Kerk Kantoor
22 Mei 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 41
TEKS: Mat. 25: 14, 15, 21 & 30
14. “ Verder gaan dit soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou.
15. Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.
21. Toe sê sy eienaar vir hom: “Mooi so! Jy is ‘n goeie getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde.”
30. En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Na al die admin afgehadel is en ons almal weer tot verhaal gekom het, wl ons as PresidentKrut Kinderuise DANKIE sê vir almal wat Hartklopfees 2016
bygewoon het asook bygedra het om die aand ‘n reuse sukses te maak.
Hierdie jaar is Hatklopfees 3 jaar oud en het ons geslaag om 92% van ‘pledges’ wat die aand gemaak is, te kon insamel.
Ons beker loop oor en hoop om julle almal weer volgende jaar by Hartklopfees 2017 te sien!
Julle maak ons hande sterk om ‘n toekoms vir ons kinders te kan skep!
BEROEPE ONTVANG
· Ds MJ Lourens (Thys) van Middelburg KP na Vaalpark.
BEROEPE AANVAAR
· Ds C Jooste (Christiaan) van Wonderboompoort na Waterberg.
JEUGAAND TE BRITS GEMEENTE
Sondag 22 Mei om 18:00 is word daar ‘n Jeugaand gehou. Br. Regardt Venter gaan dit waarneem.
Tema: Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Deel 2.
Wit Olifant Verkoping by Gereformeerde Skool Dirk Postma:
Dirk Postma hou ons jaarlikse Wit Olifant Verkoping op 28 Mei by ons Laerskool parkeer area (oorkant die saal).
Dit is vir ons ʼnlekker fondsinsameling, waar ons allerhande interessante goedjies verkoop en ook heerlike worsbroodjies, koeldrank en koffie.
Kom geniet asb. die oggend saam met ons! Indien julle skenkings vir ons tafel het, kan dit by die kleuterskool afgelaai word (07:30-08:00 & 13:00-13:30), ons sal dit waardeur. Groete' Dirkieland
KLEUTERSKOOL-POS BESKIKBAARby Kaatvoet Klitsies skool op Gereformeerde
Skool Dirk Postma se terrein. Dis 'n klein groepie kinders vir Douderdomme
2-4jaar. Die pos is onmiddelik beskikbaar en salaris onderhandelbaar.
Indien U balngstel, stuur asb. 'n cv na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of
skakel 083 629 9048.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
EkumenisiteitsfondsJeug London
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler Thinus Eloff
Diaken Fanie Briel Jan Erasmus
Gasvryheid E 2 A 6
Volg. Week: E 3 A 1
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
TER APPROBASIE
As Diakens:
Ria van der Merwe,
Liam Byleveld en
Piet du Plessis
SERTIFIKAAT SEREMONIES In die volgende twee maande gaan CBI verskeie Sertifikaat Seremonies aanbied vir ons studente uit verskeie tronke. Met so ‘ngeleentheid word daar ʼnkort oordenking voorgehou, die sertifikate word oorgehandig en personeel van die Departement van Korrektiewe Dienste enl as CBI kry ʼnkansie om iets te sê. Daarna geniet ons sap met óf worsbroodjies óf skyfies. As een van ons broeders graag Arie wil vergesel met een van hierdie geleenthede, stel asb. ons kantoor in kennis (0610319498). Die voorlopige datums is: 26 Mei by Losperfontein (Brits), 7 Junie by Atteridgeville (Pta. Sentraal), 10 Junie by Baviaanspoort, en 15 Junie by Zonderwater Medium B (Cullinan). Daar word beplan om ʼnseremonie vir die vrouens aan te bied in Junie as een van die dames vir Marlien wil vergesel.
|
15 Mei 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 25 – Vraag 65 en Sondag 38 – Vraag 103
TEKS: Ps. 32: 1 – 5
‘n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
2. Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3. Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4. U hand het dag en en nag swaar op my gedruk, my kragg het opge-droog soos water in somerhitte.
5. Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê. “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe.
BEROEPE AANVAAR
· Ds JD Potgieter [Dreyer] van Rooihuiskraal na Meyerspark.
President Kruger Kinderhuise
Krokodilrivier Gereformeerde Kerk
Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende die kontant bydrae van R15000 wat ons op 28-04-2016 ontvang het.
Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde.
Ons kan met sekerheid sê dat die fondse aangewend sal word vir die versorging van ons kinders.
Volgehoue ondersteuning en bydraes soos hierdie maak ons hande sterk om ons kinders 'n tuiste en platvorm te bied waar hulle kan ontwikkel tot hulle volle potentiaal.
Dit is ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Krokodilrivier Gereformeerde Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.
Weereens baie dankie.
Vriendelike Groete,
President Kruger
FRANSE RADIOBEDIENING
Gister ontvang ek die volgende epos van die Amerikaanse koordineerder van die TWR360 platvorm (TransWêreldRadio se internet uitsendings):
Brother Eric,
Greetings to you today in the name of the Lord Jesus Christ! I was just looking over your latest TWR360 monthly report, and I found it to be tremendously encouraging, as I hope you also will.
Here are some specifics that I would like to point out:
1. As before, FEVR [Foi et Vie Réformées] is getting a huge number of listener comments each month, more than any other program that I am acquainted with on TWR360.
Your listeners are very enthusiastic about your program, and I hope you will be able to take advantage of the listing of their e-mail addresses to correspond with them.
2. Your streams and downloads total (= the number of people who actively engaged with your content) went from 914 (in the previous month) to 2,291 in April, which is a 250% increase!
3. In addition, your French programs are crossing language boundaries in a significant way.
They were accessed last month by speakers of nine different non-French languages, that is, people who speak French as a secondary language. These languages included…
§ English, § Afrikaans, § Arabic, § Bengali, § German, § Indonesian, § Mandarin,
§ Spanish (a LOT of them!), § Vietnamese.
All in all, I hope that this will be a blessing to you, and may God strengthen you and encourage you to carry out all that He has called you to do.
We are so grateful to be able to partner together with you in proclaiming the Good News of our wonderful Lord Jesus Christ!
Aan God Drie-Enig alleen die eer! Dankie vir voortgesette gebede en ondersteuning.
Ds EricKayayan
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Davron
Volgende Sondag by deure
GKSA Sustentasiefonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders André de Wet
Diaken André van der Walt Jannie du Plessis
Gasvryheid E 2 A 6
Volg. Week: E 3 A 1
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
NAGMAALETE
Dit word aangebied deur Blok A by Thaba Morula. Bring eie eetgerei, drinkgoed asook ‘n geldjie om kostes te dek.
JOP
Baie dankie vir almal se boodskappe en mooi wense vir herstel tydens my hospitalisasie en daaropvolgens.
Die oorvloed was net te veel sodat ek ongelukkig op elkeen individueel terug kon reageer nie. ‘n Besonderse dank aan br. Regardt Venter vir die bemoedigende besoeke in die hospitaal.
