Kerk Kantoor
12 Nobember 2017
TEMA: BELEEF DIE KRAG VAN DIE WOORD
Wanneer God praat sien jy dinge gebeur. Ons teksvers sê:
God se woord is lewend, kragtig en skerp. Dit skei siel en gees sowel as gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings van die hart!
Die Hebreërskrywer bring God se woord deur ‘n besondere metode te gebruik. Hy gebruik ‘n skema van verlede, hede en toekoms.
1. HY WYS OP GOD SE OPTREDE IN DIE HEDE
Die Hebreërskrywer se boodskap in die hede is: God gee aan sy volk die geleentheid om in sy rus in te gaan.
2. HY BEGROND WAT HY SÊ IN DIE VERLEDE
Israel het tydens hulle woestyntog ook die geleentheid gehad om in die rus in te gaan, maar het hulle kans verbeur omdat hulle nie geglo het wat God vir hulle belowe het nie.
3. HY PRAAT MET DIE OOG OP DIE TOEKOMS
Daar wag nog ‘n Sabbatsrus vir die volk van God. Dit is die ewige lewe in God se koningryk. Ons huidige optrede bepaal ons ewige bestemming.
SKRIFLESING:
HEB 4 : 1 - 13
LIEDERE:
PS 84 : 1 & 4
PS 112 : 1,2,& 3
PS 130 : 1 & 2
PS 33 : 5
PS 89: 6 & 14
TEKSVERS:
HEB 4 : 12 & 13
Die woord van God is lewend en kragtig.
Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie.
Met hierdie fokustyd waarmee ons as gemeente besig is, vra ons dat u asb sal voorbidding doen vir die volgende sake:
1. Dat elke lidmaat erns sal maak met dit wat die Gees vir ons wil leer in hierdie fokustyd. Dat ons diep sal nadink oor of ons nog in lyn met God se woord funksioneer of nie en dat ons die krag sal kry om reg te stel wat verkeerd is.
2. Ons vra dat almal voorbidding sal doen vir die waterkrisis in die Kaap en ander droog getysterde gebiede in ons land en onsself verootmoedig dat God sal voorsien.
****************************************************************************
ONDERLINGE MEELEWING:
“Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk” (1 Kor 16:13)
1. Hartlik geluk aan Martin en Janita Greyling wat vanoggend hulle dogtertjie doop. (Beestekraal). Mag sy vir julle net vreugde bring en ons bid dat die Here julle die krag, liefde en wysheid sal gee om haar as ‘n ware verbondskind op te voed. Geluk ook aan Oupa Pieter en Ouma Bets du Preez asook die oorgroot-ouers Gert en Hannie van der Walt.
2. Hartlik geluk aan Edward Bates wat vanoggend sy geloof in die openbaar bely. (Beestekraal). Mag die Here jou deur sy Gees so lei dat jy hierdie geloof wat jy bely prakties sal uitleef tot eer van ons Koning en Verlosser Jesus Christus.
3. Hartlik geluk aan Petrus en Marthie Pretorius wat weer oupa en ouma geword het.
4. Hartlik geluk aan Gys en Rieta Kruger met die geboorte van hul tweede dogtertjie. Mag sy vir julle net vreugde en liefde besorg.
5. Anriëtte van der Walt is toe nie geopereer, soos beplan nie, omdat toetse gewys het dat sy ‘n mate van nierversaking het. Sy is die afgelope paar dae daarvoor behandel en die dokters sal Woensdag weer ‘n besluit neem oor wanneer die operasie sal plaasvind. Ons bid vir haar en haar geliefdes in die moeilike tyd.
KERSPROGRAM 3 DESEMBER
Onthou om die datum op jou kalender aan te teken. Dit is weer ons gemeente se beurt om die Kersprogram aan te bied. Die koor is kliphard aan die oefen en Venita is besig om ‘n interessante aanbieding vir die aand voor te berei. Die wat dalk nog in die koor wil kom saamsing, daar is nog geleentheid!
OUPLAAS BOEREWORS
Koos de Wet ( 072 270 5970) het weer van die baie gewilde Ouplaas Boerewors beskikbaar. Maak gerus met hom kontak. Die fondse word in die Gemeente se reserwefonds gestort.
VAKATURE: PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
DOGTERSAFDELING
Stuur aansoek en CV voor 30 November 2017 na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Onderhoude vind plaas op 5 Desember 2017. Skakel Kobus Vorster 012 3321366
KONKABRAAI ‘N GROOT SUKSES
Verlede Vrydag se konkabraai was ‘n reuse sukses. Almal het dit baie geniet. So ‘n lekker kuieraand doen ‘n mens mos die wêreldse goed. Baie dankie vir elkeen wat met die reëlings te doen gehad het en ook elkeen met die voorbereidings gehelp het. Julle het vir ons ‘n heerlike aand gereël. Ons maak weer so!
Verjaarsdae hierdie week:
13 Nov 1964 ANNELISE V D WALT 0829403208 WYK: B 6
13 Nov 1980 RIANDI ROBBERTSE 0825755635 WYK : D 2
14 Nov 1959 INA DE WET 0823561299 WYK : A 4
16 Nov 1970 PAUL SIEBERT 0846098675 WYK : E 3
5 November 2017
TEMA: SOLUS CHRISTUS
Ons verwelkom Prof Francois Viljoen verbonde aan die Teologiese Skool te Potchefstroom.
1. SOLUS CHRISTUS EN PAULUS
2. SOLUS CHRISTUS EN LUTHER
3. SOLUS CHRISTUS EN ONS
TEKSVERS:
Gal. 2 : 16
En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo.
Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.
SKRIFLESING:
Gal 1:6 -9 & 2: 1 -21
LIEDERE:
PS 84-1: 1,2
PS 27-3: 3,6
PS 104-2:15,16
PS 28-2:2
PS 28-2:5
SB 5-4:1,2
Ons verwelkom vanoggend vir Prof Francois Viljoen van die Teologiese Skool op Potchefstroom hier by ons. Die Teologiese skool wil deur die besoek kontak met die kerke in ons kerkverband uitbou en verstewig. Baie welkom Prof. en ons sien met verwagting uit na die erediens en gesprek na afloop daarvan.
KERKKANTOOR
Aangesien Anriëtte ‘n operasie ondergaan en vir ‘n tyd buite aksie sal wees, Sal Elsa Lourens (Tel : 082 775 3021) die werksaamhede in die Kantoor behartig. Baie dankie Elsa vir jou bereidwilligheid en hulp! Die kantoortye en al die werk gaan soos normaal voort.
FRANKFORT RIVIERTOER
Die reëlings vir die komende Frankfort Riviertoer is sterk op dreef.
Daar is nog drie weke oor vir inskrywings.
Kondig asseblief weer die naweek in julle gemeentes af sodat die kinders so vinnig as moontlik kan inskryf!
· Datum: 29 November tot 3 Desember 2017
· Plek: Frankfort-Tweeling distrik
· Koste: R770 per kind
· Wie: Alle hoërskoolkinders (enige denominasie soos vriende is ook welkom)
Baie dankie – ons waardeer die samewerking in die verband – NOG ALTYD!!
Semper Reformanda!! Ockie Struwig (VDM)
Gereformeerde Kerk Frankfort Tel: 058 813 1231
OPTOG TEEN MOORD MISDAAD EN PLAASMOORDE
7 NOVEMBER
Die nodige goedkeuring is verkry om TLU en Afriforum te ondersteun in die vorm van ‘n optog. Samekoms by Brits Sportgronde om 07:30 vm.
Bring jou trekker; stroper; motor of bakkie! Roete deur Brits dorp en daarna ‘n verootmoedigingsdiens weer op die Sportgronde.
Hierdie projek word ondersteun deur ALLE kerke in Brits en omgewing; Landelike Veiligheid en Boereverenigings.
FOKUSTYD: WEEK 3 :SOLUS CHRISTUS:
Die afgelope week kon ons tuis sowel as in ons groepe die tema Christus alleen bespreek. (Vandag se preek sluit hierby aan).
