Sosiale Skakels

Besoekers

We have 9 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Danie de Kock

Danie de Kock

Website URL: http://www.facebook.com/profile.php?id=1438745475 Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Skriflesing:  Amos  3 

Teks: Amos 3: 3 en 7

Tema: VRYHEID SE VERANTWOORDELIKHEID

 

Iemand praat nou die dag oor lewe in die gevangenis.  Hy maak toe die volgende opmerking, wat my  nogal laat dink het.  Hy sê:

Vryheid is om verantwoordelikheid te hê.

As iemand in die tronk beland het so  ʼn mens sy of haar voorreg om     verantwoordelikheid te neem, verloor.  So  ʼn gevangene kan glad nie  meer sy eie besluite neem nie.  Iemand ander besluit waar hulle sal     woon  watter klere  hulle sal dra en selfs watter kos hulle sal eet.           Iemand anders besluit selfs hoe laat hulle soggens sal opstaan en hoe  laat hulle saans weer sal gaan slaap. Iemand anders bepaal volledig   hoe hulle dagprogram sal verloop.  Die enigste verantwoordelikheid wat so  'n gevangene het, is om te doen wat hy of sy  gesê word om te      doen.  Maar selfs  dan is dit iemand anders wat bepaal wat die gevolge sal wees indien die opdrag nie uitgevoer  word nie.

Gevangenes wat in die tronk opgesluit is,  se vryheid is van hulle         weggeneem juis omdat hulle nie die verantwoordelikheid wat hulle       gehad het kon hanteer nie.

Nou is dit baie ironies dat mense dink dat vryheid juis die afwesigheid  van verantwoordelikhede is.......

Die feit van die saak is egter:  Om jou verantwoordelikheid te verloor, is 'n straf, beslis nie 'n seën nie! 

Vryheid loop hand-aan-hand met verantwoordelikheid..........

Dit was blykbaar juis op hierdie punt wat Israel misluk het.  

 

1. DIE HERE SEëN  SY VOLK MET VERANTWOORDELIKHEDE

1.1  Israel was die heel eerste volk wat God se Woord gehoor het.        Sedert die dae van Abraham het die Here Homself aan hulle                geopenbaar.  Hy het op verskillende maniere met hulle deur die profete gepraat.  Hulle kon ook die Here se hand duidelik in hulle geskiedenis sien.

 

Vandag het ons, as God se volk,  presies daardie voorreg.  Ons het sy Woord ..... En meer in besonder sy Woord wat vlees geword het.  Die  Here Jesus Christus wat mens kom word het en as mens saam met     ons op die aarde kom woon het.   

Verder openbaar die Here se woord ook wie ons is:  Ons is as God se  beeld geskep, maar ons is ook sondaars. Van nature geneig om God   en ons naaste te haat....  Hy wys vir ons die regte pad! 

1.2  Die Here het Israel sy volk gemaak.  Hy het met die volk aan wie  Hy Homself, deur sy Woord geopenbaar het, ʼn verbond gesluit. Hy het aan hulle bepaalde beloftes gegee.  Vandag is ons, die kerk, God se    verbondsvolk.  Ons ontvang nou God se beloftes van verlossing en  ʼn  nuwe lewe. Boonop is al die beloftes is in en deur ons  Here Jesus        Christus vervul.

1.3 Die Here het Israel uit slawerny verlos. Hy wys sy trou en liefde en  lei hulle na hulle beloofde land, maar die volk aanvaar sy trou so as vanselfsprekend dat hulle dink hulle kan maar doen wat hulle wil.               Sodoende dwaal hulle algaande af van die pad wat Hy hulle aanwys.  Ons  is net soos Israel verlos uit die slawebande van die sonde en        ellende.  Aanvaar ons nie dalk ons verlossing ook maar as                    vanselfsprekend nie?

1.4  Uit al die nasies was net Israel God se uitverkore volk.  Hy loop    met hulle  ʼn besondere pad, want hy wil Homself deur hulle aan die      wêreld bekend maak.  Hulle moes die draers van sy lig wees!  Maar     daar is fout. Die volk laat toe dat die duisternis hulle oorweldig. Hulle     leef nie hulle verantwoordelikheid uit nie.

Kan u verstaan, broeder en suster, Israel is bevoorreg  om  die lig en   die waarheid van God se liefde en sy trou uit te leef.  Hulle was             veronderstel om God se seën vir die nasies te wees. 

Maar Israel het blykbaar nie goed begryp nie...........

2. MET VERANTWOORDELIKHEID KOM  AANSPREEKLIKHEID

In vers 2 sê die Here by monde van Amos:

Ek het net vir julle uitgekies uit al die volke van die aarde .......

Hulle was die enigste volk wat so voorreg gehad het. Hulle het al die     seëninge ervaar....  Hulle kon saam met hulle troue Verbondsgod op  ʼn nuwe pad loop, maar hulle val vas in die sonde.

Die volk was so vasgevang in gierigheid, hoogmoed,  immoraliteit en   godsdienstige skynheiligheid dat hulle nie hulle eie sonde raakgesien   het nie.   Hulle wou ook nie op die profete se waarskuwings ag slaan   nie.  Hulle het hulle vererg as die profeet hulle durf waarsku.  In hulle   eie oë  was hulle reg. Hulle het gedink hulle sou ongehinderd en selfs  ongestraf  voortgaan.

Israel het gedink hulle dien die Here....  Intussen was hulle ver van      Hom af!

Die Here Jesus waarsku in Matt. 25:31 - 46  dat die oordeelsdag vir     sommige mense  ʼn  skrikwekkende ontnugtering gaan bring. Mense    wat  vas oortuig was dat hulle die Here deur hulle lewe gedien het, sal dan hoor: Gaan weg van My af julle vervloektes!  .....   Hierdie mense   waarna die Here Jesus verwys is mense wat heel waarskynlik Sondag vir Sondag in die kerkbanke sit, maar nie bereid is  om van hulle geld   en tyd op te offer om mense in nood te help nie. Dit is mense wat net   aan hulleself dink en net vir hulleself gelewe.  Hulle geloof is                 selfgesentreerd.

Waarom is Amos se boodskap so skerp?   Waarom wil die Here mense wat deel is van sy verbondsvolk so straf? 

Hy doen dit omdat Israel nie hulle verantwoordelikhede as sy volk         uitleef nie.

Maar geliefdes, kyk mooi.  Luister goed!

3. IN SY GENADE WAARSKU DIE HERE

Toe die profeet Amos hierdie oordeel en straf aangekondig het, was dit nog nie te laat nie.  Daar was nog tyd vir bekering.  Die mense kon nog hulle lewe regmaak.   

Die Here sê:

Soos  ʼn skaapwagter twee pootjies of  ʼn stukkie oorweggryp uit  ʼn leeu se bek, so sal die Israeliete weggegryp word....

Die Here wil genade betoon.... Hy wil verlos en red.

Onthou, broeder en suster, die Here wil nie hê dat iemand verlore sal   gaan nie.  Kom ons lees wat die apostel Petrus skryf as hy oor die       wederkoms en die oordeelsdag praat:

Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink       party  mense so.  Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie   wil hê dat iemand verlore gaan nie:  Hy wil hê dat almal hulle   moet bekeer. (2 Pet 3:9) 

Die Here stuur sy  profete om sy woord bekend te maak.  Sy woord is  die lig op ons pad.  In ons Here Jesus en onder die kragtige leiding van die Heilige Gees kan ons in die lig lewe. 

Maar nou is die vraag:  Doen ons dit?

Is ons gewillig en bereid om deur God se Gees vernuwe te word?

Is ons nie dalk so seker van ons eie saak  dat ons in die proses besig is om die Heilige Gees te bedroef  nie? 

As ek en jy dink dat die pad wat ons tot hier met ons eie lewe, of selfs   ook met die kerk saam geloop het, altyd nog net reg was, is ons besig met selfbedrog.  Die apostel Paulus sê nie sonder rede:  Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

 

SLOT

Broeders en susters.  Dit wat ons hier in die boek Amos lees, moet ons ongemaklik laat voel.  Dit moet ons pla. En dit kan ons selfs kwaad laat word.    Maar dit is belangrik dat ons dit hoor, want die Here wil hê dat  ons tot bekering sal kom. Hy wil hê ons moet ons vryheid in Christus    beleef deur ons verantwoordelikhede na te kom.

Ons het mos aan die begin gesê:  ʼn Gevangene is iemand sonder        verantwoordelikhede.  As ek en jy nie ons verantwoordelikhede in        Christus nakom nie, is ons mos nog gevangenes van ons eie sondes....

                                                                   AMEN

Sunday, 16 February 2014 17:52

Amos 2:11c My reaksie op God se genade?

SKRIFLESING: AMOS 2:6 – 16

TEKS: AMOS 2:11c

TEMA:  MY REAKSIE OP GOD SE GENADE?

 

Het u al  ʼn gevoel van verwerping ervaar?

Om deur iemand baie na aan jou verwerp te word, is van die heel moeilikste dinge wat oor jou pad kan kom.  Aanvanklik was daar  ʼn lewende verhouding van liefde en toegeneentheid. Jy het jou lewe met die betrokke persoon gedeel ..... en dan meteens,  wil hy of sy niks meer met jou te doen hê nie.  Dit voel of jou hart uitgeruk word.....

Iemand wat op  ʼn stadium ʼn  groot liefdesteleurstelling gehad het, sal sekerlik kan verduidelik hoe dit voel om so verwerp te word.

 ʼn Mens ontmoet hulle ook in ouetehuise. Ouers wie se kinders hulle daar kom aflaai het en dan bitter min kontak maak. Bejaarde mense wat hulle kinders met moeite en opoffering grootgemaak het en dan op hulle oudag deur hulle kinders verwerp word.   Dit is hartverskeurend om sulke mense se belewenis van verwerping te aanskou.

Die Here stuur Amos as profeet om hulle te vertel hoe Hy oor hulle as sy verbondsvolk se optrede voel.

Die Here het immers  ʼn lang pad met die volk Israel geloop. Hy het met hulle  ʼn verbond,  ʼn ooreenkoms, gesluit.  Daar was  ʼn lewende verhouding tussen die Here en sy volk....  Maar nou is daar  ʼn probleem...... 

Sewe keer moes Amos oordeel aankondig.  Ses heidense volke moes een na die ander hoor dat die Here se oordeel hulle gaan tref.  En dan kom selfs Juda aan die beurt.....  Israel se broers in die Suide.  Hulle hoor ook  ʼn oordeelsaankondiging .... Sewe keer oordeel -  Die volheidsgetal!  Is God se volledige oordeel nou uitgepreek?

Amos se profetestem klink weer helder.  Die agtste keer!  God se oordeelsbeker loop oor.  Israel wat gedink het hulle is reg. Hulle wat gedink het hulle dien die Here..... Hulle gaan ook deur God se oordeel getref word.  

Opvallend. Die vorige sewe keer word telkens net een sonde, die vierde sonde, van die bepaalde volk uitgelig en dan volg die Here se oordeelsaankondiging.   So is dit ook wat Juda betref. 

Maar nou is dit Israel wat aan die beurt kom..... En hier word nie van  ʼn vierde sonde gepraat nie.. nee, nou is dit sondes.... meervoud!

Israel wat die Here se genade geken het. Hulle wat sy liefde in oorvloed ervaar het........  Hulle is vol sonde... dit gaan by hulle erger as by die heidene!             Dit  is oos  ʼn klap in die Here se gesig!

Die Here wys deur sy profeet op al die seëninge wat die volk ontvang het.   Hulle het dit immers ervaar.......

1.  DIE HERE GEE SY OORVLOEDIGE SEËN.

Hoor hoe praat Hy: 

·         Ek het die Amoriete ... uitgeroei om vir julle plek te maak, Israeliete .....

·         Ek het julle uit Egipte laat trek......

·         Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei........

·         Ek het julle die land van die Amoriete  in besit laat neem....

·         Ek het julle seuns as profete laat optree en julle jongmanne as nasireërs.

Alles genade...  Die Here het alles vir sy volk gedoen. Hy het hulle oorlaai met liefde.

En dan die vraag waarin  ʼn mens die feit in die Here se stem kan hoor:

Is dit nie so nie Israeliete?

Niemand kon dit ontken nie. Almal het dit geweet.

Net soos ons vandag ook nie kan ontken dat ons die Here se genade, liefde en troue sorg ervaar nie.  Ons is in en deur ons Here Jesus Christus verlos uit die mag van die sonde, die satan en die dood. Ons het die nuwe lewe, die ewige lewe net uit genade ontvang.

Vanoggend se nagmaal was weereens die duidelike bevestiging dat ons aan die verlossing Christus en die ewige lewe deel het.

Die Here vra vanoggend vir ons wat deel is van sy verbondsvolk:

Is dit nie so nie?   Is dit nie so dat julle genade op genade ontvang het nie?

