Sosiale Skakels

Besoekers

We have 6 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Kerk Kantoor

Kerk Kantoor

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Friday, 13 November 2015 09:58

15 November 2015

TEMA:  GOD VOORSIEN TYDENS ‘N DROOGTE

Ons is in die greep van ʼnknellende droogte. Die hulpgeroep van mens en dier word dringend.   Ons oë is op God gerig. Net Hy kan ons nood verlig. 

Hoe doen Hy dit?  Hy doen dit met ons medewerking.  Daarom

1. VERLAAT JOU GEMAKSONE                                                                                

Elia het by die Kritspruit weggekruip. Agab het hom gesoek. Nou moes hy na Sarfa

Elia was bang. Hy het immers gebid dat daar droogte moes kom. Agab was op sy spoor.                                                                                                                       

3. SOEK GOD SE VOORSIENING                                                                      

4. STEEK JOU TROTS IN JOU SAK                                                                    

Hy moes by  ʼnweduwee gaan bedel. Dit was in die kultuur ongehoord.  Kyk hoe het die H

Die weduwee moes haar laaste meel en olie aan die man van God gee.  Saam beleef hulle dan die Here se wonderbaarlike versorging. 

Die Here het sy alles, sy lewe, vir ons kom gee.  Dit is mos wat ons vandag

 

TEKS:
“Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar.  Ek het ‘n weduwee opdrag gegee om vir jou te sorg.”
1 Kon. 17: 9 & 13
 

TEKS:

“Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar.  Ek het ‘n weduwee opdrag gegee om vir jou te sorg.”

1 Kon. 17: 9 & 13

 

VERFTEGNIEK KLASSE

 

Diegene wat balangstel in die Annie Sloane verfklasse kan direk met Welma de Wet kontak maak by 084 206 7748. 

Die klasgelde is R400 per persoon en begin Maandag 23 November om 9 uur by die kerk.

 

JEUGBEDIENINGSGROEP

Daar gaan hoenders en brood verkoop word by kerk as fondsinsameling vir die Jeugbediening.

Ons gaan werk op bestellings en dan gaan ons DV 22 November die hoenders by die kerk afgee. Dit beloop R60 vir ‘n hoender en  brood.  Ondersteun ons asseblief.

Frikkie van der Walt.

 

KERSPROGRAM  29 NOVEMBER

Ons gesamentlike Kersprogram (GK Krokodilrivier, NGK Sanddrift, APK Sanddrift) vind weer plaas om 18:00 op Sondag 29 November in die kerkgebou van NGK Sanddrift. 

Almal word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon.  Dit bring ons almal in die stemming van die komende Christusfees.

 

SUSTERS

Elke suster word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse afsluitingsfunksie op Saterdag 21 November 2015 om 9:00 by die kerksaal op Soutpans-drift. 

Ons gaan heerlik saamkuier, daar is  ʼnpaar verrassings en ons gaan die Geheime Vriendinne bekendmaak. 

Dink asseblief aan  ‘n oorspronklike manier om dankie te sêvir die vriendin wat jou die hele jaar met liefde bederf het.  Jy hoef nie  ‘n geskenkie te bring nie.  Ons sien uit daarna om almal daar te ontvang.

 

DIE HARTKLOP FEES

Hierdie jaar word alle kaarthies teen R150 elke verkoop, dus gaan jy moet spring om jou sitplek te bespreek.

 

Datum: 15 April 2016

Waar:  NG Moreleta Ouditorium

Ten bate van: President Kruger Kinderhuise

 

Kaartjies is beskikbaar by iTikets.co.za

 

Telefoon besprekings: 086 1000 291

 

Sangers:  Bok van Blerk, The Muses, Steve Hofmeyer en Adam

 

BEROEPE ONTVANG

·        Ds SJ Briel [Stephan] van Bergbron na Middelburg-Noord.

BEROEPE AANVAAR

·        Proponent GP Meijer [Gerben] na Vryburg.

BEROEPE BEDANK

·        Ds HV Venter [Henning] van Pinetown na Middelburg-Noord.

 

Verjaarsdae hierdie week:

ONDERLINGE MEELEWING

Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus  (Gal. 6:2)

1.         Br. Jan du Plessis (Brigadier) ontvang nog behandeling vir sy hartprobleme. Ons dra hom en Sr. Ria op aan ons hemelse Vader.

2.        Hartlik geluk aan Arina van der Walt (Frikkie en Anika) wat as leier by Laerskool  Sanddrift verkies is.

3.        Br Christoff Naudé gaan die week vir  ʼnhart pasaangeër. Ons bid dat die Here die operasie sal seën.

4.        Baie geluk aan al ons kinders wat die afgelope tyd beloon is vir hulle harde werk en betrokkenheid deur die jaar.  Dit is voorwaar  ʼngroot voorreg om so  ʼnbeloning te ontvang. 

As jy maar net altyd onthou dat alles wat jy het en wat jy kan doen, verniet uit die hand van die Here kom en dat jy Hom daarvoor moet dankie sê. 

 

 

Friday, 06 November 2015 10:11

8 November 2015

TEMA:  WEES VERSIGTIG – DIE NAGMAAL LÊ IN 'N GEVAARSONE!

Die apostel Paulus sê baie duidelik jy moet jouself eers ondersoek voordat jy aan die Nagmaalstafel gaan aansit, want jy kan 'n oordeel oor jouself eet en drink! (1 Kor. 11:29). 

1. DIE NAGMAAL KONFRONTEER JOU MET GOD SE OORDEEL

Markus plaas die instelling van die nagmaal presies tussen Jesus se aankondiging van Judas se verraad en Petrus se verloëning.  Die nagmaal staan binne-in die sonde van die mens.

2. DIE NAGMAAL KONFRONTEER JOU MET GOD SE VERLOSSING

Toe Jesus die nagmaal ingestel het, het Hy die brood en wyn as tekens van sy liggaam en bloed gegee om te eet en drink.  Dit wys dat Hy alleen die Verlosser is.

3. DIE NAGMAAL KONFRONTEER JOU MET JOU EIE BESLUIT

Ons moet weet wat ons doen, want dit gaan oor ons verlossing.  As ek en jy onnadenkend eet en drink, stel ons beslis ons verlossing in gevaar. As ons met oop geloofs-oë eet en drink word ons wonderbaarlik 

 

TEKS:

Hy sê vir hulle: “Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie  vergiet word.

Mark. 14: 22 - 24

 

VERFTEGNIEK KLASSE
Diegene wat balangstel in die Annie Sloane verfklasse, kan hulle name opgee by die kerkkantoor.  Die klasgelde is R400 per person.

 

 

HUIS BESKIKBAAR

Huis vir 2 persone op Bokfontein beskikbaar. 

Kontak asb. vir Mollie Sprong by 083 286 2723.  Verskieslik middeljarig sonder kinders.  Absoluut gratis.

DRINGEND

Benodig 2 Enkelbedjies met matrasse asb!!!!!

CORNERSTONE KINDERHUIS

Benodig skopfietsies v ir die kinders.

