Kerk Kantoor
: WAARMEE IS JY BESIG – GODSDIENS OF EVANGELIE? - BEESTEKRAAL
Die Here Jesus hou nie van ʼn Fariseër nie!
Hy skroom nie om hulle huigelaars en blinde leiers te noem nie!
Die probleem is dat hulle so met godsdiens besig was dat hulle nie evangelie gehoor het nie.
1. GODSDIENS VRA VAN DIE MENS OM TE GEE
DIE EVANGELIE VRA VAN DIE MENS OM TE ONTVANG
Die Fariseërs se godsdiens was die een wet op die ander! Hulle was tot in die fynste besonderhede getrou. Selfs die kruie wat hulle gebruik het, en wat byna niks geweeg het nie, het hulle afgemeet om hulle tiendes te gee. Maar dit wat in God se oë die swaarste geweeg het, naamlik geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid, dit laat hulle na. Die Here Jesus sê: Julle maak die buitekant van die beker en skottel skoon....
2. GODSDIENS VRA DIE MENS OM TE KEN
DIE EVANGELIE VRA DIE MENS OM HOM OOR TE GEE
Die evangelie vra ook van jou dat jy die Here moet ken en die grondwaarhede van die Skrif moet ken. Maar die Evangelie is veel meer as 'n klomp kennis en reëls. Die Evangelie vra van jou dat jy jou lewe aan die Here Jesus moet oorgee. Hy moet meer word en jyself minder.
Moet ons nie weer 'n keer elkeen vir onsself vra: Waarmee is ek besig hier in die gemeente?
: AL ONTHOU JY NIE JOU DOOP NIE, MAG JY DIT NOOIT VERGEET NIE - SOUTPANSDRIFT
Behalwe as jy groot gedoop is, onthou niemand sy/haar eie doop nie. Wat beteken jou doop dan? Jou doop is die bewys en die versekering dat die Here jou aangeneem het en dat Hy aan jou bepaalde beloftes maak. Omdat ons gedoop is, kan ons seker wees
1. ONS IDENTITEIT IS GEWORTEL IN DIE VERLEDE
Ons doop sê dat ons op grond van God se genade saam met Christus begrawe is en dat ons ook saam met Hom in ‘n nuwe lewe opstaan. Hierdie belofte is gewortel in die verbond wat God met Abraham gesluit het (Gen 17). Daarom, sê die sformulier, word ons as kinders van ons hemelse Vader aangeneem.
2. ONS HET ‘N OOREENKOMS GEWORTEL IN DIE HEDE
Die Here belowe dat Hy bloot uit genade deur die werking van die Heilige Gees ons sondes met die kosbare bloed van ons Here Jesus Christus wil afwas.
3. ONS SEKERHEID IS GEWORTEL IN DIE TOEKOMS
Die Here belowe by die doop dat Hy, bloot uit genade, ons saam met Christus uit die dood sal opwek (vgl. vers 5) en ons die ewige lewe sal skenk.
Daarom moet ons altyd ons doop onthou.
21 Augustus 2016
TEKS:
GEN. 3: 9
Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”
GEN. 4: 9
Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel? en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?”
JEUGWERKSWINKEL
Graag nooi die Deputate Jeugsorg van die GKSA u hiermee uit na die volgende werkswinkel:
Gesinsbediening: Sonder ouers kan dit nie!
Datum & tyd: Saterdag 17 September 09:00 – 15:00
Venue: GK Centurion (Basdenlaan 226, Lyttleton)
Ons spreker vir die dag is Prof Malan Nel, buitengewone professor in Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria.
Hy spesialiseer al vir dekades in jeugbediening, spesifiek met die klem op jeugbediening en gesinsbediening as deel van gemeentebediening.
Ouers, kategete, jeugleiers, predikante en enige iemand wat met die jeug werk, sal by die dag baat vind.
Ons sal DV die volgende program volg:
JEUGWERKSWINKEL
Graag nooi die Deputate Jeugsorg van die GKSA u hiermee uit na die volgende werkswinkel:
Gesinsbediening: Sonder ouers kan dit nie!
Datum & tyd: Saterdag 17 September 09:00 – 15:00
Venue: GK Centurion (Basdenlaan 226, Lyttleton)
Ons spreker vir die dag is Prof Malan Nel, buitengewone professor in Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy spesialiseer al vir dekades in jeugbediening, spesifiek met die klem op jeugbediening en gesinsbediening as deel van gemeentebediening.
Ouers, kategete, jeugleiers, predikante en enige iemand wat met die jeug werk, sal by die dag baat vind.
Ons sal DV die volgende program volg:
08:00 Registrasie 08:45 Opening & verwelkoming 09:00 Sessie #1: Ouers as primêre verhoudingsbemiddelaars 10:30 Tee/koffie 11:00 Sessie #2: Weet ons hoe kinders is? Kennis van die ontvangers 12:30 Middagete 13:30 Sessie #3: Wat is geloofsdeling? Hoe moet ons dit doen? 15:00 Afsluiting |
Die koste vir die dag beloop R100pp (dit sluit verversings en ’n ligte middagete in). Ons versoek elkeen wat die dag wil bywoon om asb. die 17de September met kontant te betaal, maar om voor 10 September die volgende inskrywingsvorm te voltooi en aan Anneke van der Walt te stuur ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ):
Naam |
|
Telefoonnommer |
|
E-posadres |
|
Woon by as ouer/predikant/ kategeet/jeugleier/ander |
|
Ons sien uit om u die dag te ontvang!