Maar kom ons keer terug na ou Israel.  As  ʼn mens deur die Ou Testament lees kan jy nie anders nie as om diep in jou hart aangegryp te word oor die hoeveelheid genade wat die Here aan Israel betoon het.  Van geslag tot geslag, oor dekades, oor eeue was die Here getrou in sy liefde......

2.  WAAROM WORD HY DAN VERWERP

Om een of ander onverklaarbare rede het die volk, in weerwil van die Here se volgehoue genade, liefde, ontferming en toegewyde versorging begin om daardie liefdesband te ruk en dit heeltemal los te skeur.  

Israel het geestelike owerspel gepleeg. Hulle het al hulle tyd en energie toegewy aan ander sake, persone, instellings, voorwerpe en lewenstyle ... ja, skynbaar aan alles...., behalwe aan die Here..  Hulle het Hom die enigste ware God verloën ..... Hulle het Hom verwerp!

En dan Kom die Here se stem:

So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg.....

En dan begin die lys:

Julle verkoop die onskuldiges....

Julle trap die swakkes se koppe plat.....

Pa en seun slaap by dieselfde diensmeisie.....

Julle strek julle by die altaar uit op klere wat as pand gevat is...

Julle drink wyn wat by die armes gesteel is.......

Israel se sondes is  ʼn klad op die Here se naam. Hulle dink hulle is besig om Hom te dien, maar hulle godsdiens is  ʼn openlike misbruik...... Dit is  ʼn vertrapping van die swakkes en die armes. Dit gaan vir hulle net oor hulle eie begeertes..... daarom sê die Here:

.....julle doen my heilige Naam oneer aan.

As ek en jy, wat soveel genade en liefde van die Here ontvang het, nog steeds met sonde in ons lewe voortgaan, sleep ons die Here se heilige Naam deur die modder. Ja, ons tas sy eer aan!

Daarom moet ons verwag dat die Here sal reageer....

3.  HOE LYK DIE HERE SE REAKSIE?

Omdat die volk Israel die Here se profete belet het om die Here se woord te bring en omdat hulle die nasireërs, manne wat in volle toewyding aan die Here moes leef, laat wyn drink het, laat die Here hulle vasval, soos  ʼn wa wat oorlaai is....

Die Here laat toe dat hulle sonde hulle platdruk, hulle oorweldig.....

Maar kom ons vra op die stadium  ʼn belangrike vraag:

Hoe dink u, broeder en suster, is daar  ʼn verskil tussen  ongelowiges en gelowiges se sonde.........? 

Of kom ons stel die vraag so: 

Dink u daar is  ʼn verskil in die Here se reaksie op  ʼn gelowige wat sondig en  ʼn ongelowige wat presies dieselfde sonde doen?

Die sonde is dieselfde...... Dit is teen God se wil, maak nie saak wie dit doen nie!  Die straf is dieselfde.....  Die ewige dood.

Die verskil, broeder en suster, kom egter by die persoon.  Een is God se kind, die ander een nie. 

Sonde is sonde. Maar as God se kind, wat sy/haar hele bestaan aan Hom alleen te danke het, en wat voluit sy liefde geniet en sy genade beleef, sonde doen, is dit soos  ʼn dolksteek in God se hart........  Dit is om jou hemelse Vader wat nog net liefde aan jou bewys het, te verwerp.....  Hom in die gesig te spoeg!

Die Here het na Israel se optrede gekyk en gesê:

Hoe kon julle?  Hoe kon julle dit aan my doen? ...........  Ek wat julle so met liefde oorlaai het?

Dit is wat God ervaar as sy kinders aanhou met sonde..... Verwerping!

En nou moet ons vandag baie goed nadink, broeder en suster. 

Vanoggend se nagmaal het ons opnuut gewys en verseker van al die liefde wat ons sonder enige verdienste in Christus ontvang het.  Ons is  weereens verseker van ons nuwe lewe onder leiding van die Heilige Gees.

Die vraag is:  Hoe loop ons die pad van hier af verder?

Hoe ernstig is ons oor die Here?

Hoe belangrik is ons verhouding met Hom regtig vir ons? 

Het ons Hom bo alles lief? Is ons in die ware sin van die woord bereid om Hom voluit te vertrou? Glo ons wat Hy in sy woord aan belowe?

Verstaan u die Here se liefde?

Die Here se liefde is  ʼn kragtige liefde. Hy het ons lief met  ʼn passie, met oorgawe.  Soveel so dat Hy in die Persoon van die Seun sy hemelse woning verlaat het en hier op aarde  ʼn mens kom word het.  En hier het Hy in ons sonde en ellende kom instap ... om ons te verlos!

Hy het in verwerping kom instap.....

 Totale verwerping deur die volk wat God uitgekies het om sy naam te dra. Verwerping en veragting deur mense wat God se liefde en genade in oorvloed ontvang het. Hy is letterlik in die gesig gespoeg!  Hy is aan die heidene oorgegee om gekruisig te word.

Maar Hy het oorwin!  Hy het die sonde se mag verbreek, die satan se kop vermorsel en uit die dood opgestaan.....

In Christus kan ons met oorgawe toegewyd aan God lewe. Die apostel Paulus sê ons is saam met Christus meer as oorwinnaars.

 

 

SLOT

Vandag is ons aan die nagmaal opnuut versterk om onder leiding van die Heilige Gees die pad saam met Christus te kan loop.

Is u gewillig om die pad te loop?

Op  ʼn stadium het die Here Jesus uitgeroep:

Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak soos  ʼn hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie!

Wil ons? 

Wil ons die Here vertrou?

Wil ons Hom met oorgawe dien?

Dink aan jou beursie – jou uitgawes – wat kom eerste?

Dink aan jou tydsbesteding – wie kry jou beste tyd?

Dink aan jou verhoudings – is dit mense wat jou help om jou verhouding met die Here te bou?

Kan jou kollegas, vriende klasmaats sien, kan hulle getuig dat jy die Here Jesus bo alles liefhet?

Die liefde wat God in en deur ons Here Jesus Christus aan ons bewys het, kyk ons vandag vierkantig in die oë ….

Is u reg vir die nuwe week?

                                                         AMEN

SKRIFLESING: AMOS 1:1 – 2

TEKS: AMOS 1:1 – 2

GOD KIES DIE NEDERIGES OM DIE VERNAMES TE BESKAAM

 

Toe Samuel destyds een van Isai se seuns as koning moes salf, soek hy die toekomstige koning onder die grotes die met die sterk persoonlikhede. Die een of twee wat Samuel kies, was toe nie die een wat God kies nie.  Dawid die jongste, wat in die veld skape opgepas het, wat nie eers werd geag is om by die offergeleentheid teenwoordig te wees nie, dit is op die ou end vir hom wat die Here koning maak.  

En wanneer Israel se leërmag op  ʼn stadium deur die Filistyne verneder word, is dit weer hierdie jong en onwaarskynlike Dawid wat die reuse Goliat verslaan. Die nietige skaapwagtertjie doen wat almal te bang was om te doen en hy laat uiteindelik die hele Filistynse leërmag op die vlug slaan.

Nou praat ons nie vanoggend eintlik oor Dawid nie. Ons praat oor die Here wat nie in die eerste plek met vernames en hooggeplaastes werk nie. Hy werk dikwels met diegene wat onbelangrik in die oë van die wêreld is.

Kyk maar net wat gebeur toe die Here Jesus sy dissipels roep. Hy gaan soek hy nie manne onder die Skrifgeleerdes en Fariseërs nie - Nee Hy roep vissermanne - ongeleerd, bruingebrand, met eelte op hulle hande.

Verstaan u?   Die Here werk  totaal anders as wat ons mense dink.

God kies die nederiges, die eenvoudiges om die vernames te beskaam.

En juis dit maak elkeen van ons as gelowige so totaal anders, so baie spesiaal.  Ons is instrumente in God se hand.

Kyk  ook maar na die profeet Amos.  In sy geval is dit dieselfde storie.

 

 

1.  GOD ROEP GEWONE MENSE

As  ek en jy destyds, ongeveer in die jare 780 tot 750 vC,  iemand moes kies om as profeet op te tree, sou ons nie maklik vir Amos gekies het nie.  Hy word aan ons voorgestel as  ʼn skaapboer. Dit is egter meer waarskynlik dat hy maar net  ʼn gewone skaapherder was. Iemand wat in die veld skape opgepas het. Beslis nie iemand met  hoë aansien nie. Boonop was hy nie in een of ander profeteskool waar hy opleiding kon ontvang nie. Hy het uit die omgewing van Tekoa, so 12 km suid van Jerusalem gekom,   ʼn soort militêre vesting van Romeinse soldate.

Amos was eintlik maar  ʼn gewone plaasarbeider. Maar juis dit, sy nederige afkoms,  het hom uiters geskik gemaak om God se instrument te wees.  Omdat hy hyself  geen aansien, geleerdheid of  ʼn charismatiese persoonlikheid gehad nie, kon hyself nie mense se bewondering ontlok nie.  Hy was maar net  ʼn nederige dienskneg van die Here.  Die mense moes die Here raaksien!

Broeder en suster. Die Here werk vandag nog net so.

Hy gebruik gewone mense in sy diens.

Luister na die apostel Paulus as hy aan die Korintiërs skryf:

..... wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis was, ja wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. (1 Kor.1:27 -29)

Julle jongmense wat vanoggend julle geloof hier openlik wil bely, julle is ook, net soos ons ander, maar gewone mense wat deur God geroep is. Hy wil elkeen van julle vir dienswerk in sy koninkryk gebruik.  Sy opdrag, aan ons as almal sy dissipels, is dat ons oral en altyd vir Hom getuies moet wees.

Dit is natuurlik baie maklik om te sê ons moet getuies wees, maar hoe moet ons as dissipels getuig? Ja, hoe moet ons as gelowiges profete wees?   Onthou

 

2.  PROFETE PRAAT MET GOD SE STEM

Luister na Amos!                     

Wanneer die Here uit Sion brul, wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor, verdor die weivelde van die herders en verdroog die top van Karmelberg.

Sien u wat gebeur?  Amos praat nie self nie, hy laat die Here praat!

En as die Here praat, dan het dit dieselfde effek as ʼn leeu wat brul.

Wie van u was al naby  ʼn leeu wat brul?

Dit is een van die skrikwekkendste ervarings wat jy kan kry.  As  ʼn leeu brul, bewe die aarde. Alles verstar.  As die koning van die diere sy stem laat hoor, dwing dit respek en ontsag af.

Amos het natuurlik gereeld daar in die veld waar hy skape opgepas het, die brul van  ʼn leeu gehoor. Boonop het hy baie goed geweet hoe dramaties, vernietigend  ʼn leeuaanval kan wees.  

En nou sê Amos: God se stem kom uit Jerusalem soos  ʼn leeu wat brul. God se stem kom uit die sy woonplek, uit die tempel.  Daar waar hy in die midde van sy volk teenwoordig is.

Hoe praat God vandag? 

Hy praat nog uit Jerusalem, maar nou is dit die nuwe Jerusalem, die stad van God wat besig is om uit die hemel neer te daal. Dit is sy kerk.  Dit is ons die geestelike huis van God. Ons, die kerk, is die nuwe Jerusalem waaruit God se stem kom. 

Hoe klink daardie stem? 

In Hebreërs Hfst. 1 staan:

In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. (Heb. 1:1 & 2)

God praat deur die Seun en ons, die kerk, is die liggaam van Christus. Dit is ons taak om sy stem te laat hoor.  Dit is ons wat sy woord uitdra. En hoe klink sy stem vandag?

In Openb. 5:5 word die apostel Johannes voorgestel aan:

.... die Leeu uit die stam van Juda, die afstammeling van Dawid ... Hy wat die oorwinning behaal het.

Hierdie Leeu, hierdie nakomeling van Dawid, Hy praat nog steeds soos  ʼn leeu wat brul. Hy het immers alle mag in die hemel en op die aarde.  En omdat ons as kerk die liggaam van Christus is, is dit ons, broeders en susters, wat daardie brul oor die aarde moet laat hoor. Ons moet  God se stem in Christus onder leiding van die Heilige Gees uitbasuin!

Maar nou moet ons ook verstaan

3.  GOD SE STEM IS NIE ALTYD GEWILD NIE

Netsoos  ʼn Leeu wat brul  se stem enersyds skrikwekkend is, is sy stem andersyds dikwels onwelkom. Dit laat baie diere op die vlug slaan.  Dit is sy boodskap wat sê Hy is oppad!

Toe die Leeu uit die stam van Juda destyds sy stem in Jerusalem laat hoor, het dit die Skrifgeleerdes en die Fariseërs geïrriteer.  Hulle het elke keer as hulle Hom hoor praat   nuwe planne gemaak om Hom dood te maak. Uiteindelik het hulle Hom laat kruisig!

