Kerk Kantoor
9 April 2017
TEMA: HOE LEEF ONS ‘N ONSEKERE TOEKOMS?
Aktualiteit
Ons leef in baie onsekere tye
Onsekerheid geld in kerk/geloof, ekonomie, politiek, klimaatsverandering, oorloë, ea
Wat is die effek daarvan in ons lewe en die van ons nageslag?
Wat sien ons in Jakob se lewe?
Hy was God se uitverkorene, tog was sy lewe alles behalwe gelyk
Wat het Jakob se lewe bepaal:
Sy eie besluite en dade
Die besluite van mense om hom
Natuurgebeure
God se ingrype
Wat sê God vir ons vanoggend?
Niks bly ooit dieselfde nie – aanvaar dit
God verander egter nie – hou daaraan vas
Sonde is vergeefbaar en uitwisbaar – die lewe kan nuut begin
Ons Here vra: Doen die regte dinge…die lewe is kort
Hoe praat God met ons en ons met Hom?
Teksvers:
Toe sê God: “Ek is God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie.
Gen. 46: 3 & 4
ONDERLINGE MEELEWING
1. Br. Jan Pretorius is in ICU in Montana Hospitaal. Dit gaan nie baie goed met hom nie. Ons wens hom en Petro sterkte toe.
2. Br. Danie du Plessis sterk tans by die huis aan.
3. Juané Rheeders en Mandelie Rheeders is in die loop van die week by George gekies om die netbalspan te verteenwoordig in Australië.
Baie geluk aan hulle en hulle ouers (Gerda en Japie en Derick en Amanda). Ons is saam met julle bly.
BENODIG DRINGEND
By Sonop Ouetehuis benodig ons dringend tweedhandse/gebruikte handdoeke – kontak Rina Gertenbach by 082 374 0695
Vir Cornerstone benodig ons vetkryt, inkleurpotlode, potlode, penne, en inkleurboeke – alles kan gebruik wees.
Classics is groot
24 Junie 2017 om 19:30 Moreletapark Ouditorium
Jannie Moolman—Corlea Botha - Johannesburg Balletgeselskap -Joseph Clark - Coleske - en die Nederlandse sangsensasie , Amira gaan vir ‘n ongelooflike musiek-ervaring sorg.
Slegs 20 kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar spesiaal aangekoop vir ons senior lidmate @ R350 pp. Ander lidmate is ook welkom om kaartjies te koop @ R425 pp.
Saamrygeleentheid sal gereël word.
EREDIENS GOEIE VRYDAG 14 APRIL 2017 OM 09:00 SOUTPANSDRIFT
Kom ons herdenk saam die dag van Jesus se enigste offer.
Nooi sommer u familie en vriende saam om op Goeie Vrydag saam met ons die Here in die erediens te ontmoet.
GEMEENTEKAMP 5—7 MEI 2017 THABA MORULA
Besprekings vir akkommodasie is oop
Alle besprekings en betalings moet by die Kerkkantoor gedoen word.
Regstelling : Die chalets is R350per nag en nie R50 per nag soos aanvanklik bekend gemaak is nie.
Die klaagliedere van Dominee Tienie Benade
Die een man vertoning van Frank Opperman vind plaas op Vrydag 5 Mei 2017 om 19:00
Die kaartjies kan aan enigeen ook buite die gemeente verkoop word. Ons maak regtig staat op elke lidmaat se bemarkingsvermoë. Adverteer asseblief by julle familie en vriende.
Kaartjies is by die Kerkkantoor of MooiNooi Geskenkwinkel beskikbaar.