Hierdie is ‘n baie belangrike reformatoriese beginsel. ‘n Magdom dwalings ontstaan wanneer daar nie aan hierdie beginsel vasgehou word nie.
Die punt is : DIE HERE JESUS CHRISTUS IS DIE ENIGSTE EN VOLKOME VERLOSSER.
Sodra ‘n mens agterkom dat iemand iets sê soos: ”Om verlos te word moet jy in Christus glo, maar ook nog iets doen”. Die rooi ligte moet dan onmiddelik aangaan.
Iemand sal byvoorbeeld sê:
o Jy moet in Christus glo, en die Sabbat onderhou (Sewendedagse Adventiste)
o Jy moet in Christus glo en sigbaar die Heilige Gees ontvang deur om te val, te huil of lag ens. (Charismatiese Kerke)
o Jy moet glo in Christus en jou groot laat doop (Wederdopers en Charismatiese kerke)
o Jy moet glo in Christus en ook tot Maria en ander heiliges bid of glo in Christus, maar ook by die priester bieg oor jou sonde (Roomse Kerk)
Sodra jy hoor Christus PLUS… moet jy weet daar is fout!
Hierdie probleem kan egter ook maklik by ons as Gereformeerdes opduik as ons dink dat ons verlossing in Christus lê PLUS net sekere liedere sing of ‘n bepaalde Bybelvertaling of sekere kleredrag.
Ek en jy moet baie seker maak dat ons verlossing in Christus en Hom ALLEEN soek!
Kom ons dink hierdie week mooi of ons nie dalk dinge by Christus wil byvoeg om so ons verlossing op Christus PLUS … te prober bou nie.
Sterkte met die nuwe week se studie
Dr Danie De Kock
Voorbidding
Met hierdie fokustyd waarmee ons as gemeente besig is, vra ons dat u asb sal voorbidding doen vir die volgende sake:
1. Dat elke lidmaat erns sal maak met dit wat die Gees vir ons wil leer in hierdie hervormingstyd.
Dat ons diep sal nadink oor of ons nog in lyn met God se woord funksioneer of nie en dat ons die krag sal kry om reg te stel wat verkeerd is.
2. Dat ons as gemeente in eenheid sal groei deur ernstig te bid dat God ons sal wys waar ons bedrywighede nog nie Sy beeld toon aan die gemeenskap om ons nie en dat ons dit sal hervorming tot eer van Sy Naam. Mag God se Gees kragtig in elkeen van ons werk in hierdie fokustyd veral.
Verjaarsdae hierdie week:
5 Nov 1960 PIETER DU PLESSIS Sel: 0826558229 Wyk: D 3
6 Nov 1956 CORNELIA DU PLESSIS Sel: 0828785004 Wyk: D 8
8 Nov 1994 ZANMARIE DU PLESSIS Sel: 0795238174 Wyk: A 7
9 Nov 1975 HESTER MARX Sel: 0723725990 Wyk: A 4
10 Nov 1969 RINA CILLIERS-LABUSCHAGNE Sel: 0828927395 Wyk: B 7
10 Nov 1967 PIETER DU PREEZ Sel: 0837070469 Wyk: B 1
10 Nov 2004 LEANKE VAN DER WALT Sel: 0826766698 Wyk: E 1
11 Nov 1933 HANNIE DU PLESSIS Sel: 0825705274 Wyk: A 5
11 Nov 1977 HANNELIE KRUGER Sel: 0727460854 Wyk: A 1
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Tronkbediening
Vlgde Sondag by deur Emeritaatsfonds
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Hannes Venter
Diaken Albert du Plessis Seun Potgieter
Gasvryheid
Vandag: D 6 & D 7 A 2
Volg. Week: D 8 & E 1 A 3
ONDERLINGE MEELEWING:
Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, Die baard van Aäron. (Ps 133 : 1 en 2)
1. Ons is saam met Peet en Siska van der Walt verjeug en dankbaar vir die geboorte van hulle eerste kleinkind. Hul dogter Johanita en haar man André Lourens het die afgelope week ‘n seuntjie uit die Here se hand ontvang.
2. Anriëtte van der Walt gaan DV more vir ‘n ernstige operasie om ‘n gewas te verwyder. Ons bid dat die Here die werk van die dokters en ander mediese personeel sal seen en haar in die proses sal genees.
22 Oktober 2017
TEMA: ONS HERE JESUS VERANDER ONS GELOOFSLEWE - VAN ‘N LAS NA ‘N LUS?
Is jou en my godsdiens ‘n las of ‘n lus? Vir die Jode in die Nuwe Testamentiese tyd was dit ‘n las. So ook vir die mense tydens die Middeleeue in die Roomse Kerk. Om hierdie swaar las van die valse godsdiens te beskryf, gebruik die Here Jesus ‘n beeld. Hy noem die leer wat jy aanhang ‘n juk. Daarom is die vraag:
HOE LYK DIE JUK WAT JY DRA?
Joodse seuns wat op 16 jarige ouderdom nog verder wou studeer, kon vir hom 'n Rabbi kies. Hy het dan ‘n navolger van die betrokke Rabbi geword. Dan het die mense gesê: “Die seun neem Rabbi so-en-so se juk op hom.”
So ‘n Rabbi’s se juk was swaar. ‘n Hele klomp wette, reëls en voorskrifte moes streng nagekom word. Byna geen vryheid nie. En toe op ‘n dag kom daar ‘n Rabbi met die naam Jesus en sê: Kom na My toe,... Neem my juk op julle ....
DIE HERE JESUS SE JUK IS SAG EN SY LAS IS LIG
Luister na sy uitnodiging: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My....
Martin Luther se worsteling in blyk uit sy versugting: Waar kry ek ‘n genadige God? Die kerk weereens vasgevang in ‘n godsdiens wat ‘n las geword het.
Luther beleef bevryding toe Hy die Here se genade leer ken het. (Rom. 1:17 en Ef. 2:8 & 9) Die Here Jesus sê aan elkeen wat na Hom toe kom
JY SAL RUS KRY As jy nie die Here Jesus se juk opgeneem het nie, sal jou godsdiens jou moeg maak.
Jy gaan dan aanhou probeer, maar nêrens kom nie. As jy onder die leiding van die Gees in Christus leef, ervaar jy genade en ware bevryding. As jy die genade ken, sal jy vra: Aan wie moet ek hierdie week genade bewys?
TEKSVERS:
Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.
Matt. 11: 28 - 30
VELDSKOENVASTRAPFEES 28 Oktober 2017
CMRBrits PRETLOOP ten bate van die “Red ‘n Kind Projek”.
Doel
Om geld in te samel vir ons gemeenskap se kinders wat CMR Brits bemagtig om die kinders te help met skoolgeld, skoolklere, skool toere/uitstappies en terapie. Fondse word ook aangewend om hulpbehoewende gesinne te help met ‘n kos pakkie.
Neem deel aan die CMR Pretloop en ondersteun hierdie dag om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.
Bankbesonderhede van CMR Brits
Absa Bank
Rekening Naam CMRB
Rek nommer: 640 230 223
Tak nommer: 334-146 (Brits)
CMR Brits kan 18A en BEE sertifikate vir donasies uitrek.
Maak die keuse en maak ’n verskil!
**********************************************************************
KONKABRAAI Vrydag 3 Nov 2017 18:00
Dit is ‘n baie besige tyd van die jaar. Almal jaag rond en werk verbete.
Nou wat van ‘n rustige aandjie saam met gawe vriende, lekker kos en ontspannende musiek?
JuandréMarais kom vir ons optree.
Kaartjies is slegs R50 (R30 learskoolkinders) en is beskikbaar by die kontaksusters en Kerkkantoor. Bring net jou eie vleisie, drinkgoed, eetgerei en kampstoele saam en kom ontspan saam met ons.