Die koste vir die dag beloop R100pp (dit sluit verversings en ’n ligte middagete in). Ons versoek elkeen wat die dag wil bywoon om asb. die 17de September met kontant te betaal,
maar om voor 10 September die volgende inskrywingsvorm te voltooi en aan Anneke van der Walt te stuur ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ):
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
Debutate Jeugsorg
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Gert Postma Andre de Wet
Diaken Martin Greyling Jannie du Plessis
Gasvryheid A 5
Volg. Week: D 2 A 6
Verjaarsdae hierdie week:
VISITASIE 31 AUGUSTUS
Visitasie 31 Augustus om 19:00 deur Di Neville Boy en Nelius van Rooy. Lidmate is welkom om met visitatore te kontak indien nodig.
Al die ouderlinge en al die diakens moet asb by die visitasievergadering teenwoordig wees.
BEHOEFTIGES Daar is ‘n dringende versoek vir ‘n kragopwekker (enige grootte of toestand). Kontak Marthie Pretorius by 0834250932. Behoeftiges se ete te Thaba Morula 3 September om 10:30. Laat weet Marthie Pretorius by 0834250932 indien jy wil kom.
|
ONDERLINGE MEELEWING 1. Oom Dries du Plessis se voet is afgesit. Ons wens hom en tannie Margy sterkte toe en hoop dat hy gou sal genees. 2. Cindy en Lourens se seuntjie was die week in die hospitaal met ‘n virus. Ons hoop dit gaan sommer gou beter met hom. 3. Piet Putter is in Wilgerhospitaal met onreëlmatige hartkloppings. Ons bid hom sterkte toe. |
|
|
14 Augustus 2016
TEMA: Die Here is met sy kinders, daarom moet hulle nie bevrees wees in die worstelstryd nie.
Ons word oorlaai met ‘n magdom van slegte nuus, moord, doodslag, oorlog, stakings politieke onrus ensovoorts wat ‘n mens maklik benoud en bevrees maak.
Ons lees ook gereeld hoe mense reageer op die ontstellende nuus: “Wanneer gaan dit ophou?” “Hoe lank nog voor iemand opstaan om ons hiervan te verlos."
In die Skrifgedeelte lees ons van baie slegte nuus wat koning Josafat bereik van ’n oormag wat teen hom as koning van Juda optrek. Hy raak bevrees, maar neem nie sy eie besluite nie en maak ook nie sy eie planne nie.
Hy bid tot die Here en soek sy hulp en wysheid by God. Die Here bemoedig hulle met baie goeie nuus, dat Hy met hulle is en dat hulle net moes staan en kyk na die oorwinning wat Hy vir hulle sou behaal.
Hoe reageer ons op slegte nuus? Maak ons, ons eie planne, vertrou ons dalk op ons eie vermoë, of wag ons ook vir iemand wat na vore sal kom om ons te red?
Daar is net een regte reaksie wat ons by Josafat en andere leer en ook by David opmerk. Ons lees die woorde van die Here in Psalm 50…
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Ekumenisiteit Buiteland
Volgende Sondag by deure
Emeritaatsfonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Andre Rossouw Gerhard de Wet
Diaken Albert du Plessis Annemarie Eloff
Gasvryheid D 1 A 3
Volg. Week: D 2 A 5
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
AANDBYEENKOMS:
Jeug aanddiens 14 Augus-tus om 18:00 by Soutpans-drift Kerk. Almal welkom.
VISITASIE 31 AUGUSTUS
Visitasie 31 Augustus om 19:00 deur Di Neville Boy en Nelius van Rooy. Lidmate is welkom om met visitatore te kontak indien nodig. Al die ouderlinge en al die diakens moet asb by die visitasievergadering teenwoordig wees.
PROGRAM VIR DIE WEEK 17 Augustus Wyk Bediengsraad Verg. 19:00 Kerksaal
|
ONDERLINGE MEELEWING
1. Br. Gert van der Walt (ou oom Gert) is Dinsdagoggend oorlede. Ons dink aan sy familie.
2. Br. Dries du Plessis is nogsteeds in die hospitaal.
3. Baie geluk aan Cornel en Bianca Moolman wat hierdie week ‘n seun ryker geword het.
OUPLAAS KONTREIMARK
Indien lidmate enige weggooi goed het wat ons op die veiling kan sit, kan hulle dit na die Kerkkantoor toe bring. Enige iets soos breekgoed, meubels, skilderye ens.
|
|
7 Augustus 2016
TEMA: DIE WONDERLIKHEID VAN JESUS SE EERSTE WONDERTEKEN
VERWELKOMING:
Ons verwelkom van oggend vir Ds Fanus Heystek wat vandag die eredienste sal waarneem. Ons bid hom die Here se seën toe met die verkondiging van die Woord.
'n Paar vragies:
Waarom noem Hy sy moeder, Maria, hier "vrou"? Stoot Hy haar opsy?
Waarom sê Hy dat dit nog nie sy uur is nie, maar verrig tog 'n wonder?