En hoe het Hy gelyk?  Hy was toe Hy op aarde was in mense se oë onbelangrik.

Die profeet Jesaja het eeue tevore  al geprofeteer:

Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na Hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van Hom sou hou nie.  Hy was verag en deur die mense verstoot,  ʼn man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai....

Al is Hy die Leeu, was Hy as mens nie  ʼn persoon van aansien nie. Hy was verag en verstoot. 

Maar ons weet mos: God werk anders!  

Hy gebruik nie diegene wat by die wêreld hoog in aansien is nie. As Hy aan die kruis hang, lyk Hy soos  ʼn lam wat geslag is.

Maar Hy is die Leeu!

Hy oorwin die dood en Hy vaar op na die hemel. Hy ontvang alle mag in die hemel en op die aarde.

Elkeen wat Hom verwerp en verag, word sy prooi. Hy verskeur elkeen wat nie saam met Hom loop nie en wat nie deel van sy koninkryk vorm nie.  Vir diegene wat Hom verwerp, word Hy  ʼn gevaar,  ʼn rots waarteen jy jou stamp.

Ons wat onder leiding van die Heilige Gees die pad saam van ware geloof saam met Hom loop, word ook oorwinnaars.  Ja, ek en jy word saam met Hom leeus.  Vit die leeutrop wat saam met die leier loop en hom hoor brul, is die brul  ʼn bemoediging en ook  ʼn aanmoediging. Die leeutrop word  ʼn gedugte kombinasie van krag en heerskappy. 

Daarom sê die Skrif  in soveel woorde dat ons vir ewig saam met Hom sal regeer (Openb. 20:6) 

As ek en jy openlik sê dat ons in die Here Jesus glo en ons geloof word duidelik in ons optrede, dan is ons leeus, saam met Hom die Leier van die trop - die Leeu uit die stam van Juda.  Dan ons oorwinnaars en dan kan niks ons van God se liefde skei nie. Dan kan ons in Christus ook brul, want dit is sy Woord wat ons uitdra, nie ons eie nie.

SLOT

Vandag bely julle openlik dat die Leeu uit die stam van Juda julle koning is. Julle bely saam met ons almal dat julle in Hom oorwinnaars is. Oorwinnaars oor die sonde, die satan en die dood.

Gaan lewe as oorwinnaars.  In Christus is julle leeus.  Laat hoor sy stem!

                                                                    Amen

SKRIFLESING: GEN. 15

TEKS:  GEN 15:6

TEMA:  AS JY GLO WAT GOD BELOWE, SAL JY LEWE

 

Broeder en suster.

Glo u altyd alles wat God belowe?  Glo u regtig met oorgawe? Of twyfel u ook maar soms of dit alles werklik waar is? 

Ek weet nie van u nie, maar soms voel dit vir my of my geloof nie sterk genoeg is nie.  Dit voel soms so asof ek nie die Here voluit vertrou soos ek  moet nie.

Waarom twyfel  ʼn mens so maklik?

Ons groot probleem, broeder en suster is dat ons nie alles kan sien nie.

Ons hoor God se beloftes, maar ons wil dit so graag sien..... en ons kan nie!

U onthou mos vir Tomas een van die Here Jesus se twaalf dissipels. Toe hy hoor die Here Jesus het uit die dood opgestaan, is sy reaksie: 

As ek nie die merke van die spykers aan sy hande sien nie ...  sal ek nooit glo nie. (Joh.20:25)

Maar, broeder en suster, geloof gaan juis oor  dinge wat ons nie kan sien nie.  In Heb. 11:1 kry ons mos  ʼn definisie van geloof:

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

In ons teksgedeelte vanoggend is dit duidelik dat Abram met hierdie dieselfde probleem geworstel het.   Hy wou, net soos Tomas,  sien en dan glo.

Die Here het destyds aan Abram   

1.   ʼn BELOFTE GEMAAK

Kom ons lees weer vers 1:

Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou!  Jou beloning sal baie groot wees

Letterlik vertaal:  

Moenie bang wees nie Abram, Ek is jou skild en jou groot beloning.

Dit is  ʼn wonderlike belofte, want net in die vorige hoofstuk lees ons hoe Abram oorlog gemaak het en seker so vyande gemaak het Hy was  sekerlik  ʼn bietjie onseker en bang.

En nou belowe die Here aan Abram dat Hy hom sal beskerm en dat Hy Homself vir Abram sal gee.  Hy sal Abram se God wees.

En Abrama kon daarvan getuig. Hy het die Here se leiding beleef. .    Maar daar kort iets......  

Toe hy uit Ur weggetrek het, het die Here vir hom gesê:  Ek sal jou  ʼn groot nasie maak (Gen. 12:2) en later toe hy in Kanaän aangekom het weer:  Aan jou nageslag gee Ek hierdie land. (Gen. 12:7)

Die Here het aan Abram  ʼn groot nageslag belowe, maar hy sien niks. 

Hy en Sara is al horingoud en hulle het nog nie  ʼn kind nie.   Abram kan glad nie sien dat die Here se beloftes waar word nie. 

 Daarom sê hy vir die Here:

U het nie vir my  ʼn nageslag gegee nie.  ʼn Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees(15:3).

Om  ʼn nageslag te hê, moes Abram en Sara  ʼn seun hê.  Hulle moes  ʼn erfgenaam hê.   Dan sou hulle nageslag in die beloofde land woon, maar nou is daar niks...... En hulle word al hoe ouer.

Maar dan neem die Here vir Abram buitentoe en sê: 

Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan ... so baie sal jou nageslag wees. (vers 5)

Dan gebeur iets merkwaardig.  Kyk wat staan in vers 6:

Abram het toe in die Here geglo. 

Nou wil  ʼn mens onmiddellik vra:  maar het hy dan nie voor hierdie punt in sy lewe geglo nie?   In Hebreërs staan dat hy al geglo het toe hy  uit Ur uit sy ouerhuis weggetrek het.

Waarom word hier in vers 6 dan gesê dat Abram toe in die Here geglo het?

Wat is hier dan nou anders?

In ons teksvers staan dat die Here dit goedgevind het dat Abram volgens sy wil gehandel het.  Direk vertaal staan hier: 

Die Here het Abram se geloof tot sy geregtigheid gereken.

Abram se geloof in die Here het hier  ʼn dieper vlak bereik.  Hy glo nou nie net meer in dat God bestaan nie. Hy glo ook nou dat sy hele toekoms veilig in God se hande is.

Hy glo dat die Here vir hom  ʼn seun as erfgenaam sal gee, maar hierdie nageslag gaan ook oor veel meer as die seun Isak wat gebore sou word. 

In Gal 3:16 staan:

God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. En dan gaan Paulus verder en sê: 

Daar staan nie nakomelinge, meer as een nie, maar “en aan jou nakomeling” net een , en hierdie nakomeling is Christus

Die belofte wat Abram geglo het, was dus dat die  Messias, die Here Jesus,  uit sy nageslag gebore sou word! 

Die Here werk juis met  ʼn nageslag.  

 ʼn Bietjie later in Gen. 17:7 sê die Here vir Abram:

Ek bring  ʼn verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is  ʼn blywende verbond:  Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.

In Rom. 8:16 17 lees ons:

Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename.  Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus.

God se nageslag trek saam in die Here Jesus Christus.

Sonder geloof in Jesus Christus is daar nie lewe nie, is daar nie  ʼn erfenis nie en het ons nie  ʼn toekoms nie.  Nie Abram nie, nie Paulus nie en ook nie ons nie.....

Ware geloof, geloof wat my en jou regverdig maak, is geloof in Jesus Christus.

Maar luister nou weer na Abram. Die twyfel wil-wil so deurskemer.   Hy vra:                       Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?

Die Here wil hê ons moet seker wees van die dinge wat ons hoop en oortuig van die dinge wat ons nie sien nie...

Daarom gee Hy vir Abram  ʼn opdrag gereed te maak vir  ʼn verbondsluiting. Hy die groot en almagtige God wil met Abram,  ʼn nietige, twyfelmoedige mens  ʼn verbond sluit.  Ja, Hy gaan met Abram  ʼn ooreenkoms aan.

3.   ʼn BELOFTE GEWAARBORG

Die belofte moes gewaarborg word.  Daar gaan  ʼn kontrak gesluit word. Die tegniese term vir verbondsluiting  destyds was om  ʼn verbond te sny.  Abram moes, soos die gebruik destyds in die Ooste was, sekere diere uit sy kraal gaan haal, hulle slag en in twee verdeel en dan die stukke  teenoor mekaar lê. 

Volgens gebruik moes die twee partye elkeen met  ʼn fakkel in die hand op die bloedpad tussen die verdeelde diere deurstap.  So het die twee partye dan belowe dat hulle die kontrak sou eerbiedig. Die een wat sy belofte verbreek, sou soos die diere in twee gesny word.

Abram het alles gereed gemaak en met sy fakkel in die hand vir die Here gewag.  Maar niks gebeur. Hy wag die hele dag. Later moes hy die aasvoëls wegjaag. Maar die Here daag nie op nie.....

Weer die twyfel...... Hy wag, later raak hy onrustig aan die slaap.  Hier staan:   ..... angs,  ʼn groot donkerte het hom oorweldig.

Maar dan skrik Abram wakker en hy sien:

.... daar gaan  ʼn oond wat rook en  ʼn fakkel wat brand tussen die stukke vleis deur.

 ʼn Fakkel gee lig. Dit is wat God belowe. Hy is die lig vir die wêreld.  Dit is mos hoe die Here Jesus Homself ook kom bekendstel het.  En die rokende oond?  Dit is die smeltkroes. Dit dui op God se oordeel.

God gee lig in die donker, maar as jy Hom verwerp en sy kontrak met jou verbreek, kom die oordeel.

Maar nou is daar tog nog iets wat pla. God teken hierdie kontrak alleen. Dit is dus  ʼn eensydige kontrak. Geen prokureer sal so kontrak opstel nie en geen hof sal dit so aanvaar nie.

Is dit dan nog 'n geldige verbond?   Geen prokureur sal so 'n kontrak reël nie en geen hof sal dit as geldig aanvaar nie.  As daar twee partye is, dan moet twee partye dit onderteken!  Was hierdie 'n geldige kontrak?

Wat hier gebeur raak ons elkeen in ons wese.  Dit wat Abram hier beleef het is  ʼn uitbeelding van God se genadepad in ons elkeen se lewe.  Die wonderlike nuus, die blye boodskap, die evangelie is:  GOD STAP DIE BLOEDPAD ALLEEN...... 

Sê nou Abram het ook met sy fakkel saamgestap.  Dan kon  hy met  ʼn eed belower: Here, ek sal U dien, ek sal getrou wees, ek sal U tot in die fynste besonderhede van my lewe vertrou , ek sal nooit steel nie, ek sal nooit lieg nie, ek sal   .....  En as ek die kontrak verbreek, sal met my gebeur wat met hierdie diere gebeur het!  Sê nou net Abram het dit gedoen....  U onthou mos die geskiedenis.  Nie lank hierna nie gebeur by koning Abimelek (Hfst 20) presies dieselfde wat volgens Hfst. 12 in Egipte gebeur het:  Abram, die geloofsheld bly maar die klein mensie met sy sonde voor God!   Soos in Egipte lieg hy oor  die feit dat Sara sy vrou is. Om homself te probeer beskerm, sê hy: Dis NIE my vrou nie!

Verstaan u wat sou gebeur? As Abram wel saam met God die verbond gesluit en tussen die stukke vleis deurgeloop het, sou hy baie kort daarna sy kant van die kontrak verbreek het.  En dan was die verbond tot niet!   God het dit geweet!  En juis omdat Hy  nie in sy plan met Abram en sy nageslag risiko’s wou loop nie, het Hy alleen die pad geloop.  Sien u?  God beskerm vir Abram en ook vir ons elkeen teen onsself.  

Geliefdes. Dit is die Goeie Nuus!  Dis die Evangelie!  'n Ketting is net so sterk soos die swakste skakel.  As die ketting wat my aan God bind onder andere moes bestaan uit skakels van my pogings van geloof, bekering,  gebed, gehoorsaamheid en my goeie werke, sou ek nooit seker kon wees nie. Die ketting sou aanmekaar breek!  Dit is ook die rede baie onsekerheid in my geloof. Ons worstel mos maar:   Ag, ek weet nie, ek doen dan nog so baie sonde, my geloof is so swak, ek twyfel nog so baie, ek bid so min, ek, ek, ek!!   Op die manier kry jy NOOIT sekerheid nie!  Ja, as die brug oor die kloof tussen God en die mens op twee pilare sou staan: God en die mens, dan het alles al lankal ineengestort!