 

KERSPROGRAM  29 NOVEMBER

Ons gesamentlike Kersprogram (GK Krokodilrivier, NGK Sanddrift, APK Sanddrift) vind weer plaas om 18:00 op Sondag 29 November in die kerkgebou van NGK Sanddrift. 

Almal word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon.  Dit bring ons almal in die stemming van die komende Christusfees.

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende die groente as skenking ontvang.

Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde.

U kan verseker wees dat die skenking sal gebruik word in die versorging van ons kinders.

Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Krokodilrivier Gereformeerde Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.

Weereens baie dankie.

Vriendelike Groete,                 President Kruger Kinderhuise

 

Geloof maak nie van jou ’n beter mens nie                Stephan Joubert

Geloof is nie ’n self-verbetering program nie. Geloof se doel is ook nie om van jou ’n beter mens te maak nie. Dit doen selfhelp programme.

O ja, en godsdiens. Godsdiens wil jou deel van ’n vroom sisteem maak waar jy jouself onttrek van “hulle” wat verkeerde dinge doen en wat nie godsdienstig nie.

Godsdiens skep ’n “ons versus hulle” wêreld. Dit skep ’n sisteem van reëls en regulasies waar mense gedurig gemeet word aan hulle gehoorsaamheid aan uiterlike voorskrifte, wette en seremonies.
Geloof in die lewende God gebeur anders. Dit gebeur verhoudingsmatig. Geloof laat jou inderdaad anders leef, maar dit gebeur altyd vanuit jou verhouding met Christus.

Geloof in Hom maak jou nooit werklikheidsvreemd of veroordelend nie. Geloof in Hom laat jou afstand doen van jou selfsugtige manier van leef. Jesus se roete is immers dié van nederigheid, opoffering en diens.
Geloof help jou niks as jy bloot net wil beter voel oor jouself nie. Of as jy net so nou en dan kits-hemelse hulp benodig terwyl jy voortgaan met die najaag van jou eie begeertes nie.

As jy nie leer om afstand te doen van jou selfsug en jou tydelike behoeftes aan sekuriteit en mag nie, gaan jy teleurgesteld wees met Christus.

Geloof wat nie lei tot onselfsugtige navolging van Hom nie, is godsdienstige oëverblindery. Hy het gekom om jou lewe ryk te maak met sy nabyheid en sy vreugde.

Moenie Jesus dus verwar met selfverbeteringsprogramme, blink Kersgeskenke, en ’n voorspelbare lewe nie.

Die doelvan jou geloof in Hom is nie om van jou ’n beter mens te maak nie maar om jou tot eer van God en tot seën vir ander te laat leef. Volg Christus op sy terme, dan is die hemele bokant jou oop.

 

AANDBYEENKOMS VAN DIE JEUG

Die Sondag aanddiens tema is “Kry beheer oor jou apie”

Dit begin om 1‎8:00 en almal is welkom. Daar is kolekte na die tyd om kostes te dek.

Die volgende aanddiens is  6 Desember en ons nooi alle belydende lidmate uit om die tema te help kies, die idees kan vir Albert du Plessis of Floris van der Walt gegee word.

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

Bystand Diakonie

Sondag by deure     

Tronkbediening

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Koos de Wet              Thinus Eloff

Diaken        André Joubert          Harm du Plessis             

 

Gasvryheid       E 1                           A 4      

Volg. Week:       E 2                          A 5

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KOOR                    

Kooroefening vandag 8 November om 16:30 by Soutpansdrift Kerk.

ONDERLINGE MEELEWING

Dra mekaar se laste en , en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal. 6:2)

1.         Br Jan du Plessis (Brigadier) was die afgelope week in die hospitaal met hartprobleme. Hy is egter weer ontslaan en neem nou medikasie om sy hartritme te stabiliseer.

2.        Br Pieter Klopper (Leeupoort) het die afgelope week ook hartpro-bleme gekry en is dringend na Pretoria waar hy behandeling ontvang het. Hy sterk tuis aan.

3.       Sr Sonja Cronjé is in die hospitaal opgeneem met spanning- en depressieprobleme. Ons dra haar aan ons hemelse Vader op.

4.       Hartlik geluk aan sr. Annatjie du Plessis wat gister met br. Hannes Barnard in die huwelik getree het. Ons bid hulle twee die seëninge en liefde van ons hemelse Vader toe.

 

 

 

Friday, 09 October 2015 09:54

11 Oktober 2015

TEKS:

Ons weet dat die wet goed is as ‘n mens dit op die regte manier gebruik.

1 Tim. 1: 5 & 8

 

ONDERLINGE MEELEWING

 

Juané Rheeders het in die afgelope week haar verstandtande laat uitsny.  Dit gaan nou weer beter met haar.

 

BEROEPE ONTVANG

·         Proponent IH Scholtz [Zak] na Bloempark.

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Namens ons bestuur, personeel en kinders van die President Kruger Kinderhuise, ons

opregte dank en waardering vir u donasie van R1000 ten bate van die Damesoggend van

Kameeldrift Gemeente gehou vir ons Kinderhuise.

Die damesoggend was dan ook, soos die vorige 12 gehou deur die susters van Kameel-drift Gemeente, 'n spog geleentheid, met 'n vol saal (612 dames) en pragtige program.

Hierdie projek lewer jaarliks 'n groot bydrae tot ons inkomste vir die bedryfsuitgawes van ons kinderhuise. U gemeente se sustersbydrae vir die geleentheid het dus 'n direkte

bydrae tot die sukses van die damesoggend asook die fondse daardeur vir die Kinderhuise gein.

Die donasies van die susters uit die verskillende gemeentes vir die damesoggend het 'n

mooi bedrag van R60 000.00 gelewer, wat 'n groot bydrae gemaak het tot die totale

bedrag deur die damesoggend funksie gein, naamlik R156 000.00

Ons wil u verseker dat hierdie fondse tot voordeel van aldie kinders in ons sorg

aangewend sal word. Nogmaals baie dankie en ons vertrou dat u die projek volgende jaar weer sal ondersteun.

 

Seën word u toegebid op al u bedrywighede in u gemeente.

 

AFRI-DUETFEES

Wanneer:                 23 Oktober 2015

Waar:                       ZK Matthews Teater – UNISA

Kunstenaars:          Willie en Natasha Joubert

                                Jannie Moolman en Corlea Botha

                                Henry van Dyk en Helena Ceronio

Chris Cameleon en Daniella

Pryse:                      R150, R180, R200 en R250.

Bespreek jou kaartjies nou by

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it (Kaartjies sluit in Kaas en Wyn geselligheid na die konsert saam met die kunsstenaars.

Vir verdere inligting, skakel Ds. Cassie Aucamp by 082 377 1112 of Innecke in die middae by 074 866 8884.