Hoe wonderlik was dit tog nie om die liefde en gemeenskap van Gelowiges ook op hierdie wyse te kon ervaar! Alle eer aan ons groot Geneesheer!
Groete
Jop Pretorius
ONDERLINGE MEELEWING
1. Sr. Jeane du Plessis is baie ernstig siek. Ons bid dat die Here haar en haar familie in sy lliefde deur hierdie beproewing sal dra en versterk.
8 Mei 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 40
TEKS: 2 Kron. 18: 1 – 4
1. Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy ‘n huwelik tussen ‘n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.
2. Na ‘n paar jaar het hy vir Agab in Samaria gaan besoek. Agab het ter ere van Josafat en sy gevolg ‘n groot aantal skape en beeste geslag en hom ook probeer omhaal om ‘ n veeldtog teen Ramot in Gilead te begin.
3. Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gesê: “Ek en jy is een, en ons leërs is een. Ons is saam met jou in die oorlog,
4. Maar,” het Josafat verder vir die koning van Israel gesê, “vind nou eers uit wat sê die Here.”
TEKS: 2 Kron. 19: 1 – 3
1. Koing Josafat van Juda het behoue tuis gekom in Jerusalem.
2. Daar het die siener Jehu seun van Ganani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u ‘n goddelose help en aan ‘n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die here op u laat kom.
3. “Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”
BEHOEFTIGES
Daar is ‘n groot behoefte vir seunsklere, veral vir 2 en 10 jaar. Kontak Martie Pretorius by 0834250932.
Koningskinderskamp 2016
Dit is met groot opwinding dat ons weer die Koningskinderskamp vir 2016 begin organiseer.
Die kamp word jaarliks aangebied vir 50 kinders in die nabye omgewing. Hierdie jaar vind die kamp plaas DV 26 Junie tot 3 Julie te Thaba Morula.
Graag wil ons elkeen van u deel maak van hierdie unieke geleentheid om God se woord te verkondig aan die kinders van Sy koningkryk, die kroon van Sy skepping.
Ons geestelike program handel oor “ Wie is Jesus”, waartydens ons vir die kinders leer dat Jesus ons enigste weg en waarheid tot God is.
Indien daar enige belydende lidmate is wat graag groepleiers wil wees, kan u gerus vir Jana kontak.
As u graag in die vorm van ‘n skenking wil bydrae, sal ons enige skenkings vir:
Badgoed , Lekkergoed, Koekies , Beskuit, Klere, Slaapbenodighede, Vleis, Groente, Vrugte of ‘n finansiële bydrae opreg waardeer.
Ons nooi elke lid van die gemeente uit om te kom deel in die week se aktiwiteite. Indien enige kleingroep of gesin ‘n aand of dag saam ons wil kom spandeer, kan u gerus met Jana of Janita praat.
Indien u enige vrae het, kontak gerus:
Jana Leibbrandt ( kamporganiseerder en diaken) : 073 217 5222
Janita Greyling ( Kampmoeder) : 072 9077 811
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
GKSA Sustentasiefonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Peet Rheeders Gerhard de Wet
Diaken Cules van der Walt Annemarie Eloff
Gasvryheid E 1 A 5
Volg. Week: E 2 A 6
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
NAGMAALETE
15 Mei se Nagmaalete word aangebied deur Blok A by Thaba Morula.
Bring eie eetgerei en drinkgoed saam.asook ‘n geldjie om kostes te dek.
PROGRAM VIR DIE WEEK
Maandag 9 Mei 19:00 Blokraad D Vergadering Kerksaal
Woensdag 11 Mei 19:00 Wykbedieningsraad Vergadering Kerksaal
JEUG AANDBYEENKOMS
Vanaand om 18:00 in Soutpansdrift Kerk. Kollekte om uitgawes te dek en daar sal verversings wees.
Tema: Waarom laat die Here soms toe dat slegte dinge met sy kinders gebeur?
ONDERLINGE MEELEWING
1. Jop Pretorius is tuis na hy ‘n 2de operasie moes ondergaan.
2. Sr. Jeane du Plessis kry tans Chemo. Ons bid dat die Here haar deur hierdie behandeling sal versterk.
3. Sr. Rina Scheepers is ook besig met Chemobehandeling. Ons bid dat die Here haar deur hierdie moeilike tyd sal beskerm.
24 April 2016
HEIDELBERGSE KATEGISMUS:
Sondag: 10
TEKS: PS. 3: 6 & 7
6. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.
7. Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie.
ONDERLINGE MEELEWING
1. Br. Christoff Naudé het gedurende die week ‘n operasie ondergaan om sy are oop te maak. Hy sterk tans by die huis aan.
2. Br. Ajee du Plessis het ‘n operasie ondergaan na hy in ‘n motorongeluk was laas week. Dit gaan goed met hom en hy is weer by die huis.
3. Jop Pretorius se blindederm het gebars en hy is Donderdag geopereer. Ons wens hom alle sterkte toe.
Koningskinderskamp 2016
Dit is met groot opwinding dat ons weer die Koningskinderskamp vir 2016 begin organiseer. Die kamp word jaarliks aangebied vir 50 kinders in die nabye omgewing.
Hierdie jaar vind die kamp plaas DV 26 Junie tot 3 Julie te Thaba Morula.
Graag wil ons elkeen van u deel maak van hierdie unieke geleentheid om God se woord te verkondig aan die kinders van Sy koningkryk, die kroon van Sy skepping.
Ons geestelike program handel oor “ Wie is Jesus”, waartydens ons vir die kinders leer dat Jesus ons enigste weg en waarheid tot God is.
Indien daar enige belydende lidmate is wat graag groepleiers wil wees, kan u gerus vir Jana kontak.
As u graag in die vorm van ‘n skenking wil bydrae, sal ons enige skenkings vir:
Badgoed , Lekkergoed, Koekies , Beskuit, Klere, Slaapbenodighede, Vleis, Groente, Vrugte of ‘n finansiële bydrae opreg waardeer.
Ons nooi elke lid van die gemeente uit om te kom deel in die week se aktiwiteite. Indien enige kleingroep of gesin ‘n aand of dag saam ons wil kom spandeer, kan u gerus met Jana of Janita praat.
Indien u enige vrae het, kontak gerus:
Jana Leibbrandt ( kamporganiseerder en diaken) : 073 217 5222
Janita Greyling ( Kampmoeder) : 072 9077 811
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Brits Rusoord
Volgende Sondag by deure
Brits Rusoord
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Floris van der Walt Thinus Eloff
Diaken Frikkie van der Walt Jan Erasmus
Gasvryheid D 5 A 3
Volg. Week: E 1 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
BEHOEFTIGES
Ons vra wintersklere en skoe-ne, veral vir die kinders. As u enige afvalmateriaal het vir ‘n kniekombersie vir die oumen-se sal ditwaardeer word.
