Sosiale Skakels

Besoekers

We have 7 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Kerk Kantoor

Kerk Kantoor

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Friday, 13 April 2018 10:00

15 April 20158

TEMA:  AS EK IN CHRISTUS IS, IS EK DOOD VIR DIE SONDE

 

IN CHRISTUS OORWIN EK ALLE SONDE EN DIE DOOD

Die apostel Paulus benadruk die feit dat Christus ons as gelowiges volkome van die mag van sonde bevry het en ons oorwinnaars oor die dood  gemaak het.  Ons lewe nou as nuwe mense!

 

1. ONS OU SONDIGE MENS HET SAAM MET CHRISTUS GESTERWE

Ons belydenis sê dat Christus se dood die volledige betaling vir ons sondes is. Hy het met sy sterwe aan die kruis volledig aan God se eis om geregtigheid voldoen. Hy het die volle straf op al ons sondes gedra.

 

2.  LAAT GEEN SONDE HEERSKAPPY TOE NIE

Alhoewel die sondemag ons probeer wegsleep van Christus af,  is ons deur die krag van die Heilige Gees in staat om weerstand te bied.

 

3. SONDE EN DOOD IS NIE MEER BEDREIGINGS NIE

As Christus dan vir ons gesterf het, waarom moet ons dan nog sterwe?

Ons dood is nie ‘n betaling vir ons sonde nie. Christus het betaal en ook die dood oorwin.  Daarom is ons dood is net ‘n deurgang tot die ewige lewe.

 

 

TEKS:

Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

Rom. 6: 6

 

 MANNEONTBYT

Saterdag 21 April 2018 om 9:30 by Thaba Morula @ R90 pp.

 

Die susters van Blok A nooi alle manne uit om heerlik te kom eet en saam te kuier.  Boonop het ons  ʼnbaie skerp motiveringspreker gekry wat spesifiek die manne gaan aanspreek. 

Hy is Myan Subrayan,  ʼnUitgesproke Christen wat as Hindoe gebore is en tot die geloof gekom het.   Hy werk ook spesifiek met sportspanne. 

Dit is baie belangrik dat ons al ons kaartjies moet verkoop aangesien ons  dringend fondse benodig vir die aanbieding van die Saamtrek in Maart 2019. 

Ons weet ons kan op al  ons manne reken om ons by te staan in hierdie saak. 

 

KONKABRAAI

Vrydag 25 Mei 2018 vanaf 15:00

Ons gaan sommer van vroeg af begin kuier om die braaivleis vure. Daar gaan ʼnvleistafel (vir Barmhartigheid) en  ʼnbrood en beskuittafel wees. 

En dan later gaan ons lekker saambraai en luister na die staaltjies en sang van Wicus van der Merwe. Die idee is dat elkeen ʼnvleisie en drinkgoed saambring en ons verskaf pap en sous en slaaie . 

Daar gaan ook koffie en ʼnsoetigheid te koop wees (vir die jeug). Daar sal ook braaipakkies te koop wees indien jy jou vleisie vergeet.

Hierdie is die susters se tweede en hopelik laaste groot fondsinsameling met die oog op die Saamtrek 2019 . Die kaartjies sal net na die vakansie beskikbaar wees @ R100 per volwassene en R50 per laerskoolkind. 

Die susters is regtig afhanklik van elke lidmaat se hulp en bemarking in hierdie saak. (Ons is eintlik hoog in die knyp met die feit dat ons die Saamtrek 2019 moet aanbied.)

 

PROGRAM VIR DIE WEEK

 

15 April   Sustersbestuur en Kontaksusters (B, D, E)  11:00         Moederskamer

16 April    Evangelisasie Bedieningsraad Verg.             19:00        Pastorie

18 April     Omgee Bedieningsraad Verg.                      19:00        Pastorie

 

GRATIS BOEKE

 

Daar is gratis boeke in die Kerksaal van Soutpansdrift Kerk.

Dit is Christelike boeke en almal is welkom om boeke te vat.

 

ONDERLING MEELEWING

Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. (Rom. 12:10)

 

  1. Hartlik geluk aan Grizelle Engelbrecht wat gister met Ernst Meintjies getroud is. Mag die Here julle ‘n geseënde huwelikslewe gee.
  2. Geluk ook aan Nico en Riana met julle nuwe skoonseun. Geluk ook aan ouma Sinta.
  3. Sr. Arina de Jager gaan DV môre vir ‘n ondersoek en toetse met die oog op ‘n moontlike skoueroperasie.

   BEROEPE AANVAAR

  • Ds GP van Rhyn (Gerhard) van Rietvallei na Komatipoort.