******************************************************************
PROGRAM VIR DIE WEEK
23 Oktober |
Jeugbedieningsraad Verg |
19:00 |
Pastorie |
25 Oktober |
Omgee Bedieningsraad Verg |
19:00 |
Pastorie |
DIE DONKER IS NOOIT LEEG NIE
U word almal hartlik uitgenooi om te kom deel hê aan die herdenking van die Hervorming 500 gelede. Ons hoop om in die program ook by hernuwing te belig wat die Hervorming vir ons as 21e eeuse gelowiges beteken.
Ons begin om 18:00 met ‘n ligte ete op die gras en die program in die kerk begin om 19:00. Nooi asb u vriende en familie om ook te kom. Daar sal ‘n kollekte ten bate van Bybelverspreiding ingesamel word.
FOKUSTYD: VREUGDEVOL VRY!
Ek vertrou dat jy die afgelope week al so ‘n bietjie ervaar het wat dit beteken om onder die Here se genade te lewe.
‘n Mens se godsdiens kan so maklik vir jou ‘n las word in plaas van ‘n lus. Martin Luther het die bevryding ervaar om van ‘n belaste na ‘n bevryde godsdiens oor te skakel.
Saam met ons medegelowiges ervaar ons in ons groepe ook hierdie bevryding in die studies wat ons saam aanpak.
Indien jy nog wil inskakel, kan jy gerus ‘n boekie teen net R25 by die kerkkantoor koop en by ‘n groep inval. Saam met so ‘n lekker groep medegelowiges is jy geloofsgroei gewaarborg!
Wat beteken hierdie week se “ALLES NET GENADE” vir my persoonlik?
1. Het ek al regtig die Here se genade ervaar? Wanneer en hoe?
2. Hoe het hierdie genade my eie lewensbenadering verander?
3. Aan wie en op watter manier wil die Here hê dat ek die week genade sal bewys?
Ons bid dat die Here ons fokustyd ryklik sal seën.
Groete Danie.
Verjaarsdae hierdie week:
22 Okt 1985 JOPPIE PRETORIUS Sel: 0798823433 Wyk: E 6
23 Okt 1972 IKABOD MARX Sel: 0832915238 Wyk: A 5
28 Okt 1994 GRIZEL ENGELBRECHT Sel: 0832757764 Wyk: B 6
28 Okt 1949 JAN ERASMUS Sel: 0824546606 Wyk: A 2
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Kerkblad
Vlgde Sondag by deur Ekumenisiteit Buitel London
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler André de Wet
Diaken Elsa Lourens Annemarie Eloff
Gasvryheid
Vandag: D 2 & D 3 A 7
Volg. Week: D 4 & D 6 A 1
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde moet opreg wees, verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Romeine 12:9)
1. Br Rainer Schürger ondergaan DV hierdie week ‘n skoueroperasie. Ons bid dat die Here die operasie sal seën en dat hy gou sal herstel.
2. Hartlik geluk aan Petrus Rheeders (Japie en Gerda) wat as leier by Brits Laerskool verkies is. Geluk ook aan die oupas en oumas!
3. Hoërskool Brits het die afgelope week hulle prysuitdeling gehad. Heelwat van ons gemeente se kinders het wonderlike pryse vir puik prestasies op sowel akademiese- as sport- en kultuurgebied gekry.
Saam met julle ouers is ons baie dankbaar teenoor ons hemelse Vader vir die gawes wat elkeen van julle ontvang het.
Met al hierdie wonderlike pryse en toekennings kan ‘n mens baie maklik perspektief verloor en dink dat dit oor jou eie of jou kinders se eer gaan.
Daarom is dit belangrik om te onthou wat die Here deur sy apostel vir ons sê: Ons moenie werk om deur mense raakgesien te word nie of om in mense se guns te kom nie...
Hy sê: Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie......
(Kol. 3:22 en 23) Gee aan God die eer, dis immers alles net genade!
3 September 2017
TEKS: JESUS IS GESALF OM VAN ONS GESALFDES TE MAAK
Jesus die woorde van Jesaja 61, wat oor die gesalfde van God handel, op homself van toepassing.
Ons belydenis praat oor Jesus se werk en begin dan met die vraag:
1. WAAROM WORD JESUS CHRISTUS GENOEM?
En dan kom die antwoord: Omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en gesalf is tot ons hoogste Profeet, ons enigste Hoëpriester en ons ewige Koning.
Hierdie salwing het plaasgevind net nadat die Here Jesus gedoop is. Toe het die Heilige Gees soos ‘n duif op hom gekom. Hy het gekom om God se uitverkorenes te kom verlos en hulle in staat te stel om as koninkryksburgers te leef.
Die tweede vraag wat ons belydenis vra, is
2. WAAROM WORD JY ‘N CHRISTEN GENOEM?
En dan kom die antwoord: “Omdat ek deur die geloof ‘n lid van Christus is en daardeur deel aan sy salwing het...”
Hierdie salwing, waaraan ons deel het, het alles te doen met ons daaglikse lewe as gelowiges. Ons word ook profete, priesters en konings!
In jou en my lewe moet dit duidelik word dat ons gesalfdes is. Ons het werk om in die Here se koninkryk te doen.
TEKSVERS:
Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ‘n blye bood-skap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om die wat moede-loos is, op te beur.
Jes. 61: 1 - 3
PAUL KRUGER KINDERHUIS
"KERSFEES IN 'N BOKS PROJEK"
Kersfees begin al vroeg hierdie jaar, maar ons wil betyds vir elkeen vra om ons te help met hierdie projek vir die Kruger kinderhuis in Pretoria.
Ons beplan hierdie jaar "Kersfees in n boks" geskenke vir die kinders.
Ons het n koevert vir elke kind (57) met sy besonderhede en sy eie wenslysie wat hy opgestel het. Die lysie is net n riglyn wat die spesifieke kind baie graag wil he,
maar jy kan na sy ouderdom, skoen- en kleregrootte, ouderdom, geslag en stokperdjies kyk en self besluit wat jy in die skoenboks kan pak. Kry n standaard skoenboks,
versier hom binne en buite met kersfeesversierings en plaas jou geskenkies daarin met n persoonlike boodskap vir kersfees aan die kind met jou naam en van by as jy wil.
Die idee is dat dit n pakkie moet wees met n verskeidenheid geskenkies binne wat hom/haar so gaan verras! Die geskenkies saam moet min of meer R250 wees.
Skryf die kind se naam duidelik bo-op en wanneer jy gereed is kan jy my skakel sodat ek die pakkie kan kry.
Ons wil die pakkies eers einde November gaan aflaai en daarom is daar n redelike tydjie om elke maand ietsie te koop en in die pakkie te sit.
Die groter kinders hou baie van cd's of n geskenkbewys, maar dis jou eie besluit wat jy in die boks wil sit. Die kinders hou almal baie van afrikaanse musiek en glo veral van Bobby van Jaarsveld!
Skakel my indien jy n koevert wil neem.
Baie dankie dat ons op jou kan staatmaak - "Gee met liefde en maak n verskil!"
Riana Engelbrecht
0823009241
**********************************************************************
FOKUSTYD HERVORMING 500
Ons beplan ‘n fokustyd waar ons saam met die res van die Protestantse kerke oor die wêreld die 500 jarige herdenking van die Hervorming gaan vier.
Tydens die weke van 15 Oktober tot 19 November sal ons in ons groepe en wyke weekliks saam Bybelstudie oor die 5 sola’s van die Hervorming doen terwyl daar die betrokke Sondae aansluitend daarby gepreek sal word.
Martin Luther het sy 95 stellinge teen ‘n kerkdeur vasgenael en skielik kan jou geloof jou jou lewe kos! Nooit tevore het so veel afgehang van ‘n enkele keuse nie.
Te midde van boere-opstande en monnikgesang speel twee verhale van liefde hulle af teen die agtergrond van verraad en vergifnis.