Kontak Martie Pretorius by 0834250932.
Facebook:
https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
PROGRAM VIR DIE WEEK
Sondag 24 Apr. Blokraad A Vergadering 18:00 André de Wet
Sondag 24 Apr. Evangelisasie Bedieningsraad Verg. 11:00 Moederskamer
Maandag 25 Apr. Blokraad B Vergadering 18:00 Katkisasielokaal
Maandag 25 Apr. Blokraad E Vergadering 19:30 Katkisasielokaal
BEROEPE ONTVANG
· Ds W van den Heever [Werner] van Vryheid na Gobabis.
BEROEPE AANVAAR
· Ds RA Bain [Ronald] van Cachet na Potchefstroom.
20 Maart 2016
TEMA: KOM BELEEF ONS HEMELSE VADER SE OPSOEKENDE LIEFDE
Geen mens kan of wil van vanself naby die Here leef nie. Inteendeel, die mens kruip as gevolg van die sonde weg – vir die Here en vir mekaar (Vgl. Gen. 3:7 – 10).
- SONDE IS ‘N GEHEIME, VERNIETIGENDE KRAG
Sonde lê in die wese van die vraag: Wie is ek? Kain en Abel was broers, maar hulle lewensbenadering verskil. Abel stel sy vertroue in God terwyl Kain sy sonde toelaat om hom te oorheers.
- DIE EWIGE GOD VOL GENADE SOEK ONS IN LIEFDE OP
Die Here kom praat spesiaal met Kain. Hy waarsku hom en wys op die mag van die sonde. Desnieteenstaande vermoor Kain sy broer.
- GOD STUUR SY SEUN OM ONS KRAGDADIG TE VERLOS
Kain se bloedvergieting lei tot sy verwerping. Hy toon geen berou en word ʼnswerwer –van God verlate. Daarom moes God sy Seun stuur sodat Hy ons verlos deur die vloek in ons plek te dra. Ons Here Jesus se bloed aan die kruis roep om God se vergelding en Hy roep uit: My God, my God waarom het U my verlaat?
TEKS:
“As jy nie goed doen nie-die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
Gen. 4: 6 & 7
ONDERLINGE MEELEWING
"Dieselfde gesindheid moet ook in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was...." (Fil. 2:5)
- Sr. Petra Steenkamp is tuis na haar heupvervanging. Ons is dankbaar vir die Here se genesende krag.
- Sr. Arina de Jager is ook uit die hospitaal ontslaan na haar knievervanging. Sy sterk ook goed aan onder die liefdevolle versorging van ons hemelse Vader.
- Br Dries du Plessis was in die hospitaal nadat ʼnmaagseer aan die bloei gegaan het. Hy is ook weer tuis en sterk met behulp van die regte behandeling goed aan.
- Die skole het Vrydag gesluit en ons wens al ons kinders en onderwysers ʼnwonderlike vakansie toe. Almal op die paaie: Ry asb versigtig en kom veilig tuis. Mag die Here ons almal vashou in sy liefde.
GOEIE VRYDAG EREDIENS
Ons het DV op Goeie Vrydag 25 Maart om 09:00 ‘n gesamentlike erediens (Soutpansdrift en Beestekraal) in Soutpansdrift kerkgebou.
Bring gerus u familie en vriende saam om die Here op die besondere dag in ons kerklike jaar te ontmoet.
Goeie Vrydag is inderwaarheid die belangrikste dag op ons kerklike kalender, want dan herdenk ons Here Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis.
MOOTKAMPE 2016
Die Mootkampe word aangebied vir ons jongmense.
Die kampdatums is Gr. 10 – 12 vanaf 25 Junie tot 2 Julie en
Gr. 7 – 9 vanaf 26 Junie tot 1 Julie.
Die koste beloop R690 vir Gr. 7 – 9 en R966 vir Gr. 10 – 12 (etes ingesluit).
Kontak Ansuri Welman by Selnr. 072 418 2190 of eposadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
TER APPROBASIE
AS DIAKENS:
Koos Venter, Grieta Venter, Chris du Plessis, Christo Hattingh, Rainer Shurger en Herman du Preez.
AS OUDERLINGE:
Gert Postma en André Rossouw.
MEDIAVDERKLARING DEUR BESORGDE SUID-AFRIKANERS, WAT OP 29 FEBRUARIE 2016 IN PRETORIA ONTMOET HET
Goeiedag broers en susters
Ek gee graag vir u die mediaverklaring deur soos saam met 'n aantal organisasies wat op inisiatief van Dr Theuns Eloff vergader het, opgestel.
Die GKSA se Deputate Owerheid het die verklaring onderskryf in ooreenstemming met die mandaat wat ons van die Algemene Sinode ontvang het. Cassie Aucamp
As besorgde Suid-Afrikaners uit kerke, vakbonde, die sakewêreld en burgerlike samelewingsorganisasies, is ons diep verontrus deur die toenemend gespanne verhouding tussen
Suid-Afrikaanse gemeenskappe en die eskalasie van rasse-insidente, insluitend die onlangse protesoptrede by universiteite.
Ons verwerp rassisme uit enige oord ondubbelsinnig en ons waarsku dat die uitbuiting van rassisme vir politieke doeleindes uiters gevaarlik is.
Ons doen ʼnberoep op alle Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe om respek teenoor mekaar te betoon ten opsigte van menswaardigheid, verdraagsaamheid met verskille en die oorweging van almal se bekommernisse, belange en aspirasies.
Ons is bekommerd oor die gevolge van woede én vrees, en die verdere eskalasie van rassespanning. Ons jongmense is in hierdie opsig besonder kwesbaar.
Ons besef dat arrogante, onnadenkende en onsensitiewe houdings groot skade kan berokken en verbind onsself om dit te bestry.
Terselfdertyd is dit ons oortuiging dat mense van alle rasse beoordeel moet word op grond van wat hulle as indiwidue doen en sê, en nie bloot op grond van hulle ras nie.
Ons vind dit prysenswaardig dat verskillende organisasies en gemeenskappe alliansies met universiteite gevorm het om geweld en rassisme te beveg, sodat bestendige, vreedsame en volhoubare oplossings nagejaag kan word.
Ons het in ons gesprekke die behoefte aan ‘n hernieude versoening en vredesproses geïdentifiseer, waardeur Suid-Afrikaners oor ‘n breë spektrum kan beraadslaag oor ‘n gedeelde
visieen die samelewingsprobleme wat ons in die gesig staar. Daarom sal ons om hierdie proses te bevorder, gesamentlik en afsonderlik in gesprek met ons mede-Suid-Afrikaners tree.
Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons oproep vir hernieude versoening te ondersteun.