Verjaarsdaehierdie week
9 Apr 1969 CORLIA ALERS Sel: 0799151544 D 4
10 Apr 1986 SUNET DE WET Sel: 0832859249 A 7
11 Apr 1952 JOHANNES RHEEDERS Sel: 0823759078 D 5
13 Apr 2000 BARRY BEDFORD Sel: 0827772307 D 3
13 Apr 1992 CHRISTO OOSTHUIZEN Sel: 0732894398 E 5
13 Apr 1943 HANNETJIE VAN DER WALT Sel: 0824570037 D 8
14 Apr 1942 LETTIE DU PLESSIS Sel: 0715299535 D 6
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Teologiese Skool Bib
Vlgde Sondag by deure Brits Rusoord
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Hannes Venter
Diaken Herman du Preez Jannie du Plessis
Gasvryheid
Vandag E 3 en E 4 A 7
Volgende Sondag E 5 en E 6 A 1
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig.
Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
U naam as verwysing asb.
15 Januarie 2017
TEKS: Die toekoms is by God bekend, daarom moet ons alleen op Hom vertrou
TEKS:
Hulle het hom geant-woord: ”Ons het elk-een ‘n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.” Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.”
Gen. 40: 6 - 8
ONDERLINGE MEELEWING
1. Br. Oubaas Pretorius is Vrydagoggend oorlede. Ons getuig ons innige meegevoel met Sr. Marietjie en haar gesin. Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
BEROEPE ONTVANG
Proponent DJ Malan (Danie) na Uitschot
VLEISVERWERKING EN –VERKOPE
Ons vleisverkope die afgelope jaar was ‘n baie groot sukses. Ons kon fondse insamel vir verskeie projekte:
Ons kon onder andere vleis voorsien aan instansies soos: die Omgeebedienings Raad, die Paul Kruger Kinderhuis, Davron en Cornerstone. Ons wil graag hiermee voortgaan om hierdie uitreikprojekte te help met vleis.
it spaar die kerkkas aan kontant en hulle kan in elk geval nie dieselfde hoeveelheid vleis koop sou ‘n mens vir hulle kontant skenk nie.
Ons beoog om deurlopend deur die jaar van tyd tot tyd vleis te verwerk en aan die gemeente te koop aan te bied en sodoende ook nog genoeg te he om in ons uitreike te voorsien.
Ons beoog ook om ‘n Vleis Verwerkingsgroep te stig, soortgelyk aan die Groente Verwerkingsgroep, wat in die namiddae behulpsaam kan wees van ongeveer 17h00 tot 20h00.
Lidmate wat vleis wil skenk vir hierdie projek, kan ons dwarsdeur die jaar kontak. Ons benodig bees-, wilds-, vark-, skaap- en hoendervleis.
Koos de Wet
KOOR
Die Simpre Cantando koor begin weer oefen Sondag 22 Januarie in die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Soutpansdrift.
Almal wat belangstel, is baie welkom veral die jonger stemme.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Sustentasiefonds
Volgende Sondag by deure Studentekas
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler Hannes Venter
Diaken Elsa Lourens Jannie du Plessis
Gasvryheid B 3 A 3
Volg. Week: B 5 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
15 Jan 1995 LOUISE V/D WALT Sel: 0736001100 E 5
17 Jan 2009 MARÈSSA MARX Sel: 0799074026 B 6
17 Jan 1948 RUT POTGIETER Sel: 0823535408 A 2
18 Jan 1978 FRANSIE MARX Sel: 0744947375 B 6
19 Jan 2007 JEAN V/D WALT Sel: 0824121562 E 4
19 Jan 1945 FERDIE KRUGER Sel: 0832687154 A 6
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokoilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Katkisasie:
Katkisasieopening vandag 15 Januarie.
GEBEDSBEDIENING
Elke Sondag om 9:15 word voorbidding gedoen vir die gemeente in die Jeuglokaal.
Almal is welkom.
Ons vra of die gemeente sal bid vir alles wat in die Mosterdsaad staan. Mense wat siek is en vir die vergaderings.
JEUG AANDBYEENKOMS
Vanaand 15 Jaunarie om 6 uur is dit die Jeug Aandbyeenkoms te Soutpansdrift Kerk.