Waarom sê Hy eers vir Maria nee, maar doen tog daarna wat sy gevra het?
Het Maria gevra of gebid of dalk haar Seun opdrag gegee?
Waarom het Jesus so baie water in wyn verander - selfs die kanne laat volmaak? Waarom nie net één kan nie, maar al ses?
Waarom beklemtoon Johannes dat dit Jesus se eerste wonder was?
Waarom word bygevoeg: die dissipels het in Hom geglo?
TEKS:
Hierdie eerste won-derteken het Jesus in Kana in Galilea ge-doen. Hy het daar-deur sy heerlikheid laat blyk en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
Joh. 2: 11
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Plaaslike Sending
Volgende Sondag by deure
Ekumenisiteit Buiteland
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Japie Rheeders Hannes Venter
Diaken Albert du Plessis Annemarie Eloff
Gasvryheid A 4
Volg. Week: D 1 A 5
Verjaarsdae hierdie week:
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
VISITASIE 31 AUGUSTUS
Visitasie 31 Augustus om 19:00 deur Di Neville Boy en Nelius van Rooy. Lidmate is welkom om met visitatore te kontak indien nodig.
Al die ouderlinge en al die diakens moet asb by die visitasievergadering teenwoordig wees.
Groete Danie de Kock
PROGRAM VIR DIE WEEK 7 Augustus Omgee Bedieningsraad Verg. 11:00 Moederskamer 10 Augustus Blokraad E Vergadering 19;00 Kerksaal
ONDERLINGE MEELEWING 1. Oom Dries du Plessis is in die hospitaal opgeneem. Hy het probleme met sy toon. Ons bid hom ‘n spoedige herstel toe. 2. Tant Hannie het ‘n knie operasie gehad en beleef nog baie pyn. 3. Bossie Bosman was in die hospitaal met longprobleme. Ons bid hom sterkte toe.
OUPLAAS KONTREIMARK Indien lidmate enige weggooi goed het wat ons op die veiling kan sit, kan hulle dit na die Kerkkantoor toe bring. Enige iets soos breekgoed, meubels, skilderye ens.
|
|
31 Julie 2016
TEMA: Die Here se eis om gehoorsaamheid aan sy bevele openbaar sy diensknegte se ware gesindhede.
Is die Here tevrede met ons lewens? Die Bybel leer ons dat Hy ontevrede en selfs bedroef kan word oor sy kinders, veral wanneer hulle nie luister na sy bevele en opdragte nie.
Ons lees in 1 Samuel hoe Saul ’n baie goeie begin gehad het nadat die Here hom as koning laat salf het, maar dat ongehoorsaamheid aan die Here se bevele sy koningskap te gronde gerig het.
Uit die Skrifgedeelte wat ons vanoggend lees sien ons hoe hy telkens dink dat godsdienstige rituele in plaas van gehoorsaamheid aan die Here se bevele goed genoeg sal wees.
Hy was egter baie vêr van reg af en dit openbaar ook sy ware gesindheid.
Wat was Saul se gesindheid probleem en wat was die oorsaak van sy verkeerde gesindheid?
Ons kan ook vra, wat is die Here se opdragte en bevele aan ons? Wat is die hooftaak van die kerk? Is ons gehoorsaam aan sy bevele? Indien nie, wat is die oorsaak van ons ongehoorsaamheid en hoe gaan ons dit regstel?
TEKS:
Weerspannigheid is net so erg as sonde van waarsêery, eiesinnigheid net so erg as bedrog van afgodery.
1 Sam. 15: 22 & 23
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende
die groente as skenking ontvang.
Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde. U kan verseker wees dat die skenking sal gebruik word in die versorging van ons kinders.
Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Krokodilrivier Gereformeerde
Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.
Weereens baie dankie. Vriendelike Groete,
President Kruger Kinderhuis
PROGRAM VIR DIE WEEK
31 Julie Evangelisasie Bedieningsraad Verg. 11:00 Moederskamer
1 Augustus Blokraad B Vergadering 18:00 Jeuglokaal
2 Augustus Jeug Bedieningsraad Verg. 19:00 Jeuglokaal
4 Augustus Blokraad D Vergadering 18:30 Jeuglokaal
7 Augustus Blokraad A Vergadering 10;00 Beestekraal Kerk
VISITASIE 31 AUGUSTUS
Visitasie 31 Augustus om 19:00 deur Di Neville Boy en Nelius van Rooy. Lidmate is welkom om met visitatore te kontak indien nodig.
Al die ouderlinge en al die diakens moet asb by die visitasievergadering teenwoordig wees.
Groete Danie de Kock
BEROEPE ONTVANG
· Proponent R Janse van Rensburg (Reghard) na Reitz/Lindley-kombinasie.
· Ds JG Noëth (Hannes) van Totiusdal na Wolmaransstad.
OUPLAAS KONTREIMARK 23 – 24 SEPTEMBER
Daar is nog net wors oor teen R50 per kg.
Die volgende vleis sal September beskikbaar wees.