 

BRITS RUSOORD SPITBRAAI
Ons is van voorneme om in die lente 'n funksie aan te bied waar die gemeenskap en ons inwoners saam kan kuier.
Datum:  30 Oktober 2015                                                   Tyd:        18h00
Venue:    Brits Rusoord                                                      Kaartjies: R 130.00 per persoon
Spyskaart: Skaap op spit. Wors, Pap & Sous, Brood/konfyt tafel, 2 slaaie, en nagereg.
Ons verskaf dansmusiek.             Bring asb eie mandjie met eetgerei en drank.
Kontak asb vir Truidie van Schalkwyk 012 252 7043/082 459 3840
 

FRANKFORT RIVIERTOER 2015

·         Datum: 2 tot 6 Desember 2015

·         Waar: Zorgvliet (Tweeling distrik)

·         Wie: Alle Hoërskoolleerders

·         Hoeveel: R750 per kind

·         Tema: Dissipelskap (Wie, Waar, Waarom?)

·         Inskrywingsvorm: Beskikbaar op Riviertoer Facebook: https://www.facebook.com/riviertoer.frankfort

Ockie Struwig (VDM)

Die Gereformeerde Kerk Frankfort

Tel: 058 813 1231

Inskrywingsvorms is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

 

LENTEMUSIEK     Sondag 11 Oktober 2015  18:00

 

Kom geniet ‘n aand van heerlike koormusiek en hartlike samesang in ons pragtige kerkgebou. 

Ons ontvang graag die kore van Cantate Domino en die NG Kerk Rustenburg-Noord , ‘n paar uitstaande instrumentaliste en ons eie Cecile Swart (néé du Plessis) as solis. 

Dit beloof om ‘n aand te wees van lofprysing tot eer van ons Here in hierdie tyd van nuwe ontwaking in die natuur.

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

Bystand Diakonie

Sondag by deure     

Ekumenisiteit Buiteland

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling    Johannes Rheeders  Hannes Venter

Diaken         Elsa Lourens             

 

Gasvryheid       B 7, D 1 & D 2            A 7      

Volg. Week:       D 3, D 4 & D 6           A 1 

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:

Volgende Sondag: 18 Okt.

Les 22.   Eks. 32,  34.  Die goue kalf, die 10 gebooie.

Alida van der Walt

 

Program van die week wat kom

Ma         12 Okt   19:00    Kontreimark vergadering                    Pastorie

Ma         12 Okt. 19:00    Jeugbedieningsraad Verg.                  Kerksaal

Di            13 Okt. 16:00    Sustersdiensgroep Verg. (B)              Beestekr. Stasie

Wo         14 Okt. 19:00    Toerusting. Bediengsr. Verg.               Kerksaal

Do          15 Okt.                 Huisbsoek           (E 2)                       André Rossouw        

So           18 Okt. 11:00    Sustersdiensgroep Verg.    (S)            Moederskamer

So           18 Okt. 17:00    Blokraad A Vergadering                      Seun Potgieter

 

KONTREIMARK
Lidmate wie se toebehore wat hulle gebruik het vir die Kontreimark, nog nie afgehaal het nie, dit is in die katkisasielokaal nr 1.  Daar is onder andere verlengingskoorde, bakke ens. 
 

 

 

 

 

 

Friday, 02 October 2015 11:03

4 Oktober 2015

 TEMA:  SKUD DIE WÊRELD MET GEBED

Watter uitwerking het ons gebede regtig?  Toe die gelowiges destyds in Jerusalem saam tot God gebid het, is die plek waar hulle bymekaar was geskud.

1.         GELOWIGES BID SAAM

              Om saam te bid is seker die duidelikste kenmerk van gelowiges. Dit is die bewys dat ons geheel en al van God afhanklik is.  Ons bid in die naam van ons Here Jesus Christus.

2.       GELOWIGES WAG SAAM                                                 

Dit gaan oor ʼnverwagting en ʼnafwagting. Die Here verhoor ons gebede op sy tyd as ons ʼnverwagting het dat Hy ons hoor en ons ook wil verhoor.  As die Here reageer, skud die aarde. Die mens word magteloos. (vgl. vers 31 asook Hand 16:25 en 26).

 

3.       GELOWIGES VERKONDIG SAAM                                          

As God reageer, gebruik Hy ons as sy verteenwoordigers. Ons word met die Heilige Gees vervul om in gehoorsaam-heid sy Woord uit te dra. 

 

TEKS:

Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die wooord van God verkondig.

Hand. 4: 31

 

ONDERLINGE MEELEWING

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal 6:2)

1.         Sr. Amanda Rheeders het Woensdag ʼnrugoperasie ondergaan. Sy moet nog vir ʼnpaar dae in die hospitaal aansterk.

2.       Br. Hans van der Walt was die afgelope week in die hospitaal vir behandeling.  Die magnesium- en Kaliumvlakke in sy bloed waqs weer baie laag.

3.       Dit is nou weer die tyd wat nuwe leiers in die verskillende skole aangewys word. Laat weet ons watter kinders verkies is sodat ons hulle geluk kan wens.

4.        Danie en Venita het weer oupa en ouma geword. Hulle seun Danie en sy vrou Carelyn het Donderdag 1 Oktober  ʼnbabadogter (Ané) uit die Here se hand ontvang.

5.       Sr. Petro Pretorius sterk goed tuis aan na haar rugoperasie. Sy mag egter vir meer as twee maande nie rondry nie. Sy sal kuiertjies van medelidmate baie waardeer.

6.       Die volgende maand of wat gaan daar DV ʼnhele paar huwelike in die gemeente voltrek word:

·         16 Oktober   Anneke du Plessis trou met Bart Tijssen

·         17 Oktober Hennie Oosthuizen trou met Aleshia van Niekerk

·         24 Oktober Tarien Gertenbach trou met Hansie van der Walt

·         7 November Annatjie du Plessis trou met Hannes Barnard

·         14 November Marthie Cronjé trou met Cassie Calitz

·         28 November Jana van der Walt trou met Jan-Hendrik Leibbrandt

AFRI-DUETFEES

Wanneer:                 23 Oktober 2015

Waar:                       ZK Matthews Teater – UNISA

Kunstenaars:          Willie en Natasha Joubert

                                Jannie Moolman en Corlea Botha

                                Henry van Dyk en Helena Ceronio

Chris Cameleon en Daniella

Pryse:                      R150, R180, R200 en R250.

Bespreek jou kaartjies nou by

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it (Kaartjies sluit in Kaas en Wyn geselligheid na die konsert saam met die kunsstenaars.

Vir verdere inligting, skakel Ds. Cassie Aucamp by 082 377 1112 of Innecke in die middae by 074 866 8884.

 

BRITS RUSOORD SPITBRAAI
Ons is van voorneme om in die lente 'n funksie aan te bied waar die gemeenskap en ons inwoners saam kan kuier.
Datum:  30 Oktober 2015                                                   Tyd:        18h00
Venue:    Brits Rusoord                                                      Kaartjies: R 130.00 per persoon
Spyskaart: Skaap op spit. Wors, Pap & Sous, Brood/konfyt tafel, 2 slaaie, en nagereg.
Ons verskaf dansmusiek.             Bring asb eie mandjie met eetgerei en drank.
Kontak asb vir Truidie van Schalkwyk 012 252 7043/082 459 3840
 

FRANKFORT RIVIERTOER 2015

·         Datum: 2 tot 6 Desember 2015

·         Waar: Zorgvliet (Tweeling distrik)

·         Wie: Alle Hoërskoolleerders

·         Hoeveel: R750 per kind

·         Tema: Dissipelskap (Wie, Waar, Waarom?)