Dit is waaroor Houtkruis, die grootste Afrikaanse musiekblyspel tot dusver gaan.Terwyl die brandstapel wag word Vader Phillip verhoor en kans gegee om sy woorde teen die pous
en die aflaatstelsel terug te trek en homself “te bekeer” van Luther se stellings oor genade deur Jesus se kruisdood alleen. Musiek wissel van verwerkings in
Gregoriaanse gesangstyl tot groot treffers soos Die Via Dolorosa, Hierdie Kind, en, U Ken My.
Die hoofrolle word vertolk deur Anrich Herbst, Zita Pretorius, Marno van der Merwe, Edrien Erasmus en Rouel Beukes.
Houtkruis word op Vrydag 3 November tot Sondag 5 November in die ou NG Kerk inRubensteinstraat Moreletapark opgevoer. Kaartjies wissel tussen R120en R200 en is beskikbaar by iTickets. (iTickets.co.za).
Verjaarsdae hierdie week:
4 Sep 1950 BESSIE DE WET Sel: 0827478810 Wyk: A 1
6 Sep 1970 TIENIE POTGIETER Sel: 0834109549 Wyk: A 2
8 Sep 2009 ANDRé NIEMAN Wyk: A 4
8 Sep 1953 EDDIE VAN DER MERWE Sel: 0832344135 Wyk: A 7
8 Sep 2009 JANEL VAN DER WALT Sel: 0823242406 Wyk: E 4
9 Sep 1937 SARIE PRETORIUS Sel: 0827242384 Wyk: D 1
9 Sep 1996 ALIDA SIEBERT Sel: 0844906015 Wyk: E 3
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Thusofonds
Vlgde Sondag by deur Ekumenisiteit Buitel London
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling André Rossouw Gerhard de Wet
Diaken Rainer Schurger Jannie du Plessis
Gasvryheid
Vandag: E 1 & E 2 A 7
Volg. Week: E 3 & E 4 A 1
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde moet opreg wees, verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld ...(Rom. 12:9 & 10)
1. Br Louta van der Walt het die afgelope week ‘n groot hartaanval gehad. Die Here was hom baie genadig. Hy het kon ‘n angiogram kry waartydens daar twee “stents” in van sy hartare geplaas is. Hy sterk tans goed aan.
2. Ons betuig ons innige meegevoel met Br Ferdie Kruger (Leeupoort). Sy ma, wat al oor die 90 jaar oud was, is die afgelope week oorlede.
3. Br Tjaart Strydom se gesondheid is die afgelope tyd nie na wense nie. Ons dra hom op aan ons hemelse Vader.
23 Julie 2017
TEKS: DIE WOESTYN HELP MY OM TE GROEI.
God se optrede is nogal dikwels vir ons totaal onverstaanbaar. Dit maak ‘n mens se kop deurmekaar. Soms hoor jy mense vra: Hoe kan ‘n God van liefde so iets toelaat?
1. GOD LEI DIE WAT HY LIEFHET DIE WILDERNIS IN
God lei sy verbondsvolk nie op die kortpad na hulle beloofde land toe nie. Hy lei hulle met ‘n ompad deur die woestyn. En dan sy eie Seun......
Pas nadat Hy gesê het dat Hy Hom oor sy Seun verheug, lei Hy vir Jesus die woestyn in, en luister na die rede! ...... Om daar deur die duiwel versoek te word.
2. GOD LEI JOU NA SY TOETSGROND
As Hy jou op ‘n lang en moeilike pad laat loop, is dit omdat Hy jou toets of jou beproef. Die vraag is uiteindelik: Hoe reageer ek en jy wanneer ons getoets word? Soms word mense kwaad of begin om God te verwyt.
3. GOD SE TOETSE MAAK ONS STERK IN SY KONINKRYK
In Deut. 8:3 staan:
Hy het dit gedoen om jou te leer dat ‘n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom.
God se Woord is Christus. Dit gaan oor ons verlossing in Christus. As ons onder leiding van die Heilige Gees in die geloof aan Hom vasgryp, is ons selfs in die moeilikste omstandighede oorwinnaars.
TEKSVERS:
Toe is Jesus deur die Gees die woes-tyn in gelei om deur die duiwel versoek te word
Deut. 8: 1 &
Matt. 4: 2
DIT GAAN NIE OOR GEBED SE KRAG NIE, MAAR OOR GOD S’N
“Gebed het krag.” Baie boeke en gesprekke oor gebed berus op hierdie uitgangspunt. Tog is krag nie die punt van gebed nie.
As gebed bloot net krag sou hê, dan verskuif ons fokus vanaf God na gebed as ’n doel opsigself. In dieselfde asem verskuif die fokus dan ook na onsself wat daardie krag moet ontsluit.
Dan handel die “krag” van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad het en nie oor God nie. “Kragtige gebede” kan gou-gou ’n selfsugtige roete word, want resultate is dan al wat saak maak.
Net so min as wat enige liefdevolle verhouding tussen ouers en kinders uitkoms-aangedrewe is, net so min is gebed primêr gerig op uitkomste en antwoorde. Dan verskraal ons God tot ’n Antwoordverskaffer.
Of tot die Een wat gedurig moet regstaan om ons gebede te verhoor sodat ons vir almal kan vertel van die “krag” van gebed.
Terloops, dink net hoe ongelukkig sal jyself wees as jou kinders gedurig vir almal vertel hulle het krag oor jou want hulle kry jou so ver om vir hulle te gee wat hulle wil hê.
Dan sal jy dink dat hulle jou net tot hulle eie voordeel probeer gebruik om dinge vir hulleself te kry. So mag ons nooit oor die krag van gebed dink nie, want gebed gaan heel eerste, orals en altyd oor God!
Wanneer ons opreg met God praat, behoort ons nie nog die tyd of die lus oor te hê om te wonder of ons kragtig gebid het nie.
Ons is nie daaglikse verbruikers van God se krag, soos wat ons dalk verbruikers van Eskom se krag is nie. Gebed wat reg gebeur gaan altyd oor God.
Dit klink na iets maklik om te sê, maar om dit te beoefen, is iets anders. Want eintlik gaan baie gebede nie so baie oor God soos wat dit moet nie. Te veel van ons gebede is behoefte aangedrewe
Dit moet einde kry. Gebed is om leeg gestroop van onsself voor God neer te val. Dit is om al ons hoop op die Here te plaas. Gebed is leeg en vol tegelyk – leeg van onsself en vol van God se grootheid en eer.
So bid ons reg.
Stephan Joubert
PROGRAM VIR DIE WEEK
25 Julie Susters Blok E 17:00 Pastorie
26 Julie Jeugbedieningsraad Verg 19:00 Pastorie
27 Julie Susters Beestekraal 16:00 Beestekr. Stasie Rest.
30 Julie Susters Soutpansdrift 11:00 Moederskamer (na erediens)
Verjaarsdae hierdie week:
23 Jul 2005 JAKOBUS DE WET Sel: 0827871952 Wyk: A 7
23 Jul 1993 ANDRE MOOLMAN Sel: 0721982558 Wyk: E 5
23 Jul 1987 CORNEL MOOLMAN Sel: 0798372857 Wyk: E 7
24 Jul 1976 NADIA NEUHOFF Sel: 0820819392 Wyk: D 4
24 Jul 1955 SUSAN VENTER Sel: 0824604695 Wyk: A 4
25 Jul 1950 MARTHINUS BRUWER Sel: 0836787579 Wyk: B 7
27 Jul 1998 ELSA SIEBERT Sel: 0727150332 Wyk: E 3
28 Jul 1961 DONNIE DU PLESSIS Sel: 0781202394 Wyk: D 3
28 Jul 1959 ANDRÈ JOUBERT Sel: 0833692800 Wyk: E 3
29 Jul 1966 MARTHIE GROBLER Sel: 0794950705 Wyk: D 5
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Gert Postma Thinus Eloff
Diaken Frikkie van der Walt Jannie du Plessis
Gasvryheid
Vandag: B 6 & B 7 A 1
Volg. Week: D 1 & D 2 A 2
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Studentekas
Vlgde Sondag by deur Plaaslike Sending
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
ONDERLINGE MEELEWING
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighededankbaar, want dit is wat God in Christus van julle verwag. (1 Tess 5:16 – 18)
1. Ons betuig ons innige meegevoel met Sr. Rina Scheepers wie se kleinkind die afgelope week oorlede is. Ons bid dat die Here haar en haar kinders in die moeilike tyd sal vertroos en versterk.