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

 

16 Apr 1963             MARIETJIE PRETORIUS           Sel: 0761669670                    Wyk: B 5

17 Apr 1983             HESTER BERTHOLD                 Sel: 0829317543                    Wyk: B 1

17 Apr 1948           PETRO PRETORIUS               Sel: 0827408786                Wyk: D 8

18 Apr 1977             JACOLIEN DU PLESSIS            Sel: 0826421331                     Wyk: E 1

19 Apr 1981              MARIET BADENHORST             Sel: 0834292527                   Wyk: B 2

19 Apr 1986             DIRKIE GERTENBACH               Sel: 0798722205                   Wyk: E 7

21 Apr 1982             GERTIE DU PLESSIS                Sel: 0829263237                  Wyk: E 4

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Teologiese Skool Biblioteek

Volgende week                    Bybelverspreiding

               

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Johannes Rheeders                               Hannes Venter

Diaken                                   Barry Bedford                                        Seun Potgieter

 

Vandag:                                   D 7 & D 8                                                       A 2

Volg. Week:                           E 1 & E 2                                                        A 3

 

JEUGBYEENKOMS   Sondag 18 Maart 2018

Ds. Regardt Venter nooi alle jongmense (laerskool tot naskool) om volgende Sondag van 18:00 af te kom saam gesels oor die onderwerp:

Sal volgende Sondag bekend gemaak word

Daar sal ‘n kollekte wees om die kostes te dek.

 

BYBELSKOOL  Sondag 22 April 2018

Almal word hartlik uitgenooi om volgende Sondag van 18:00 saam te gesels oor die onderwerp:  “Waarom kies God  party mense  nie uit nie?” (Dordtse Leerreëls)

 

 

Friday, 09 March 2018 10:13

18 Maart 2018

TEMA:  OMDAT DIE HERE ONS BESKUTTING IS, MOET DIE WET ONS NIE      NET BEDROEF MAAK NIE MAAR OOK VOL BLYDSKAP IN DIE HERE!

 

VERWELKOMING:

Ons verwelkom vanoggend Teologiese student, Jonker Venter.  Hy sal voorgaan in die erediens.  Ons bid dat die Here hom sal seën met die Woordverkondiging.

 

Tans beleef ons onstuimighede op verskeie terreine. Dan vra sommiges, is dit God wat gelowiges straf?

Ons kyk watter lig werp ons teksgedeelte op hierdie vrae aan die hand van die volgende punte.

 

  1. Die wet van die HERE bring droefheid maar ook blydskap.
  2. Die blydskap in die HERE is ons beskutting.

TEKS:

“Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.”

 

Neh. 8: 10, 11 & 19

 

SUSTERS                               25 EN 26 MEI 2018

Die Sustersbestuur het besluit om EEN GROOT fondsinsameling van stapel te stuur met die oog op die aanbied van die Saamtrek in 2019.  Daarom herinner ons julle aan die

 

Konkabraai  op Vrydag 25 Mei 2018 met Wicus van der Merwe as gaskunstenaar.Kaartjies sal binnekort by die Bestuurslede beskikbaar wees @ R100 per persoon en  R50 per laerskoolkind.

Ons vra dat almal asseblief sal help om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.

 

Op Saterdag 26 Mei  gaan ons ook ‘n Kaskar-resies op ons terrein aanbied.  Daar is reeds 6 kaskarre ingeskryf en die uitdaging  aan die verskillende boerderye staan nog. 

Daar gaan kosstalletjies wees en die verkope sal ook vir die Susters gaan.

Op dieselfde naweek gaan daar weer vleis te koop wees:  Ouplaas boerewors en patties ála Koos de Wet. 

Hierdie verkope gaan in die fonds waaruit ons as gemeente instansies help wat hulp nodig het. 

 

 

SENIORS                                                                                                                                  

Die bosveldplaashuis (middel van Rustenburg/Swartruggens/Koster) bied vir self funksionerende seniors gemeubileerde kamers @R5 000.00 per persoon + 1 ete en nog ander voordele.

Navrae skakel Amanda 0845895528 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

JEUGBYEENKOMS   Sondag 18 Maart 2018

Teologiese student Jonker Venter nooi alle jongmense ( laerskool tot naskool) om volgende Sondag van 18:00 af te kom saam gesels oor die onderwerp: “ Hoekom moet party mense so jonk doodgaan?”

BYBELSKOOL  Sondag 18 Maart 2018

Almal word hartlik uitgenooi om volgende Sondag van 18:00 saam te gesels oor die onderwerp:  “Hoe kan ‘n God van liefde sommige mense laat verlore gaan?” (Dordtse Leerreëls)

 

JONG OUERS: ONS DOOPBELOFTE IN AKSIE

Mens hoor soms die versugting by jong ouers dat hulle so wens dat die ooievaar ook handleidings saam met die babas kon aflewer.

Kinders grootmaak op sigself is nie ‘n grap nie en as ‘n mens mooi oor jou doopbelofte dink kry jy soms ‘n ligte angsaanval. 

Die verantwoordelikheid is so geweldig groot!  Reël vroegtydig dat ouma en oupa of iemand anders wat jy vertrou op Vrydagaand 23 en Saterdagoggend 24 Maart hier is om vir boet en sus op te pas.

Tydens die geleentheid gaan ons julle as ouers toerus om julle doopbelofte op ‘n praktiese manier uit te leef. Sake soos ouerliefde, dissipline en Bybelonderrig .