Ons sal ‘n dringende en hoëvlak gesprek met die regering vra, sodat ons ons bekommernisse in ‘n gees van wedersydse erkenning en respek kan bespreek.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Plaaslike Sending
Volgende Sondag by deure
Die Kerkblad
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders Thinus Eloff
Diaken Nico Engelbrecht Jannie du Plessis
Gasvryheid E 6 – E 10 A 5
Volg. Week: B 1, B 2 & B 3 A 6
Verjaarsdae hierdie week:
BYBELSKOOL:
Maandag 21 Maart om 18:00 in die kerksaal.
Facebook: https://www.facebook.com/gkkrokodilrivier
Twitter: GK Krokodilrivier @ GK_Krokodil
Jesus loop Homself dood
deur Stephan Joubert
Wanneer ek die Markusevangelie lees val dit my op hoe baie Jesus aan die beweeg is. Hy is gedurig op die pad en vinnig aan’t rondbeweeg. In Markus 15 loop Jesus Homself dood- letterlik!
Ons lees hier hoe Hy aan ’n houtkruis vasgekap word net buitekant Jerusalem. Terwyl almal Hom verlaat, roep Jesus daar sy bekende woorde van Psalm 22 uit:
“My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Markus 15:34). Hoop-verlore, of dalk nie! Want daar in Jesus se sterwensoomblikke roep Hy juis na God, daardie einste God wat die
psalm-skrywer van Psalm 22 te hulp gekom het, soos wat die res van hierdie psalm getuig. Jesus se sterwe is geen noodlot-grap nie. Vanaf Markus 8 het Jesus drie keer gesê dat Hy,
die Seun van die mens, oppad is na Jerusalem om doodgemaak te word. Sy pad is ’n doodloopstraat. Dit eindig aan ’n houtkruis. Nee wag, dit eindig anderkant die leë graf.
Want daardie einste lydende Seun van die mens word ook deur God opgewek uit die dood. Sy doodloopstraat lei ’n nuwe leefstraat in vir Homself en elkeen wat in Hom as die Seun van God glo.
Slegs in Jesus is hierdie nuwe lewe moontlik.
24 Januarie 2016
TEMA: God se regverdigheid en genade vra van ons ʼn geloofsreaksie
As ons die boek Habakuk deurlees, dan merk ons gou op dat die omstandighede waarvan hy praat nie veel van ons omstandighede verskil nie.
Hy noem o.a van geweld, onderdrukking, slegtes wat oor goeie heers, en die reg wat verdraai word, Omdat God nooit verander het nie, is God se openbaring oor Homself in sulke omstandighede dus ook baie van toepassing op ons.
Daarom gaan ons in hierdie fokustydperk fokus op die boek Habakuk. Vandag verkry ons ‘n oorsig van die boek, ter inleiding.
1. God is regverdig en ook genadig
Habakuk kla by die Here oor die onreg en geweld onder sy volk. God antwoord dat Hy die volk gaan laat wegvoer deur die Galdeërs. Omdat God regverdig is bly die sonde nie ongestraf nie. Nou kla Habakuk ‘n tweede keer:
Hoe kan God die Galdeërs gebruik om hulle te straf? Hulle is dan slegter as Juda, en so wreed! God antwoord ‘n tweede keer:
Die persoon wat volhard in die sonde, sal sy verdiende loon kry, maar die regverdige sal deur die geloof lewe. God is dus ook genadig en maak mense regverdig en skenk aan hulle die geloof!
God antwoord verder ook dat die Galdeërs self uiteindelik ook geoordeel sal word – weereens, want God is regverdig!
2. God vra van ons ʼngeloofsreaksie
Laastens bid Habakuk tot God. In sy gebed sien ons onder andere drie reaksies op God se openbaring oor Homself in sulke omstandighede. Habakuk word vervul met ontsag vir God. Hy verootmoedig hom voor God.
En hy gee homself in geloofsvertroue oor aan God. God vra ook dieselfde geloofsreaksie van ons.
TEKS:
Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
Hab. 3: 17 - 19
BYBELSKOOL
Die Bybelskool hervat DV weer op Maandag 1 Februarie 2016 van 18:00 tot 19:00 in die Kerksaal.
Ons gaan hierdie keer kyk na die geskiedenis van Israel, m.a.w. ons gaan begin by Jakob se 12 seuns wat dan die 12 stamme gevorm het en dan gaan ons die geskiedenis van die konings van Israel en later Juda ook, bekyk.
Almal is baie welkom om die Bybelskool by te woon.
SUSTERS
Afskopfunksie. Al die susters – van ouerig tot speenoud !! – word hartlik uitgenooi na ons eerste byeenkoms van 2016. Dit vind DV plaas op Vrydag 5 Februarie 2016 vanaf 18:00 by Soutpansdrift se kerksaal.
Ons gaan vinnig na die planne vir 2016 kyk, ʼnvoordragkunstenaar gaan optree en ons gaan weer geheime vriendinne kies (vrywillig) . Kom geniet ʼnheerlike kuieraand saam met medegelowiges en vriendinne. Ons vra net so ʼn
R20 ‘ tjie om die onkostes van die aand te dek.
Fondsinsameling. Ons is bevoorreg om op Vrydag 19 Februarie 2016 om 19:00 vir Jannie du Toit hier te ontvang. Hy gaan vir ons die program
Koos Doep is nie dood nie
doen saam met ʼnpianis en tjellis. Dit bestaan uit ongeveer 20 liedjies van die bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, Koos du Plessis en van die dinge waaroor hy gemymer en geskryf het.
Dit beloof om werklik ʼnprogram van uitstaande gehalte te wees. Die kaartjies kos R100 per volwassene en R50 per kind onder 12 en die prys sluit ʼnheerlike kaas en wyn/druiwesap na die tyd in.
Die kaartjies is nou reeds beskikbaar by die kontaksusters, die Kerkkantoor en MooiNooiwinkel.
LET WEL daar is geen plekbesprekings nie.
Sustersaamtrek. Die Saamtrek word aangebied deur die susters van Elandskraal op Saterdag 5 Maart 2016 by die Hervormde Kerk Buffelspoort. Die tema is ”Laat God se liefde weergalm” en die spreker is ds Hannes Noëth .
Die daggeld is R150 pp. Skryf asb jou naam op die lys by die kennisgewingbord en betaal die geldjie by Anriëtte in voor 14 Februarie 2016.
PROGRAM VIR DIE WEEK
Sondag 24 Jan. 11:00 Evang Bedieningsraad Verg Kerksaal
Dinsdag 26 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 2
Woensdag 27 Jan. 19:00 Jeug Bedieningsraad Verg Kerksaal
Donderdag 28 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 2
Saterdag 30 Jan. 19:00 Toerusting Ouderl & Diakens Kerksaal
KONTREIMARK 2016
Ons versoek die reëlingskomitee van die Kontreimark van 2015 om asseblief Maandag om 19:00 by die pastorie bymekaar te kom vir ‘n vinnige vergadering met die oog op die Kontreimark van 2016.
Daar is net ‘n paar wegtrekbesluite wat geneem moet word. Die vergadering behoort vinnig afgehandel te wees. Baie dankie.