2. Ons is dankbaar om te verneem dat dit die afgelope paar dae heelwat beter met Br. Bossie Bosman gaan. Ons vertrou dat die Here hom verder sal versterk.
3. Ons is die Here dankbaar vir die welgeskape kleinseun (Izak en Willemijn) wat ons die afgelope week uit die Here se hand ontvang het. Baie dankie vir al die gelukwensings. Danie en Venita.
9 Julie 2017
TEKS:LEWE JY MET 'N VUIS VOL MOEITE OF UIT DIE OOP HANDVAN GOD?
Die Prediker was iemand wat nogal ‘n bietjie dieper na die lewe gekyk het. In Hfst 1:13 sê hy:
Ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur te ondersoek en behoorlik te deurdink.
Kom ons kyk saam met hom hoe ons die lewe moet aanpak.
1. PROBEER JY ALLES UIT DIE LEWE UITHAAL?
Die meeste mense van ons tyd is op wins ingestel, op groei, op ontwikkeling en uitbreiding. Daarmee saam ontstaan die vals gedagte dat die rykes gelukkig is terwyl die armes noodwendig ongelukkig sal wees.
Ander mense voel weer dat hulle moet
2. PROBEER OM ALLES IN DIE LEWE IN TE SIT!
Meer tyd, meer krag, meer moeite, meer vriendelikheid, meer liefde. Hulle sê: Moenie net probeer om uit te haal nie. Jy moet insit. Jy kan net wins kry as jy reg belê en genoeg belê.
Net deur harde werk kan jy sukses behaal. Hierdie lewe as dit sonder God is, is 'n sinlose lewe....... Dit is net 'n gejaag na wind. Wat moet 'n mens dan doen om sinvol te leef?
3. KLIM LIEWER SELF IN DIE LEWE IN!
Luister na die Prediker se raad: Eet jou brood met vreugde..., dra wit klere..., geniet die lewe ... die lewe wat God jou in hierdie wêreld gegee het. Die lewe wat God ons deur sy Gees gee, is die nuwe lewe in Christus. Dit alleen is sinvol.
TEKSVERS:
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, die lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wê-reld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie
Pred. 9: 7 - 10
WILDSVLEIS SKENKINGS
Koos de Wet vra asb. skenkings vir enige soort wildsvleis soos vlakvark, koedoes, rooibokke, blouwildebees ens. Skakel hom by 072 270 5970.
KONINGSKINDERSKAMPAFSLUITING
Ons verwelkom vanoggend die kinders, groepleiers en almal wat betrokke was by die kamp hier by ons in die erediens. Welkom ook aan van die ouers van die koningskinders wat vanoggend saam met ons is.
Vanoggend is die afsluiting van die kamp. Dit was vir ons as gemeente en in besonder vir Jana Leibbrandt en haar span ‘n besondere voorreg om die afgelope week se koningskinderskamp te kon aanbied.
Ons vertrou dat elke leerder wat die kamp bygewoon het werklik tydens die kamp die lig en liefde van ons Here Jesus Christus kon beleef.
‘n Besondere woord van dank aan elkeen wat by die reëlings, aanbieding en ook die ondersteuning van die kamp betrokke was.
HET JY ‘N GOEIE ONDERWYSER IN JOU LEWE?
“Wat, ek sit al jare lank nie meer op die skoolbanke rond nie,” antwoord jy dalk in reaksie op hierdie opskrif. Nee wag, ek bedoel nie ‘n skool-onderwyser nie.
Ek praat van ‘n leef-onderwyser. Die regte term vir so iemand is ‘n mentor of ‘n “life-coach.” Te veel mense trap in die slaggat om nooit teenoor enigiemand anders aanspreeklik te wees nie.
Daarom leef hulle twee lewens wat niks met mekaar te doen het nie- een in die kerk en ’n ander een by die werk. In 2 Konings 12:1-3 lees ek dat koning Joas so ‘n geestelike leermeester gehad het.
Dit was die priester Jojada. Solank as wat Joas op ‘n een-tot-een basis met hierdie man van God kontak gehad het, het hy gedoen wat God van hom vra.
Solank as wat Joas teenoor ‘n man van God aanspreeklik was vir sy woorde en dade, het hy koersvas op die Here se pad gestap. Joas het toe iemand gehad wat hom kon leer wat God se wil is.
Het jy ook so iemand in jou lewe? Is jy leerbaar en nederig genoeg vir so 'n pad? Deur Stephan Joubert
ONDERLINGE MEELEWING
Die Here is my herder; ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. (Ps. 23:1 – 3)
Pieter en Marinda du Plessis het die afgelope week oupa en ouma geword. Die Here het aan hulle dogter, Anneke en haar man Bart Tijssen, ‘n dogtertjie geskenk.
Van ons almal: Hartlik geluk. Mag sy tot groot seën vir julle wees.
Verjaarsdae hierdie week:
9Jul 1955 LETTIE PRETORIUS Sel: 0761294777 Wyk: A3
10 Jul 1955 JOHAN DE WET Sel: 0823749158 Wyk: D3
11 Jul 1950 CARL LENSLEY Sel: 0822993313 Wyk: A5
12 Jul 1972 ELIZABETH LENSLEY Sel: 0797053852 Wyk: A5
13 Jul 1964 ANDRÈ DE WET Sel: 0827859197 Wyk: A4
13 Jul 1988 JACO DU PLESSIS Sel: 0798176476 Wyk: E06
14 Jul 1955 BANIE GROBLER Sel: 0828320133 Wyk: D7
15 Jul 1949 CHRISTO DU PLESSIS Sel: 0762855878 Wyk: D8
15 Jul 1958 FANUS KRUGER Sel: 0827540646 Wyk: A3
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Kerkblad
Vlgde Sondag by deur CMR
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Koos de Wet Gerhard de Wet
Diaken Hans van der Walt Jannie du Plessis
Gasvryheid
Vandag: B 1 & B 2 A 6
Volg. Week: B 3 & B 5 A 7
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.
2 Julie 2017
TEKS: GOD SE VOORSIENIGHEID WAARBORG ONS SEKERHEID
Alles wat bestaan, is deur God geskep. Alles wat geskep is, is vir hulle voortbestaan geheel en al van God afhanklik.
1. WAT IS GOD SE VOORSIENIGHEID?
Volgens ons belydenis (HK Son 10 vr. 27) is dit die almagtige en alomteenwoordige krag van God. In Hand. 17:28 sê Paulus: ... deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.
2. DIE REIKWYDTE VAN GOD SE VOORSIENIGHEID
Daar is letterlik niks in die hele skepping wat buite God se beheer en bestuur staan nie. God bepaal wat moet gebeur en sal gebeur (Gen. 50:20 en Hand 2:23) Ons Here Jesus het sy dissipels ook verseker:
Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matt 28:18).
3. DIE DOEL VAN GOD SE VOORSIENIGHEID
God beheer en bestuur die hele skepping volgens sy plan wat reeds voor die grondlegging van die wêreld vasgestel is. Alles loop uit op die volledige openbaring van God in sy ewige hemelse koninkryk.
TEKSVERS:
God wat die wêreld met alles wat daar-in is, gemaak het, Hy is die hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense ge-maak is nie.
Hand. 17: 24 & 25
‘N KERK VIR DIE DOOIES?
Ek het een keer die verhaaltjie gehoor van ‘n Engelse dominee wie se kerkie leeggeloop het. Op ‘n dag het ‘n amptenaar van sy kerk se sinode
vir hom kom sê hulle gaan sy gemeente sluit tensy hy iets dramaties regkry binne die volgende drie maande.