 

ONDERLING MEELEWING

  1. Br. Jan en sr. Hester du Plessis se kleinseun Armand Ras is nog in ‘n baie ernstige toestand in die hospitaal na ‘n motorongeluk. 
  2. Hy reageer op die behandeling en daar is elke dag geringe beterskap.  Ons dra hom en sy geliefdes op aan ons hemelse Vader.
  3. Br. Pieter en sr. Marinda du Plessis se skoonseun, Wickus Nagel, was  in ‘n motorongeluk.  Hy is Donderdag geopereer en ons vertrou dat hy ook verder sal gesond word.
  4. Br. Johnnie Pretorius moet weer op 12 April by die hospitaal wees vir verdere behandeling. Dit kan ‘n operasie tot gevolg hê.
  5. Br. Kosie du Plessis is in die hospitaal en ontvang behandeling vir blaasprobleme.
  6. Br. Johantjie du Plessis sterk tuis aan na sy voetoperasie waartydens ‘n deel van sy voet geamputeer is. 

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

 

13 Mrt 1949             MARTHIE BERTHOLD                Sel: 0791821655                     Wyk: B 1

15 Mrt 1960             MAGDA BATES                         Sel: 0766915353                    Wyk: A 1

15 Mrt 1930           KOSIE DU PLESSIS                Sel: 0825705274                Wyk:  A 5

15 Mrt 1962             ANDRÈ ROSSOUW                   Sel: 0766108907                    Wyk: E 2

15 Mrt 1941            GERT VAN DER WALT           Sel: 0828228766                Wyk: D 8

17 Mrt 2004            DANIELLE DE KLERK                                                                Wyk: E 3

17 Mrt 1992             GERRIT GROBLER                    Sel: 0767364142                     Wyk: E 6

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Sustentasiefonds

Volgende week                    Kerkblad

 

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Japie Rheeders                                      Thinus Eloff

Diaken                                   Hendrik Kruger                                       Jannie du Plessis

Gasvryheid

Vandag:                                   B 3 & B 5                                                      A 4

Volg. Week:                           B 6 & B 7                                                       A 5

 

MANNEONTBYT

Saterdag 21 April 2018  by Thaba Morula om 9:30

Kaartjies is R90 per persoon

Die gasspreker is Myan Subrayan van Pretoria. 

Hy is as Hindoe gebore en het tot geloof in die Here gekom.  Hy het ‘n merkwaardige verhaal om te vertel en is ook ‘n motiveringspreker . 

Hy is as “life coach” ook by die Leeus rugbyspan betrokke.

 

TEMA:  GOD SE WERK IN ALLERHANDE MENSE MOET WEERSPIEëL IN ONS GEBEDE (SOUTPANSDRIFT)

  • Hoe belangrik is gebed  in die kerk?
  • Hoe gesond is ons gebedslewe?

Gebed is al beskryf as die asemhaling van die siel. Daarom is gebede onmisbaar vir ’n   gelowige se geestelike gesondheid. Elke individuele gelowige maar ook die breër gemeente word deur gebed gesinchroniseer met God se wil en werk.     

Daarom gee Paulus in hierdie brief aan Timotheus vroeg daaraan aandag. Na die inleiding waarin daar van die probleme in die gemeente uitgelig word begin hy voorskrifte gee om die probleme wat hulle beleef op te los.

Hy begin sy voorskrifte by gebed. Daarom sê hy in vers 1 “in die eerste plek”.

Wanneer ons as individuele gelowiges, as gemeente, die gemeenskap of land aanslae beleef is dit belangrik om op die regte plek te begin. Ons moet begin by gebed.

Uit hierdie skrifgedeelte leer ons dat ons gebede nie oppervlakkig en selfsugtig moet wees nie, maar ons moet onselfsugtig vir ander mense bid. Veral vir die wat regeer en in gesagsposisies oor ons aangestel is want....

 

  1. God werk in allerhande mense.
  2. Daarom moet ons gebede God se wil en werk weerspieël.                 Kom ons kry ons prioriteite in plek. Kom ons bid gesinchroniseerd met God se wil sodat ons die aanslae kan absorbeer.

 

Friday, 02 March 2018 10:30

4 Maart 2018

TEMA:  NIKS IS VIR GOD ONMOONTLIK NIE.  IS JY VRYGEWIG OF SUINIG MET DIE UITDEEL VAN HIERDIE GOEIE NUUS

VERWELKOMING:

Ons verwelkom vanoggend vir Ds. Johannes Aucamp (TOPIA). Hy sal voorgaan in die erediens en ons daarna kortliks toelig oor die werksaamhede van TOPIA.  Ons bid dat die Here hom sal seën met die Woordverkondiging.

 

God doen die onmoontlike en bring lewe en redding waar daar geen hoop op lewe is nie.  Jy word wonderbaarlik gered.  Hoe reageer jy? 

Is jy suinig en hou hierdie goeie nuus vir jouself of is jy vrygewig en wys vir ander waar hulle ook redding en hoop kan kry.

 

TEKS:

Hulle sê toe vir mekaar: “Ons maak nie reg nie. Vandag is ‘n dag vir blydskap en ons bly stil! As ons wag tot ligdag, sal ons beslis gestraf word.

2 Kon. 7: 1 – 3 & 9

 

SUSTERS                               25 EN 26 MEI 2018

Dit is die datum van ons GROOT  fondsinsameling.

Vrydagaand 25 Mei van 18:00 af :  Konkabraai met Wicus v/d Merwe as kunstenaar.  Bring eie vleis en drinkdingetjie.  Daar sal ook braaipakke te koop wees.