FRANSE RADIOBEDIENING
Die onlangse moord op ‘n ou Roomse priester in ‘n dorp van Normandië terwyl hy besig was om die mis te vier met ‘n paar ou lidmate het weer Frankryk diep geskok :
dié keer is dit nie konsertbywoners of anonieme vakansiegangers wat deur Islamiste geteiken word, maar dít wat die Franse as ‘n simbool van hul identiteit en geskiedenis sien,
al is meeste van hulle lankal nie meer praktiserende Rooms-Katolieke nie. Terwyl ‘n heftige nasiona-le debat rondom allerhande veiligheidsmaatreëls seëvier,
word die kwessie van die nodige geestelike bewapening van die land, deur niemand aangespreek. Die meerderheid mense is in elk geval van mening dat “geestelik”
bloot iets beteken soos om kersies aan te steek en gebede vir jou mense, vir vrede (ook vir jou vyande) te doen. En meeste van hulle sien ook hierdie gebare as totaal irrelevant.
Dit is vir hulle die uitdrukking van ‘n onmagtige geloof wat hopeloos te swak is om ‘n vyand te konfronteer wat nou met pangas jou keel kom af-sny, al weet hy dat hy op die ou einde deur die polisie geskiet gaan word.
Geestelik bewapening sluit natuurlik nie gebed uit nie - inteendeel! - : dit beteken egter dat jy weet vir wie jy bid, Hom vertrou,
en Sy Woord as die enigste fakkel vir jou geloof en lewe aanvaar, sodat jy in die samelewing ware sout vir die aarde kan wees. Anders is jou gebe-de inderdaad kragteloos.
In ‘n samelewing waar meeste priesters en predikante hierdie eenvoudige beginsel lankal ignoreer en van geloof ‘n vae mistiese gevoel van samehorige verbinding aan ‘n algemene godheid gemaak het,
kan inderdaad Christene nie sout van die aarde wees nie. Om siviele onrus te vermy wil die owerhede juis graag ‘n tipe siviele godsdiens bevorder, wat Christendom,
Jodendom en die Islam maar net drie variasies van dieselfde geloof sou maak, gekenmerk met dieselfde beginsels van liefde en toleransie.
Dit is egter ook waar die roeping van die Franse bediening lê: om sonder vrees of huiwering die inhoud van die Bybelse geloof bekend te maak, in besonders teenoor Rooms Katolieke (of wat daarvan in Frankryk bly).
Slegs ‘n Christusgesentreerde godsdiens – wat alles behalwe ontsnapping van die werklikheid is – kan ekstremistiese bewegings of neigings bekamp, wat wrok koester en wraak sal wil begin beoefen.
Bid asb. vir hernude krag en wysheid sodat die regte boodskap kan uitgaan te midde van hierdie woelinge.
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
Vir Die Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr. 9260690692, ABSA, BRITS
U naam as verwysing asb.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Studentekas
Volgende Sondag by deure
Plaaslike Sending
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Thinus Eloff
Diaken Pieter Pentz Seun Potgieter
Gasvryheid B 7 A 3
Volg. Week: D 1 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
PRETORIA FM
"Die volgende onderhoud op Pretoria FM met die redakteur van Die Kerkblad word op 7 Augustus tussen 07h15 en 08h00 uitgesaai.
Luisteraars kan inska-kel op 104.2 MHz; 106.6 MHz of Oudiokanaal 887."
Baie dankie,
Callie
VERLORE GOEDERE
In die eerste katkisasielokaal in die saal, sal al die verlore goedere uitgesit word.
Ons vra lidmate om asb. te gaan kyk of dit nie aan een van julle behoort nie.
Indien dit nie afgehaal word nie, gaan dit vir die armsorg gegee word.
Dankie
Sophia
ONDERLINGE MEELEWING
1. Tant Hannie du Plessis se suster is die afgelope week oorlede. Mag sy die Here se troosvolle nabyheid in die hartseertyd ervaar.
10 Julie 2016
TEMA: DIE WET LEER WAT SONDE IS, MAAR KAN ONS NIE RED NIE.
Ons is vry van die wet! Luister wat skryf die apostel Paulus:
“Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie”. (vers 4) Wat doen die wet?
1. DIE WET KLA AAN
Die wet stel die standaard waaraan die mens behoort te voldoen naamlik om God en sy naaste lief te hê.
As gevolg van die sondeval kan geen mens dit egter regkry nie, daarom verdien almal God se ewige straf.
2. WAAR STAAN ONS?
Ons gelowiges het ʼnvoortdurende stryd. Paulus sê:“Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek” (Vers 19).
Omdat ons die wet ken, besef ons dat ons elke dag sonde doen. Dié wete laat Paulus uitroep: “Ek ellendige mens .....” (vers 24).
3. CHRISTUS IS ONS BEVRYDING
Ons enigste hoop lê in ons Here Jesus Christus wat ons in ons sondeverlorenheid kom soek het. Hy het ons wat verlore was en op pad na die ewige dood was, kom red.
Onder die kragtige leiding van die Heilige Gees kan en moet ek en jy in Christus as nuwe mense lewe.
TEKS:
24 Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbe-staan verlos?
25 Aan God die dank! Hy doen dit deur Je-sus Christus ons Here.
Rom. 7: 24 & 25
ONDERLINGE MEELEWING
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. (Psalm 23:1 – 3)
1. Ons is saam met Marthinus en Jacolien du Plessis baie bly en dankbaar teenoor ons hemelse Vader. Hulle kon die afgelope week hulle babaseun, waarvoor hulle so lank gewag het, gaan haal.