Maar God neem nie risiko's nie.    Ook nie  die dag toe Hy op Golgota die finale kontrak opgestel het nie!  Toe was die mens ook maar net toeskouer.  Toe het God weer alleen die bloedpad geloop!  Daar het Hy vir ewig die verbond met Abram vasgemaak!   So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun gegee het ....

Die sekerheid van my verlossing lê nie in myself of in iets wat ek kan en moet doen nie.   Nee, dit lê vas en veilig geanker in dit wat God alleen gedoen het!

En weet u waar word dit so wonderlik bevestig?  As ons die dag gedoop word!  Daarom kan ons maar ons babas doop.  God hoef nie te wag totdat ons 'n menslike teenprestasie kan lewer nie.  Dan sal Hy in elk geval tevergeefs wag!   Al die nimmereindigende argumente oor groot of klein doop mis die hele punt.  Want dit maak nie saak hoe oud jy is nie.  Jy word altyd as hulpelose baba gedoop - al is jy 50 jaar oud!!

Maar nou kom vra die mens weer: Moet ek dan niks doen nie?  Kan ek nou maar aangaan soos ek wil?  Nooit glo nie en my nooit bekeer nie en nooit groei in heiligmaking nie en dan maar eendag ontdek: Haai ek is ook in die hemel!   En dan daarby  ook die alewige redenasie oor die mens se aandeel in sy verlossing.   Is dit nou 50/50 of is dit 100/100?   Daarvan moet u asseblief vergeet!

SLOT

Luister na die goeie nuus van God se genade.  Hoor mooi dat God vir jou sê:  Ek het ALLES vir jou gedoen!  Jy kan NIKS doen nie!!   As jy dit ontdek het, dan het daar klaar iets met jou gebeur!   God het dit laat gebeur!!   Dan kan jy nie meer wees wat jy was nie!  Dan is jy 'n nuwe mens, deur God se Gees nuutgemaak!! Dan lewe jy met nuwe oë wat God sien en  ʼn nuwe hart op Hom gerig.          AMEN

SKRIFLESING: SAGARIA 4 EN 1 PETRUS 2:4 – 10

TEKS: SAGARAIA 4:10a

TEMA:  MY BIETJIE WORD BAIE IN GOD SE HAND

 

Hoe lyk die pad van die nuwe jaar wat voorlê?  Sien u kans vir alles wat  dit kan inhou of is u dalk so  ʼn bietjie huiwerig?

Twee mense kan na  presies dieselfde  pad teen  ʼn berg op kyk.

·         Die een sal die stuk pad as  ʼn lekker uitdaging sien.

·         Die ander een sal dit as  ʼn groot en soort van onoorkombare probleem beskou.

Die profeet Sagaria het die Here se woord aan die klompie Judeërs wat uit ballingskap teruggekeer het gebring.  Hulle was besig om hulle stad Jerusalem,  wat  ongeveer  ʼn eeu tevore deur die Babiloniërs verwoes is, weer op te bou. Hulle het redelik goed gevorder en was al met die heropbou van die tempel besig, maar dan kom alles tot stilstand. 

Goewerneur Serubbabel voor  ʼn krisis te staan.  Hierdie ding lê soos  ʼn berg voor hom. 

Die mense wat met die bouwerk aan die tempel besig was, het opgehou met werk. Hulle het hulle hamers en beitels neergesit.  Wat was die probleem?

Daar was van die ouer mense, wat die vorige tempel van Salomo geken het wat so op  ʼn afstand met gevoude arms gestaan het. Hulle het gepraat, die bouwerk beskou en hulle koppe geskud. Hulle opmerkings was iets soos:  Hierdie tempel is pateties  in vergelyking met die pragstuk van Salomo wat hier gestaan het toe ons jonk was.  Hierdie gebou......  Dit is te klein.  Wie kan trots wees op so iets?....

 

Hierdie benadering, broeders en susters, is eintlik so tipies van  

 

 

1. DIE MODERNE SIENING

Kyk net na die samelewing rondom u.  Die moderne mens dink mos alles wat groter is, moet noodwendig ook beter  wees.   Groter huise. Groter motors. Groter geboue. Groter skole en groter sportbyeenkomste.   Groter boerderye met groter implemente.  Alles moet net groter......  en beter.   Dit is die soort dinge waaraan ons werk.

En dit gebeur ook met mense se siening van die kerk. Die kerk wat groot skares mense trek, lyk vir die moderne mens na die regte kerk.  Daar word glad nie meer gevra:  Word die suiwer leer daar verkondig? nie, maar eerder: Hoeveel mense daag by die byeenkomste op?  

Byna soos  ʼn trop skape loop die moderne mens agter die groot en opspraakwekkende aan.   En hulle ervaar by sulke byeenkomste sogenaamd die werking van die Gees met mense wat flou neerval of aan die bewe gaan.  En dan is daar die sogenaamde wonderbaarlike genesingswonders....   Dit terwyl die meeste van die soort opspraakwekkende gebeurtenisse bloot net op toneelspel en oëverblindery neerkom.

Die moderne mens vra nie: Hoe diensbaar is die lidmate? van die betrokke kerk nie  Hulle vra nie of daar werklik gemeenskap van die gelowiges ervaar word nie. Nee hulle staar hulle blind teen  ʼn indrukwekkende gebou en  ʼn prediker wat net so wel  ʼn goeie Hollywood akteur kon wees.

Die mens, dikwels ook mense wat hulleself christene noem,  is maar redelik skaam vir die kleine en nederige.  In die mens se oë moet alles groot, opspraakwekkend en indrukwekkend wees.

Die hartseer feit is egter dat in so  ʼn lewensklimaat, waar alles groot moet wees,  word die hart van die evangelie maklik oor die hoof gesien.  Die evangelie  van Jesus Christus is immers alles behalwe groot en indrukwekkend..... 

Daarom sê iemand soos die apostel Paulus as hy oor sy dienswerk praat:   Ek skaam my nie vir die evangelie nie ....... al is dit  ʼn aanstoot vir die Jode en al is dit onsin in die oë van die Grieke.

Kleiner is in die oë van die wêreld swakker en daarom onbeduidend, maar broeder en suster, dit is juis

2. GOD SE WERKSWYSE

Hy werk anders.  Hy sê deur sy profeet aan  ʼn moedelose goewerneur Serubbabel:

Moenie die dag van klein dingetjies verag nie.   En verder:

Selfs die grootste berg sal voor Serubbabel  ʼn gelykte word.

God werk juis met die kleine. Daar waar die mens dink dit beteken niks..... daar word God se krag geopenbaar.

Dink mooi. Wanneer God sy volk begin bou, doen Hy dit met een man Abraham uit Ur. Boonop is Abraham en sy vrou vir baie jare kinderloos!  

Later wanneer God sy volk Israel uit die hand van hulle vyande verlos, doen Hy dit met  ʼn Gideonsbende.  Op  ʼn ander keer werk Hy met  ʼn jong seun met  ʼn slingervel...... en die  groot en indrukwekkende reus Goliat met sy swaar en gevaarlike wapens slaan dood neer.

En wanneer God self na die aarde kom, doen Hy dit nie op  ʼn opspraakwekkende manier in een of ander hoofstad van die wêreld nie. Nee in  ʼn klein nederige dorpie Betlehem .... en in  ʼn stal... daar word die Christus gebore.  En die eerste mense wat kom om Hom te aanbid is eenvoudige herders uit die veld.

Toe Jesus begin werk, praat Hy van geloof so groot soos  ʼn mosterdsaadjie en van liefde in die vorm van  ʼn beker koue water. Hy hoor ook die nederige gebed daar uit die binnekamer. Nie die lang indrukwekkende een op die straathoek nie.   En as Hy na mense se offervaardigheid kyk, roep hy nie sy dissipels na die skatkis by die tempel om te kyk hoe baie geld die rykes daar ingooi nie. Nee! Hy wys vir hulle die arm weduwee met haar twee klein geldstukkies......

 Ja, broeder en suster , God hou van die kleine en selfs die onaansienlike.........

 

 

3. ONS MOENIE DIE KLEIN DINGETJIES GERINGSKAT NIE

Ons kyk so maklik verby God se werk. Ons wil hê Hy moet ook groot en dramatiese dinge doen, maar Hy werk anders.

 

Hy werk sagkens  in mense se harte deur sy Gees.  Dit bring skynbaar klein veranderings in gewone mense se lewens, maar uiteindelik lewer dit groot resultate.

Sagaria het in die gesig wat hy gesien het  ʼn  kandelaar met sy oliekan gesien. En hierdie oliekan is deur twee olyfbome met olie voorsien. In sy verklaring sê die engel vir Sagaria dat die kandelaar die Here se tempel voorstel en die twee olyfbome die Here se twee gesalfdes naamlik die goewerneur Serubbabel en die priester Jesua.

Die olie wat van die twee olyfbome na die kandelaar loop, is die Heilige Gees van God.  Daarom hoor Serubbabel:  Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees sê die Here die Almagtige.

God se gesalfdes lewe nie met groot krag en baie mag nie. Hy stuur sy Gees om rustig in hulle harte te werk. Hy verwyder die hart van klip en gee  ʼn hart van vlees.  En hierdie nuwe hart is  ʼn hart vol liefde en diensbaarheid.   ʼn Klein dingetjie met groot gevolge vir God se koninkryk.

SLOT

Broeder en suster.  In Christus word ons elkeen  ʼn gesalfde in God se tempel.  Ons word gevoed deur sy Gees sodat ons in sy koninkryk kan leef.  

En  dan......., in en deur ons Here Jesus Christus, pak ons die nuwe jaar.  Dan word die jaar wat soos  ʼn berg voor ons lê  ʼn gelykte, want ons werk onder leiding van God se Gees.  Dan soek ons sy wil en in nederigheid en gehoorsaamheid ag ons ander mense hoër as onsself.  En met sy liefde in ons harte en buk ons af na die kleine en gee ons aandag aan die onaansienlike. Ons word waarlik diensbaar.

Ja, dan ag ons nie die klein dingetjies as te gering nie, want ons sing saam met Dawid:

Met my God loop en  ʼn oormag storm en met Hom spring en oor  ʼn muur!

                                                                  AMEN.

NAGMAAL

SKRIFLESING: JES. 54:1 – 8

TEKS:  JES. 54:2 & 3

TEMA: VERWAG BAIE VAN GOD - VERMAG BAIE VIR GOD  

 

Koning Dawid sing in Psalm 18:

 

Met u hulp loop ek  ʼn oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie  (Ps. 18:30)

 

En die apostel Paulus het op  ʼn stadium gesê:

 

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee              (Fil. 4:13)

 

Hoe dink u, broeder en suster, wat kan u alles doen as die Here u die krag gee?  Dink u soos Dawid en Paulus..............?

 

Miskien  dink u vandag  soos die volk Israel toe hulle in ballingskap was? 

           

Hulle het verstote en verlate gevoel. Hulle het so by hulleself gedink:  Wat is ons werd?  Wat kan ons regkry?  Ons is so min en ons land is verwoes en ons stad Jerusalem is verwoes

 

Onder leiding van die Heilige Gees gebruik Jesaja hier  ʼn bepaalde beeld om die volk te beskryf. Hy sê Israel is soos ʼn kinderlose weduwee.  Sonder hoop.....

Sonder krag.....

Sonder toekoms...... 

Wat is die beeld wat ons vandag van die kerk het?  Soos  ʼn kinderlose weduwee?  Getalle wat daal...... Mense wat kerklos raak?

 

Maar luister wat sê die Here aan sy volk in ballingskap: 

Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wêreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan meer kinders hê as een wat getroud is, sê die Here.

 

Hoeveel hartseer en moedeloosheid en hopeloosheid gaan nie met kinderloosheid gepaard nie. Destyds in ou Israel was dit nog erger, want  ʼn kinderlose vrou was destyds tot  ʼn groot mate verstoot en geminag.  As sy boonop  ʼn weduwee word, het sy geen hoop gehad nie.

 

Maar, sê die Here.  Israel, julle wat in ballingskap soos  ʼn kinderlose weduwee voel,  julle moet

 

1. JUBEL EN JUIG!

 

Hoekom kan hulle jubel en juig?   Die Here gaan ingryp. Hy gaan alles verander!  Dink aan Abraham en Sara wat al oor die honderd  jaar oud was en nog geen kinders  nie.  Die Here maak  ʼn belofte van  ʼn groot nageslag..........  Dit het Sara laat lag!

 

Maar dan gebeur wat God belowe het.  Isak word gebore!  Nuwe lewe uit  ʼn vrugtelose en doodstoestand.