Saterdag 26 Mei 2018 van 8:00 af:  Kaskaruitdaagren op Soutpansdrift se terrein met kosstalletjies en vleisverkope.  Vir inskrywings skakel met Carien Kruger 084 220 0024. 

Ons daag die verskillende boerderye uit om in te skryf en te bepaal waar die krag en spoed lê.

 

Nooi asseblief vriende en familie.  Hou die datum oop!

 

VOORBIDDING

Voorbidding vir gemeente en aktiwiteite word gehou op Sondag 11 Maart om 9:30 in die Jeuglokaal.

 

Almal welkom.

 

KOOR

Op versoek uit die kerkverband en van ons eie lidmate het die Musiek-bediening besluit om hierdie jaar die uitgee van ‘n cd van koorsang en gemeentesang aan te pak. 

Ons nooi alle mense wat lief is vir sing  om te kom inval by die koor.  Ons oefeninge is altyd op ‘n Sondagmiddag van 16:30 af en ons sal DV volgende Sondag 4 Maart begin. 

Dan sal ons ‘n tyd afspreek wanneer die opnames van die gemeentesang gaan plaasvind.

 

BEGROTINGVERGADERING

Die Kerkraad en diakens vergader DV Woensdag 14 Maart om 19:00 om die begroting vir die nuwe finansiële jaar goed te keur.  (Al die ouderlinge en al die diakens asb.)

 

JONG OUERS: ONS DOOPBELOFTE IN AKSIE

 

Mens hoor soms die versugting by jong ouers dat hulle so wens dat die ooievaar ook handleidings saam met die babas kon aflewer.

Kinders grootmaak op sigself is nie ‘n grap nie en as ‘n mens mooi oor jou doop-belofte dink kry jy soms ‘n ligte angsaanval. 

Die verantwoordelikheid is so geweldig groot!  Reël vroegtydig dat ouma en oupa of iemand anders wat jy vertrou op Vrydagaand 23 en Sater-dagoggend 24 Maart hier is om vir boet en sus op te pas.

Tydens die geleentheid gaan ons julle as ouers toerus om julle doopbelofte op ‘n praktiese manier uit te leef. Sake soos ouerliefde, dissipline en Bybelonderrig .

 

ONDERLINGE MEELEWING

 

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.  As iemand sê: Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy  ʼnleuenaar, want wie sy broer,

wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie  (1 Joh. 4:19  - 20)

  1. Jan en Hester du Plessis se kleinseun (Armand Ras) was in ‘n ernstige motorongeluk. Hy het baie seer gekry en word in die Intensiewe Sorg Eenheid behandel.
  2.  Ons dra die gesin en familie op aan ons hemelse Vader.
  3. Annatjie Scheepers is met ‘n kwaadaardige gewas in haar een bors gediagnoseer.  Ons bid dat die Here haar sal vashou en dra deur die beproewing.
  4. Frikkie van der Walt het Vrydag ‘n galblaasoperasie ondergaan. Ons vertrou dat hy gou weer op die been sal wees.

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

4 Mrt 1988              ELFRIEDA DU PLESSIS            Sel: 0828653068                  Wyk: E 6

5 Mrt 1990              AJEE DU PLESSIS                    Sel: 0727156354                    Wyk: E 5

5 Mrt 1966              OCKERT VAN WYK                    Sel: 0718974266                    Wyk: B 7

6 Mrt 1955              FREDA RIEKERT                       Sel: 0732577779                    Wyk: A 3

7 Mrt 1940            AMANDA DU PLESSIS           Sel: 0726071685                 Wyk: D 8

9 Mrt 2007             DRIAAN DU PLESSIS               Sel: 0823379790                   Wyk: E 4

9 Mrt 1951               LYNN DU PLESSIS                   Sel: 0817026185                     Wyk: D 1

10 Mrt 1976             ISABEL BLIGNAUT                   Sel: 0824130105                     Wyk: A 3

10 Mrt 1981              KOBUS VAN DER WALT            Sel: 0824510477                     Wyk: B 3

 

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 Studentekas

Volgende week                    Sustentasiefonds

               

Facebook:https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Christo du Plessis                                 André de Wet

Diaken                                   André van der Walt                             Louis Kruger

Gasvryheid

Vandag:                                 B 1 & B 2                                                      A 3

Volg. Week:                           B 3 & B 5                                                      A 4

 

MANNEONTBYT

Saterdag 21 April 2018 om 9:30 in Soutpansdrif se saal wil die susters van Blok A al ons manne EN hulle vriende onthaal met ‘n heerlike ontbyt en ‘n uitstekende spreker.  

naam is Myan Subrayan .  Hy is ‘n Indiër  wat uit die Hindoegeloof tot die Christendom bekeer is op ‘n wonderlike manier. 

Hy is tans ‘n lewensafrigter wat hierdie nuutgevonde geloof van hom prakties uitleef en met ander mense deel.  Hy was ook onder andere betrokke by die Leeus wat in die 2017 Super Rugby toernooi. 

aartjies sal binnekort beskikbaar wees.  Verkoop asseblief wyd en syd.  Baie dankie

 

 

 

 

 

 

 

 

Friday, 09 February 2018 08:46

11 Februarie 2018

 TEMA:  ONDERSOEK EERS JOUSELF VOOR JY DEEL IN DIE HERE SE MAALTYD

Ons het byna almal vanoggend in ’n spieël gekyk voor kerk. Jy wil mos reg lyk! Volgende Sondag vier ons Nagmaal en die Bybel leer ons om eers selfondersoek te doen voor ons Nagmaal gebruik. Anders eet en drink ons ’n oordeel oor onsself.