TER APPROBASIE AS DIAKENS
Cecile du Plessis, Braam de Wet en Pieter Klopper
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Studentekas
Volgende Sondag by deure
Pro Ecclesiafonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Christo du Plessis Gerhard de Wet
Diaken Marthie Grobler Jannie du Plessis
Gasvryheid D 3, D 4 & D 6 A 4
Volg. Week: D 7 & D 8 A 5
Facebook:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
GK_Krokodil
HUWELIKSHERDENKING
Ben en Daleen Ras is 24 Januarie 40 jaar getroud.
ONDERLINGE MEELEWING
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.(Rom. 12:9)
1. Br Koos Scheepers was die afgelope week in die hospitaal vir die behandeling van nierstene. Dit was genadiglik nie nodig om te opereer nie en hy is tans tuis.
2. Sr Brenda Herman het ‘n operasie aan haar hande gehad en sterk tuis aan.
3. Ons is dankbaar om te kan berig dat sr Rina Scheepers goed vorder na haar operasie.
PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS
Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende
die groente as skenking ontvang. Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde.
U kan verseker wees dat die skenking sal gebruik word in die versorging van ons kinders.
Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Gereformeerde Kerk Krokodilrivier ten opsigte van President Kruger Kinderhuis te ervaar.
Weereens baie dankie.
Vriendelike groete,
President Kruger Kinderhuis, Pretoria
17 Januarie 2016
TEMA: WIE PRAAT DIE WAARHEID?
In Jeremia 28 lees ons van twee profete wat sê: So sê die Here. Hulle boodskappe verskil egter totaal van mekaar. Wie praat die waarheid? Wie is die ware profeet?
1. HOE LYK DIE VALSE PROFEET?
Kyk na Gananja, by nabaat, uit die geskiedenis , weet ons hy is die vals profeet. Tog staan hy in die tempel en sê: "So sê die Here ..." hy is self oortuig dat hy namens die Here praat. Hy durf vir Jeremia aan en wil hom as vals profeet uitmaak.
2. HOE LYK DIE WARE PROFEET?
Op die oog af lyk hy en die vals profeet baie dieselfde. Hy sê ook: "So sê die Here..." Hy maak ook daarop aanspraak dat sy woorde waar is. Hy is ook oortuig van sy boodskap. Hy moes op die stadium verleë weggaan.
3. HOE HERKEN JY DIE WARE PROFEET?
Dis 'n ingewikkelde probleem. Dit was trouens nie eers vir die profete self so duidelik nie! Jeremia se boodskap sê onderwerp jou al kos dit lyding.
Buig, al lyk dit verkeerd! Die Here Jesus se boodskap sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My...".
TEKS:
Luister, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie. Jy laat hierdie volk staat-maak op leuens.
Jer. 28: 10 & 15
KATKISASIEOPENING
Die katkisasie begin vandag. Na afloop van ons erediens versoek ons al ons kinders van graad 1 – 11 om in die kerkgebou bymekaar te kom.
By die geleentheid sal Diaken Frikkie van der Walt, wat vir ons kategese se reëlings verantwoordelik is, die kinders help om in hulle onderskeie klasgroepe ingedeel te word.
U kan gerus ook saam met u kind na sy/haar lokaal toe beweeg en die hulpkategeet ontmoet wat elke Sondag u kind sal onderrig.
SUSTERS
2016 is nou al ʼnhele 3 weke oud en ons dinge begin nou volstoom. Hou asb. Vrydag-aand 5 Februarie oop vir ons Afskopfunksie. Dit beloof om ʼnheerlike aand te wees.
Blokke B en D se susters gaan ons op voortreflike wyse trakteer. As vervoer of ry in die donker ʼnprobleem is, kan u gerus vir Venita skakel en ons maak vinnig ʼnplan.
JEUG AANDBYEENKOMS 17 JANUARIE 2016
Die Teologiese student Marcel Floor gaan die byeenkoms aanbied. Die tema is: WAT LEER DIE NUWE TESTAMENT ONS OOR GEBED! Die aanddiens begin om 18:00.
DIE HARTKLOP FEES
Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.
Datum: 15 April 2016
Waar: NG Moreleta Ouditorium
Ten bate van: President Kruger Kinderhuise
Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za
Telefoon besprekings: 086 1000 291
Sangers: Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam
KOOR
Die koor begin vanmiddag 17 Januarie 2016 om 16:30 met hulle oefeninge. Indien daar ENIGE EEN is wat nog altyd wou koor sing maar nog nie so ver gekom het nie, is dit nou die tyd.
Ouderdom en ervaring speel geen rol om in die koor te sing nie. Net die behoefte om saam met medegelowiges die Here te loof en te prys en om op ʼnbesondere wyse interaksie met medegelowiges te hê, is hier belangrik.
aastyd is baie vroeg hierdie jaar en daarom sal ons moet wikkel!!!
WELKOM
Ons verwelkom vanoggend finale jaar teologiese student Marcel Floor hier by ons. Hy sal vir die volgende maand sy prakties hier by ons in die gemeente doen. U sal hom sekerlik in die maand heelwat beter leer ken en ons vertrou dat sy praktiese werk hier by ons vir hom sinvol en inspirerend sal wees.
Marcel Floor is tans in sy 6de en finale jaar aan die Teologiese Skool.
Hy het groot geword en skool gegaan op Heilbron in die Noord-Vrystaat.
Na hy sy matriek voltooi het op Heilbron het hy meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Vanaf 2002 het hy vir 9 jaar by Sasol in Secunda gewerk as meganiese ingenieur.
Hy was onder andere betrokke by die meganiese instandhouding van die as aanlegte, katalis aanlegte, water aanlegte, stoom aanlegte en suurstof aanlegte.
Die Here het hom egter geroep om voltyds in Sy diens te staan en sedert 2011 studeer hy teologie.
Hy is getroud met Jacqueline. Sy is ʼnchemiese ingenieur by Sasol, en werk tans by die monomere aanleg in Sasolburg.
Marcel en Jacqueline woon op Parys, want dit lêmooi tussen Sasolburg en Potchefstroom. Hulle dogtertjie, Claudia, is 16 maande oud.
PROGRAM VIR DIE WEEK
Maandag 18 Jan. 18:00 Susters Blok B & D Moederskamer
Dinsdag 19 Jan. 16:00 Sustersdiensgroep Verg (B) B/stasie
Dinsdag 19 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 1
Woensdag 20 Jan. 19:00 Kerkraad (ouderl. & diakens Kerksaal
Donderdag 21 Jan. Predikant Huisbesoek Wyk A 1
Vrydag 22 Jan. Belydeniskamp Pastorie
FOKUSTYD
Ons begin hierdie jaar sommer vroeg met ʼnfokustyd en trek weg in die week van 24 Januarie. Ons plan is om die boek Habakuk te bestudeer.
