk verkeer. Die tekort beloop tans ±R7000 per maand.
As gevolg van die huidige ekonomiese omstandighede neem die behoefte na versorging geweldig toe. Ons kan met dank aankondig dat daar sedert ons vorige oproep wel 'n toename was, maar dit is ongelukkig nog nie voldoende nie.
Ons doen daarom 'n beroep op al ons lidmate om asseblief, indien moontlik, tydens kollektes heelwat meer by te dra sodat die tekort uitgewis kan word.
Sodoende stel u die diakonie in staat om die aller noodsaaklike barmhartigheidsdiens te kan doen. Onthou: Die R10-00 wat jy tien jaar terug ingegooi het, is vandag, as gevolg van inflasie, sommer baie minder werd as destyds.
Iemand maak nou die dag die volgende ironiese opmerking: Dit is nogal snaaks hoe min R50-00 is as daarmee by die restaurant betaal en hoe baie R50-00 is wanneer jy dit in die kollektesakkie by die kerk gooi.
27. OMGEWINGSPITKOS
Ons aanskoulike belewenis van die natuur se gang word reeds in Gen. 8 : 22 saamgevat. ‘Van nou af sal al die dae van die aarde, saai en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie’.
Elke jaar se bekoorlike seisoenssimfonie is ‘n Godgewilde (Ps 74 :17) natuurritme wat in sy volheid so ‘n noodsaak vir skeppingswelvaart is.
Dit griffeer polsende emosiesnitte ook in jou verstaan van die tweeprag Skrif en natuur. Benadruk balans en werklikheid, en laat jou die nut en sin van bestaan beter insien.
Lof aan die Here omdat God alles planmatig met ‘n doel geformeer het – om aan die mens op aanskoulike wyse die evangelie van verlossing te bring (Jes. 55:10,11).
KERSTYD-DINGE (tye verander)
Sondag 25 November 2018 vanaf 18:30: Kersliedere en Musiek in Soutpansdrif se kerkgebou.
Sondag 2 Desember 2018: Gesamentlike Kerssangdiens by NG Sanddrift
Hou solank die datums in gedagte!!
BORG ‘N KERSGESKENK VIR CMR BRITS
CMR Brits bied op 6 Desember 2018 ons jaarlikse Kersboom aan vir minder bevoorregte kinders. Die Kersboom vind plaas by Polkadot (by Casa Grande). Daar word beoog om ongeveer 60 kinders na die Kerspartytjie te nooi.
Elke kind ontvang jaarliks ‘n geskenk ter waarde van R150.00. CMR Brits wil graag die gemeente nader en versoek om 10 kersgeskenke teen R150.00 elk te borg.
Kontant skenkings is ook welkom.
U bydrae sal hoog op prys gestel word.
CMR groete
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
5 Nov 1960 PIETER DU PLESSIS Sel: 0826558229 Wyk: D 3
6 Nov 1956 CORNELIA DU PLESSIS Sel: 0828785004 Wyk: D 8
8 Nov 1994 ZANMARIE DU PLESSIS Sel: 0795238174 Wyk: A 7
8 Nov 2017 LILANIE KRUGER Wyk: E 8
9 Nov 1975 HESTER MARX Sel: 0723725990 Wyk: A 4
10 Nov 1969 RINA CILLIERS-LABUSCHAGNE Sel: 0828927395 Wyk: B 7
10 Nov 1967 PIETER DU PREEZ Sel: 0837070469 Wyk: B 1
10 Nov 2004 LEANKE VAN DER WALT Sel: 0826766698 Wyk: E 1
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Studentekas
Volgende week CMR
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Jan van der Walt Pieter du Preez
Diaken Hannes Grobler Annemarie Eloff
Vandag: E 8 & B 1 A 1
Volg. Week: B 2 & B 3 A 2
PROGRAM VIR DIE WEEK
5 November Blokraad B Vergadering 19:00 Pastorie
6 November Blokraad E Vergadering 19:00 Pastorie
7 November Admin Bedieningsraad Verg. 18:00 Pastorie
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.
21 Oktober 2018
TEMA: BELEEF DIE KRAG VAN DIE WOORD
Wat deur ons teksvers op die tafel geplaas word, is die feit dat die Bybel beslis nie sommer maar net nog 'n boek op die rak nie. Sodra ek en jy die Bybel oopmaak en daarin lees, kry ons met God persoonlik te doen.
1. BEYWER JULLE OM IN DIE RUS IN TE GAAN
Dit het al in die verlede gebeur dat mense wat die beloftes van God gehoor het, nie in sy rus ingaan nie. Hoe kan dit gebeur? Vers 2:
“Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie”.
2. LEER UIT DIE FOUTE VAN DIE VERLEDE
Nadat Israel die Here se woord gehoor het en sy wonderdade gesien het, het hulle nog steeds in opstand gekom. En daarom kon hulle nie sy rus ingaan nie!