 

En hier doen die Here dit nou weer!  Nou is dit nie net een vrou nie.  Nou is dit die volk Israel, die bruid van die Here. Israel wat soos  ʼn kinderlose weduwee voel, gaan meer kinders hê as  ʼn vrou wat getroud is.....    Die Here belowe kragdadige groei en vrugbaarheid!   Maar op sy manier.... geestelike kinders deur die wedergeboorte......... Dit is wat Hy belowe!

 

En daarom sê Hy:

Maak groter die plek van jou tent, maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie.  Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in, want jy sal na alle kante toe uitbrei.."

God se volk moet verstaan

 

2. JY KAN GROOT DING VAN GOD VERWAG

 

Al is hulle maar min en al het hulle niks.   Al kom hulle druipstert uit ballingskap terug na  ʼn gehawende land en puinhoop vir  ʼn stad.......  Hulle kan groot dinge van God verwag!

 

Hoe is dit moontlik? 

 

Net in die vorige hoofstuk, hoofstuk 53, is die profesie oor die Man van smarte wat lyding geken het...  Israel se Verlosser is belowe.  Hy gaan die verskil maak.   Hy gaan sterf, maar ook weer uit die dood opstaan.  Hy gaan nuwe lewe bring.

 

Daarom moet die volk gereedmaak.  Hulle moet ruimte maak.  Hulle getalle gaan groei, want God gaan met hulle werk.  Hulle is die begin van God se nuwe toekoms.  Sy volk gaan na alle kante uitbrei ... oor die hele wêreld.

 

Daarom moet hulle nou reeds gereed maak, hulle tentdoeke wyer span, hulle tentlyne langer maak.  Hulle moet ruimte maak om te vermeerder, om te groei!  Mense gaan by hulle aansluit.......

 

Wat verwag ons van die Here, broeders en susters?  Verwag ons groot dinge van Hom?  Of ervaar ons  die lewe in die kerk ook maar redelik hopeloos......  sonder toekoms.  Lyk die kerk nie dalk vandag vir ons ook soos ʼn kinderlose weduwee nie? 

 

Die Here sê vir ons wat so maklik kragteloos, hopeloos en verstote kan voel:  Maak plek.... Ek gaan groot dinge doen!

 

Broeder en suster. Die Here wil hê ons moet groot dinge van Hom verwag.  Hy is mos almagtig!  Hy heers mos oor alles!  En sy kerk is sy eiendom, sy bruid.  Hy wil 'n nageslag hê.  Daarom gryp Hy in.      Daarom het Hy sy Seun gestuur......   

 

Vandag aan die Nagmaalstafel, sien en beleef ons dat Jesus Christus gekom het.   Ons, die kerk, is nie meer soos ʼn kinderlose weduwee nie.  Nee, Jesus Christus het die dood oorwin.  By Hom is daar lewe.......... By Hom is daar 'n toekoms! 

 

Ons  as gemeente het die afgelope jaar die Here se wil gesoek. Ons het gewerk om die vuur weer aan te blaas.  Ons het gebid en vir die Here gevra.  Wat verwag ons nou van Hom?  Glo ons dat iets in die gemeente sal gebeur?

 

Broeder en suster, sien u ook en ervaar u ook dat die Here besig is om iets te laat gebeur.  Voel u dit ook aan?  Stadig maar sekere het daar in hierdie gemeente   ʼn nuwe gesindheid  begin posvat.  Onder leiding van die Heilige Gees is daar al hoe meer bewyse van onderlinge liefde, eensgesindheid en ook   ʼn gevoel van opgewondenheid.  Die Here is aan die werk!

 

Daarom moet ons ruimte maak!  Ons moet ruimte maak in ons harte......   Ons moet ruimte skep deur ons diensbaarheid. 

 

Ons kan nou begin om

 

3  GROOT DINGE VIR GOD TE  VERMAG

 

Sien u dit ook?   Die Here bring mense op ons pad, mense wat soek, mense wat verlate voel, verstote en eensaam is.  Hierdie mense het nie  ʼn geestelike tuiste nie.  Hierdie mense dwaal rond.  Hulle is geestelike honger en dors. 

Kyk na hulle....

Kom ons gaan haal hulle en maak vir hulle plek.

 

Ons kan dit doen!  Soos Dawid en Paulus is niks vir ons te groot is nie ....  Ons is tot alles in staat.....

.

 

 

As jy groot dinge van God verwag, kan jy ook groot dinge vir Hom vermag!

 

Nou is die vraag:  Wat verwag ons van God?

 

  • Wat wil ons hê moet Hy in hierdie gemeente doen? 
  • Wat wil ons hê moet Hy in ons elkeen se lewe doen?

 

Wil u ook graag hê dat Hy u persoonlik diensbaar sal maak?

 

Wil u van harte diensbaar in sy gemeente wees? Op so  ʼn manier dat elkeen van ons, soos Hy dit wil hê,  sal saamwerk aan die uitbreiding van sy koninkryk? 

 

Broeder en suster as jy sê dat jy die Here dien, moet  jy as ledemaat van die liggaam van Christus saam met die res van die gemeente werk..............  Die liggaam werk mos as  ʼn eenheid!

 

En moenie te gou sê:  Ek kan nie...... 

Wat van Dawid? 

Wat van Paulus?  

 

Hulle het gesê:  Ons kan, want God is by ons!

 

Ons kan en moet dienswerk in die Here se koninkryk doen.  Ons kan soos Dawid en Paulus, want die Here is by ons.

 

Ons moet die plek vir ons tent groter maak. Ons moet die tentlyne langer maak en die tentpenne dieper inslaan, want die Here wil hê dat ons groot dinge vir Hom en sy koninkryk sal vermag.

 

Kyk broeder en suster, sien u  wat God besig is om te doen? 

Jubel en juig!      Hy gee lewe uit die dood........ 

 

SLOT

 

Vandag word ons aan die Nagmaalstafel gevoed  sodat ons onder die Heilige Gees se leiding vir die Here kan werk.

 

Wat verwag u van God?  Dit gaan bepaal wat u vir Hom sal vermag!                                                    

                                                                  AMEN.

NAGMAAL

SKRIFLESING: JES. 54:1 – 8

TEKS:  JES. 54:2 & 3

TEMA: VERWAG BAIE VAN GOD - VERMAG BAIE VIR GOD  

 

Koning Dawid sing in Psalm 18:

 

Met u hulp loop ek  ʼn oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie  (Ps. 18:30)

 

En die apostel Paulus het op  ʼn stadium gesê:

 

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee              (Fil. 4:13)

 

Hoe dink u, broeder en suster, wat kan u alles doen as die Here u die krag gee?  Dink u soos Dawid en Paulus..............?

 

Miskien  dink u vandag  soos die volk Israel toe hulle in ballingskap was? 

           

Hulle het verstote en verlate gevoel. Hulle het so by hulleself gedink:  Wat is ons werd?  Wat kan ons regkry?  Ons is so min en ons land is verwoes en ons stad Jerusalem is verwoes

 

Onder leiding van die Heilige Gees gebruik Jesaja hier  ʼn bepaalde beeld om die volk te beskryf. Hy sê Israel is soos ʼn kinderlose weduwee.  Sonder hoop.....

Sonder krag.....

Sonder toekoms...... 

Wat is die beeld wat ons vandag van die kerk het?  Soos  ʼn kinderlose weduwee?  Getalle wat daal...... Mense wat kerklos raak?

 

Maar luister wat sê die Here aan sy volk in ballingskap: 

Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wêreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan meer kinders hê as een wat getroud is, sê die Here.

 

Hoeveel hartseer en moedeloosheid en hopeloosheid gaan nie met kinderloosheid gepaard nie. Destyds in ou Israel was dit nog erger, want  ʼn kinderlose vrou was destyds tot  ʼn groot mate verstoot en geminag.  As sy boonop  ʼn weduwee word, het sy geen hoop gehad nie.

 

Maar, sê die Here.  Israel, julle wat in ballingskap soos  ʼn kinderlose weduwee voel,  julle moet

 

1. JUBEL EN JUIG!

 

Hoekom kan hulle jubel en juig?   Die Here gaan ingryp. Hy gaan alles verander!  Dink aan Abraham en Sara wat al oor die honderd  jaar oud was en nog geen kinders  nie.  Die Here maak  ʼn belofte van  ʼn groot nageslag..........  Dit het Sara laat lag!

 

Maar dan gebeur wat God belowe het.  Isak word gebore!  Nuwe lewe uit  ʼn vrugtelose en doodstoestand.

 

En hier doen die Here dit nou weer!  Nou is dit nie net een vrou nie.  Nou is dit die volk Israel, die bruid van die Here. Israel wat soos  ʼn kinderlose weduwee voel, gaan meer kinders hê as  ʼn vrou wat getroud is.....    Die Here belowe kragdadige groei en vrugbaarheid!   Maar op sy manier.... geestelike kinders deur die wedergeboorte......... Dit is wat Hy belowe!

 

En daarom sê Hy:

Maak groter die plek van jou tent, maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie.  Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in, want jy sal na alle kante toe uitbrei.."

God se volk moet verstaan

 

2. JY KAN GROOT DING VAN GOD VERWAG

 

Al is hulle maar min en al het hulle niks.   Al kom hulle druipstert uit ballingskap terug na  ʼn gehawende land en puinhoop vir  ʼn stad.......  Hulle kan groot dinge van God verwag!

 

Hoe is dit moontlik? 

 

Net in die vorige hoofstuk, hoofstuk 53, is die profesie oor die Man van smarte wat lyding geken het...  Israel se Verlosser is belowe.  Hy gaan die verskil maak.   Hy gaan sterf, maar ook weer uit die dood opstaan.  Hy gaan nuwe lewe bring.

 

Daarom moet die volk gereedmaak.  Hulle moet ruimte maak.  Hulle getalle gaan groei, want God gaan met hulle werk.  Hulle is die begin van God se nuwe toekoms.  Sy volk gaan na alle kante uitbrei ... oor die hele wêreld.

 

Daarom moet hulle nou reeds gereed maak, hulle tentdoeke wyer span, hulle tentlyne langer maak.  Hulle moet ruimte maak om te vermeerder, om te groei!  Mense gaan by hulle aansluit.......

 

Wat verwag ons van die Here, broeders en susters?  Verwag ons groot dinge van Hom?  Of ervaar ons  die lewe in die kerk ook maar redelik hopeloos......  sonder toekoms.  Lyk die kerk nie dalk vandag vir ons ook soos ʼn kinderlose weduwee nie? 

 

Die Here sê vir ons wat so maklik kragteloos, hopeloos en verstote kan voel:  Maak plek.... Ek gaan groot dinge doen!

 

Broeder en suster. Die Here wil hê ons moet groot dinge van Hom verwag.  Hy is mos almagtig!  Hy heers mos oor alles!  En sy kerk is sy eiendom, sy bruid.  Hy wil 'n nageslag hê.  Daarom gryp Hy in.      Daarom het Hy sy Seun gestuur......   

 

Vandag aan die Nagmaalstafel, sien en beleef ons dat Jesus Christus gekom het.   Ons, die kerk, is nie meer soos ʼn kinderlose weduwee nie.  Nee, Jesus Christus het die dood oorwin.  By Hom is daar lewe.......... By Hom is daar 'n toekoms! 

 

Ons  as gemeente het die afgelope jaar die Here se wil gesoek. Ons het gewerk om die vuur weer aan te blaas.  Ons het gebid en vir die Here gevra.  Wat verwag ons nou van Hom?  Glo ons dat iets in die gemeente sal gebeur?

 

Broeder en suster, sien u ook en ervaar u ook dat die Here besig is om iets te laat gebeur.  Voel u dit ook aan?  Stadig maar sekere het daar in hierdie gemeente   ʼn nuwe gesindheid  begin posvat.  Onder leiding van die Heilige Gees is daar al hoe meer bewyse van onderlinge liefde, eensgesindheid en ook   ʼn gevoel van opgewondenheid.  Die Here is aan die werk!

 

Daarom moet ons ruimte maak!  Ons moet ruimte maak in ons harte......   Ons moet ruimte skep deur ons diensbaarheid. 

 

Ons kan nou begin om

 

3  GROOT DINGE VIR GOD TE  VERMAG

 

Sien u dit ook?   Die Here bring mense op ons pad, mense wat soek, mense wat verlate voel, verstote en eensaam is.  Hierdie mense het nie  ʼn geestelike tuiste nie.  Hierdie mense dwaal rond.  Hulle is geestelike honger en dors. 

Kyk na hulle....

Kom ons gaan haal hulle en maak vir hulle plek.

 

Ons kan dit doen!  Soos Dawid en Paulus is niks vir ons te groot is nie ....  Ons is tot alles in staat.....

.

 

 

As jy groot dinge van God verwag, kan jy ook groot dinge vir Hom vermag!

 

Nou is die vraag:  Wat verwag ons van God?

 

  • Wat wil ons hê moet Hy in hierdie gemeente doen? 
  • Wat wil ons hê moet Hy in ons elkeen se lewe doen?