Vir die openingsaand gaan die jeug bordspeletjies speel en nie ‘n bespreking soos altyd nie..
13 November 2016
TEKS: LAAT ONS INGAAN, VASHOU EN MEKAAR AANSPOOR
Die wêreld is ʼnstukkende plek. Jy dink net dat dit goed gaan, dan kom daar meteens teëspoed. Een oomblik lag jy uitbundig en die volgende huil jy met ʼnstukkende hart.
Tans gaan dit alles behalwe goed in ons land. Hoe hanteer ek en jy die situasie? Ons enigste hoop is ons hemelse Vader.
1. LAAT ONS IN DIE HEILIGDOM INGAAN
Ons Here Jesus het die pad na ons hemelse Vader deur sy kruisdood vir ons oopgemaak. Die bewys was die voorhangsel in die tempel wat van bo na onder oop geskeur het.
2. LAAT ONS VASHOU AAN DIE HOOP Ons het ‘n lewende hoop op ons ewige toekoms in ons hemelse bestemming (Vgl. 1 Pet 1:3 – 5).
Al is die pad soms bitter moeilik, is ons verseker op die lewende weg (Joh. 11:25 en 14:6).
3. LAAT ONS MEKAAR AANSPOOR TOT LIEFDE EN GOEIE DADE Omdat ons hierdie weg ken en daarop gaan, wil ons graag ons medegelowiges aanspoor.
Ons wil hê dat hulle, asook ander mense wat die Here op ons pad bring, saam met ons op die pad sal loop.
TEKS:
Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.
Heb. 10: 19 - 25
KERSPROGRAM Sondag 27 November 2016 om 18:30 by die APK Sanddrift.
Die doel van die gesamentlike Kersprogram vir die drie gemeentes is om ‘n getuienis na ons hele gemeenskap te laat uitgaan oor ons gemeenskaplike vreugde oor die geboorte van Jesus Christus , ons Verlosser.
Daarom doen ons ‘n beroep op al ons lidmate om die geleentheid by te woon. Dit beloof op ‘n heerllike aand van lofprysing en vreugde te wees.
SUSTERS
Dit was voorwaar ‘n heerlike fees gister by Makulu. Baie dankie aan ons jonger “sussies” wat dit vir ons so keurig en heerlik voorberei het. Dankie Carien vir die mooi venue.
Dankie Rientjies wat ons die handwerkie geleer het – nou het ons sommer al ietsie moois vir die feestyd!
ONDERLINGE MEELEWING
..... Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig (1 Pet 3:8)
1. Br. Dries du Plessis was die afgelope week in die hospitaal vir verdere behandeling aan sy bene. Die bloedsomloop is nie na wense nie, maar dit lyk of hy goed op die behandeling reageer.
2. Br. Jan Erasmus het die afgelope week sy volgende rondte chemobehandeling ontvang. Ons bid vir hom en sy geliefdes in die beproewing.
3. Baie geluk aan al ons kinders wat tydens die afgelope prysuitdelings van die onderskeie skole toekennings vir goeie prestasie ontvang het.
Ons is saam met julle en julle ouers dankbaar vir die gawes en talente wat die Here gegee het.
ETE NA NAGMAAL
Die Susters van Wyk E nooi die gemeente uit na ons Nagmaalete Sondag 20 November by Soutpansdrift Kerk.
Bring asb. eie drinkgoed, eetgerei en ‘n donasie om koste te dek.
Almal welkom.
Koningskindersafsluiting
Datum: 18 November
Plek: Laerskool Brits
Tyd: 2 uur tot 5 uur
Tema: Oorwin die eksamenmonster
Enige skenking vir Brood, Wors, Koeldrank, Lekkergoed en kolwyntjies sal waardeer word.
ALMAL IS WELKOM
Verder navrae kontak gerus Jana Leibbrant by 073 217 5222
DONASIES AAN DAVRON, PATHWAYS, CORNERSTONE
Baie welkom. Dit is vir ons ʼngroot voorreg om verteenwoordigers van bogenoemde instansies hier by ons te ontvang vandag.