3. GEHOORSAAM DIE WOORD, DIT WAARBORG EWIGE RUS
Sy woord keer nooit leeg na hom terug nie. Hoe reageer u en ek op sy opdragte? Die feit van die saak is: Die helder lig van sy BLYE BOODSKAP skyn tot in die donkerste hoekies van ons elkeen se lewe.
Dis soos 'n vlymskerp swaard wat oopkloof en ontbloot. Dit beoordeel die bedoelings en oorwegings van die hart.
TEKS:
Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
Heb. 4: 12 & 13
HARTLIK WELKOM AAN DIE GIDEONS
Ons verwelkom vanoggend ‘n paar verteenwoordigers van die Gideons hier by ons. Hulle gaan ons kortliks vertel van die kosbare werk wat hulle doen om Bybels te plaas en sodoende die woord te versprei.
Ons is dankbaar vir die werk wat hulle doen en bid dat die Here hulle ryklik sal seën.
VAN DIE SUSTERS
Blok E se susters beplan
ʼnheerlike Fliekaand met Springmielies en Potjiekos vir die hele gesin op Saterdag 27 Oktober 2018.
Die potjiekos sal teen 18:00 gereed wees en as dit lekker donker is, begin die fliek op die gras voor die saal.
Die kaartjies is van vandag af beskikbaar by die kontaksusters van elke wyk en die kantoor @ R80 per volwassene en R40 per laerskoolkind.
Dit is ons laaste gesinsfunksie vir die jaar asook die laaste geleentheid om fondse in te samel vir die aanbieding van die Saamtrek 2019.
Baie dankie vir almal wat so ywerig saamwerk en ook diegene wat ons hande sterk maak!!
ONDERLINGE MEELEWING
Ons vra voorbidding vir die volgende lidmate:
- Br Harm du Plessis sterk goed aan na hy met ‘n bloedklont in die been gediagnoseer is.
- Br Petrus Pretorius sterk ook goed aan na sy operasie. Hy is egter maar baie swak
- Sr Rina Scheepers se gesondheid is nie na wense nie. Sy gaan stadig maar seker agteruit. Sy is verskuif na die hoësorgeenheid van Rusoord.
- Floris Kotze se suster Sarita is 5 Oktober oorlede en die 12 de begrawe.
Hartlik geluk aan:
Corlia Rheeders wat as Hoofdogter van Brits Hoërskool aangewys is. Ons is saam met haar ouers Japie en Gerda asook haar oupas en oumas (Gert en Hannie asook Peet en Kotie) sommer baie trots op haar.
Corlia, mag die Here jou die krag en wysheid gee om hierdie groot en verantwoordelike taak met liefde en toewyding te verrig.
Janien Linde (Ds Danie en Venita se dogter) het Vrydag by die Lente gradeplegtigheid van NWU haar Ph D in Algemene Taal- en Literatuur wetenskap ontvang.
MATRIEKS:
Ons dra ons matrieks op aan ons hemelse Vader. Hulle matriekeksamen begin hierdie week in alle erns. Mag julle elkeen die nodige krag, wysheid en kalmte ontvang om goed voor te berei en net julle beste te lewer.
Die matrieks is: Willem van der Walt, Danolien Postma, Barry Bedford, Cherie van Wyk, Elmien du Plessis, Christo Marx en Brandon Marx.
Kerstyd-dinge
Sondag 18 November 2018 vanaf 18:30: Kersliedere en Musiek in Soutpansdrif se kerkgebou.
Sondag 25 November 2018: Gesamentlike Kerssangdiens by NG Sanddrift
Hou solank die datums in gedagte!!
EERSTEJAARSKAMP GK CACHET
Dit is weer amper tyd vir GK Cachet se eerstejaarskamp! Alle voorneemende eerstejaars te NWU Potchefstroom kampus, word hiermee uitgenooi na Cachet eerstejaarskamp 2019.
Vind asseblief onder aangeheg die foto met verdere besonderhede. Gaan skryf in vir die kamp met die skakel hieronder, of gaan na GK Cachet se webtuiste.
Stuur ook asseblief indien moontlik, name en kontak besonderhede van alle voornemende eerstejaars, sodat ons in kontak met hulle kan kom.
ID Nagel. Jubila 2018/2019 - Voorsitter . 0729266851. This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
KERKGROEISEMINAAR 3 NOVEMBER
Datum: Saterdag, 3 November van 09:00 tot ongeveer 14:00
Sprekers: Dr Griffel van Wyk en Dr Malan van Rhyn
Plek: Gereformeerde Kerk Krokodilrivier (Soutpansdrift)
Kostes: R50 per/persoon om uitgawes rondom verversings te dek
Vir wie? Ten minste elke gemeente se predikant en bedieningskommissie, maar almal is baie welkom.