Moedeloos gaan stap die leraar een middag deur die begraafplaas waar hy oor baie jare die een gemeentelid na die ander begrawe het.
Toe hy weemoedig na die grafte kyk, val dit hom by dat een van die oorledenes op ‘n dag vir hom gesê het hy sal na sy dood op Sondae ‘n draai in die kerk kom maak omdat dit so lekker daar was. Toe kry die dominee ‘n idee.
Hy het homself verbeel dat al die gemeentelede wat reeds gesterf het skielik weer Sondae sy kerkie vol sit. Hy het hulle name sommer ook weer in sy kerk se lidmaat-register ingeskryf.
Sondae het die dominee toe vir al sy dooie lidmate gepreek asof hulle almal daar gesit het. Toe die amptenaar van die kerk drie maande later weer by die leraar kom besoek aflê,
kon hy sy oë nie glo toe hy in die gemeente se boeke lees hoe die lidmate skielik begin groei het nie. Maar hy het nie geweet dat dit eintlik die dooies is wie se name opnuut op die kerk se boeke verskyn het nie.
Op hierdie manier kon die ou leraar rustig voortgaan met sy bediening aan leë sitplekke wat in sy verbeelding op Sondae met al die dooies gevul was.
Hierdie verhaaltjie ontlok ‘n stukkie deernis by mens vir ‘n moedelose prediker wat alle kontak met die werklikheid verloor het. Ons mag nooit in dieselfde put as hy beland nie.
Ons moet in pas met Christus leef in 2017. Hy is op ‘n dinamiese wyse met sy kerk deur die geskiedenis onderweg. Natuurlik sal die lewende Water wat Christus deur alle eeue aan mense uitdeel, nooit verander nie.
Maar die houers waarin Hy wil hê dat ons dit na ‘n dorstige wêreld toe moet aangee, moet relevant bly binne ons eie konteks.
Die tydlose evangelie van Christus moet elke sag kraakvars nuut gehoor, geglo, uitgeleef en gedeel word. Anders gaan die huidige kerklike stagnasie en die voortslepende emigrasie uit die kerk nie gestuit word nie.
Die bewys van die aanwesigheid van die egte evangelie van Christus is dat dit steeds hier in ons eie dag mense se lewens aanraak en verander.
Sorg asseblief dat jyself in pas met Jesus se voetval bly, dan hoef jy nie eendagsaam met die dooies kerk te hou nie.
deur Stephan Joubert
WILDSVLEIS SKENKINGS
Koos de Wet vra asb. skenkings vir enige soort wildsvleis soos vlakvark, koedoes, rooibokke, blouwildebees ens. Skakel hom by 072 270 5970.
KONINGSKINDERSKAMP 2017
Ons kamp vir sowat 50 leerders begin na baie afwagting vandag te Thaba Morula en eindig weer op 8 Julie met ‘n diens by die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier.
Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om die Kerkraad en alle lidmate wat ons gehelp het om die kamp moontlik te maak, opreg te bedank.
U gebede, skenkings en omgee word oneindig baie waardeer. ‘n Besonderse dank aan die groepleiers en belydenisklas wat bereid is om ons in hierdie week uit te help om leiding te gee en die leerders meer te leer van Jesus, ons Verlosser.
Ons nooi graag enige iemand wat belangstel om Saterdagmiddag so tussen 13:00 en 17:00 ‘n draai te kom maak en net lekker saam ons te kuier.
Vriendelike Groete
Jana Leibbrandt
ONDERLINGE MEELEWING
1. Sr. Janita Greyling was die afgelope week in die hospitaal met nierprobleme. Sy het behandeling ontvang en dit gaan sommer heelwat beter. Ons bid dat die Here haar nuwe lewenskrag en gesondheid sal skenk.
2. Br. Jan Erasmus is nogsteeds onder behandeling vir pankreaskanker. Ons dra hom op aan die troue sorg van ons hemelse Vader.
3. Sr Rina Scheepers het slegte nuus ontvang. Die kanker in haar ingewande het verder versprei. Ons bid dat die Here haar en haar geliefdes sal vashou en dra in hierdie moeilike tyd.
Ons weet dat God selfs vir ons in die moeilikste omstandighede alles ten goede laat meewerk.
Verjaarsdae hierdie week:
2 Jul 1950 RITA KLOPPER Sel: 0794959415 Wyk: A 6
2 Jul 1980 ANDRé NIEMAN Sel: 0782428098 Wyk: A 4
2 Jul 1947 SEUN POTGIETER Sel: 0782520140 Wyk: A 5
2 Jul 1978 FLORIS VAN DER WALT Sel: 0827803223 Wyk: E 1
2 Jul 2007 HENDRO VAN DER WALT Sel: 0826756698 Wyk: E 1
2 Jul 2003 GERT VENTER Wyk: E 3
3 Jul 1986 HANNES GROBLER Sel: 0723944370 Wyk: E 4
5 Jul 1965 PIETER DU PLESSIS Sel: 0782568957 Wyk: D 4
5 Jul 1952 STEVE VAN DER WALT Sel: 0828932667 Wyk: A 6
5 Jul 1948 HANNES VENTER Sel: 0828519463 Wyk: A 2
5 Jul 1969 PAUL VENTER Sel: 0836539724 Wyk: D 3
8 Jul 2000 RICUS DU PLESSIS Sel: 0723133200 Wyk: B 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Thusofonds
Vlgde Sondag by deur Kerkblad
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Gert Postma Hannes Venter
Diaken Martin Greyling Annemarie Eloff
Gasvryheid
Vandag: E 6 & E 7 A 5
Volg. Week: B 1 & B 2 A 6
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.
25 Junie 2017
TEMA: AS JY SAAM MET DIE HERE JESUS WIL WEES, KLIM TERUG IN DIE SKUIT
AS JY SAAM MET DIE HERE JESUS WIL WEES, KLIM TERUG IN DIE SKUIT
Is jy in die skuit of probeer jy soos Petrus op die water loop? Hierdie vraag is belangrik, want so kan jy jou eie benadering tot geloof in die Here Jesus toets.
DIE DISSIPELS WORSTEL SONDER JESUS
Nadat hy die meer as 5000 mense kos gegee het, stuur die Here Jesus sy dissipels weg met die skuit. Hy stuur hulle in ‘n storm in terwyl hy gaan bid.
DIE DISSIPELS IS VERWARD WEENS ‘N ONBEKENDE JESUS
Terwyl hulle deur die wind en wolke geteister word en nie werklik vordering maak nie, kom die Here Jesus op die water na hulle aangestap. Hulle herken Hom nie. Petrus wil in sy voortvarendheid ook op die water loop.
DIE DISSIPELS AANBID DIE GEOPENBAARDE HERE JESUS
Toe die Here Jesus, met Petrus aan die hand, in die skuit klim, word die waters kalm. Daar in die skuit ervaar hulle die kalmerende teenwoordig-heid van die Here Jesus en daar aanbid hulle Hom.
Teksvers: Hulle het toe in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Die man-ne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
Matt. 14:32 & 33
BRIEF ONTVANG VAN: SINODALE DEPUTATE DIAKONALE SAKE
DIE VOORSITTER
KERKRAAD, DIAKONIE EN SUSTERS
BRAND- EN STORMSKADE BY KNYSNA EN OMGEWING
Ons is almal bewus van die geweldige brand- en stormskade by Knysna en omgewing en dat mense tans in groot nood verkeer.
Die komitee wat die Noodfonds hanteer het reeds ‘n bedrag bewillig om na die GK Eden (Knysna en Plettenbergbaai) oor te plaas.
U word vriendelik versoek om die nood in u gemeente bekend te maak met die versoek aan lidmate om aan die noodlydendes in die Suid-Kaap in hul gebede te dink.