In die tye en omstandighede waarin ons ons tans bevind, het Habakuk vir ons ʼntreffende en aktuele boodskap. Die handleiding wat ons gaan gebruik, is by die kerkkantoor beskikbaar en u kan dit nou reeds aanskaf.
ns wil graag soveel moontlik groepe en wyke betrek sodat ons almal saam ons in die Here se woord kan verdiep. Hier is weer ‘n spesiale geleentheid vir geestelike groei!
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Sustentasiefonds
Volgende Sondag by deure
Studentekas
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Banie Grobler Hannes Venter
Diaken Elsa Lourens Seun Potgieter
Gasvryheid D 1 & D 2 A 3
Volg. Week: D 3, D 4 & D 6 A 4
Verjaarsdae hierdie week:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
BEROEPE ONTVANG
Proponent GM Boersema [Marnix] na Graaff-Reinet.
ONDERLINGE MEELEWING
Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.
Laat julle as lewende stene opbou tot ʼngeestelike huis om ʼnheilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is(1 Pet 2:4-5).
1. Die skole het die afgelope week begin. Ons is dankbaar dat almal veilig terug is na die heerlike lang somervakansie.
Ons bid dat die Here ons ouers en hulle kinders in die nuwe kwartaal met al sy uitdagings en ontdekkings sal seën. Ons bid ook vir elke onderwyser(es) wat die verantwoordelikheid het om ons land se kinders op te voed.
2. Ons vier matrikulante het baie goed geslaag en is reeds met die nuwe fases in hulle lewens besig. Baie geluk en mag julle baie voorspoedig wees in dit wat julle nou aanpak.
10 Januarie 2016
TEMA: VERLOOR EERS OM WERKLIK TE VIND
Ons dank die Here vir nog ’n jaar op aarde. Aan die begin van 2016 n.C. is belang-rik om in lyn te kom met ons roeping en verkiesing as mense wat in Christus glo.
In hierdie Skrifgedeelte bereik Jesus se onderrig met Sy dissipels ’n dieptepunt. Hy vra hulle ’n baie belangrike vraag, ons kan amper sê na al die opleiding ’n finale eksamenvraag. So sien ons eerstens….
1) Jesus bepaal hulle oortuiging: Mat 16:13-17
Nadat Hy dit met hulle bespreek het gaan Hy verder…..
2) Jesus openbaar aan hulle die plan met dié wie so oortuig is. Mat 16:18-19
Hy openbaar aan hulle dat dié met so oortuiging die kerk (Gemeente/Ekklesia/uit- geroepenes) is. Ook hoe Hy sy Ekklesia gaan bou.
Laastens kom Hy by die implikasie vir die uit- geroepenes, die wie die kerk of gemeente is…
3) Jesus lig hulle in wat die implikasie en omvang van hierdie oortuiging behels. Mat 16:21-26
Dit is ’n moeilike pad. Dit is ’n pad van self-sterwe. Die koninkryk van God werk teenoorgesteld van die menslike, wêreldse en duiwelse denke.
Indien jy as kind van God wil lewe moet jy jou lewe doelbewus aflê. So moet jy eers jou lewe verloor om dit te vind. Dan sal jy 2016 en die res van jou aardse bestaan werklik sinvol lewe.
TEKS:
Want die een wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.
Mat. 16:25
BEROEPE ONTVANG
· Proponent GM Boersema [Marnix] na Graaff-Reinet.
· Ds WJ Steyn [Willem] van Potchefstroom-Die Bult na Middelburg-Noord.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Gobabis.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Graaff Reinet.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Paarl.
· Ds W Viljoen [Werner] van Vaalpark na Bultfontein.
BEROEPE AANVAAR
· Dr H Goede [Hennie] van Meyerspark na die Teologiese Skool Potchefstroom as professor in Nuwe Testament.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Paarl.
· Ds W Viljoen [Werner] van Vaalpark na Bultfontein.
BEROEPE BEDANK
· Ds SJ Briel [Stephan] van Bergbron na Middelburg-Noord.
· Ds WJ Steyn [Willem] van Potchefstroom-Die Bult na Middelburg-Noord.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Gobabis.
· Proponent BA van der Walt [Banie] na Graaff Reinet.
· Ds TJ van Vuuren [Tommie] van Heilbron na Bultfontein.
DIE HARTKLOP FEES
Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.
Datum: 15 April 2016
Waar: NG Moreleta Ouditorium
Ten bate van: President Kruger Kinderhuise
Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za
Telefoon besprekings: 086 1000 291
Sangers: Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam
SUSTERS
Sustersbestuur hou Maandag 11 Januarie 2016 om 19:00 vergadering in die pastorie.
HARDLOOP, FORREST EN KIE... MAAR HARDLOOP REG!
deur Stephan Joubert
Onthou jy daardie fliek, Forrest Gump. Hy was die ou wat ook regoor die VSA gehardloop het. Gedurig het hy vir homself gesê: “Run, Forrest, run!” Wel, dis wat baie mense weer vir hulleself sê noudat 2016 afgeskop het.
Of wat hulle in elk geval doen. Dit is hardloop–tyd. Die feestyd is verby; die hardloop–seisoen is hier. Beplanning–sessies, vergaderings, massas epos, nuwe uitgawes en wie weet wat alles is op ons radarskerm.
Hardloop is aan die begin van 2016 die in–ding. Kom ons help mekaar deur te sê in watter rigting en teen watter tempo om te hardloop!
a. Hardloop na die Here toe!
Atlete hardloop altyd met hulle oog gevestig op die wenpaal. Ons moet dit ook doen in 2016. Saam met Paulus in 1 Korintiërs 9:24–26 hardloop ons nie maar die hele wêreld vol nie. Nee, ons hardloop doelgerig.
Ons hardloop in Christus se span. Ons hardloop in sy kleure en met sy klere aan! Ons hardloop na Hom toe in alles wat ons sê en doen.
b. Hardloop na mekaar toe
In 2016 is ons nie in die eerste plek taak–aangedrewe nie; ons is mense–aangedrewe! Ons leef mekaar nie uit die pad nie. Ons rig ons lewens op elkeen wat die Here op ons pad plaas in 2016.
Ons leef mekaar raak; sien mekaar raak; ons bid vir mekaar; ons gee om vir mekaar.
c. Hardloop weg van sonde af
Paulus skryf vir Timoteus in 1 Timoteus 6:11 dat hy moet weghardloop. Waarvoor? Nee, die vraag is eerder van wat af? Verkeerde dinge, dis wat! Ons moet van daardie dinge af wegvlug wat teen God se wil is.
Ons moet sorg dat ons en daardie dinge wat ons lewens kan verwoes nooit op dieselfde tyd op dieselfde plek is nie. In dié proses moet ons ook na Iemand toe hardloop; na Christus toe. Dan is ons veilig.
Dan is verkeerde dinge minstens een tree te stadig vir ons.
Hardloop reg in 2016!