Ons bid dat die Here julle ryklik saam sal seën en dat julle vir klein Marco onder leiding van die Heilige Gees binne die liefde van die Here se verbondstrou sal opvoed.
2. Tarien van der Walt was die afgelope week in die hospitaal met brongitis. Sy reageer goed op die behandeling.
3. Ons betuig ons innige meegevoel met Hein Badenhorst en sy gesin. Sy ma is verlede week oorlede. Ons bid dat die Here hulle ryklik sal vertroos en versterk.
4. Baie dankie vir al die blyke van meelewing na my ma se heengaan.
Wees verseker dat elke boodskap, telefoonoproep en handdruk asook van ons lidmate se teenwoordigheid by die troosdiens opreg waardeer word. Danie en Venita.
OUPLAAS KONTREIMARK 23 – 24 SEPTEMBER
Ons het in 2015 met groot sukses Die Ouplaas Kontreimark aangebied. Ons het saam planne gemaak, lang ure en hard saamgewerk, baie pret gehad, mekaar beter leer ken en boonop ʼngoeie wins getoon.
Ons wil baie graag hierdie jaar dieselfde doen. Ons het dus dieselfde elemente wat verlede jaar werksaam was, bitter nodig.
Op die oomblik is ons nog besig met die opname van elke lidmaat se betrokkenheid, hetsy finansieel, met ander donasies en met hande en tyd.
Die diakens het die lyste reeds die 22 Junie ontvang en hulle moet asseblief by elke lidmaat in die wyk ʼndraai gaan maak. Indien jou diaken nie by jou uitkom nie, moet jy hom/haar asseblief skakel.
Indien jou wyk nie ʼndiaken het nie, kan jy asseblief by die Kantoor ʼnvorm gaan kry.
Hierdie inligting moet op 18 Julie 2016 alles by die kantoor wees sodat ons dit kan verwerk en deurgee na die sameroepers toe.
BAIE DANKIE VIR ALMAL SE POSITIWITEIT EN SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND.
’N BELANGRIKE LES OOR DIE SPOED VAN GEBED
Twee van die kortste gebede in die Nuwe Testament kom voor in die Lukas-evangelie. In Lukas 18:9-14 hoor ons hoe die tollenaar in Jesus se gelykenis bid: “God, wees my, sondaar, genadig.”
Net daar, in ʼnhemelse genademoment word sy gebed verhoor. Jesus vertel dat hierdie man huis toe gegaan het as iemand wie se saak met God reg is.
Genadespoed is vinniger as lig. Dit tref jou elke keer wanneer jy bankrot voor God kom staan met niks anders as net jou sondes en jou stukkende lewe nie.
Daar is geen spoedbeperking op God se genade nie. Hy is op sy beste wanneer ons sondes die grootste is.
God kom op sy naaste aan ons wanneer ons op ons vêrste van Hom af is en dan uiteindelik met leë bedelaarshande voor Hom kom staan.
Nog ʼnander kort gebed in Lukas kom voor in hoofstuk 23 wanneer die man langs Jesus aan die kruis vra: “Dink aan my, Here, wanneer U in God se ryk kom.
” Net daar, in ʼnhemelse genademoment, het Jesus geantwoord: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”Daar is nie tyd om te mors wanneer mense genade bedel nie.
Dan antwoord God elke keer teen genadespoed.
Stephan Joubert
BANKBESONDERHEDE:
Aftrekorders/Elektroniese inbetalings: U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.
Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.
As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.
Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146, Reknr. 640280034.
Vir Die Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr. 9260690692, ABSA, BRITS
U naam as verwysing asb.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Christelike Onderwys
Volgende Sondag by deure
Die Kerkblad
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Floris van der Walt Hannes Venter
Diaken Frikkie van der Walt Jannie du Plessis
Gasvryheid B 2 A 7
Volg. Week: B 3 A 1
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
BEDANKING
Hiermee wil ons net aan die volgende mense dankie sê vir die ondersteuning en besoeke tydens tannie Hester se operasie: Gerhard de Wet, Theunis en Frieda Riekert en Fanus en Marthie Kruger.
Wikus en Hester Riekerst
SEMINAAR OOR DISSIPELSKAP Weet jy hoe om met iemand oor Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker te praat? Verstaan ek en jy ons opdrag om dissipels te maak? Op 22 en 23 Julie bied ons ‘n opleidingseminaar aan waartydens ons geleer gaan word hoe om hierdie groot opdrag effektief uit te voer. Bywoning is gratis. Hou die datum oop!
|
3 Julie 2016
TEMA: GOD SE GENADEWERK VERANDER MY VAN ONTVANGER NA UITDELER
God is liefde. En liefde, so leer ons mos in die Woord, kry gestalte in gee. God het Homself aan die kruis vir ons gegee. Die bewys dat ek en jy kinders van God is, lê in feit dat ons ook, soos Hy kan gee.
1. GOD GEE GENADE
Sy genade word sigbaar in dit wat Hy gee. Hy gee sy Seun en Hy gee sy Gees. Hy hou niks terug nie. Hy wag nie vir ons om iets te doen nie. Hy kom na ons toe. Dit, sê Paulus, het die mense in Macedonië ervaar (vgl. verse 1 & 2).