Die Skrif is duidelik....

1.         Die Here het die nagmaal ingestel.

1 Kor. 11:23 – 25.

Die Pasga maaltyd was eeue deel van die volk se jaarlikse byeenkomste om die uittog uit Egipte te herdenk. Die fees het nie alleen teruggewys na die verlede nie, maar ook vooruit na die Paaslam wat vir die mense se sondes geslag sou word.

Tydens Jesus se laaste  Pasga maaltyd stel hy die Nagmaal in sodat gelowiges wat verlos is uit die slawerny van sonde dit gereeld kon herdenk.  Hierdie Goddelike instelling kom met ’n verantwoordelikheid.... 

2.        Voor jy daarin deel moet jy eers selfondersoek doen.

1 Kor. 11:27 en 28

Die Nagmaal gedenk Christus se kruisiging maar kan op ’n ongepaste wyse gebruik word. Daarom moet daar selfondersoek plaasvind. Nie deur in ’n spieël te kyk nie, maar om introspeksie te doen.

Elkeen wat wil deel aan die maaltyd moet besef waaroor dit gaan.

Te midde van Paulus se gesprek oor eenheid in die gemeente praat hy oor die viering van die Here se maaltyd. Is die doel dalk eenheid? Jesus is immers gebreek sodat ons heelheid met God en met ons medegelowiges kan beleef. 

 

TEKS:

Maar elkeen moet eers hom-self ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink .

1 Kor. 11: 28

 

LIDMATE BO 60 JAAR

Ons beplan ‘n midweek na ‘n vakansieoord vir ons Senior lidmate in Februarie of Maart.

Ons vra egter dat die lidmate bo 65 jaar wat belangstel, die Kerkkantoor kontak sodat ons kan vasstel hoeveel lidmate ons voorsiening moet maak.

Verdere inligting sal later bekend gemaak word.

Skakel asb. Vir Anriëtte by

Kantoornr: 012 254 4770 of Selnr. 0825419417

 

 

BEDANKING VIR GROENTE GELEWER

SONOP KLEUTERSKOOL

Reformed Church and Famers,

We as Itumeleng ECB staff management and children, we would like to thank the Reformed Church and the farmers for the vegetables.

As we all know that vegetables are good for our bodies, but here at Itumeleng ECD we enjoy your vegetables, they keep the children healthy and strong all the way.

Thank you all for your effords and your good hearts.  May our good God bless you more and more.  The bible says “blessed are the hands that gives than the ones that receive”.

Thank you ones more Reformed Church and the farmers for your support and love for our children at Itumeleng Early Childhood Development.  We also praying for you for the production to expand. God bless you all.

Yours faithful.                                                                                                                                                     

Ezabeth Monyemanyene (Principal Cell: 076 508 64954)

 

ONDERLINGE MEELEWING

1.         Br. Johan du Plessis se voet sou geampiteer word, maar dit is uitgestel om eers verder behandeling te doen.  Voorbidding word gevra vir die geval.

2.        Oom Kosie du Plessis en br. André Joubert gaan vir moontlike operasies.

3.        Br. Japie Rheeders het twee van sy betroubare werknemers in ‘n voertuig-ongeluk verloor.  Ons bid vir hulle sterkte toe.

4.        Br. Louta van der Walt sukkel met sy gesondheid na sy hartaanval.

5.        Sr. Johanna van der Walt gaan vir ‘n skildklier operasie en ons bid haar sterkte toe.

 

PROGRAM VIR DIE WEEK

14 Februarie 2018                  Kerkraadsverslag Vergadering             19:00       Kerksaal

 

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

 

13 Feb 1960             RAYMOND DICKER                   Sel: 0837524936                   Wyk: B 5

14 Feb 1954             ANNA-MARIE BRUWER            Sel: 0827725805                   Wyk: B 7

14 Feb 1977              HENDRIK BRUWER                   Sel: 0817227310                     Wyk: B 7

14 Feb 1960             MARIETJIE PRETORIUS           Sel: 0833132966                   Wyk: B 2

15 Feb 1953             JOHAN DU PLESSIS                Sel: 0749103178                     Wyk: B 5

17 Feb 1956             CHRISTO DEDNAM                   Sel: 0823465310                    Wyk: D 7

17 Feb 1963             RINA VAN WYK                        Sel: 0780698438                   Wyk: B 7

 

Kollektes

Vandag onder diens             Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                 CMR

Volgende week                     Sustentasiefonds

                

Facebook:                https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier

Twitter:  GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil

 

Diensbeurte

                                              Soutpansdrif                                        Beestekraal

Ouderling                             Peet Rheeders                                       Thinus Eloff

Diaken                                   Hennie Oosthuizen                                 Jannie du Plessis

Gasvryheid

Vandag:                                   E 4 & E 5                                                       A 7

Volg. Week:                                                                                                 A 1

 

BEROEPE ONTVANG

·        Proponent JAG Henning (Kosie) na Harrismith.