 

Wil u ook graag hê dat Hy u persoonlik diensbaar sal maak?

 

Wil u van harte diensbaar in sy gemeente wees? Op so  ʼn manier dat elkeen van ons, soos Hy dit wil hê,  sal saamwerk aan die uitbreiding van sy koninkryk? 

 

Broeder en suster as jy sê dat jy die Here dien, moet  jy as ledemaat van die liggaam van Christus saam met die res van die gemeente werk..............  Die liggaam werk mos as  ʼn eenheid!

 

En moenie te gou sê:  Ek kan nie...... 

Wat van Dawid? 

Wat van Paulus?  

 

Hulle het gesê:  Ons kan, want God is by ons!

 

Ons kan en moet dienswerk in die Here se koninkryk doen.  Ons kan soos Dawid en Paulus, want die Here is by ons.

 

Ons moet die plek vir ons tent groter maak. Ons moet die tentlyne langer maak en die tentpenne dieper inslaan, want die Here wil hê dat ons groot dinge vir Hom en sy koninkryk sal vermag.

 

Kyk broeder en suster, sien u  wat God besig is om te doen? 

Jubel en juig!      Hy gee lewe uit die dood........ 

 

SLOT

 

Vandag word ons aan die Nagmaalstafel gevoed  sodat ons onder die Heilige Gees se leiding vir die Here kan werk.

 

Wat verwag u van God?  Dit gaan bepaal wat u vir Hom sal vermag!                                                    

                                                                  AMEN.

Saturday, 16 November 2013 13:42

VERBONDSDOOP EN/OF BEKERINGSDOOD

 

 

 

 

VERBONDSDOOP EN/OF BEKERINGSDOOP

 

 

 

 

 

                             

Inhoud

 

1. Inleiding

 

2. Die doop is 'n sakrament

            2.1 Heidelbergse Kategismus Sondag 25

            2.2 Sakramente in die Ou Testament

            2.3 Sakramente in die Nuwe Testament

2.4 Sakramente is die bewys dat jy onder 'n bepaalde heerskappy staan (Dit gaan oor jou hartsgesindheid).

 

3. Die Doop is 'n teken en seël van God se belofte

            3.1 Dit is 'n teken

            3.2  Dit is 'n seël

            3.3  Van God se belofte

 

4. Die doop as verbondsteken

            4.1 God se verbond met Abraham (Gen. 17)

4.2 Die teken van die verbond is die besnydenis (Gen. 17:12 en 13)

4.3 Ons het ook deel aan God se verbond met Abraham (Gal 3:26 -29).

4.4. Die doop en die besnydenis is albei die teken van die verbond (Rom 4:7 – 11)

4.5 As ons gedoop is, is ons is ook besny!

(Kol 2:11 & 12)

 

5. Die doop is nie

5.1 Nie 'n bewys of bevestiging van iets wat jy as mens verstaan of glo nie (Belydenis van geloof)

5.2 Nie 'n bewys of bevestiging van my bekering nie (Wederdopers)

5.3 Nie een of ander mag wat geestelik in my werk nie (Rooms)

 

6. Die doop is wel

            6.1 'n Ooreenkoms of kontrak wat God met ons sluit

            6.2  'n kontak tussen twee partye

            6.3  'n kontrak waaraan 'n baba ook deel kan hê

 

7.  Slot

 

1.  INLEIDING

 

Dit maak 'n mens regtig hartseer dat die heilige doop wat tog veronderstel is om 'n simbool van samebinding en eenheid tussen Christene behoort te wees, een van die grootste verskilpunte geword het.  Ja, 'n punt van verwydering en selfs vervreemding.  Hierdie verskilpunt sny selfs deur families en gesinne en hoe tragies dat dit alles by 'n oop Bybel gebeur !  Dieselfde Bybel word op totaal verskillende maniere verstaan en verklaar...

 

Waar loop die standpunte uiteen? 

 

Dit gaan eerstens oor die regte gebruik van die Bybel.  Om in die Bybel koers te hou, moet die eenheid tussen die Ou- en Nuwe Testament gehandhaaf word. 'n Mens kan net die Bybel reg verstaan, as jy die openbaringseenheid van die Skrif handhaaf.  Om 'n paar los tekste, en dan nog boonop buite hulle verband, aan te haal om 'n standpunt te verdedig, is baie beslis onverantwoordelike Skrifgebruik.

 

In die tweede plek gaan dit oor die regte verstaan van die verbond.  Is daar 'n duidelike verbondslyn in die Skrif of nie?  Bestaan daar  ʼn ou- en nuwe verbond op so  ʼn wyse dat die oue heeltemal verval het en dat daar  ʼn totaal nuwe een in sy plek gekom het?  Is geloof net 'n saak wat God met 'n klomp los indiwidue aan het of bestaan daar vandag nog steeds iets soos God se verbondsvolk?

 

In die derde plek is dit belangrik om te vra:  Wie is die handelende persoon in die doop?  Is die doop 'n heilsdaad van God of 'n geloofsantwoord van die mens?

 

2. DIE DOOP IS 'N SAKRAMENT

 

2.1  Heidelbergse Kategismus Sondag 25

 

Vr. 66  Wat is sakramente?

 

Antw.  Sakramente is sigbare, heilige tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël.  Hierdie belofte is dat God ons vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk. (my beklemtoning D.dK)

 

2.2 Sakramente in die Ou Testament

 

In die Ou Testament is daar twee sakramente wat met God se volk en hulle verlossing te doen gehad het naamlik die besnydenis  as verbondsteken (Gen. 17:10 - 14) en die Pasga as verbondsmaal (Eks. 12:14).  Beide sakramente was “bloedig”.  Bloed moes vloei om te wys op God se straf op die sonde. Beide sakramente het die volk van God onderskei van die ongelowiges en heidene en hetvooruit geroep na Christus se verlossingswerk aan die kruis.

 

2.3 Sakramente in die Nuwe Testament

 

In die Nuwe Testament is daar ook twee sakramente wat met God se verbondsvolk en hulle verlossing te doen het naamlik die doop (verbondsteken) en die nagmaal (verbondsmaal).  In teenstelling met die verbondstekens van die Ou Testament wat bloedige tekens was, is die Nuwe Testamentiese sakramente onbloedige tekens, want ons Here Jesus het klaar sy bloed vir ons gestort (vgl. Heb. 9:12 - 14).  Hy het die straf (bloed en sterf) op ons sonde klaar gedra.  Die nuwe Testamentiese sakramente se tekens het met afwas (water) en met feesvier (brood en wyn) te doen.  Hierdie twee sakramente wys terug na Christus se verlossingswerk aan die kruis.

 

 

2.4 Sakramente is die bewys dat jy onder 'n bepaalde heerskappy staan.

 

In sowel die Ou- as Nuwe Testament is die sakramente die bewys en bevestiging dat die ontvangers daarvan onder die heerskappy van ons troue Verbondsgod staan.  Dit is immers sy merk (besnydenis en doop) en sy maaltyd (Pasga en Nagmaal). Alles gaan om ons Here Jesus Christus en sy verlossingswerk wat vir ons bedoel is.

 

 

 2.5 Die besnydenis is  ʼn teken en seël van God se belofte,

 

In Gen. 17:7 se die Here aan Abram:  Ek bring  ʼn verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslagen al hulle geslagte.  Dit is  ʼn blywende verbond:  Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. Hier is God se belofte!   In Gen. 17:11 sê die Here: Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle (my beklemtonings  D.dK). 

 

Die uiterlike teken bewerkstellig op geen manier die redding vir die Israeliete nie.    Die verbondsteken (besnydenis) roep om geloof! God soek hulle harte. (Terloops, dit is op presies dieselfde manier wat die doop om geloof roep)

 

In Deut. 10:16 (53 vert.) sê Moses aan die Israeliete:  Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.

En in Deut. 30:6 (53 vert.) En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe (my beklemtoning D.dK).

 

In Jer. 4:4 (53 vert.) staan: Besny julle vir die Here en verwyder die onbesnedenheid van julle hart...

 

God se verbond (ooreenkoms) beteken dus prakties:

 

  • God se belofte van heil word waar vir hulle wat God se beloftes in die geloof omhels.
  • God se belofte van wraak word waar vir hulle wat God se beloftes in ongeloof verwerp.

(Lees gerus Deut. 28 in die verband).

 

3. DIE DOOP IS 'N TEKEN EN SEËL VAN GOD SE BELOFTE

           

3.1 Dit is 'n teken

Hier kan 'n mens aan 'n teken soos bv. 'n padteken (stopteken) dink.  Daardie rooi bord met wit letters op is nie die stop nie.  Dit is net die teken.  Dit wat jy doen as jy die teken sien dit is die stop!  Net so is die doop slegs  ʼn teken wat jou vertel van God se belofte.  Wat jy moet doen, wanneer jy die teken sien, is GLO!

           

3.2  Dit is 'n seël

Dit is soos 'n waarborg wat jy kry as jy  ʼn produk koop. Die waarborg bevestig die egtheid van 'n produk, en daarmee saam gaan gewoonlik ook die verbintenis tot onderhoud en diens.  Die doop is die seël of te wel die waarborg van die egtheid van God se belofte. As jy hierdie belofte met  ʼn ware die geloof vasgryp, waarborg dit jou redding!

              

3.3   God se belofte

Die doop gaan volledig oor God se belofte.  Hier kan 'n mens die voorbeeld van 'n tjek gebruik.  'n Tjek is nie geld nie. Dit is slegs die teken van geld. As die tjek uitgeskryf is, maar nie geteken nie, is dit 'n teken van geld, maar die teken is nie gewaarborg nie.  Die tjekhouer moet dit teken om sy tjek geldig te maak (waarborg = seël).  Of hierdie teken en waarborg van geld uiteindelik vir die ontvanger daarvan  werklik geld word, hang uiteindelik van die ontvanger, wat dit moet wissel, af.  Eers as die tjek gewissel word, het die teken sy betekenis vervul en word die belofte waar. 

 

Die volwassene wat gedoop word moet eers God se belofte gaan "wissel".  Hy of sy moet dit wat God belowe in die geloof aanvaar en daarvolgens lewe. In die geval van die kinderdoop belowe die ouers dat hulle hul kinders in die leer (Bybel)  sal onderrig sodat hulle ook uiteindelik tot geloof sal kom – en met  ʼn openbare belydenis hulle geloof sal verklaar  

 

As  ʼn mens die stopteken sien , moet jy stop, dan is jou veiligheid gewaarborg!  As jy die doop sien of as dopeling daaraan deel kry, moet jy glo, dan is jou ewige lewe gewaarborg!  Net soos  ʼn kind moet leer wat  ʼn stopteken is en hoe om dit te gebruik, so moet ouers hulle kinders leer wat God se verbond beteken en hoe die kind daarop moet reageer.

 

 

4. DIE DOOP AS VERBONDSTEKEN

           

4.1  God se verbond begin met Abraham

In Gen. 17:7 sê die Here vir Abraham:  Ek bring 'n verbond ('n ooreenkoms D.dK)tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte.  Dit is 'n blywende verbond:  Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. Hierdie verbond loop deur na die Nuwe Testament (Lees wat sê Paulus in Galasiërs 3:29).

 

4.2 Die teken van die verbond in die OT is die besnydenis

Dit is die verbondsteken tussen My en julle: elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word ...  Al julle nageslagte en ook elke slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en die slawe wat as 'n vreemde met geld gekoop word ...

(Gen. 17:12 en 13).  Let daarop dat die verbondsteken aan kinders en selfs aan slawe gegee word!

 

4.3 Ons as Nuwe Testamentiese gelowiges het ook deel aan God se verbond met Abraham:

Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, moet lewe soos mense wat aan Christus behoort.  Dit maak nie saak of iemand Jood, Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie.  In Christus is julle almal één.  En as julle aan Christus behoort, is julle nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God(Gal 3:26 - 29).

 

In Rom. 11:17 beskryf Paulus hoe die heidennasies (gelowiges) as wilde olyf op die mak olyf (Israel as verbondsvolk) ingeënt is.  Sodoende kry die gelowiges uit die heidennasies deel aan die verbond met Abraham!

 

4.4. Die doop en die besnydenis is beide teken van die verbond

 

            Die Skrif is baie duidelik hieroor:

 

8.“Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie."

9.Het hierdie uitspraak oor wie geseënd is, net betrekking op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Ons sê weer: "Deurdat Abraham geglo het, het God hom vrygespreek.

10.Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was.

11.Hy het die besnydenis as ‘n teken ontvang. Dit is ‘n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Die doel daarmee was dat hy die vader sou wees van almal wat glo al is hulle nie besny nie. Hulle word dus ook deur God vrygespreek deurdat hulle glo.