·         Inskrywingsvorm: Beskikbaar op Riviertoer Facebook: https://www.facebook.com/riviertoer.frankfort

Ockie Struwig (VDM)

Die Gereformeerde Kerk Frankfort

Tel: 058 813 1231

Inskrywingsvorms is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Namens die President Kruger Kinderhuis te Pretoria wil ons u opreg bedank vir die

heerlike uitstappie-kuier waarmee jul ons bederf het. Die kinders en personeel het die dag

se verrigtinge, lekkernye, lag en gesels baie geniet en is regtig opgewonde oor die

moontlikheid van 'n volgende kuier.

Dit is voorwaar 'n groot voorreg om Krokodilrivier Gereformeerde Kerk se ondersteuning

ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.

Weer-eens baie dankie.

Vriendelike Groete

President Kruger Kinderhuis

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure  

GKSA Jeugsorg                   

Sondag by deure     

Bystand Diakonie

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling    Johannes Rheeders  Thinus Eloff

Diaken         Hennie Grobler         Jannie du Plessis

 

Gasvryheid       B 5 & B 6                 A 6      

Volg. Week:       B 7, D 1 & D 2            A 7 

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

BEROEPE ONTVANG                                                                                                           

  ·       Dr AJ Coetsee [Albert] van Uitschot na Bloempark.                                                             

 ·       Ds D Kotzee [Dirk] van Gobabis na Pretoria-Alkantrant.                                               

BEROEPE BEDANK                                                                                                          

 ·       Dr AJ Coetsee [Albert] van Uitschot na Bloempark.

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ʼnmens in ag neem dat dit die eerste keer is wat ons gemeente so iets aanpak, was Die Ouplaas Kontreimark ʼnreuse sukses!!

Ons lidmate het ywerig saamgewerk --  sommige het selfs ʼndag of twee verlof geneem om hulle kragte kon byvoeg. 

Daar is hard gewerk, lekker geskerts, nuwe verhoudings gebou en selfs ook ʼnbietjie naels gekou .

Uiteindelik het almal wat die twee daglange Kontreimark bygewoon het, saamgestem: Dit wás die moeite werd!!!

Die vleis was beslis ʼngoeie lokmiddel en al die stalletjies het saamgewerk om van die mark  ʼnbelewenis te maak. 

Lekker kos, boere gasvryheid en kwaliteit produkte het vir ʼnwenresep gesorg.

Ons sal die finale syfers deurgee sodra al ons berekeninge gemaak is.  Ons omset was in die orde van  R300 000.00

BAIE DANKIE AAN ELKE LIDMAAT WAT OP ENIGE MANIER, HOE GERING OOKAL, BETROKKE WAS. ELKEEN SE  BETROKKENHEID WORD OPREG WAARDEER.

Daar is nog hoenders, gepekelde beesskofte  asook ʼnskaapboud of twee oor (praat met Koos). Daar is ook nog ʼnpaar pietersielieplantjies @ R5 per plantjie (praat met Venita).

 

 

 

 

 

 

 

Friday, 18 September 2015 09:18

20 September 2015

 TEMA:  Jesus Christus het gesterf om alles met homself te versoen

Ons verwelkom vandag vir Ds. Johannes Aucamp wat die erediens by ons gaan waarneem.  Ons bid hom die seën van die Here toe.

 

Weet jy wie jy is en hoekom jy leef?  Maak jou lewe sin?  Om jou ware identiteit en rol in God se geskiedenis te kan uitleef, moet jy weet hoekom Jesus Christus sy bloed aan die kruis gestort het.  

Die meeste gelowiges is oortuig dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het om hulle sondes weg te neem.  Hierdie antwoord is egter  net 'n gedeelte van die waarheid en 'n verskraling van die volle waarheid.  

In Kolossense 1:20 word daar direk vir ons gewys dat Jesus moes sterf om alles met homself te versoen.  Wat sou die alles wees wat Hy kom versoen het?

 

 

KONTREIMARK VERFKUNS

Die Annie Sloane verftegnieklasse wat tydens Die Ouplaas Kontreimark aangebied word behels die volgende: elke deelnemer ontvang ‘n raam waar op die agterkant verskillende tegnieke aangeleer word. 

Daarna besluit jy self waarvan jy hou en voltooi die voorkant van die raam met daardie tegniek.  Die koste vir ‘n 3 ure klas is R400 per persoon. Daar is nog plek vir 4 dames vir

Vrydag 25 Sep. vanaf 1 – 3.  Diegene wat reeds bespreek het moet assebief vooraf die geld by die Kerkkantoor inbetaal.

 Vir verdere inigting skakel Welma de Wet  084 206 7748.

 

BRITS RUSOORD SPITBRAAI
Ons is van voorneme om in die lente 'n funksie aan te bied waar die gemeenskap en ons inwoners saam kan kuier.
Datum:  30 Oktober 2015                                                   Tyd:        18h00
Venue:    Brits Rusoord                                                      Kaartjies: R 130.00 per persoon
Spyskaart: Skaap op spit. Wors, Pap & Sous, Brood/konfyt tafel, 2 slaaie, en nagereg.
Ons verskaf dansmusiek.             Bring asb eie mandjie met eetgerei en drank.
Kontak asb vir Truidie van Schalkwyk 012 252 7043/082 459 3840
 

 

ALMANAKKE 2016:

Ons plaas weer bestellings vir die Almanakke van 2016 aan die einde van September 2015.  Indien u enigsins belangstel, moet u die kerkkantoor kontak voor of op 30 September. 

Ons gaan hierdie jaar slegs almanakke bestel waarvoor daar bestellings geplaas is.

 

Kollektes
Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure    
Mukhanyo Com. Centre                    
Sondag by deure       
Emeritaatsfonds
 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling    Floris van der Walt   Eddie v/d Merwe

Diaken         Gert Postma             Annemarie Eloff

 

Gasvryheid        E 8                      A 4

Volg. Week:        B 1, B 2 & B 3      A 5       

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

 ONDERLINGE MEELEWING

1.         Sr Petro Pretorius se rugoperasie het goed afgeloop. Sy is nog in die hospitaal, maar sterk goed aan.

2.        Sr Trix Dreyer gaan DV Maandag vir ‘n knieoperasie. Ons bid dat die Here die operasie sal seen.

3.       Sr Amanda du Plessis was die afgelope week in die hospitaal. Sy het ‘n mantelvliesbreuk en sukkel ook met haar hart.

Ons bid dat die Here haar in sy liefde sal vashou en die behandeling sal seen.

4.       Sr Bettie Pretorius is maar swak. Sy is tans in die bed en word tuis by Riandi en Louis versorg.

5.       Br. Leonard Labuschagne (Christelle Kotzese pa) was die afgelope week in die hospital met long- en bloedprobleme. Hy is Donderdag ontslaan en sterk tuis aan.

 

BANKBESONDERHEDE:
Vir Die  Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS
U naam as verwysing asb.
 