·        Ds GJJ van der Merwe (Giepie) van Durban-Noord na Pretoria-Annlin as medeleraar.

 

BEROEPE AANVAAR

·        Ds GJJ van der Merwe (Giepie) van Durban-Noord na Pretoria-Annlin as medeleraar.

 

 

 

 

Sunday, 31 December 2017 07:08

31 Desember

Skriflesing

Jusua 4 & Luk 3

Psalm 118

Psalm 150

Lied 510

Lees Psalm 90

PsALM 25

SB 2-1

Friday, 15 December 2017 11:39

17 Desember 2017

SKRIF: DAN 2 : 14 - 49

TEKS: DAN 2: 37 EN 44

TEMA: GOD GEBRUIK DIE REGERING IN SY DIENS

 

SANG:

PS 84 : 1 & 5

PS 111: 1 - 4

LIED 514

PS 68 : 1 & 9

PS 2: 1,3 & 6

Friday, 08 December 2017 08:13

10 Desember 2017

MARKUS 8:34 - 9:1

 

JY MOET EERS VERLOOR OM TE KAN WEN.

 

VOORSANG:

SB 4-6

LIED 344: 1 & 2

LIED 358

 

TOETREDE: PS 145

LOFLIED: PS 100

WET: ROM 12

SANG: SB 2-1

DANKLIED: LIED 190

Friday, 01 December 2017 11:49

3 Desember 2017

SKRIFLESING:

Jesaja 53: 1 – 12

 

 LIEDERE:

Ps 118:7

Sb 1-3: 1,2 & 3

Sb 9-2: 1 – 9

Ps 139: 1 & 12

Sb 5-3: 1 & 2

CHRISTUS HET GOD SE TOORN GEDRA OM ONS TE BEVRY VAN SY                             VERVLOEKING

Ons bely: Ek glo in Jesus Christus… wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria… Oral sien en hoor ons van Kersfees. Opvallend in al die feestelikheid word op die romatiese prentjie van die baba tussen die diere in die stal gefokus. Wat van die wesenlike van die Here Jesus Christus se koms na die aarde?

1.         ONS HERE JESUS IS ONS PLAASVERVANGER

‘n Plaasvervanger neem mos waar in ‘n ander persoon se plek. Christus het in ons plek voor God se toorn oor die sonde kom staan. Sodoende is vir ons versoening bewerk. Jesaja sê: Oor ons oortredings is hy deurboor… oor ons sonde is hy verbrysel.

2.        ONS HERE JESUS IS ONS BEVRYDER

In vraag 38 vra die HK die volgende vraag: Waarom het Hy onder die regter Pontius Pilatus gely? Jesaja sê in sy profesie van Jesus: Hy is gestraf oor die sonde van my volk.. al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie (Jes 53: 8 & 9).

3.        ONS HERE JESUS IS ONS VLOEK-AFLEIER

 

Die feit dat Hy gekruisig is, het besondere betekenis in die sin dat Hy daar tussen hemel en aarde uitgestal is. Iemand wat so opgehang is, is deur God vervloek. Hy het in ons plek die vervloekte geword. Ons is verlos. Ons is bevry. 

 

TEKSVERS:

Jesaja 53:5 &

HK Son 15

Oor ons oortredings is hy deurboor, oor ons sondes is hy verbrysel;… deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom

 

BEROEP:

Proponent Regard Venter is as tweede predikant van die Gemeente beroep. Ons vra u voorbidding in die tyd vir sowel die Gemeente as Regard en Rienkies.

 

 

 

PER APROBASIE:

 

OUDERLINGE:  BLOK A  - Josua van der Walt

 

                        BLOK  E -  Peet van der Walt

 

DIAKENS:        BLOK A -  Louis Kruger

 

                        BLOK E – Jan Hendrik Leybrandt

 

 

 

TOER NA ISRAEL 2018

 

Ds. Karel Steyn reël saam met Fitting Choice `n 8 dae toer na Israel vanaf 29 Augustus 2018. Plekke wat ons gaan besoek sluit onder andere Kapernaum, Abraham se putte, Megiddo, die Tuingraf, die Klaagmuur en die See van Galilea in. Ons gaan die Via Dolorosa stap, met die kabelkar opry na Masada toe, op die Dooie See dryf en deur Hiskia se tonnel stap. Kostes vir die toer beloop R 29,590 per persoon wat deel en sluit die volgende in: retoervlugte vanaf OR Tambo, lughawe belasting, alle ingangsfooie by besienswaardighede, vervoer in `n luukse bus, `n Engelssprekende toergids, verblyf in 3- en 4-ster hotelle en twee etes per dag.

 

 Besprekings vir die toer sluit 28 Februarie 2018.

 

Vir meer inligting kontak ds. Karel by 072 476 8794 of

 

  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

ONDERLINGE MEELEWING:

 

Die Here is my herder; ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. (Ps 23: 1-3)

 

1.          Anriëtte van der Walt sterk goed aan na haar operasie.

 

2.        Hartlik geluk aan Tjaart Badenhorst en Jacobus de Wet wat  onderskeidelik as hoofleier en leier by Laerskool Sanddrift verkies is. Hartlik geluk ook aan die ouers en grootouers.