Deur die loop van die oggend sal 3 temas hanteer word:
- Die Heilige Gees, geloofsvertroue en groei.
- Klassis as groter groei liggaam - Dit fokus hier op die klassis funksionering beskrywingspunten praktyk daarvan.
- 'n Gemeente groei proses - NCD proses en gefokusde werkgroepein die gemeente.
Laat weet asb voor 27 Okt vir Anriette by die kantoor as jy gaan bywoon
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
21 Okt 1987 LIZA NIEMAN Sel: 0784622290 Wyk: A 4
22 Okt 1985 JOPPIE PRETORIUS Sel: 0798823433 Wyk: E 6
23 Okt 1972 IKABOD MARX Sel: 0832915238 Wyk: A 5
24 Okt 1959 DANIE BREEDT Sel: 0614269669 Wyk: A 2
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Gideons
Volgende week Teologiese Skool Biblioteek
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Gert Postma Hannes Venter
Diaken Jan-Hendrik Leibbrandt Louis Kruger
Vandag: E 4 & E 5 A 6
Volg. Week: E 6 & E 7 A 7
PROGRAM VIR DIE WEEK
21 Oktober Blokraad A Vergadering 16:00 Hannes Venter
23 Oktober Evangelisasiebedieningsraad Verg 19:00 Pastorie
24 Oktober Omgeebedieningsraad Verg 19:00 Pastorie
BEROEPE ONTVANG
- Proponent JN Hibbert (Josef) na Pietersburg-Noord
- Ds RJ Pretorius (Rynhardt) van Buffeldoorns na Benoni as medeleraar
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.
30 September 2018
TEMA: HOE MOET ’N KIND VAN GOD BID?
Baie van ons onthou nog die eerste gebed wat ons ouers ons geleer het. Dalk die bekende, “Kindjie klein, maak my hartjie rein, Amen”, of enige ander kort en maklike gebed.
Dit is nogal ’n spesiale hoogtepunt in ’n saamkuier wanneer daar hande gevat word en die kleinste persoon doen ’n gebed voor ete of tydens huisgodsdiens.
Later wanneer jy ouer word, word jy die “Onse Vader” geleer. ’n Gebed wat baie mense vir jare daagliks opsê.
Iewers in jou groei tot volwassenheid besef jy gebed is baie meer as ’n rympie wat jy opsê. Gebed is kommunikasie met ons Skepper en Verlosser. Dit is dan wanneer ons vrymoedigheid ewe skielik verdwyn.
Ons weet nie hoe en wat om vir die Here te sê nie. Ons raak dan selfs angstig wanneer daar in ons rigting gekyk word om in die openbaar te bid.
Gebed staan sentraal in ons geestelike groeiproses. Elke gelowige besef dat daar ’n groot verskil is tussen ’n rympie wat ’n mens opsê en ’n spontane gesprek met God. Daarom het ons hulp nodig, ons moet leer hoe om te bid.
Jesus het tydens die bergpredikasie die mense geleer aangaande gebed.
Die dissipels het Hom later gevra om hulle ook te leer bid soos Johannes sy dissipels geleer het. Luk. 11:1.
In die gelese gedeelte spreek Hy slegte voorbeelde van gebed aan en gee dan die regte voorbeeld-gebed met die woorde “So moet julle bid...”
Vanoggend kyk ons na...
Hoe ons nie moet bid nie. 2. Hoe ons moet
TEKS:
“So moet julle bid:
Onse Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
Mat. 6: 9
VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
30 Sep 1932 MIEMIE ERASMUS Sel: 0741877076 Wyk: D 8
4 Okt 1950 SOPHIA VAN WYK Sel: 0724454362 Wyk: D 1
5 Okt 1984 MINETTE POTGIETER Sel: 0794933805 Wyk: D 2
5 Okt 1962 ANNELINE PRETORIUS Sel: 0845549887 Wyk: D 2
5 Okt 1987 CINDY VORSTER Sel: 0825690978 Wyk: A 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Thusofonds
Volgende week Tronkbediening
Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Gerhard de Wet
Diaken Pieter du Plessis Seun Potgieter
Vandag: D 6 & D 7 A 3
Volg. Week: D 8 & E 1 A 4
ONDERLINGE MEELEWING
Tannie Rina Scheepers raak swakker maar rus in die Here se wil.
Oom Petrus se kragte kwyn maar hy beweeg so ver moontlik saam met tannie Marthie.
Tannie Arina sterk tuis aan onder die bekwame sorg van oom Frans.
Die volgende lidmate gaan vir ‘n operasie: Oom Eddie du Preez gaan vir ’n nekoperasie en Peet Oosthuizen gaan vir ‘n knie operasie. Ons bid hulle sterkte toe
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by kerkkantoor kom afhaal en invul en weer inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.