                                                               (Rom 4:8 – 11)

4.5 As ons gedoop is, is ons is ook besny!

           

Net soos die besnydenis in die Ou Testament om geloof geroep het (vgl. Deut. 10:16.  53 vert.) so roep die doop in die Nuwe Testament om ware geloof in Jesus Christus wat ons sondes met sy bloed afwas:

 

Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondig natuur van die mens.  Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is....

                                                                               (Kol 2:11 & 12)

 

 

5. DIE DOOP IS NIE

 

5.1 Nie 'n bewys of bevestiging van iets wat jy as mens verstaan of glo nie (Dit is die Belydenis van geloof).

5.2 Nie 'n bewys of bevestiging van my bekering nie (Dit is  ʼn dwaling van die Wederdopers)

5.3 Nie een of ander bonatuurlike mag wat geestelik in my werk nie (Dit is  ʼn Roomse dwaling).

 

6. DIE DOOP IS WEL

 

6.1 'n Ooreenkoms wat God met ONS EN ONS KINDERS sluit

 

Hand 2:38 en 39:

 

Toe antwoord Petrus hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees ontvangWat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep(my beklemtoning D.dK).

 

6.2  'n Kontak tussen twee partye

 

Met die doop maak God sekere beloftes aan die dopeling (of dié se ouers) terwyl die dopeling (of dié se ouers) gehoorsaam moet reageer op dit wat God belowe. 

 

6.3   ʼn Kontrak wat ook vir  ʼn baba geld

 

Dit is  ʼn kontrak tussen God en ons as sy verbondsvolk waaraan selfs  'n baba deel kan hê, omdat die ouers onderneem om die baba, soos wat hy/sy opgroei verder te leer. As die ouers hierdie onderrig nalaat, verval God se belofte.  Net soos  ʼn tjek uiteindelik verval as jy nalaat om dit te wissel.  Dit was so in die Ou Testament toe die besnydenis die teken van die verbond was en is nou nog so terwyl die doop teken van die verbond is.

 

Diegene wat beweer dat die Gereformeerdes leer dat babas outomaties gered word as hulle gedoop word, is moedswillig.  In die Gereformeerde Doopsformulier staan is soveel woorde:

 

Ons en ons kinders is in sonde ontvang en gebore en is daarom onder die toorn van God, sodat ons nie in die ryk van God kan inkom nie, tensy ons opnuut gebore word.  Dit word aan ons geleer deur die indompeling in en besprinkeling met die water, waardeur die onreinheid van ons siele vir ons aangewys word... (my beklemtoning D.dK).

 

Dit geld vir ouers en kinders.  Al is jy deel van God se verbondsvolk kan jy nie die ewige lewe ingaan nie, tensy jy wedergebore word! (Vgl. ook Joh. 3:3). 

 

God werk met sy volk van geslag tot geslag (Ps. 105:8 – 10 en Hand 2:39).

 

Wanneer  ʼn mens na  ʼn bekeringsdoopseremonie kyk, is dit opvallend dat die dopeling in die kollig staan.  Dit is immers hy wat homself bekeer het en die Here in sy lewe toelaat.

 

As  ʼn mens egter na  ʼn suigelingsdoopseremonie kyk, is dit nie die dopeling nie, maar God wat in die kollig staan.  Die dopeling word ingedra en is nie eers bewus van wat gebeur nie. Dit gaan uitsluitlik oor God wat  ʼn belofte aan hierdie hulpelose kind (en ouers) maak!

 

SLOT

Om die doop reg te verstaan, moet  ʼn mens die eenheid van die Skrif eerbiedig.  As jy dit nie doen nie, verval jy in ʼn warboel idees waar alles uiteindelik van die mens afhang.  Die mens word sy eie verlosser en die doop die sertifikaat wat dit bewys. (Jy moet jou bekeer en jy moet jou laat doop, dan sal jy die Heilige Gees van God ontvang. In hierdie redenasie word Mark 16:16 gewoonlik buite sy sendingkonteks aangehaal).  En van God se beloftes en van sy verbond is daar gewoonlik geen sprake nie.

 

Die vraag is: Wat verhoed iemand wat die verbondslyn minag of verwerp om enige ander saak in die Ou Testament te verwerp? Die redenasie dat die ou verbond verval het gaan nie op nie.  Dit  is immers dieselfde God wat handel.  Hy verander nie.  Hy werk in Christus wel op  ʼn meer direkte en persoonlike manier, maar sy beloftes bly altyd dieselfde!  Van die begin van die wêreld tot aan die einde is Hy besig om sy uitverkore volk te versamel. Hierin is ons instrumenteel, maar dit kom alles van Hom af.

 

Die besnydenis sowel as die doop was nooit bedoel om een of ander reaksie of  geloofsantwoord van die mens te wees nie.  Dit gaan oor God se optrede.

 

DIE DOOP, verbondsdoop of bekeringsdoop, is TEKEN EN WAARBORG VAN GOD SE BELOFTES aan elkeen wat deur geboorte of deur bekering deel word van sy volk.

 

Hierdie belofte van God roep om gelowige aanvaarding.

 

Dr. Danie de Kock

Tel: 082 855 9207

E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier

Posbus 572

Brits.  0250.                                                                 MAART 2010.

Saturday, 16 November 2013 13:39

Lukas 10:27 Liefde is die groot Gebod

SKRIFLESING: LUKAS 10:25 – 28

TEKS: LUKAS 10:27

TEMA: LIEFDE IS DIE GROOT GEBOD

 

Die kerkvader Augustinus wat rondom die jare 400 nC geleef het, het op  ʼn keer gesê: 

As jy God liefhet, kan jy doen wat jy wil .....

Wat hy bedoel het, is dat  jou lewe saam met God  ʼn lewe van vryheid,  vreugde en lewensvervulling is.....  As jy God liefhet, is jy op die regte pad en het jy  ʼn ewige toekoms...  Ja, dan lewe jy soos God wil......

Maar, broeder en suster

WAT BETEKEN DIT REGTIG OM GOD LIEF TE HÊ?

In die verse wat ons sopas gelees het, kom  ʼn wetgeleerde en vra  vir Jesus:

Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?

Jesus antwoord die wetgeleerde se vraag met  ʼn teenvraag:

Wat staan in die wet van Moses geskrywe?  Wat lees jy daar?

Hierdie man is immers die wetgeleerde, hy behoort te weet!  Hy antwoord ook sommer dadelik:

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself. (vers 27)

Sy antwoord is  ʼn direkte aanhaling van Moses se woorde in Deuteronomium 6:5. Ja, die volk Israel het dit almal geweet. Die groot gebod is: Jy moet God volledig liefhê. 

Hierdie liefde is egter nie maar net een of ander gevoel of emosie wat  ʼn mens moet kry as jy aan God dink nie.  Nee, hierdie liefde omvat ons volle menswees.....

Ja, hierdie liefde tot God

1. LIEFDE WERK OP ONS 4 VLAKKE VAN MENSWEES

Die sielkundiges sê op grond van nuwer navorsing dat   ʼn mens , kom ons  sê, vier fokus areas in jou lewe het.  En dit het alles ook met jou energie te doen  

·         Die verstandelike (Dit is die energie om te kan lees, skryf en redeneer)

·         Die  fisiese( Dis die energie om te beweeg,  te werk en sport te beoefen)

·         Die  emosionele(Dis energie wat jou blydskap en hartseer maak. Dit het te doen met opgewonde wees en kwaad word)

·         Die  geestelike( Die energie gee  ʼn mens  ʼn gevoel van sinvolheid bepaal jou eie-waarde)

Hierdie vier areas in ons elkeen se persoonlike lewe moet reg en gebalanseerd bestuur word.  Dan is ons gelukkig, tevrede en ervaar ons lewensvervulling .....  dan het ons energie.  Ja, jy is sommer lus vir die lewe!

Interessant. Die sielkundiges het ook vasgestel dat net die geestelike area van jou menswees vir jou energie kan genereer. Al die ander areas gebruik energie, maar kan dit  glad nie genereer nie.

As ons bv. beleef dat die ding waarmee ons besig is, vir ons bevrediging gee, is die energie om daarmee voort te gaan eenvoudig net daar!  Ja, al werk ons so hard dat ons min slaap, baie druk ervaar, en nie eers tyd vir ontspanning het nie, kan ons nog steeds deurdruk... en vervulling ervaar.

Dit is verder ook insiggewend dat die geestelike area van menswees weer sterk deur die emosionele area beïnvloed word.   Hoe ons voel,  bepaal uiteindelik of ons lewensvervulling sal ervaar.

Net  ʼn mens se geestelike area kan energie genereer, maar ons emosies het uiteindelik die finale sê oor hoe ons die lewe benader.

Broeders en susters.  Dit is regtig merkwaardig hoe die sielkundiges se insig in ons menswees die afgelope 20 jaar toegeneem het.  

Maar weet u wat is nog baie meer merkwaardig? 

Hierdie dinge wat die sielkundiges maar eers die afgelope 20 jaar uitgevind het, staan al vir meer as 2000 jaar in die Bybel!

Moses het volgens Deuteronomium 6 dit al  in soveel woorde vir die volk Israel , wat toe nog oppad was na hulle beloofde land, gesê. En dit is presies dieselfde wat die wetgeleerde se antwoord aan Jesus was.

Jy moet die Here jou God liefhê

·         met jou hele hart  -  emosie

·         en met jou hele siel  - geestelik

·         en met al jou krag  - fisies

·         en met jou hele verstand – denke

Die feit van die saak is:   ʼn Ongebalanseerdheid of afwyking op enige een van hierdie fokusareas van jou menswees, lei tot probleme.

En in terme van die Skrif beteken dit:

2.  ONVOLLEDIGE LIEFDE LAAT JOU SONDIG

Moses het vir Israel die opdrag gegee om hierdie groot gebod daagliks uit te leef. Hy het dit benadruk dat hulle die gebod ook by hulle kinders moes inskerp.  Hulle moes moet hulle daaroor praat as hulle in hulle huise is, oppad is, en as hulle gaan slaap of opstaan. Ja, hierdie liefdesgebod moes hulle hele lewe omvat en insluit......

En dit geld nog presies net so vir ons vandag.

Ons verhouding met God word beskryf met  die woord liefde.  En hierdie liefde omvat ons hele menswees. 

Die Here leer dat ons Hom  met  ons hele hart (emosie) moet liefhê.

As jou baie emosioneel optree en toelaat dat ander mense jou  beheer, raak jy onstabiel en gefrustreerd.  Egskeidings en gebreekte verhoudings tussen ouers en kinders en familie en vriende tap ons emosionele energie.   As dinge vir   ʼn mens  belangriker as verhoudings word, dan is jou hart op die verkeerde plek.  Die Here sê: Waar jou skat is daar sal jou hart ook wees.

 ʼn Gebrek aan emosionele energie  laat verhoudings versuur.

Hy leer ons dat ons Hom met ons hele siel (geestelik) moet liefhê.

Mense leef ongedissiplineerd. Gebrek aan geloof en vertroue vreet aan jou lewensvervulling.  Daarom is depressie en stresverwante siektes aan die orde van die dag.

 ʼn Gebrek aan geestelike energie lei tot onvergenoegdheid

Die Here sê dat ons Hom met al ons krag moet liefhê.

Maar ons vermors ons krag so op nuttelose dinge.  Boonop beroof  allerhande verslawings soos drank,  dwelms en rook asook slegte eetgewoontes en ʼn ongesonde lewenstyl ons van ons liggaamskragte.

 ʼn Gebrek aan fisiese energie lei tot swak gesondheid

Ons moet die Here met ons hele verstand liefhê.

Negatiewe gedagtes en swartgallige gesprekke lei tot woede en bekommernis.  Dit vang ons gedagtes in  ʼn greep van moedeloosheid. Jy word een bondel frustrasie.

 ʼn Gebrek aan verstands-energie maak van jou ʼn onderpresteerder.

Sien u hoe groot is ons probleem? 

Byna op elke gebied waarop ons God voluit moet liefhê en dien, skiet ons tekort.  Op elkeen van hierdie fokusareas van ons lewe is ons  tot  ʼn sekere mate van koers af.  Die liefde wat ons behoort te hê is meesal ongebalanseerd en skeefgetrek.   

Dit is juis die rede waarom ons soveel hartseer en ellende rondom ons sien. Mense se lewens val uit mekaar.  Mense word meegesleur in  ʼn stroom van ongelukkigheid en moedeloosheid en tree dan onverantwoordelik op.

Wat is die oplossing?

Broeders en susters.  Uit onsself kan ons glad nie  ʼn oplossing vind nie.