2. GOD SE GENADE AKTIVEER ONS GENADE
Kyk wat gebeur! Wanneer hulle ervaar hoe God gee, gee hulle ook. Hulle gee hulleself aan die Here en daarna ook aan hulle medegelowiges (vgl. verse 4 & 5).
3. GENADE VERANDER LEWENS
As God jou so verander het dat jy ook liefde en genade kan gee, verander nie net jou eie lewe nie, maar ook die lewe van mense wat God op jou pad plaas.
TEKS:
Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.
2 Kor. 8: 8 & 9
SELFS OP ASHOPE SKYN DIE HERE SE LIG
Stephan Joubert
Die Here werk soms op onverwagse maniere, soos wat dit met die Belg, Jozef de Veustergebeur het. Hy is gebore in die jaar 1840. ‘n Klompie jare later het sy broer,
wat ‘n priester was, siek geword toe hy in Hawai moes gaan werk in die Here se diens. Toe besluit Josef daar op die plek om sy broer se werk te gaan doen. In 1864 is Josef Hawai toe gestuur.
Daar het hy ‘n priester geword en vir nege jaar diens gedoen. In 1873 het Damian, soos wat hy as priester bekend gestaan het, ingewillig om ‘n melaatse gemeenskap op een van die eilande te gaan bedien.
Dit was ‘n groep van sowat 8,000 mense op ‘n afgeleë gedeelte van die Molokai eiland genaamd Kaluapapa. Damian is vooraf gewaarsku dat hy nooit weer sou kon terugkeer na 'n normale lewe toe nie.
Nogtans het hy gekies om sy lewe te spandeer in diens aan hierdie melaatses. In hierdie tyd het hy 'n paar hospitale, klinieke, twee weeshuise en skole gebou.
Uiteindelik het hyself rondom 1884 die gevreesde “Hansen’s Disease” (of melaatsheid, soos wat in die volksmond daarna verwys word) opgedoen. As ‘n 49 jarige sterf Damian op 15 April 1889 in die Here se diens.
Sy lewe van selflose diens, harde werk en eindelose opoffering het hom sy dood gekos. Maar Damian se geloofsgemeenskap daar op die eiland het by hom gehoor dat splinternuwe lewe by God op hom wag.
Sy visie van God se nuwe wêreld het gemaak dat hy in een van die mees stukkende dele op aarde, wat deur vele as ‘n “menslike ashoop” beskou is, die lig van die evangelie helder laat skyn het.
God se mense sluit ook die vergetenes, die afgeskryfdes en die onbelangrikes van hierdie lewe in. Gaan dien in hierdie week een of twee van hulle. Nee, jy hoef nie na die Molokai eilande toe te gaan voordat jy dit kan doen nie;
wees net die Here se sout en lig daar in jou eie omgewing. Doen net iets in Sy Naam. Deel 'n beker koue water uit. Dra iemand se las. Loop myl twee saam met iemand.
Maar wees net aanwesig in Jesus se Naam, en seën iemand soos wat Hy van jou vra in Romeine 12.
KONINGSKINDERSKAMP
Jana Leibrandt en haar span het die afgelope week reuse werk gedoen met die Koningskinderskamp wat met die ondersteuning van Thaba Morula aangebied is.
Dit is ‘n groot evangelisasieprojek wat deel vorm van die werk wat ons Evangelisasiebedieningraad met groot ywer en toewyding doen.
Ons is dankbaar dat die Here aan veral ons jonger lidmate die entoesiasme en ywer gee om die werk met soveel toewyding te doen.
OUPLAAS KONTREIMARK 23 – 24 SEPTEMBER
Die tyd loop so vinnig. Een van die dae is dit alweer kontreimark. Na verlede jaar se sukses wil ons net voortbou en ʼnnog beter mark aanbied.
Daar word tans lyste versprei waarop elke lidmaat kan aandui op welke manier hy/sy betrokke gaan wees. Al kan jy nie ʼngroot bydrae met finansies of skenkings maak nie, kan jy sekerlik van jou krag en tyd gee om te help.
Kom ons werk almal saam hou ʼnfeestelike en suksesvolle kontreimark.
ONDERLINGE MEELEWINGS
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedel alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13)
1. Elsa Lourens was die afgelope week in die hospitaal vir toetse. Sy wag nog vir die uitslae.
2. Br Christoff Naude sukkel baie met die wond aan sy been wat nie wil genees nie. Ons dra hom op aan ons hemelse Vader.
3. Danie de Kock se ma is Donderdag oorlede. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
SEMINAAR OOR DISSIPELSKAP Wat doen ek en jy aan die groot opdrag wat die Here Jesus aan ons elkeen gee? Hoe ywerig voer ons sy opdrag uit? Maak ons planne om die opdrag uit te voer of ignoreer ons dit maar? Of is ons sommer net ongehoorsaam? Hy het aan ons elkeen die opdrag gegee: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels... Hoeveel dissipels het ek en jy al gemaak? Miskien is ons probleem dat ons nie regtig weet hoe om dissipels te maak nie, maar ons kan leer. Ons reël ʼnopleidingseminaar vir die hele gemeente op Vrydagaand 22 en Saterdagoggend 23 Julie (Die eerste naweek na die vakansie). Bywoning is gratis! Daar sal net ʼnkollekte wees om basiese kostes te dek. Hou asb die datum oop.