FOKUSTYD
Ons begin hierdie jaar sommer vroeg met ʼnfokustyd. Ons begin die week van 24 Januarie. Ons plan is om die boek Habakuk te bestudeer.
In die tye en omstandighede waarin ons ons tans bevind, het Habakuk vir ons ʼntreffende en aktuele boodskap. Die handleiding wat ons gaan gebruik, is by die kerkkantoor beskikbaar en u kan dit nou reeds aanskaf.
Ons wil graag soveel moontlik groepe en wyke betrek sodat ons almal saam ons in die Here se woord kan verdiep. Hier is weer ‘n spesiale geleentheid vir geestelike groei!
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Emeritaatsfonds
Volgende Sondag by deure
Sustentasiefonds
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Johannes Rheeders Thinus Eloff
Diaken André v/d Walt Harm du Plessis
Gasvryheid B 5, B 6 & B 7 A 2
Volg. Week: D 1 & D 2 A 3
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
GK_Krokodil
KOOR
Koor oefen weer van volgende af op Sondag 17 Januarie 2016.
ONDERLINGE MEELEWING
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend(Fil. 4:4 – 6).
1. Ons betuig ons innige meegevoel met sr Ria du Plessis asook br. Harm en sr. Zanné du Plessis en hulle kinders met die heengaan van br. Jan.
Ons betuig ook ons meegevoel met sr. Miemie Erasmus, br. Jan se suster. Ons weet dat die ere Here Here julle in die tyd in sy liefde sal dra en vertroos.
2. Sr Rina Scheepers het ook weer die afgelope week ‘n operasie ondergaan. Na haar herstel, sal sy ook nog chemobehandeling ontvang.
Ons dra haar en haar geliefdes op aan ons hemelse Vader.
3. Cecile, dogter van Derick en Amanda Reeders, het die afgelope week ‘n voetoperasie ondergaan. Ons vertrou dat sy gou weer op die been sal wees.
29 November 2015
TEMA: HOE LEWE JY? MET 'N VUIS VOL MOEITE OF UIT GOD SE OOP HAND?
Die Prediker sê: Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref.
1. WIL JY ALLES UIT DIE LEWE UITHAAL?
Die hedendaagse mens meet die lewe in materiële terme. Dit lei tot die idee dat rykes gelukkig is terwyl die armes dan ongelukkig moet wees. Jou omstandighede moet dan jou geluk bepaal. Die Prediker sê: Dit is alles tevergeefs.
2. PROBEER JY OM ALLES IN DIE LEWE IN TE SIT?
Baie mense dink dat jy meer in die lewe moet insit. Meer tyd, meer krag, meer moeite, meer vriendelikheid, meer liefde. In Hfst. 2:24 sê Prediker:
Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie....
3. KLIM LIEWER SELF IN DIE LEWE IN!
In Johannes 14:6 lees hoe die Here Jesus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Die apostel Paulus sê: Die lewe is Christus. Hy is Koning en ons is burgers van sy koninkryk. Om in Christus te wees: Dit is die lewe!
TEKS:
Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
Pred. 9: 1 - 10
GEREFORMEERDE KERK BRITS WES
AANDAG ALLE JEUG
Die Diakonie van die Gereformeerde kerk Brits Wes nooi u almal vriendelik uit na jeug byeenkoms in die vorm van ‘n speletjies middag en ‘n filmvertoning
# Op Saterdag 5 Desember 2015
# Vanaf 15:30 vir 16:00 (film vertoning begin 18:00 en eindig 20:00
# Op die kerk terrein van Brits-Wes (Sonop pad)
Daar sal worsbroodjies (Vienna broodjies) voorsien word met vrugtesap.
Daar sal ook blikkies koeldrank te koop aangebied word, so bring asseblief ‘n geldjie saam.
Alle jeug en alle kinders is baie welkom (kinders onder die ouderdom van 10 jaar moet vergesel word van hulle ouers.)
Brits-Wes wil ook graag die jeug van ons buur gemeentes by hierdie geleentheid betrek en sodoende beter leer ken.
Gee asb u name op by Barry Bedford (082 373 2537) of Tienie Hattingh (076 934 0808) sodat die eet-en drinkgoed gereël kan word.
BEROEPE ONTVANG
· Dr H Goede [Hennie] van Meyerspark na die Teologiese Skool Potchefstroom as professor in Nuwe Testament.
KERSPROGRAM VANAAND BY NG SANDDRIF
Vanaand om 18:30het ons ons jaarlikse gesamentlike Kersprogram met NGK Sanddrif en APK Sanddrif. Dit word gehou in die Kerkgebou van NGK Sanddrif.
Al ons lidmate word hartlik uitgenooi om ook op die wyse die gemeenskap van die gelowiges in die Kerstyd te ervaar.
EREDIENSTE TYDENS DIE VAKANSIE
Benewens ons normale eredienste Sondae op die gewone tye te Beestekraal (08:00) en Soutpansdrift (10:00) is daar ook die volgende spesiale eredienste:
· 16 Des. Geloftediens om 09:00 Soutpansdrift
· 25 Des. Kersdiens om 08:00 Soutpansdrift
· 31 Des. Oujaarsdiens om 19:00 Soutpansdrift
DIE HARTKLOP FEES
Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.
Datum: 15 April 2016
Waar: NG Moreleta Ouditorium
Ten bate van: President Kruger Kinderhuise
Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za
Telefoon besprekings: 086 1000 291
Sangers: Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam
SUSTERS
Die koevertjies is hierdie week oopgemaak en die geld is getel …. en ons was verstom. Die ongelooflike bedrag ban R4700.00 het uit die koevertjies te voorskyn gekom.
Ons was sprakeloos. Baie, baie dankie aan al die susters vir hulle ruimhartige bydrae. Dit is regtig ‘n riem onder die hart om u goeie gesindheid te ervaar.
MOSTERDSAAD TYDENS VAKANSIE
Gedurende die skoolvakansie sal daar nie ‘n Mosterdsaad verskyn nie. Die nodige onderlinge meelewing (Siektes, verjaarsdae ens.) asook ander afkondigings sal Sondae voor die erediens op die bord vertoon word.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Teologiese Skool Bib
Volgende Sondag by deure
Studentekas
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
GK_Krokodil
KOOR
Koorlede moet vandag 29 November om 17:00 by NG Kerk Sanddrift wees met koordrag. Kerk.
ONDERLINGE MEELEWING
1. Hartlik geluk aan Jana van der Walt wat gister met Jan-Hendrik Leibbrandt ge-troud is. Ons bid julle die Here se seën op julle lewenspad toe.
Geluk aan Josua en Johanna met die nuwe skoonseun en geluk ook aan oupa Gert en ouma Hannie.
2. Elmarie Pistorius gaan oor twee weke vir ʼngroot operasie. Ons bid dat die Here werk sal seën en dat sy gou weer op die been sal wees.