Na die erediens gaan die beloofde donasies uit die opbrengs van Die Ouplaas Kontreimark aan hulle gedoen word.
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
Vir Die Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr. 9260690692, ABSA, BRITS
U naam as verwysing asb. Takkode: 632005
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
Thusofonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Gerhard de Wet
Diaken Elsa Lourens Annemarie Eloff
Gasvryheid E 5 A 3
Volg. Week: E 6 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
13 Nov 1980 RIANDI ROBBERTSE Sel: 0825755635 D 1
13 Nov 1964 ANNELISE V/D WALT Sel: 0829403208 E 2
14 Nov 1959 INA DE WET Sel: 0823561299 A 4
16 Nov 1970 PAUL SIEBERT Sel: 0846098675 E 3
19 Nov 2014 CHARMONé GRUNDLINGH E 4
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier: @ GK_Krokodil
KOOR:
Koor oefen vandag 13 Nov. by Soutpansdrift Kerk.
PRORAM VIR DIE WEEK
14 Nov. Blokraad B 19:00 Pastorie
16 Nov. Wykbedieningsraad Vergadering 19:00 Kerksaal
GEBEDSBEDIENING
Elke Sondag om 9:15 word voorbidding gedoen vir die gemeente in die Jeuglokaal.
Almal is welkom.
Ons vra of die gemeente sal bid vir alles wat in die Mosterdsaad staan. Mense wat siek is en vir die vergaderings.
BEROEPE AANVAAR
· Proponent W Brotherton (Werner) na Vryheid.
16 Oktober 2016
TEKS: LEWE NADER AAN DIE HERE EN VERVUL SOJOU LEWENSDOEL
Mense soos Henog, Noag en Asaf het naby aan God geleef. Hoe naby lewe ek en jy aan die Here?
Ons kan die vraag beantwoord as ons ‘n verdere vraag stel:
1. WAAROP IS JOU EN MY LEWE GEFOKUS?
Jakobus sê sy lesers is op hulle selfsugtige begeertes gefokus. Daarom is daar rusies en selfs moord. Selfs hulle gebede is selfgesentreerd! Wat is Jakobus se advies aan die mense? En kan ons iets daaruit leer? Hy sê
2. KOM NADER AAN DIE HERE
Maar waar begin ’n mens? By persoonlike bekering. Jakobus sê: Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Om jou te bekeer beteken omdraai – terug na die Here toe.
3. MAAK JOU LEWE SKOON
Jakobus sê hulle het vuil hande en boonop ʼn dubbelhartigheid..... Maw hulle dade en hulle harte is verkeerd. Jakobus sê onder leiding van die Heilige Gees: ...... bekla julle ellende, treur en huil!
Laat julle vrolikheid in rou verander enjulle blydskap in droefheid. Alles gaan oor jou reiniging in Christus en die pad onder leiding van die Heilige Gees loop.
TEKS:
Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.
Jak. 4: 8
BEROEPE ONTVANG
· Proponent FG Lee (Hardus) na Derdepoort.
BEROEPE AANVAAR
· Proponent J Cronje (Jaco) na Aliwal-Noord.
BEHOEFTIGES
Marthie Pretorius vra vir 2 sllimfone as u miskien kan afstaan wat nie meer gebruik word nie. (Vir kinders)
Daar is ook ‘n behoefte vir seunsskoene nr 10 – 11 grootte).
Skakel Marthie asb by 083 425 0932.
TANT POPPIE SE KOOKBOEK
Van die lidmate wat Tant Poppie se kookboek bestel het, kan dit kom afhaal Sondag 16 Oktober in die Kerkkantoor.
Daar sal ook ekstra boeke wees, indien daar van die dames is wat nie bestel het nie, maar een wil hê.
Tant Poppies al op ‘n later stadium die boeke kom teken. Die prys is R260 per boek.