Kollektes Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens Vandag by deure Thusofonds Volgende Sondag by deure Christelike Onderwys
Diensbeurte Soutpansdrif Beestekraal Ouderling Pieter du Preez Thinus Eloff Diaken Christo Dednam Annemarie Eloff
Gasvryheid B 1 A 6 Volg. Week: B 2 A 7
Verjaarsdae hierdie week:
3 Jul 1986 HANNES GROBLER Sel: 0723944370 E 4
5 Jul 1952 STEVE VAN DER WALT Sel: 0828932667 A 6
5 Jul 1969 PAUL VENTER Sel: 0836539724 D 3
5 Jul 1948 HANNES VENTER Sel: 0828519463 A 2
8 Jul 2000 RICUS DU PLESSIS Sel: 0723133200 B 3
9 Jul 1955 LETTIE PRETORIUS Sel: 0761294777 A 3
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
ONDERLINGE MEELEWINGS Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedel alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13) 1. Elsa Lourens was die afgelope week in die hospitaal vir toetse. Sy wag nog vir die uitslae. 2. Br Christoff Naude sukkel baie met die wond aan sy been wat nie wil genees nie. Ons dra hom op aan ons hemelse Vader. 3. Danie de Kock se ma is Donderdag oorlede. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
|
|
|
12 Junie 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 48
TEKS: OPENB. 5: 2B, 5, 6, 9 & 10
2b. Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” 5. Toe sê een van die ouderlinge vir my:
“Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oor-winning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.
6. Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was.
Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 9. Toe sing julle ‘n nuwe lied:
“U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mese vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.
10. U het hulle ‘n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”
KONTREIMARK 23 & 24 SEPTEMBER 2016
Soos almal weet, bied ons hierdie jaar weer die Kontreimark aan.
Verlede jaar was ‘n groot sukses en dit is agv van al die lidmate se harde werk en ondersteuning.
Ons vra egter hierdie jaar weer almal se samewerking;
- DAAR GAAN ‘N LYS OPGEPLAK WEES BUITE. VUL ASB. JULLE NAME IN WAAR JULLE VAN HULP KAN WEES.
Die volgende lyste sal later beskikbaar gestel word.
- Geldelike bydrae
- Bestandele
- Gebak (daar sal ‘n lys beskikbaar wees van watter gebak goed verkoop het).
- Lewende hawe
- Items vir die Tombola tafel
Ons vra vrywillige lidmate wat bereid sal wees om as sameroeper op te tree vir die Tombolatafel
Broeders en susters Hiermee wil ek u graag in kennis stel van ons eie "gereformeerde" "con-man". Dit is 'n jong man wat iewers 'n kerkalmanak in die hande gekry het en dit gebruik om kontak te maak met Gereformeerde predikante of ouderlinge. Hy het donker hare, 'n langer onderkaak en is vol tatoeëermerke en snye wat hy glo self aan sy arm gebring het. Sy storie aan my was dat hy wil selfmoord pleeg wat byna verseker dat hy 'n spreekbeurt gaan kry. Hy stel dan dat hy groot geword het in Pres. Kruger kinderhuis in Pretoria en in Gereformeerde Kerk Oos-Moot was. Daarom soek hy 'n Gereformeerde Kerk Predikant om mee te praat want hy vertrou hulle glo die meeste. Sy storie is dan dat hy deur die ds. van Oos-Moot verkrag is terwyl hy in die kinderhuis was en die naam van die ds. wat my gegee het was Faan Buys, iemand wat nie bestaan nie. Hy verduidelik allerande grafiese gebeurtenisse op 'n wyse wat meeste warmbloedige afrikaanse gelowiges sal laat skrik of dalk net bloot kwaad gaan maak. Hy vertel van sy ma wat hom op die oomblik misbruik om met mans seksueel te verkeer vir geld en stel dat hy sy vuiste moet gebruik om sy woede oor sy lewe te stil. Hy sê dat hy 'n "digger" is in Piet Retief en dat sy sussie en haar tweelingdogtertjies daar woon en hy wil daarheen terugkeer maar het nie geld nie. Dit is dan uiteindelik dat hy geld vra. Hy sal probeer om op jou gevoelens te speel deur heeltyd te stel dat hy jammer is dat hy jou tyd gemors het en het soms in vreeslike krutaal gepraat. Hy weier egter om homself te verwyder. By my het hy sommer in my voertuig geklim. Sy naam vir my was Zander Jones en dit sal waarskynlik verander by elke predikant. Dit wil voorkom of hy op 'n koningskinders kamp was en daar te doen gekry het met van die personeel by die kinderhuis omdat hy baie van die bekende name daar gebruik om jou te oortuig. Ek het bevestig dat die man ook reeds besoek afgelê het in Bronkhorstspruit. Hoop nie hy pla iemand anders nie maar wees maar op die uitkyk. Groete Riekert Pelser (Tel: 053 4740913 & Sel: 0823214373) Gereformeerde Kerk Vaalharts Posbus 42, Hartswater, 8570.___
Kollektes Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens Vandag by deure Bybelverspreiding Volgende Sondag by deure Emeritaatsfonds
Diensbeurte Soutpansdrif Beestekraal Ouderling André Rossouw André de Wet Diaken Rainer Schurger Jannie du Plessis
Gasvryheid E 5 A 3 Volg. Week: E 6 A 4
Verjaarsdae hierdie week: Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
VERGADERING: Kerkraadverslag Vergadering Woensdag 22 Junie om 19:00 in die kerksaal.