3. Jop Pretorius begin hierdie week in ‘n nuwe pos by ‘n maatskappy naby Lanceria Lughawe.
Ons is dankbaar dat hy voorlopig nog in Brits bly en steeds beskikbaar is om hier orrel te speel. Ons bid dat die Here jou in jou nuwe werk ryklik sal seën.
4. Hans en Anriëtte van der Walt se oudste kinders het die afgelope week Australië toe verhuis. Ons weet dit swaar en die verlange groot. Onthou net die Here is elke dag ook daar.
5. Danie en Venita sal vir twee weke met verlof wees. Hulle gaan so ‘n bietjie see toe en ook sommer by die familie daar kuier.
22 November 2015
VERWELKOMING:
Ons verwelkom van oggend weer vir Ds Danie Smit wat in die erediens voorgaan. Ons bid hom die Here se seën toe met die verkondiging van die Woord.
TEKS:
8. Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskeid,
Dat jy liefde en trou sal bewys,
Dat jy bedagsaam sal lewe voor jou god.
9. Om die Here te dien, dit is wysheid.
Die Here roep die stad;
Luister, leier en julle almal wat aanhou roof:
Miga 6: 8 & 9
VERWELKOMING:
Ons verwelkom van oggend weer vir Ds Danie Smit wat in die erediens voorgaan. Ons bid hom die Here se seën toe met die verkondiging van die Woord.
TEKS:
8. Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskeid,
Dat jy liefde en trou sal bewys,
Dat jy bedagsaam sal lewe voor jou god.
9. Om die Here te dien, dit is wysheid.
Die Here roep die stad;
Luister, leier en julle almal wat aanhou roof:
Miga 6: 8 & 9
KERSPROGRAM 29 NOVEMBER
Ons gesamentlike Kersprogram (GK Krokodilrivier, NGK Sanddrift, APK Sanddrift) vind weer plaas om 18:00 op Sondag 29 November in die kerkgebou van NGK Sanddrift.
Almal word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon. Dit bring ons almal in die stemming van die komende Christusfees.
VERFTEGNIEK KLASSE
Diegene wat balangstel in die Annie Sloane verfklasse kan direk met Welma de Wet kontak maak by 084 206 7748.
Die klasgelde is R400 per persoon en begin Maandag 23 November om 9 uur by die kerk.
EERSTEJAARSKAMP BROOKLYN 2016 ‘n Kort stukkie oor die kamp:
"So met die laaste doodsnikke van jou skoolloopbaan, is daar baie om na uit te sien... 'n Nuwe begin in wat ookal dit is wat jy beplan, moontlik 'n nuwe plek, nuwe vriende en 'n hele nuwe lewensomgewing , want skool is amper verby!!
Met hierdie nuwe ervaring in jou lewe wil ons jou graag uitnooi om dit saam met ons af te skop, 9-15 Januarie 2016. Gereformeerde Kerk Brooklyn se kamp vir Eerstejaars (enige iemand wat hul eerste jaar na matriek ingaan) is 'n plek waar ons jou so klein bietjie wil voorberei vir die nuwe uitdagings, ervarings en vrae wat op jou wag.
Kry inspirasie en kom vind saam ons uit presies hoe jy in die hele storie in pas.
Bring jou vriende en kom maak vriende en bou verhoudings wat so naby aan familie word, veral as jy ver van die huis af is. Kom eet lekker en belangrikste van alles - hope pret en lawwigheid!
Hieronder is al die inligting wat jy sal nodig hê om deel te word, en om in te skryf of vir navrae, gaan kyk op www.1stejaarskamp.co.za.
Indien dit bietjie moeilik gaan wees om te kom weens finansies, kontak ons ASB - daar word borge beskikbaar gestel, omdat ons jou werklik graag daar wil hê!!
Hoop om jou binnekort in Pretoria te sien! Alle sterkte en seën virjou laaste eksamen. Vertrou op die Here en werk uit Sy krag!"
DIE HARTKLOP FEES
Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.
Datum: 15 April 2016
Waar: NG Moreleta Ouditorium
Ten bate van: President Kruger Kinderhuise
Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za
Telefoon besprekings: 086 1000 291
Sangers: Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam
Ek beskerm jou rug
deur Stephan Joubert
“I’ve got your back!”
Kan enigiemand mooier woorde as dit vir jou sê? Presies dit is wat vriende vir mekaar doen, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het toe sy pa, Saul, hom wou doodmaak.
Keer op keer het Jonatan in die pad kom staan van sy pa se jaloesie en woede teenoor Dawid. Was dit nie vir die feit dat hy sy vriend se rug opgepas het in sy afwesigheid nie, is Dawid sekerlik deur Saul vermoor.
Was dit nie dat hy vir Dawid ingelig het van sy pa se planne nie, was dit neusie verby vir hom. En dis nie asof Jonatan se optrede hom nie ’n duur prys gekos het nie. Saul het ontplof van woede hieroor.
Nogtans waag vriende hulle lewens vir mekaar. Hulle beskerm mekaar en red mekaar. Hulle staan in die pad van ander mense wat hulle vriende wil leed aandoen.
Die heel grootste liefde wat enigiemand ooit vir hul vriende kan hê is juis om hulle eie lewens vir hulle af te lê. So sê Jesus in Johannes 15. Daarom dat Hy ons ewige Vriend is.
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure
Kerklike Tydskrifte
Volgende Sondag by deure
Teologiese Skool Bib
Diensbeurte
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling Floris van der Walt Gerhard de Wet
Diaken Dirkie Gertenbach Seun Potgieter
Gasvryheid E 2 & E 3 A 6
Volg. Week: E 4 & E 5 A 7
Verjaarsdae hierdie week:
Facebook:
https://www.facebook.com/
gkkrokodilrivier
Twitter:
GK Krokodilrivier @
GK_Krokodil
KOOR
Kooroefening vandag 22 November om 16:00 by NG Kerk Vorentoe met koorklere aan.
ONDERLINGE MEELEWING
Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.
Laat julle as lewende stene opbou tot ʼngeestelike huis om ʼnheilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is(1 Pet 2:4-5).
1. Hartlik geluk aan br Theo en sr Sanette du Plessis wat die afgelope week oupa en ouma geword het. Mag die kleinding vir julle baie vreugde verskaf.
2. Ons betuig ons innige meegevoel met sr Elsa Lourens wie se oudste suster die afgelope week aan ʼnhartaanval oorlede is. Ons bid dat die Here haar en haar geliefdes ryklik sal vertroos.
3. Br Dirkie en sr Chané Gertenbach se tweeling dogtertjies is Vrydag gebore. Ons is saam met julle dankbaar vir hierdie wonderlike gawe uit die Here se hand. Hartlik geluk ook aan oupa Dirk en ouma Rina.
4. Br Christoff Naudé het die afgelope week ʼnhartpasaangeër ontvang. Ons vertrou dat die toestel hom weer nuwe lewenskrag sal gee.