 

 

 

 

*************************************************************************

2018 ALMANAK

 

Almanakke is beskikbaar by die Kerkkantoor @ R80 elk. Lidmate bo 70 gratis.

 

*******************************************************************KERSPROGRAM

 

VANAAND – 18:30

 

Ons sien uit na ‘n baie spesiale Kersprogram wat heeltemal in formaat verskil van alle voriges. Kom deel in die feesvreugde vanaand en bring gerus ook u familie en vriende saam. Na afloop van die program sal daar heerlike verversings in die saal aangebied word. Onthou ook om ietsie saam te bring vir die kollekte by die deure. Die geldjie sal gebruik word om uitgawes te dek.

 

 

 

 

ITUMELENG E.C.D.

Die hoof, bestuurders en kinders van Itumeleng in Sonop is baie dankbaar vir al die lewerings van groente vir die Kleuterskool van Sonop se kinders. Hiermee word u as Gemeente ook ‘n vreugdevolle Feesseisoen toegewens.

Friday, 24 November 2017 11:32

26 November 2017

MISSIO DEI – GOD MAAK MET ONS ‘N NUWE BEGIN

Toe die Here Jesus uit die dood opgestaan het, het daar ‘n heel nuwe bedeling aangebreek. Die apostel Paulos sê:  Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2 Kor 5: 17).

1.         ONS HET ‘N NUWE IDENTITEIT

Hoe lyk ons ou identiteit?  Dit is in die sonde verstrengel. Dit is ‘n identiteit waarmee jy jouself probeer verbeter. Die Here Jesus se dissipels het op grond van hulle geloof saam met Hom in ‘n nuwe lewe opgestaan. Hulle het ‘n nuwe identiteit as burgers van die koninkryk van die hemel.

2.        ONS HET ‘N NUWE KRAG

Hoe lyk ons ou krag? Uit onsself is ons tot niks goed in staat nie. Die Here Jesus belowe egter sy voortdurende nabyheid. Deur sy Gees het Hy in ons kom woon. Ons lewe nou vanuit die lewewekkende krag van die Gees.       (Vgl Ef 1:18 & 19)

3.        ONS HET ‘N NUWE OPDRAG

Wat was ons ou opdrag? Volgens Gen 1:28 het God aanvanklik aan die mens die opdrag gegee om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon en te bewerk. Nou sê die Here Jesus aan sy dissipels: Gaan en maak die mense my dissipels en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

SKRIFLESING:

MATT 28: 16 – 20

 

 LIEDERE:

Ps 95: 1 & 4

Ps 146 : 1 & 8

Sb 12-3 : 1,2 & 3

SB 9-3: 1 & 2

Ps 40: 3 & 4

 

Sb 18-6 :1 - 5

TEKSVERS:

 

MATT 28: 18-20

 

 

… Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my disiiples…

 

GEMEENTEVERGADERING NA AFLOOP VAN DIE EREDIENS

Al die lidmate word uitgenooi na ‘n gemeentevergadering na afloop van die erediens, sowel te Beestekraal as Soutpansdrift. Die doel van die vergadering is:

Om saam te besin oor die gedagte om Proponent Regard Venter as ‘n tweede

Predikant te beroep.

Na afloop van die bespreking is daar ‘n geleentheid waartydens elke belydende lidmaat van die Gemeente JA of NEE moet stem. Indien daar voldoende JA stemme is, sal hy amptelik beroep word.

 

KERSPROGRAM

3 DESEMBER – 18:30

 

Die Kersprogram is een van die hoogtepunte op ons Gemeente se kalender.Dit is hierdie jaar weer ons beurt om as gasheer op te tree vir NG en APK Sanddrift. Dit beloof om ‘n sielsverrykende geleentheid van nadink oor die Kersgebeure en mooi musiek te wees. Na afloop van die program kan ons gesellig saam om ‘n eetdingetjie verkeer. Daar sal ‘n kollekte gehou word om die onkoste te dek. Nooi asb u vriende en familie ook uit.

 

TOER NA ISRAEL 2018

Ds. Karel Steyn reël saam met Fitting Choice `n 8 dae toer na Israel vanaf 29 Augustus 2018. Plekke wat ons gaan besoek sluit onder andere Kapernaum, Abraham se putte, Megiddo, die Tuingraf, die Klaagmuur en die See van Galilea in. Ons gaan die Via Dolorosa stap, met die kabelkar opry na Masada toe, op die Dooie See dryf en deur Hiskia se tonnel stap. Kostes vir die toer beloop R 29,590 per persoon wat deel en sluit die volgende in: retoervlugte vanaf OR Tambo, lughawe belasting, alle ingangsfooie by besienswaardighede, vervoer in `n luukse bus, `n Engelssprekende toergids, verblyf in 3- en 4-ster hotelle en twee etes per dag. Besprekings vir die toer sluit 28 Februarie 2018. Vir meer inligting kontak ds. Karel by 072 476 8794 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

VOORBIDDING:

1.          Kom ons dank die Here vir die Fokustyd wat ons as Gemeente kon hê, waar ons net weer oor die kern van ons geloof kon besin.

2.        Kom ons bid ook nou vir die vergadering wat na die diens gaan plaasvind. Kom ons  vra dat die Here die proses sal lei dat ons binne Sy plan vir ons Gemeente sal handel en dat Sy wil sal geskied.