 
 

 

Wednesday, 02 September 2015 09:17

6 September 2015

Ons verwelkom vandag vir Ds. Peet Smit wat die erediens by ons gaan waarneem.  Ons bid hom die seën van die Here toe.

 

TEMA:     GOD SE WOORD TEEN SANTAN SE WOORD

 

TEKS:     Matt. 4: 3 & 4

3  Die versoeker het toe gekom en  vir Hom gesê:  “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

4  Maar Hy antwoord:  “Daar staan geskrywe:  ‘n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

 

KONTREIMARK VERFKUNS

Susters wat nog altyd baie graag die Annie Sloane verftegnieke wou aanleer, het nou die geleentheid.   Die koste vir ‘n 3 ure klas is R400 per persoon.

Daar gaan 3 klasse aangebied word oa: Vrydag 25 Sep. vanaf 9 – 12, Vrydag 25 Sep. vanaf 1 – 3 en Saterdag 26 Sep. vanaf 9 – 12 uur. 

Daar is net plek vir ‘n beperkte aantal persone per klas. So laat weet ons so gou as moontlik, sodat sy haar voorbereiding kan tref.

Kontak Welma de Wet voor 10 September 2015 indien jy belang stel of verdere inligting benodig.  Haar selnr. is 084 206 7748.

 

 

BRITS RUSOORD
Die doel van Brits Rusoord is om 'n ware tuiste te wees vir bejaardes.
Kontak ons gerus vir enige verblyf navrae.
Ons tariewe is soos volg:

Selfversorgende bejaarde

R 5 050

50% afhanklik

R 5 760

75% afhanklik

R 6 850

100% afhanklik

R 8 420

Bogenoemde tariewe sluit in 3 etes per dag, medikasie kontrole en wasgoed.
Kontak vir Rose du Plessis/Hanlie Fourie 012 252 7043

 

***********************
BRITS RUSOORD SPITBRAAI
Ons is van voorneme om in die lente 'n funksie aan te bied waar die gemeenskap en ons inwoners saam kan kuier.
Datum:  30 Oktober 2015
Tyd:        18h00
Venue:    Brits Rusoord
Kaartjies: R 130.00 per persoon
Spyskaart: Skaap op spit, Pap & Sous, Brood -en konfyt tafel, 2 slaaie, wors en nagereg.
Ons verskaf dansmusiek.
Bring asb eie mandjie met eetgerei en drank.
Hierdie funksie word ter stuiwing van Brits Rusoord se fondse aangebied.  Ons sal dit hoog op prys stel indien u bereid sal wees

om 'n bydrae te lewer in die skenking van 'n skaap, kontant of om ons inwoners se ete te borg vir die aand.
Kontak asb vir Truidie van Schalkwyk 012 252 7043/082 459 3840
Truidie van Schalkwyk
Brits Rusoord Bestuurder

 

ALMANAKKE 2016:

 

Ons plaas weer bestellings vir die Almanakke van 2016 aan die einde van September 2015.  Indien u enigsins belangstel, moet u die kerkkantoor kontak voor of op 30 September. 

Ons gaan hierdie jaar slegs almanakke bestel waarvoor daar bestellings geplaas is.

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                         

Thusofonds

Volgende Sondag by deure     

Ekumenisiteit London

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Koos de Wet               Thinus Eloff

Diaken        Derick Rheeders        Seun Potgieter

 

Gasvryheid        E 4 & E 5             A 2

Volg. Week:        E 6, E 7 & E 9      A 3

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:
Volgende Sondag: 13 Sep.
Les 20.   Eks. 16 – 17.  
Manna, water uit die rots. 
 

President Kruger Kinderhuise

Krokodilrivier Gereformeerde Kerk,

Namens die President Kruger Kinderhuise wil ons net ons opregte dank uitspreek rakende

die Groente & Vrugte as skenking ontvang.

Aangesien ons bedryfskostes op hierdie stadium ‘n uitdaging is, is skenkings van hierdie

aard vir ons van onskatbare waarde. U kan verseker wees dat die skenking sal gebruik

word in die versorging van ons kinders.

Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om die ondersteuning van Krokodilrivier Gereformeerde

Kerk ten opsigte van President Kruger Kinderhuise te ervaar.

Weereens baie dankie.

Vriendelike Groete,

President Kruger Kinderhuise        

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. 

Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

Vir Die  Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS

U naam as verwysing asb.

 

                                                                                                                

Friday, 28 August 2015 07:48

30 Augustus 2015

Ons verwelkom vandag vir Ds. Fanus Heystek wat die erediens by ons gaan waarneem.  Ons bid hom die seën van die Here toe.

 

TEMA:     GOD SE BOODSKAP AAN ONS DEUR DIE SON

 

Ons sien elke dag die son, maar besef nie dat God ook met ons praat uit die natuur nie.

 

Daar is 4 boodskappe in die Woord oor die son wat ons elke dag intens raak – 2 daarvan fisies en 2 geestelik.

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ons dit kan droom , kan ons dit doen!”

25 & 26 September 2015

Ø  Soos almal kan sien klim die bydrae barometer  hier langsaan stadig maar seker.  Baie dankie daarvoor.

Ø  Dis nou minder as ‘n maand ons mark en die tyd raak nou min. 

Ø  Hans wat die veiling behartig benodig nog baie items om van die veiling ‘n sukses te maak.  Enige iets van ‘n mier tot ‘n olifant.  Claerhout skilderye of Mona Lisa’s is ook welkom.

Ø  Wat van nog ‘n lekker koek of tert? Ons broeders het al vir ons gewys hoe lekker hulle kos kan maak. 

Wat van ‘n uitdaging om vir die mark koeke en terte te kan bak.  Kontak asb vir Siska (083 233 3059) of Annemarie (082 785 9139).

 

Ø  Daar is heerlike koek of tert per sny en geurige koffie in die kleuterlokaal.

 

INGELEGDE GROENTE EN KONFYTE

Tamatiekonfyt,  kerrieboontjies en kerriekool teen R20 per bottel.  (750ml mayonnaise-bottel)

 

KONTREIMARK VERFKUNS

Susters wat nog altyd baie graag die Annie Sloane verftegnieke wou aanleer, het nou die geleentheid.   Die koste vir ‘n 3 ure klas is R400 per persoon.

Daar gaan 3 klasse aangebied word oa: Vrydag 25 Sep. vanaf 9 – 12, Vrydag 25 Sep. vanaf 1 – 3 en Saterdag 26 Sep. vanaf 9 – 12 uur. 

Daar is net plek vir ‘n beperkte aantal persone per klas. So laat weet ons so gou as moontlik, sodat sy haar voorbereiding kan tref.

Kontak Welma de Wet voor 10 September 2015 indien jy belang stel of verdere inligting benodig.  Haar selnr. is 084 206 7748.

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Die jaarlikse kersfunksie word op 12 September by Thaba Morula gehou. Baie dankie vir Gerhard en Andrè, ons waardeer jul moeite en omgee.