ONDERLINGE MEELEWING
Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal 6:2)
1. ere toe.Ons betuig ons innige meegevoel met Sr. Christelle Kotze en haar gesin. Christelle se pa is Donderdagoggend vroeg oorlede. Hy is gister in Pretoria begrawe.
2. Dit gaan heelwat beter met BrDit gaan heelwat beter met Br. Dries du Plessis. Hy sterk tuis aan en is fluks besig om aan sy nuwe apparate, wat hom help om oor die weg te kom, gewoond te raak.
3. Br, Bossie Bosman Br. Bossie Bosman is die afgelope week in die hospitaal opgeneem met asemhalingsprobleme.
4. SrSr. Susan Marx is in Pretoria in die hospitaal opgeneem met spanningsprobleem.
Die matrieks beleef hierdie week hulle laaste skooldag. Dan begin hulle vir hulle eksamen voor te berei. Ons bid julle elkeen die Here se krag en nabyheid toe.
FOKUSTYD
Ons is vir die volgende ses weke met Fokustyd besig wees. Die tema is:
GOD SE MISSIE EN DIE ROEPING EN GROEI VAN DIE KERK.
Die tema sluit aan by die vorige sinode se besluit rondom die groei van die kerk. As die kerk wil groei, kan dit uiteraard net by elke lidmaat persoonlik begin. Volwasse gelowiges is uiteindelik diensbare gelowiges. Mense wat nog kinders in die geloof is, sukkel maar om diensbaar te wees. Soos klein kindertjies is hulle nog selfgesentreed. Soos babas of kleuters huil hulle as hulle versorg wil word. Hulle wil die bedien nie. Hulle wil net bedien word.
Ons fokustyd se doel is daarom geloofsgroei. Ons moet opnuut weer vra: Waarom het die Here my verlos en sy kind gemaak? Wat is sy doel met my lewe? Wat verwag Hy van my? Hoe wil die Here my gebruik? Die Skrif leer ons dat ons mekaar moet help en ondersteun sodat ons kan groei en kan werk aan die uitbreiding van God se koninkryk. Daarom gaan ons vir 6 weke ons saam in die Here se Woord verdiep. Daar is nog tyd om in te skakel en saam te groei.
Wat kan elke lidmaat persoonlik doen?
1. Koop ‘n fokustydboekieby die kantoor teen R20-00.
2. Bid elke dagdat die Here die fokustyd sal gebruik om geestelike verdieping by jou persoonlik en by elke lidmaat in ons gemeente te bewerk.
3. Kom ontmoet die Here vir die volgende 6 weke, elke Sondag om die inleiding vir die week se studie in die prediking te hoor en die gemeenskap van gelowiges te ervaar.
4. Lees elke dag se dagstukkieen besin saam met jou gesin oor die vrae wat gestel word.
5. Skakel vir die volgende 6 weke in by ʼngroepwat weekliks byeenkom om die vrae te bespreek.
Indien daar onduidelikheid is, of as ek u kan help om by ‘n groep in te skakel, kontak my gerus.
Danie de Kock
KINDERHUISFUNKSIE BAIE DANKIE
Baie dankie aan almal wat op een of ander manier betrokke was by die uitreik na die Paul Kruger Kinderhuis se kinders. Hulle is gister by Thaba Morula onthaal. Baie dankie Riana Engelbrecht vir al jou reëlings.
Baie dankie aan elkeen wat ʼnbydrae gelewer het. Finansieel of andersins
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Ekumenisiteit Buiteland
Volgende Sondag by deure
Kerkblad
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Peet Rheeders Gerhard de Wet
Diaken Hennie Oosthuizen Jannie du Plessis
Gasvryheid E 1 A 6
Volg. Week: E 2 A 7
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
KOOR:
Die koor oefen Sondag 16 Oktober om 16:30 in Soutpansdrift Kerk.