Waar lidmate dit ook in hulle harte vind om ook ‘n bydrae te maak om die nood te verlig, versoek ons vriendelik dat diakonieë enige bydraes na die volgende rekening sal oorplaas:
ABSA - Rekeningnaam: SDDS Rekeningnommer: 3330141750
Takkode: 632005 Verwysing: Nood Eden
U broeder in Christus HSJ Vorster Skakeldeputaat
Lidmate wat nog kontant wil bydra vir die Knysna Hulpfonds, kan die geld in ‘n koevert sit en dit net merk “Knysna” en Sondag in die sakkies gooi.
Klere, blikkies kos en komberse kan nog by die kerkkantoor ingehandig word. Sover gaan ons gemeente ongeveer R20 000 oorbetaal asook ‘n klompie voorraad stuur.
VERJAARSDAE VIR DIE WEEK
25 Jun 1960 HANNETJIE GROBLER Sel: 0823003742 D 7
25 Jun 1996 STRAUSS KRUGER Sel: 0827540646 A 3
25 Jun 2007 IVAN LOUW E 4
25 Jun 1991 ANNA-MARIE VAN DER WALT Sel: 0739160033 E 5
26 Jun 1950 BABSIE BOSMAN Sel: 0835564906 D 8
26 Jun 1968 JOPPIE DU PLESSIS Sel: 0836292055 A 5
30 Jun 1973 DERICK RHEEDERS Sel: 0827807200 E 1
1 Jul 2016 MARCO DU PLESSIS E 1
GEBEDSGROEP
Ons vra voorbidding vir die fokustyd waarmee ons na die Julie skoolva-kansie gaan begin. Ons vra dat u bid dat ons as gemeente sal groei om een te wees in Christus.
Dat die heilige gees ons sal vul en sal onderrig in wat die Here van ons as liggaam van Christus verwag.
Almal is welkom om ook saam te kom bid vir die gemeente elke Sondag oggend om 9:30.
VRYGEWIGHEID IS NIE NET VIR RYKES BEDOEL NIE, MAAR OOK VIR MY
Iewers het die idee in my eie kop posgevat ek moet ekstra geld hê voordat ek iets kan weggee, of ‘n bydrae kan maak vir die Here se werk.
Dalk het dit gebeur toe die diaken in my kinderdae vir die kerk kom kollekteer het by ons huis. Een keer het ek vir hom gevra of ek ook ‘n paar sent mag bydra.
Toe het my pa en die diaken gelag en verder gesels. Tog het ons almal iets om met mekaar te deel. Selfs diegene met twee stelle klere op hulle naam, het een stel om te deel, sê Johannes die Doper in Lukas 3.
Vrygewigheid het niks te make met die oorvloed of gebrek aan dinge op jou eie naam nie. Vrygewigheid is eerste ‘n hart-ding.
As die Here jou hart aangeraak het om mededeelsaam te leef, dan klou jy nie aan jou besittings vas asof jou lewe daarvan afhang nie. Dan is jou hart vry en jou hande oop.
Dan gee jy. Jy gee jouself. Jy gee jou tyd. Jy gee jou aandag. Jy gee jou talente. Jy gee jou sente en rande. Jy deel jou hulpmiddels.
...... Jy gee jou hart......
deur Stephan Joubert
ONDERLINGE MEELEWING
Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, julle moet mekaar liefhê(1 Joh. 3:11)
Hartlik geluk aan Gert en Hannie van der Walt met die geboorte van ‘n volgende agterkleinkind.
Ons betuig ons innige meegevoel met Elsa Lourens wie se swaer die afgelope week oorlede is.
Ons betuig ook ons innige meegevoel met ds. Danie Smit en sy vrou Sannie wie se swaer ook die afgelope week oorlede is.
Beide Faan en Johnnie Pretorius moet nog verder behandeling teen kanker ondergaan.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Emeritaatsfonds
Vlgde Sondag by deure Thusofonds
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling André Rossouw Thinus Eloff
Diaken Hannes Grobler Seun Potgieter
Gasvryheid
Vandag E 4 en E 5 A 4
Volgende Sondag E 6 en E 7 A 5
PROGRAM VIR DIE WEEK
Maandag 26 Junie Predikant Huisbesoek Gert Postma 19:00
LEKKER WINTERVAKANSIE
Ons wens al ons onderwysers en kinders ‘n heerlike vakansie toe. Geniet die laatslaap en ontspan. As julle op die paaie gaan, wees asb versigtig en kom veilig terug.
30 April 2017
TEMA: DIE HERE JESUS WIL JOU WARE LIEFDE SIEN
situasies laat beland. Dit is maar twee van die baie lesse wat Simon Petrus as dissipel van die Here Jesus moes leer.
PRAAT IS MAKLIK
Toe die Here Jesus met sy dissipels oor sy gevangeneming en kruisdood praat, sê Petrus: Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie.
Selfs toe Jesus gevange geneem word, is die impulsiewe Petrus bereid om in te spring en die slaaf van die hoëpriester se oor af te kap.
WAT GEBEUR AS DIE TOETS KOM?
Toe die Here Jesus gevang word, hardloop al sy dissipels weg. Hulle wat so seker was van hulle liefde en toewyding!
n Petrus? Voordat die haan ‘n tweede keer kraai, verloën hy die Here Jesus die derde keer.
DIE HERE BLY GETROU EN WIL ONS ELKEEN IN SY DIENS GEBRUIK
Hy gaan soek vir Petrus, wat op sy ou weë teruggeval het, weer op. Petrus se oortreding word vergewe en die Here herstel hom in sy diens.
Teksvers:
“Here, U weet alles. U weet dat ek U lief-het.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.”
Joh. 21: 15—17
ONDERLINGE MEELEWING
Die Here is my herder; ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. (Ps. 23:1 – 3)
Dit gaan op die stadium maar moeilik met br. Jan Erasmus wat tans op ‘n ernstige program van chemo-behandeling is.
Ons bid dat die Here hom en sr Joey sal vashou en dra in die moeilike tyd.
Sr Hester Riekert verduur nog heelwat pyn in die been waar die knievervanging gedoen is.
Sr. Arina de Jager het ook nog heelwat pyn en ongemak na haar knievervanging.
Vrydag 5 Mei 2017
14:00 — 18:30 Aankoms
19:00 Frank Opperman se vertoning en kaas en wyn
Saterdag 6 Mei 2017
7:00 — 8:00 Koffie en beskuit by Karavaan se lapa
8:30 — 10:00 Bespreking by Rietlapa
10:30 — 12:00 Laatontbyt by Karavaanlapa (Elkeen bring eie eiers, spek/worsies/ broodjies ) Ons eet en kuier almal lekker saam.
12:00 — 14:00 Kuier en rus.
14:00— 16:30 4 x 4 pret
16:30 — 17:30 Sononder op die koppie
18:00 — tot laat Bring en braai by Karavaan se lapa. (Elkeen bring eie vleis en n bak slaai vir ongeveer 12 mense)
Sondag 7 Mei 2017
8:00 Erediens Beestekraal
10:00 Erediens Soutpansdrift en Katkisasie
12:00 Saameet by Karavaan se lapa ( Ons eet hamburgers saam:
alles word voorsien)
Classics is groot
24 Junie 2017 om 19:30 Moreletapark Ouditorium
Jannie Moolman—Corlea Botha - Johannesburg Balletgeselskap -Joseph Clark - Coleske - en die Nederlandse sangsensasie , Amira gaan vir ‘n ongelooflike musiek-ervaring sorg.
Slegs 20 kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar spesiaal aangekoop vir ons senior lidmate @ R350 pp. Ander lidmate is ook welkom om kaartjies te koop @ R425 pp.
Saamry-geleentheid sal gereël word.
WILDSVLEIS SKENKINGS
Koos de Wet vra asb. skenkings vir enige soort wildsvleis soos vlakvark, koedoes, rooibokke, blouwildebees ens. Skakel hom by 072 270 5970.