Ons geskenk diè jaar aan die kinders is om hul kamers op te knap. Ons sal dit baie waardeer indien u vir ons n bydrae kan gee. Kontak Riana (0823009241) vir enige inligting en bydraes wat jy wil maak.

Die kinders gaan baie vroeg die oggend vertrek vanaf die kinderhuis en ons wil dat die bus by Kosama stop en dan vir elke kind n kospakkie gee.

Lekker padkos soos ons dit ken. Indien daar susters is wat eetgoed wil maak om in die kospakkie te sit, kontak vir Riana.

Vir middagete wil ons vir hul worsbroodjies maak, die volgende bestanddele gaan ons benodig : broodrolletjies, wors, tamatiesous, margarine, aartappels

(Thaba Morula gaan vir hule skyfies bak), olie, lekkers vir lekkergoedpakkies, koeldrank en kolwyntjies.

Dankie.

Riana

 

Kollektes
Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure                         
Debutate Jeugsorg
Volgende Sondag by deure       
Thusofonds
 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Theuns Koekemoer    Hannes Venter

Diaken        Andre Rossouw         Annemarie Eloff

 

Gasvryheid        E 2 & E 3             A 1

Volg. Week:       E 4 & E 5             A 2

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:

Volg. Sondag: 6 September 2015. Les 19. Eks. 11 – 12.  Die tiende plaag en paasfees.

 

 

Friday, 21 August 2015 11:21

23 Augustus 2015

TEMA:  DIE HERE GEE SODAT ONS HOM KAN DIEN

Wat is die Here se doel met sy kerk?  Waarom het Hy ons as lidmate (ledemate) in die liggaam van Christus ingelyf?  Natuurlik om Hom te dien.  Maar kry ons dit reg?

1.         HOE DIEN ONS DIE HERE?                                                  

Israel het die Here halfhartig gedien. Hulle het ook steeds aan afgode vasgehou. Is ons aan die Here alleen toegewy?

2.       WAT GEE DIE HERE AAN ONS?                                          

Josua wys Israel op die feit dat alles wat hulle was en alles wat hulle besit uit die Here se hand kom.  God het aan ons sy Seun gegee. Ons beleef dit vandag in die Nagmaal.

3.       WAT VERWAG DIE HERE VAN ONS?                                        

Hy wil hê ons moet Hom dien met die krag wat Hy aan ons gee. Paulus sê: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee.  Hy voed ons aan sy tafel. 

Kom ons verheerlik God deur in ons Here Jesus Christus diensbaar te wees.

 

Teks:

Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou.

Jos. 24: 14 & 15

1 Pet. 4: 11

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ons dit kan droom , kan ons dit doen!”

 

25 & 26 September 2015

Soos almal kan sien klim die bydrae barometer  hier langsaan stadig maar seker.  Baie dankie daarvoor.

Stel julle die volgende prentjie voor :

Ø  Die Kerksaal van hoek tot kant gepak met stalletjies  met die interessantste ware te koop.  Dit wissel van olywe tot juwele, kase tot dekoritems.Ons eie gebak is ook in die saal

Ø  Dan tussen die saal en die katkisasielokale is die Manne-hoek met agtoerusting,boogskiettoerusting,handgemaakte geweerkolwe, messe, pype.

Ø  Daar is ook Die Driepootpot,d.i. potte met pap en stamp-mielies met afsonderlike potte met kaiings, skaapskinkels, skaapafval, beespens en biltong.

Ø  Die kostalletjies is in die katkisasielokale met die vars groente in die Jeuglokaal.

Ø  Daar is heerlike koek of tert per sny en geurige koffie in die kleuterlokaal.

Ø  Eddie se pretpark is skuins agter die katkisasielokale met laser kleiduifskiet en ander speletjies.

Ø  Hans se veilingkraal is ‘n bietjie verder weg onder die bome.

Ø  Trekkerpret en motoruitstallings is onder die bome langs die toring.

Ø  KLINK NA GROOT PRET , NÉ!!  WAAR IS JY   BETROKKE???

 

 

KONTREIMARK VERFKUNS

Susters wat nog altyd baie graag die Annie Sloane verftegnieke wou aanleer, het nou die geleentheid.   Die koste vir ‘n 3 ure klas is R400 per persoon.

Daar gaan 3 klasse aangebied word oa: Vrydag vanaf 9 – 12, Vrydag vanaf 1 – 3 en Saterdag vanaf 9 – 12 uur. 

Daar is net plek vir ‘n beperkte aantal persone per klas. So laat weet ons so gou as moontlik, sodat sy haar voorbereiding kan tref.

Kontak Welma de Wet voor 10 September 2015 indien jy belang stel of verdere inligting benodig.  Haar selnr. is 084 206 7748.

 

ONDERLINGE MEELEWING                                                                                            

 ... namate hy ʼngenadegawe ontvang het,  .... moet hy dien met die krag wat God verleen.  So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus(1 Pet 4: 10 en 11).

1.         Sr Ria du Plessis is Woensdag uit die hospitaal ontslaan. Sy sterk tuis aan.

2.       Sr. Lettie du Plessis is in die hospitaal. Dit gaan ietwat beter.

3.       Br. Cules van der Walt word DV hierdie week geopereer om sy linker heup te vervang. Ons bid dat die Here die operasie sal seën.

4.        Br Martin en sr Janita Greyling se dogtertjie was die week in die hospitaal. Dit gaan nou weer goed.

5.       Br. Gert van der Walt (Geluk) het ʼnbloedklont in sy linker arm. Dit veroorsaak baie ongemak. Hy ontvang behandeling en ons vertrou dat dit spoedig weer beter sal gaan.

6.       Sr Bettie Pretorius se gesondheid is maar nie na wense nie. Ons dra haar en haar geliefdes op aan ons hemelse Vader.

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Die jaarlikse kersfunksie word op 12 September by Thaba Morula gehou. Baie dankie vir Gerhard en Andrè, ons waardeer jul moeite en omgee.

Ons geskenk diè jaar aan die kinders is om hul kamers op te knap. Ons sal dit baie waardeer indien u vir ons n bydrae kan gee. Kontak Riana (0823009241) vir enige inligting en bydraes wat jy wil maak.

Die kinders gaan baie vroeg die oggend vertrek vanaf die kinderhuis en ons wil dat die bus by Kosama stop en dan vir elke kind n kospakkie gee.

Lekker padkos soos ons dit ken. Indien daar susters is wat eetgoed wil maak om in die kospakkie te sit, kontak vir Riana.

Vir middagete wil ons vir hul worsbroodjies maak, die volgende bestanddele gaan ons benodig : broodrolletjies, wors, tamatiesous, margarine, aartappels

(Thaba Morula gaan vir hule skyfies bak), olie, lekkers vir lekkergoedpakkies, koeldrank en kolwyntjies.

Ons sal dit baie waardeer as u ons kan help om die dag vir hul onvergeetlik te maak.

Riana

 

PREDIKANT MET VERLOF

Danie en Venita is die volgende twee weke uitstedig.  Hulle is so bevoorreg om saam met ‘n groep uit die gemeente in die Kgalagadi  in Botswana en Noord Kaap rond te ry.   