ONDERLINGE MEELEWING 1. Len Labuschagne is in die hospitaal en sal Maandag ontslaan word. Ons wens hom alle beterskap toe. 2. Theuns du Plessis is ook in die hospitaal. Hy het nierprobleme. Ons bid hom sterkte toe. 3. Tant Bellie het ‘n operasie ondergaan en is nogsteeds in die hospitaal. Dit gaan nie baie goed met haar nie. Ons bid dat die Here haar sal dra en versterk.
SOP EN SJERRIE Die Susters van Beestekraal nooi die gemeente uit na ‘n “SOP EN SJERRIE ETE” by Soutpansdrift Kerk vandag 12 Junie direk na die erediens. Prys – R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.
|
|
|
5 Junie 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 43
Wat is die negende gebod?
TEKS: OPENB. 4: 2b
Ek het gesien daar staan ‘n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand.
KONTREIMARK 23 & 24 SEPTEMBER 2016
Soos almal weet, bied ons hierdie jaar weer die Kontreimark aan.
Verlede jaar was ‘n groot sukses en dit is agv van al die lidmate se harde werk en ondersteuning.
Ons vra egter hierdie jaar weer almal se samewerking;
- Daar gaan ‘n lys opgeplak wSees buite. Vul asb. julle name in waar julle van hulp kan wees.
- Geldelike bydrae
- Bestandele
- Gebak (daar sal ‘n lys beskikbaar wees van watter gebak goed verkoop het).
- Lewende hawe
- Items vir die Tombola tafel
Ons vra vrywillige lidmate wat bereid sal wees om as sameroeper op te tree vir die Tombolatafel
Die Geref. Kerk Bronkhorstspruit bied DV op 30 Julie 2016 ‘n fietswedren aan. Die wedren gaan op die plaas Witklip (van Hans van Rensburg) plaasvind. Inligting is beskikbaar op Facebook by Witklip MTB Winter Classic. Inskrywings geskied op www.cycleeventes.co.za. Elke fietsryer kry ‘n nommer vanaf 6:30 op die dag van die fietswedren. Die wedren begin om 8:00. Kostes is soos volg: 50km (R200); 25km (R180); 10km (R110); 1km (R50). Daar gaan ook heerlike kosse en drinkgoed te koop aangebied word. Ons vra asb. so veel as moontlik mense se ondersteuning vir hierdie saak. Vir meer inligting, skakel asb vir Paul Grobler by 083 282 1377. BRAND NEW MTB RACE AT A BRAND NEW VENUE 30 July 2016 - Witklip, Bronkhorstspruit
JEUG AANDBYEENKOMS (5 Junie om 18:00) Spreker: Regardt Venter. Tema: Wat verwag die Here van ouers en kinders in hulle onderlinge verhouding met mekaar en met Hom.
ONDERLINGE MEELEWING 1. Ons betuig ons innige meegevoel met Rose en haar familie met die skielike heengaan van Louwtjie. Ons bid dat die Here julle almal in hierdie tyd styf vashou en vertroos. 2. Met sr. Rina Scheepers gaan dit ook nie baie goed nie. Die dokters het haar chemobehandeling voorlopig gestop. Ons bid dat die Here haar sal dra en versterk. 3. Ons innige meegevoel met br. Danie du Plessis en sy familie met die afsterwe van Jeanne die afgelope week. Mag die Here vir julle vertroosting bring.
FEBA RADIO SUID-AFRIKA JUNIE 2016 NUUSBRIEF Bid asb. vir die volgende: FEBA SA se personeel, onder leiding van dr. Jurie Vermeulen. FEBA SA se raad, met mnr. Pieter du Toit as Voorsitter. FEBA SA se vrywilligers Weeklikse Opsomming: Eerste Generasie Kerk Evangelieprojek Moeilik Bereikbares FEBC China Epos adres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Volledige inligting beskikbaar by die Kerkkantoor.
Kollektes Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens Vandag by deure Studentekas Volgende Sondag by deure Bybelverspreiding
Diensbeurte Soutpansdrif Beestekraal Ouderling Japie Rheeders Gerhard de Wet Diaken Herman du Preez Annemarie Eloff
Gasvryheid E 4 A 2 Volg. Week: E 5 A 3
Verjaarsdae hierdie week: Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
GEBRUIK VAN SPEEL IN TERAPIE Inligting beskikbaar by Kerkkantoor.
GEBRUIK VAN SPEEL IN TERAPIE
Inligting beskikbaar by Kerkkantoor. SOP EN SJERRIE Die Susters van Beestekraal nooi die gemeente uit na ‘n “SOP EN SJERRIE ETE” by Soutpansdrift Kerk op 12 Junie direk na die erediens Kaartjies is beskikbaar by: Beestekraal – Annemarie Eloff of kontaksusters Soutpansdrift – Kontaksusters en Kerkkantoor Prys – R20 vir volwassenes en R10 vir
|
|