JEUG AANDBYEENKOMS (16 Oktober om 18:00)
Spreker: Dr. Danie de Kock
Tema: Gesonde gesinne, geseënde kinders
Kollekte by deur om kostes te dek.
PRORAM VIR DIE WEEK
16 Okt. Sustersdiensgroep (S). 11:00 Moederskamer
17 Okt. Kontreimark Vergadering 19:00 Kerksaal
18 Okt. Predikant Huisbesoek E4 Hannes Grobler
19 Okt. Jeugbedieningsraad Vergadering 19:00 Kerksaal
23 Okt. Evangelisasie B/raad Verg. 11:00 Moederskamer
2016 FRANKFORT RIVIERTOER
Datum: Woensdag 30 November tot Sondag 4 Desember 2016.
Waar: Zorgvliet – Tweeling distrik (Frankfort).
Wie: Alle Hoërskoolkinders van Gr. 8 tot 10.
Koste: R750 per kind.
Vervoer: Eie vervoer moet gereël word na en van Frankfort se kerkgebou.
Tema: My beeld van ..God, myself en my naaste!
MOSTERDSAAD 2 OKTOBER 2016
SKRIFLESING: JOH. 13:1 – 17
TEKS: JOH 3:8 & 15
TEMA: VERNEDER OM TE REINIG
Sing:
Ps. 43:2 (p. 222)
Ps. 18:1 & 8 (p. 79)
Ps. 130:1 & 2 (p.640)
Sb 16-1:1,2 & 7
Sb. 8-1:1 & 2 (Soutpansdrift)
Sb 1-2:1, 2 & 3
1. DIE HERE BEWYS SY LIEFDE DEUR HOMSELF TE VERNEDER
Wat die Here Jesus hier doen, het die dissipels verstom en verward gelaat. Voete-was, voor ete, was beslis slawewerk. Nie een van hulle het gedink dat dit van hulle verwag sou kon word om dit te doen nie .... en toe doen die Here Jesus dit.
2. DIE HERE BEWYS SY LIEFDE DEUR SY DISSIPELS TE REINIG
Die dissipels is almal stomgeslaan. Een vir een laat maar toe dat Jesus die slawewerk doen.... Tot by Petrus. Dit kan hy nie toelaat nie. Hy vra: Here gaan Ú, mý voete was? Die Here Jesus sê dan vir Petrus: Wat Ek doen begryp jy nie nou nie, maar later sal jy dit verstaan.
3. DIE HERE SE LIEFDE MOET IN ONS OPTREDE SIGBAAR WORD
Nadat die Here Jesus almal se voete gewas het en weer sy boklere aangetrek het, sê Hy: Ek het vir julle ʼn voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
MOSTERTSAAD 18 SEPTEMBER 2016
MOSTERDSAAD 18 SEPTEMBER 2016
Skriflesing:Gen. 1:25 - 27; Gen. 3:8 – 13; Eks 32:1 - 8; Kol 3:1 – 10; Openb. 20:1 - 6
Teks: Gen, 1:27 en HK Son 3
Sing: Lied 151:1 & 2
Sb 2-4:1 & 3
Sb 12-3:1,2 & 3
Sb 9-1:10 & 11
Ps. 46:1 & 6 (p. 236)
Sb 5:3:1 & 2
TEMA: WIE SE BEELD VERTOON JY?
Ons word elke dag met die mens se sonde gekonfronteer. In die eerste plek ons eie, maar ook met dié van ons naaste of te wel die mense rondom ons. Ons belydenis vra in Sondag 3: Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens vandaan?
1. GOD HET DIE MENS GOED EN NA SY EWEBEELD GESKEP
God het die mens as sy beeld en sy verteenwoordiger geskep. Die mens geskep in ware geregtigheid, heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken en liefhê en Hom kon loof en prys.
2. MET DIE SONDEVAL WORD DIE MENS BOOS EN DIERLIK
Met die sondeval word hierdie beeld egter gebreek. In plaas daarvan om aan God gehoorsaam te wees, luister die mens na die duiwel wat in die beelde van ʼn dier, die slang aan hom verskyn. Nou word die mens dierlik.