Tronkbediening: CROSSROADS (CPM) - Mentor Konferensie - DV 6 Mei 2017
Gaste uit Amerika
Alle instrukteurs en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na die jaarlikseCPM Konferensie op DV Saterdag 6 Mei 2017 om 10:30 te GK Die Kandelaar.
Kom ontmoet ons Uitvoerende Direkteur, Lisa Blystra, die Internasionale Direkteur, Cynthia Williams, asook die Internasionale Koördineerder, Jacob Busscher.
Ons spesiale gaste uit Amerika gaan ons meer kom vertel EN Video vertoon oor die CPM tronkbediening wêreldwyd asook hul toekomsplanne.
U kan RSVP by Marieke per e-pos ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ) of per SMS (061 031 9498). U wil dit nie misloop nie!
BEROEPE ONTVANG
Dr HM Zwemstra (Heinrich) van Pretoria-Annlin na Walvisbaai.
BEROEPE AANVAAR
Dr PJ de Bruyn (Paul) van Oos-Londen na Windhoek-Suid.
BEROEPE BEDANK
Ds WM van der Waal (Willem) van Linden na Walvisbaai.
Verjaarsdaehierdie week
26 Apr 1976 SUSSA DE WET Sel: 0832365519 A 3
30 Apr 2008 MARLIONET FOURIE Sel: 0735602215 D 1
30 Apr 1924 KITTY VAN DER WALT Sel: 0738229500 D 6
3 Mei 1963 ISABEL DU PLESSIS Sel: 0828896754 A 1
3 Mei 1967 ZANNE DU PLESSIS Sel: 0828874385 A 1
4 Mei 2013 WIKUS NIEMAN A 4
4 Mei 1979 ANIKA VAN DER WALT Sel: 0824121562 E 4
4 Mei 1990 SHYANN VAN WYK Sel: 0836558999 E 7
5 Mei 1959 FANIE BRIEL Sel: 0822192828 D 4
6 Mei 1961 WILLIE DU PLESSIS Sel: 0727096826 D 4
6 Mei 1986 HANSIE VAN DER WALT Sel: 0716060159 E 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Davron
Vlgde Sondag by deure Emeritaatsfonds
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Koos de Wet Thinus Eloff
Diaken Derick Rheeders Jannie du Plessis
Gasvryheid
Vandag B 2 en B 3 A 3
Volgende Sondag B 5 en B 6 A 4
PROGRAM VIR DIE WEEK
Dinsdag 2 Mei Predikant Huisbesoek D 3 Barry Bedford
Woensdag 3 Mei Kerkraadverslag Verg. 19:00 Kerksaal
Donderdag 4 Mei Predikant Huisbesoek D 3 Barry Bedford
16 April 2017
TEMA: CHRISTUS VERLOS EN VERNUWE ONS OM GOEIE WERKE TE DOEN
Was jy al beïndruk met ander godsdienste se goeie werke? Christene word dikwels beïndruk met die voorkoms en optrede van ander gelowe.
Boeddhiste en sommige Moslems doen byvoorbeeld baie moeite om goeie werke te doen.
Die Bybel leer ons dat mense se beste werke soos ’n vuil en besoedelde kleed is. Soos ’n bedelaar wat jou voorruit met ’n olierige lap wil was en dit eintlik net verder besmeer, is ons beste werke besoedel met sonde.
Die goeie werke waarmee ons so maklik beïndruk word, is dikwels besmet met hoogmoed en bybedoelings soos om aansien by mense te verwerf of om guns by God te verdien.
As gevolg hiervan moes Christus vlees word om onbesoedelde goeie werke te kom doen en uiteindelik deur die “goeie werk” aan die kruis vir al ons sonde en besoedelde werke te sterf.
So verskil ons van ander godsdienste en selfs sommige Christene wat uit hulle eie goeie werke wil betaal om vir ewig te mag lewe.
Ons glo dat Christus ons van die ewige straf vir sonde verlos het deur sy goeie en volmaakte werk aan die kruis.
Maar daar is nog ’n gevaar aan die anderkant! ’n Slaggat waarin baie gelowiges trap is om onder die indruk te kom dat ons geen goeie werke hoef te doen nie. Christus het reeds alles vir ons gedoen.
Is dit die waarheid? Nee! Die Bybel leer ons om wel goeie werke te doen.
Goeie werke kan nie ’n mens verlos van die straf vir ons sonde nie, maar goeie werke het ’n belangrike plek in ons geloofslewe.
Die Heidelbergse Kategismus gee baie aandag daaraan, Sondag 32 – 52 fokus op die goeie werke wat ons uit dankbaarheid vir ons genadige verlossing moet doen. Vanoggend staan ons by Sondag 32 stil.
Teksvers:
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God.
Ef. 2: 8—10
DAG VAN VEROOTMOEDING : 22 APRIL 2017
Die geleentheid val saam met die saamtrek van Angus Buchan te Bloemfontein.
Nie almal kan Bloemfontein toe gaan vir die byeenkoms daar nie,
daarom is daar ‘n geleentheid plaaslik geskep om ons saam voor die Here te
verootmoedig.
Dit vind plaas op Saterdag 22 April 2017 om 14:00 by die NG Gemeente Dalunie.
Die lofprysing begin alreeds om 13:30.
ONDERLING MEELEWING
1. Br. Hannes Venter was as gevolg van slaapapnee die afgelope week vir ‘n angiogram. Ons wens hom sterkte toe met die behandeling.
Classics is groot
24 Junie 2017 om 19:30 Moreletapark Ouditorium
Jannie Moolman—Corlea Botha - Johannesburg Balletgeselskap -Joseph Clark - Coleske - en die Nederlandse sangsensasie , Amira gaan vir ‘n ongelooflike musiek-ervaring sorg.
Slegs 20 kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar spesiaal aangekoop vir ons senior lidmate @ R350 pp. Ander lidmate is ook welkom om kaartjies te koop @ R425 pp.
Saamrygeleentheid sal gereël word.
BENODIG DRINGEND
By Sonop Ouetehuis benodig ons dringend tweedhandse/gebruikte handdoeke – kontak Rina Gertenbach by 082 374 0695
Vir Cornerstone benodig ons vetkryt, inkleurpotlode, potlode, penne, en inkleurboeke – alles kan gebruik wees.
GEMEENTEKAMP 5—7 MEI 2017 THABA MORULA
Besprekings vir akkommodasie is oop
Alle besprekings en betalings moet by die Kerkkantoor gedoen word.
Regstelling : Die chalets is R350per nag en nie R50 per nag soos aanvanklik bekend gemaak is nie.
Die klaagliedere van Dominee Tienie Benade
Die een man vertoning van Frank Opperman vind plaas op Vrydag 5 Mei 2017 om 19:00
Die kaartjies kan aan enigeen ook buite die gemeente verkoop word. Ons maak regtig staat op elke lidmaat se bemarkingsvermoë.
Adverteer asseblief by julle familie en vriende.
Verjaarsdaehierdie week
16 Apr 1963 MARIETJIE PRETORIUS Sel: 0761669670 B 5
17 Apr 1983 HESTER BERTHOLD Sel: 0829317543 B 1
17 Apr 1948 PETRO PRETORIUS Sel: 0827408786 D 8
18 Apr 1977 JACOLIEN DU PLESSIS Sel: 0826421331 E 1
19 Apr 1981 MARIET BADENHORST Sel: 0834292527 B 2
19 Apr 1986 DIRKIE GERTENBACH Sel: 0798722205 E 7
21 Apr 1982 GERTIE DU PLESSIS Sel: 0829263237 E 4
22 Apr 1986 HENNIE OOSTHUIZEN Sel: 0745229276 E 7
22 Apr 1993 NICOLENE VAN NIEKERK Sel: 0797838424 E 6
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Brits Rusoord
Vlgde Sondag by deure Brits Rusoord
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling André Rossouw Gerhard de Wet
Diaken Frans de Jager Seun Potgieter
Gasvryheid
Vandag E 5 en E 6 A 1
Volgende Sondag E 7 en B 1 A 2
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig.
Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.