Friday, 17 November 2017 10:18

19 November 2017

TEMA:  LAAT SKYN JOU LIG SODAT GOD VERHEERLIK WORD - NAGMAAL

SKRIFLESING:

MATT 5 verse 1 tot 16

LIEDERE:

LIED 159 : 1

LIED 464 : 1,2,3,4

PS 86 : 1

LIED 184 verse 1 en 4

SB 17-3 verse  1 en 2

PS 116

SB 1-2 verse 1 2 en 3

TEKSVERS:

MAT 5 vers 16

 

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat julle Vader wat in die hemel is verheerlik word.

Hoe ‘n mens ook al na die huidige situasie kyk, oor een ding moet ons saamstem: Die pad vorentoe lyk beslis baie donker. Daarom die groot en belangrike vraag: Hoe moet ek en jy as Christene die pad vorentoe aanpak?

 

Ons Here Jesus Christus gee die antwoord: Julle is die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld.

 

1.         WAAROM MOET ONS SOUT EN LIG WEES?

Met die beeld van sout en lig  verduidelik ons Here Jesus presies wie ons is en wat ons moet doen. Sout se werk is om sout te wees en lig se werk is om lig te wees.

 

2.        HOE MAAK ONS SEKER DAT ONS WEL SOUT EN LIG IS?

Die apostel Johannes verduidelik die Here Jesus se koms: Die ware lig wat elke mens verlig was aan kom na die wêreld toe. (Joh 1:9) Aan die Nagmaalstafel kry ons die versekering dat ons deel het aan die Here Jesus Christus. As ons in Hom bly, is ons is in die lig. En dan dan ons ook lig uitstraal.

 

3.        WAT IS DIE REGTE MANIER OM SOUT EN LIG TE WEES?

 

Ons Here Jesus sê: Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan  sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik. Ons hele bestaan moet van so ‘n aard wees dat God al die eer ontvang.

 

GEMEENTE VERGADERINGS 26 NOVEMBER

 

Hiermee word kennis gegee vir Gemeente Vergaderings direk na afloop van die dienste te Beestekraal en Soutpansdrift  met die oog op die moontlike beroeping van ‘n tweede predikant.

KERKRAADSLEDE TER APROBASIE:

Die volgende persone word voorgehou as nuwe Kerkraadslede:

OUDERLINGE:

BLOK A          JOSUA VAN DER WALT

BLOK E           PEET VAN DER WALT

BLOK E          JAN HENDRIK LEYBRANDT

DIAKEN:

BLOK A          LOUIS KRUGER

KERSPROGRAM 3 DESEMBER

Onthou om die datum op jou kalender aan te teken. Dit is weer ons gemeente se beurt om die Kersprogram aan te bied. Die koor is kliphard aan die oefen en Venita is besig om ‘n interessante aanbieding vir die aand voor te berei. Die wat dalk nog in die koor wil kom saamsing, daar is nog geleentheid!

VLEISVERKOPE : 25 NOVEMBER

08:00 TOT 10:00

Daar sal ‘n vleisverkoping by Soutpansdrift Kerk wees.

Boerewors; patties; kookvleis; biltong; varktjops en varkboude sal verkoop word.

KOOS DE WET – 072 270 5970

 Slegs kontant. Geen kaart geriewe nie.

Voorbidding

 

1.              Kom ons dank die Here vir gebede verhoor oor die wonderlike reën wat in die Kaap geval het. Bid asb nog vir daardie dele wat nie reën gekry het nie.

2.             Kom ons hou aan bid vir die fokustyd dat die Here ook kragtig in ons gemeente sal werk dat ons ook sal onderskei wat regtig belangrik en tot God se eer is en dat die Heilige Gees ons harte sal verander om in lyn te kom met ons roeping om God te verheerlik.

 

ONDERLINGE MEELEWING:

1.          Johhnie Pretorius is vir ‘n paar weke in Pretoria vir intensiewe Chemobehandeling. Ons bid dat die Here die behandeling sal seen..

2.        Jan Erasmus se gesondheid versleg omdat die kanker versprei. Ons dra hom en Joey aan die hemelse Vader op.

3.        Anriëtte van der Walt het behandeling ondergaan om haar niere sterker te maak en haar bloeddruk onder beheer te kry. Haar operasie sal DV vroeg hierdie week plaasvind.

4.        Hartlik geluk aan Hennie en Alichia Oosthuizen met die geboorte van hul seuntjie Henno,  Donderdag. Baie geluk ook aan Oupa Peet en Ouma Janet.

5.        Cecile Du Plessis het ‘n voet prosedure ondergaan en sterk tans aan by die huis.

KINDERHUIS

Al die Kinderhuis kersbokse moet asseblief op die laatse 26 November ingehandig wees by Riana of die Kerkkantoor.

RIANA ENGELBRECHT 082 300 9241

 

KOOR OEFENING:

Die koor oefen vanmiddag om 16:30 in die Kerk

 

NAGMAALETE:

Almal word hartlik uitgenooi na die ete wat na afloop van Nagmaal by Soutpansdrift aangebied word. ‘n Donasie sal waardeer word.

 

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
Page 5 of 15