3. GOD STUUR SY SEUN OM MENS TE WORD
Die mens kan homself nie uit sy dierlikheid verlos nie. God moet ingryp. Daarom stuur Hy sy Seun. Die Here Jesus herstel die beeld van die mens.
4. IN ONS HERE JESUS CHRISTUS WORD ONS WEER GOD SE BEELD
Deur die lewewekkende krag van sy Gees laat God sy uitverkore kinders wedergeboorte word. So word sy beeld weer herstel. Onder leiding van die Heilige Gees word ek en jy in Christus weer beeld van God.
MOSTERTSAAD 11 SEPTEMBER 2016
KONTREIMARK
MYNE, JOUNE TAFEL:
Rienkies Venter benodig al die susters se ou krale, serpe en handsakke wat nie meer in gebruik is nie, maar nog mooi is.
WAT ONS NODIG HET VIR DIE KONTREIMARK:
Kotie vra vir parafienlampies vir Vrydagaand. Enige kleur.
Danolien benodig tuinstelle (enige sort)
Indien enige van die lidmate vrieskasspasie het, moet hulle Koos laat weet by 0722705970.
VLEIS:
Ons gaan Maandag en Dinsdag weer begin met vleisbewerking in die kerksaal vanaf 17:00.
GEBAK:
Die lys vir gebak wat nog benodig word is beskikbaar by die Kerkkantoor. Beestekraal kan Annemarie Eloff skakel by 0827859139
MOSTERTSAAD 11 SEPTEMBER 2016
ONDERLINGE MEELEWING
Die Here is my lig en my Redder, vir wie sal ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sal ek vrees?(Ps 27:1 & 2)
1. Br. Jan Erasmus is Vrydag geopereer om ‘n gewas aan sy pankreas te verwyder. Ons vertrou dat die operasie ‘n sukses was en dat die Here hom spoedig sal laat herstel.
2. Br. Dries di Plessis is tans in die rehabilitasie afdeling van die Eugene Marais hospitaal om hom te leer om sonder die een voet oor die weg te kom. Ons dra hom en sy geliefdes op aan ons hemelse Vader.
3. Hartlik geluk aan Marthinus en Jacolien du Plessis met die doop van hulle seuntjie Marco. Geluk ook aan oupa Marthinus en ouma Amanda asook oupa Seun en ouma Ina. Ons is saam met julle almal baie dankbaar dat julle die Here se liefde en trou op so ‘n besondere wyse kan ervaar.
MOSTERTSAAD 11 SEPTEMBER 2016
KENNISGEWING
Neem asb kennis dat Anriëtte nie vir die volgende 3 weke in kerkkantoor sal wees nie. Elsa Lourens sal waarneem gedurende kantoor ure. Enige navrae kontak Venita de Kock by 0845885008 of Elsa Lourens by 0827753021. Dankie.
MOSTERTSAAD 11 SEPTEMBER 2016
KONTREIMARK – DIE KOKKEDOOR TANT POPPIE COETZER
Koffie, koek en kuier saam – Vrydag 23 September om 4 uur. Kaartjies sal teen volgende Sondag beskikbaar wees by Wyksusters teen R50pp. TEMA: DIT EN DAT EN NOG WAT!!!
Gesoek, gesoek, gesoek Brits se bobaasbakster. Inskrywings kan gedoen word by Venita (0845885008) of by Mooinooi Winkel in Brits. Die koek wat gebak gaan word is ‘n Beetkoek en die inskrywigsfooi is R100. Die prys vir mees kreatiewe koek is ‘n bottlel wyn en Tant Poppie se nuwe resepteboek. Die 1ste prys is ‘n naweek vir 4 by Thaba Morula, 2de prys ‘n 2 plaatstofie en die 3de prys ‘n handsak en beursie.