Hulle behoort DV weer op 7 September terug te wees.

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                         

Emeritaatsfonds

Volgende Sondag by deure     

Debutate Jeugsorg

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Banie Grobler            André de Wet

Diaken        Fanie Briel                 Annemarie Eloff

 

Gasvryheid        E 2                      A 7

Volg. Week:        E 3                      A

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:

Volgende Sondag:  30 Aug.

Les 18.   Eks. 6 - 10

Die eerste nege plae.

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. 

Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

Vir Die  Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS

U naam as verwysing asb.

 

ETE NA NAGMAAL

Alle lidmate asook besoekers word uitgenooi om na afloop van die nagmaal by Soutpansdrift saam met ons te kom eet.

Bring eie eetgerei asook iets te drinke.  Versoek: Maak asb. ʼndonasie vir die ete wat jy ontvang. 

Onthou dat jou donasie vrywillig is, maar ook, indien jy daartoe in staat is, in lyn moet wees met die kostes van die kos wat jy en jou gesin eet.  

Baie dankie aan almal wat ywerig aan die ete voorberei het.

 

 

 

                                                                             

 

 

 

Friday, 14 August 2015 10:22

16 Augustus 2015

 TEMA:      BID ONDER LEIDING VAN DIE GEES

Met ons fokustyd leer ons met nuwe oë na die kerk kyk.  Die kerk is alles behalwe ʼnluukse passasierskip waar almal sommer net heerlik bedien en vermaak word. 

Die kerk is die Here Jesus se oorlogskip (v 12) wat deur die satan en sy bose magte aangeval word. Elkeen van ons is in die geveg betrokke.

ONS MOET STERK WEES IN DIE STRYD                                             

Die geveg waarin ons betrokke is, gaan oor lewe en dood – ewige lewe en ewige dood. Elkeen moet sy/haar pos beman (v 11 & 13).  In ons stryd het ons die Here en ook mekaar nodig (v 18)                           

DAAROM MOET ONS BID                                                                  

Paulus leer ons: Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid ....  En dan sê verder: Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.   Maar dan kom die klem                                             

ONDER LEIDING VAN DIE GEES                                                         

Ons gebede moet deur die Gees gedra word, anders beteken dit net mooi niks. Paulus gee die versekering:  ... ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees pleit vir ons... (Rom. 8:26)

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ons dit kan droom , kan ons dit doen!”

25 & 26 September 2015

 

Ø  Soos almal kan sien klim die bydrae barometer  hier langsaan stadig maar seker.  Baie dankie daarvoor.

Ø  Siska van der Walt en Annemarie Eloff is in beheer van die Gebak vir Die Mark.  Diegene wat nog nie besluit het wat om te bak nie, kan sommer vandag met hulle praat. 

Ons kort regtig  nog daardie wenresep van jou se koek of tert vir ons Mark.

Ø  Nadia plaas so elke vier o vyf dae ‘n nuwe Het jy al die FB Event met jou vriende en familie gedeel?? Op hierdie manier kan die boodskap van Die Ouplaas Kontreimark baie ver   trek.

Ø  Danolien vra fotostate van ou familiefoto’s en geleenthede wat in die kerkgebou plaasgevind het.  Kontak haar by 0824145253. 

Sy soek ook ou Leef -tydskrifte wat by die kerkkantoor ingehandig kan word.

 

Ø  Ons kort nog baie sterk jonges met spiere wat kan kom help met die uitleg van die terrain en bemarking.  Praat asseblief met Peet Oosthuizen of Banie Grobler.

 

BANKBESONDERHEDE:

Aftrekorders/Elektroniese inbetalings:  U kan ‘n debietordervorm by die kerkkantoor kom afhaal en invul en weer daar inhandig. 

Die debietorder word vanaf die kerkkantoor gedoen.

Indien u ‘n aftrekorder by die bank vir u kerkbydrae wil doen:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Tjekreknr: 640340150, ABSA, BRITS.

As verwysing u naam, van en wyk of lidnr.

Diakonie bankbesonderhede: ABSA, BRITS, takkode 334-146,  Reknr. 640280034.

 

Vir ons Ouplaas Kontreimark is ons bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Reknr.  9260690692, ABSA, BRITS

U naam as verwysing asb.

 

BRITS RUSOORD

Geagte Predikante en gemeente

Ons wil net hiermee baie dankie se vir die donasie van R 2 444 ontvang.
Brits Rusoord kan slegs goeie diens lewer omdat ons ondersteun en gedra word deur ons gemeenskap.
 

Baie dankie weereens.
Vriendelike groete

 Truidie van Schalkwyk

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Saterdag 12 September is dit weer die Paul Kruger kinderhuis se kersfunksie.  Ons wil graag die jaar as geskenk vir hul ‘n kontantbedrag gee om hul kamers op te knap.

Die dogters kort gordyne en hul kan self besluit wat hul met die seuns se kamers wil doen.

Ons wil vir hul ‘n donasie van omtrent R15000 gee, aangesien die koste vir gordyne in die meisies se kamers R10 000 sal beloop.

Ons sal verdere reëlings deurgee waarheen ons sal gaan vir die kersfunksie.

Baie dankie dat ons weereens op jul kan staatmaak.

 

Riana

 

Program van die week wat kom

So.         16 Aug.            Omgeebedieningsraad Vergadering         11:00       Moederskamer

Wo.        19 Aug.            Evangelie Bedieningsraad Vergadering    19:00      Jeuglokaal

 

Cornerstone Kinderhuis

Gertruida  en  Werner Wagner  versorg  25 blanke  kinders op ‘n plaas in die omgewing.  Hulle doen kosbare werk daar.  Hulle het  tans ‘n tekort aan speelgoed.

Daar is ook ‘n fondsinsamelingsprojek wat hulle tans van stapelstuur om salarisse aan te vul: fonteinwater @ R4  en gegeurde water @ R6  beskikbaar by die bandeplek by die Meule.

 

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                         

Ekumenisiteit Buiteland

Volgende Sondag by deure     

Emeritaatsfonds

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Japie Rheeders          Eddie v/d Merwe

Diaken        Marthie Grobler         Harm du Plessis

 

Gasvryheid        E 1                      A 6

Volg. Week:        E 2                     A 7

 

Verjaarsdae hierdie week:

Facebook:

https://www.facebook.com/

gkkrokodilrivier

Twitter:

GK Krokodilrivier @

GK_Krokodil

 

KLEUTERBEDIENING:

Volgende Sondag:  30 Aug.

Les 18.   Eks. 6 - 10

Die eerste nege plae.

 

ONDERLINGE BELEWING                                                                                                     

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ʼnoffergawe gegee het. (Ef. 5:1 & 2)

1.         Sr Jeanne du Plessis is tuis na haar knie-operasie. Ons vertrou dat sy gou weer op die been sal wees.

2.       Sr. Bettie Pretorius bly maar swak en verduur ook pyn en ongemak.  Ons dra haar en haar geliefdes op aan ons hemelse Vader.

3.       Sr Lettie du Plessis se toestand verbeter skynbaar ook nie veel nie. Sy word in die afdeling vir verswaktes in Rusoord versorg. Ons dra haar ook op aan die sorg van ons hemelse Vader. 

4.        Sr Ria du Plessis verduur nog heelwat ongemak nadat sygeval en twee van haar ribbebene gebreek het. 

5.    Hartlik geluk aan br Jan en  sr Ria du Plessis wat die afgelope week hulle 64 ste troudag kon vier. Dit is groot genade van die Here as ʼnmens so lank saam die pad kan loop.

      

 

Friday, 07 August 2015 11:31

9 Augustus 2015

 TEMA:      CHRISTUS IS MY ENIGSTE BATE

Hoe wil jy graag hê dat mense bewus sal raak van jou Christenskap?  Jou mooi maniere? Vriendelikheid? Goeie dinge wat jy doen?  Jou kerklidmaatskap van die Gereformeerde Kerk? 

1.         WAT IS MY VOORKEURE?                                                               

Ons almal het ons voorkeure. Ons het bepaalde gewoontes en manier van dinge doen.  Baie daarvan het ons by ons ouers geleer en aanvaar dit as die manier hoe dinge gedoen behoort te word. Maar is dit noodwendig reg?

2.       KYK WAT DOEN DIE HERE                                                       

Hy maak ‘n nuwe begin.  Hy wil hê ek en jy moet verander.  Het jy al so verander?  Paulus praat in Fil 3 oor die radikale verandering wat hy ondergaan het.  (Vgl. vers 7)

3.       ONS LEWENSDOEL:  ‘N LEWENDE VERHOUDING MET CHRISTUS                                                                           

Paulus se lewensdoel is om voluit in Christus te lewe. Dit gaan nie maar net oor ‘n paar aanpassings wat gemaak moet word nie, maar oor ‘n lewenswyse waar die Here Jesus alles is (vgl. vers 10)

 

DIE OUPLAAS KONTREIMARK

As ons dit kan droom , kan ons dit doen!”

25 & 26 September 2015

 

Ø  Soos almal kan sien klim die bydrae barometer  hier langsaan stadig maar seker.  Baie dankie daarvoor.

Ø  Ons is baie opgewonde oor die uitstallers wat reeds bevestig het.  Venita gaan vandag daaroor inligting gee.

Ø  Het jy al die FB Event met jou vriende en familie gedeel?? Op hierdie manier kan die boodskap van Die Ouplaas Kontreimark baie ver   trek.

Ø  Indien enige iemand dalk weet van persone wat kan kom uitstal met uitsonderlike produkte of ware sal ons graag van hulle wil hoor. Ons het ‘n uitstaller  met silwer juwele gekry maar soek nog iemand wat vir ons pêrels kan kom uitstal. Gee die inligting deur na Venita en sy  sal dit verder vat.

Ø  Danolien vra fotostate van ou familiefoto’s en geleenthede wat in die kerkgebou plaasgevind het.  Kontak haar by 0824145253.  Sy soek ook ou Leef -tydskrifte wat by die kerkkantoor ingehandig kan word.

Ø  Wat van nog ‘n lekker koek of tert?  Daardie spesiale resep van jou .  Kontak asb vir Siska (082 772 0932) of Annemarie (082 785 9139).

 

BEROEPE ONTVANG

·         Ds RA Bain [Ronald] van Cachet na Pretoria-Alkantrant.

·         Ds PJ Venter [Petrus] van Pretoria na Vryburg.

·         Ds DG Zwemstra [Dinant] van Bloempark na Strand.

BEROEPE AANVAAR

·         Ds MJJ Erasmus [Boeta] van Wolmaransstad na Outjo/Biermanskool-kombinasie.

BEROEPE BEDANK

·         Ds MJ Erasmus [Thys] van Nelspruit na Pretoria-Alkantrant.

·         Ds AB van der Walt [Braam] van Lichtenburg na Eden.

 

Program van die week wat kom

Wo.          12 Aug.               Wykbedieningsraad Vergadering         19:00            Jeuglokaal

DANKIE-Sê BRIEFIE

Dankie aan al die lidmate van die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier, Bybelstudiegroepe, familie en vriende vir al die gebede en bemoedigende boodskappe tydens my herstel in die hospitaal na ‘n mototrongeluk.

Ek is Dinsdag 4 Augustus uit die Rehabilitasie hospitaal ontslaan en hervat my universiteit studies weer Vrydag 7 Augustus. 

Ek loop egter nog met krukke en my bene is nog in harnasse.  Die Here se genade is groot.  Loof Hom, prys Hom.  Basuin dit uit!!

Liefde

Liani (Daleen Meijer se kleindogter)

 

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS

Saterdag 12 September is dit weer die Paul Kruger kinderhuis se kersfunksie.  Ons wil graag die jaar as geskenk vir hul ‘n kontantbedrag gee om hul kamers op te knap. Die dogters kort gordyne en hul kan self besluit wat hul met die seuns se kamers wil doen. Ons wil vir hul ‘n donasie van omtrent R15000 gee, aangesien die koste vir gordyne in die meisies se kamers R10 000 sal beloop.

Ons sal verdere reëlings deurgee waarheen ons sal gaan vir die kersfunksie.

Baie dankie dat ons weereens op jul kan staatmaak.

 

Riana

 

Cornerstone Kinderhuis

Gertruida  en  Werner Wagner  versorg  25 blanke  kinders op ‘n plaas in die omgewing.  Hulle doen kosbare werk daar.  Hulle het  tans ‘n tekort aan speelgoed.

Daar is ook ‘n fondsinsamelingsprojek wat hulle tans van stapelstuur om salarisse aan te vul: fonteinwater @ R4  en gegeurde water @ R6  beskikbaar by die bandeplek by die Meule.

 

Kollektes

Vandag onder diens  Barmhartigheidsdiens

Vandag by deure                         

Studentekas

Volgende Sondag by deure     

Ekumenisiteit Buiteland

 

Diensbeurte

                   Soutpansdrif           Beestekraal

Ouderling   Christo du Plessis     Gerhard de Wet

Diaken        Elsa Lourens             Jan Erasmus

 

Gasvryheid        D 5                      A 5

Volg. Week:       E 1                      A 6

Verjaarsdae hierdie week:

 10 Aug 1999    MANDELIE RHEEDERS        Sel: 0829225459     E 1

ONDERLINGE BELEWING 

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die here is naby. Moet oor niks besorg wees nie,

maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend(Fil. 4:4 – 6).

 

1.         Sr Lettie du Plessis is weer terug in Rusoord. Dit gaan ‘n bietjie beter.

2.        Danielle (kleindogter van André en Desiré Joubert) se mangels is die afgelope week verwyder. Sy sterk goed aan.

3.       Sr. Jeanne du Plessis sterk nog in die hospitaal aan na haar knieoperasie.  Haar suster is boonop die afgelope week oorlede.

          Ons dra haar op aan ons hemelse Vader in die moeilike tyd.

4.       Sr Sarie Pretorius se suster is die afgelope weekoorlede. Ons dra haar en haar geliefdes op aan ons hemelse Vader.

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
Page 10 of 15