Ons belydenis sê dat nie uit onsself in staat is om lief te hê nie, want ons van nature geneig om God en ons naaste te haat.....  As gevolg van die sondeval is die mens ongebalanseerd.  Daarom sien ons hoe ons eie begeertes ons op sleeptou neem.  Ons eie –ek kom staan gereeld op die voorgrond ..... Nie een van ons kan hierdie groot gebod van liefde uitleef nie. Hoe meer  ek en jy probeer, hoe minder kry ons dit reg.  Gaan lees maar weer hoe die apostel Paulus sy eie worsteling om die wet na te kom in Romeine 7 beskryf.  Hy sê: 

Die goeie wat ek wil dit doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil nie juis dit doen ek........

En dan noem hy sy bestaan op hierdie aarde  ʼn doodsbestaan .....

Geliefdes die groot genade wat aan ons bewys, is:  God stuur sy Seun Jesus Christus.  Hy is God met ons. Hy het gesê:

Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is.... en Ek sal vir julle rus gee.

 Broeders en susters

3.  CHRISTUS IS GOD SE VOLLEDIGE LIEFDESBEWYS

In sy eerste brief skryf Johannes:

Werklike liefde is dit: Nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes                          (1 Joh. 4:10).

En luister nou wat sê Johannes verder:

Ons kan liefhê omdat Hy het ons eerste liefgehad het!

(1 Joh. 4:19).

Omdat ek en jy deur die lewewekkende krag van die Heilige Gees met  ʼn ware geloof  in Christus ingelyf is, kan ons nou in liefde lewe. Kan ons nou  ʼn gebalanseerde lewe in al vier fokusareas van ons menswees leef.

Omdat die Here Jesus Christus nou Koning van ons lewe is, lewe ons deur sy krag.  Sy gesindheid word ons gesindheid en sy liefde word ons liefde.  Paulus stel dit baie duidelik as Hy sê:    ... en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. (Gal 2:20)

 

SLOT

Verstaan u nou wat Augustinus bedoel het, toe hy gesê het:

As jy God liefhet, kan jy doen wat jy wil....

Die enigste manier hoe ons God met ons hele hart, ons hele siel, al ons kragte en met ons hele verstand kan liefhê, is wanneer ons deur  ʼn ware geloof  in Christus ingelyf is.

Dan leef ons nie meer nie.....   Dan lewe Christus in ons.   En saam met Christus lewe ons in volmaakte liefde, want GOD IS LIEFDE!

En daarom kan ons wat in Christus is nou nie anders as om in liefde te lewe nie.....  Ons is mos God se beeld ......  en God is liefde!

                                                                         Amen.

 

SKRIFLESING: LUKAS 10:25 – 28

TEKS: LUKAS 10:27

TEMA: LIEFDE IS DIE GROOT GEBOD

 

Die kerkvader Augustinus wat rondom die jare 400 nC geleef het, het op  ʼn keer gesê: 

As jy God liefhet, kan jy doen wat jy wil .....

Wat hy bedoel het, is dat  jou lewe saam met God  ʼn lewe van vryheid,  vreugde en lewensvervulling is.....  As jy God liefhet, is jy op die regte pad en het jy  ʼn ewige toekoms...  Ja, dan lewe jy soos God wil......

Maar, broeder en suster

WAT BETEKEN DIT REGTIG OM GOD LIEF TE HÊ?

In die verse wat ons sopas gelees het, kom  ʼn wetgeleerde en vra  vir Jesus:

Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?

Jesus antwoord die wetgeleerde se vraag met  ʼn teenvraag:

Wat staan in die wet van Moses geskrywe?  Wat lees jy daar?

Hierdie man is immers die wetgeleerde, hy behoort te weet!  Hy antwoord ook sommer dadelik:

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself. (vers 27)

Sy antwoord is  ʼn direkte aanhaling van Moses se woorde in Deuteronomium 6:5. Ja, die volk Israel het dit almal geweet. Die groot gebod is: Jy moet God volledig liefhê. 

Hierdie liefde is egter nie maar net een of ander gevoel of emosie wat  ʼn mens moet kry as jy aan God dink nie.  Nee, hierdie liefde omvat ons volle menswees.....

Ja, hierdie liefde tot God

1. LIEFDE WERK OP ONS 4 VLAKKE VAN MENSWEES

Die sielkundiges sê op grond van nuwer navorsing dat   ʼn mens , kom ons  sê, vier fokus areas in jou lewe het.  En dit het alles ook met jou energie te doen  

·         Die verstandelike (Dit is die energie om te kan lees, skryf en redeneer)

·         Die  fisiese( Dis die energie om te beweeg,  te werk en sport te beoefen)

·         Die  emosionele(Dis energie wat jou blydskap en hartseer maak. Dit het te doen met opgewonde wees en kwaad word)

·         Die  geestelike( Die energie gee  ʼn mens  ʼn gevoel van sinvolheid bepaal jou eie-waarde)

Hierdie vier areas in ons elkeen se persoonlike lewe moet reg en gebalanseerd bestuur word.  Dan is ons gelukkig, tevrede en ervaar ons lewensvervulling .....  dan het ons energie.  Ja, jy is sommer lus vir die lewe!

Interessant. Die sielkundiges het ook vasgestel dat net die geestelike area van jou menswees vir jou energie kan genereer. Al die ander areas gebruik energie, maar kan dit  glad nie genereer nie.

As ons bv. beleef dat die ding waarmee ons besig is, vir ons bevrediging gee, is die energie om daarmee voort te gaan eenvoudig net daar!  Ja, al werk ons so hard dat ons min slaap, baie druk ervaar, en nie eers tyd vir ontspanning het nie, kan ons nog steeds deurdruk... en vervulling ervaar.

Dit is verder ook insiggewend dat die geestelike area van menswees weer sterk deur die emosionele area beïnvloed word.   Hoe ons voel,  bepaal uiteindelik of ons lewensvervulling sal ervaar.

Net  ʼn mens se geestelike area kan energie genereer, maar ons emosies het uiteindelik die finale sê oor hoe ons die lewe benader.

Broeders en susters.  Dit is regtig merkwaardig hoe die sielkundiges se insig in ons menswees die afgelope 20 jaar toegeneem het.  

Maar weet u wat is nog baie meer merkwaardig? 

Hierdie dinge wat die sielkundiges maar eers die afgelope 20 jaar uitgevind het, staan al vir meer as 2000 jaar in die Bybel!

Moses het volgens Deuteronomium 6 dit al  in soveel woorde vir die volk Israel , wat toe nog oppad was na hulle beloofde land, gesê. En dit is presies dieselfde wat die wetgeleerde se antwoord aan Jesus was.

Jy moet die Here jou God liefhê

·         met jou hele hart  -  emosie

·         en met jou hele siel  - geestelik

·         en met al jou krag  - fisies

·         en met jou hele verstand – denke

Die feit van die saak is:   ʼn Ongebalanseerdheid of afwyking op enige een van hierdie fokusareas van jou menswees, lei tot probleme.

En in terme van die Skrif beteken dit:

2.  ONVOLLEDIGE LIEFDE LAAT JOU SONDIG

Moses het vir Israel die opdrag gegee om hierdie groot gebod daagliks uit te leef. Hy het dit benadruk dat hulle die gebod ook by hulle kinders moes inskerp.  Hulle moes moet hulle daaroor praat as hulle in hulle huise is, oppad is, en as hulle gaan slaap of opstaan. Ja, hierdie liefdesgebod moes hulle hele lewe omvat en insluit......

En dit geld nog presies net so vir ons vandag.

Ons verhouding met God word beskryf met  die woord liefde.  En hierdie liefde omvat ons hele menswees. 

Die Here leer dat ons Hom  met  ons hele hart (emosie) moet liefhê.

As jou baie emosioneel optree en toelaat dat ander mense jou  beheer, raak jy onstabiel en gefrustreerd.  Egskeidings en gebreekte verhoudings tussen ouers en kinders en familie en vriende tap ons emosionele energie.   As dinge vir   ʼn mens  belangriker as verhoudings word, dan is jou hart op die verkeerde plek.  Die Here sê: Waar jou skat is daar sal jou hart ook wees.

 ʼn Gebrek aan emosionele energie  laat verhoudings versuur.

Hy leer ons dat ons Hom met ons hele siel (geestelik) moet liefhê.

Mense leef ongedissiplineerd. Gebrek aan geloof en vertroue vreet aan jou lewensvervulling.  Daarom is depressie en stresverwante siektes aan die orde van die dag.

 ʼn Gebrek aan geestelike energie lei tot onvergenoegdheid

Die Here sê dat ons Hom met al ons krag moet liefhê.

Maar ons vermors ons krag so op nuttelose dinge.  Boonop beroof  allerhande verslawings soos drank,  dwelms en rook asook slegte eetgewoontes en ʼn ongesonde lewenstyl ons van ons liggaamskragte.

 ʼn Gebrek aan fisiese energie lei tot swak gesondheid

Ons moet die Here met ons hele verstand liefhê.

Negatiewe gedagtes en swartgallige gesprekke lei tot woede en bekommernis.  Dit vang ons gedagtes in  ʼn greep van moedeloosheid. Jy word een bondel frustrasie.

 ʼn Gebrek aan verstands-energie maak van jou ʼn onderpresteerder.

Sien u hoe groot is ons probleem? 

Byna op elke gebied waarop ons God voluit moet liefhê en dien, skiet ons tekort.  Op elkeen van hierdie fokusareas van ons lewe is ons  tot  ʼn sekere mate van koers af.  Die liefde wat ons behoort te hê is meesal ongebalanseerd en skeefgetrek.   

Dit is juis die rede waarom ons soveel hartseer en ellende rondom ons sien. Mense se lewens val uit mekaar.  Mense word meegesleur in  ʼn stroom van ongelukkigheid en moedeloosheid en tree dan onverantwoordelik op.

Wat is die oplossing?

Broeders en susters.  Uit onsself kan ons glad nie  ʼn oplossing vind nie.

Ons belydenis sê dat nie uit onsself in staat is om lief te hê nie, want ons van nature geneig om God en ons naaste te haat.....  As gevolg van die sondeval is die mens ongebalanseerd.  Daarom sien ons hoe ons eie begeertes ons op sleeptou neem.  Ons eie –ek kom staan gereeld op die voorgrond ..... Nie een van ons kan hierdie groot gebod van liefde uitleef nie. Hoe meer  ek en jy probeer, hoe minder kry ons dit reg.  Gaan lees maar weer hoe die apostel Paulus sy eie worsteling om die wet na te kom in Romeine 7 beskryf.  Hy sê: 

Die goeie wat ek wil dit doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil nie juis dit doen ek........

En dan noem hy sy bestaan op hierdie aarde  ʼn doodsbestaan .....

Geliefdes die groot genade wat aan ons bewys, is:  God stuur sy Seun Jesus Christus.  Hy is God met ons. Hy het gesê:

Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is.... en Ek sal vir julle rus gee.

 Broeders en susters

3.  CHRISTUS IS GOD SE VOLLEDIGE LIEFDESBEWYS

In sy eerste brief skryf Johannes:

Werklike liefde is dit: Nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes                          (1 Joh. 4:10).

En luister nou wat sê Johannes verder:

Ons kan liefhê omdat Hy het ons eerste liefgehad het!

(1 Joh. 4:19).

Omdat ek en jy deur die lewewekkende krag van die Heilige Gees met  ʼn ware geloof  in Christus ingelyf is, kan ons nou in liefde lewe. Kan ons nou  ʼn gebalanseerde lewe in al vier fokusareas van ons menswees leef.

Omdat die Here Jesus Christus nou Koning van ons lewe is, lewe ons deur sy krag.  Sy gesindheid word ons gesindheid en sy liefde word ons liefde.  Paulus stel dit baie duidelik as Hy sê:    ... en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. (Gal 2:20)

 

SLOT

Verstaan u nou wat Augustinus bedoel het, toe hy gesê het:

As jy God liefhet, kan jy doen wat jy wil....

Die enigste manier hoe ons God met ons hele hart, ons hele siel, al ons kragte en met ons hele verstand kan liefhê, is wanneer ons deur  ʼn ware geloof  in Christus ingelyf is.

Dan leef ons nie meer nie.....   Dan lewe Christus in ons.   En saam met Christus lewe ons in volmaakte liefde, want GOD IS LIEFDE!

En daarom kan ons wat in Christus is nou nie anders as om in liefde te lewe nie.....  Ons is mos God se beeld ......  en God is liefde!

                                                                         Amen.

 

HERVORMINGSDIENS

SKRIFLESING: 1 KOR 4:14 – 21            

TEKS: 1 KOR. 4:14 – 17

TEMA:   SPIRITUELE OUERSKAP LEI TOT WARE  REFORMASIE

 

Vandag herdenk ons die sogenaamde groot Hervorming.   Hierdie groot Hervorming is  ʼn omkeer in die kerk se geskiedenis wat grotendeels begin vlamvat  het toe Martin Luther op 31 Oktober 1517  sy 95 stellings teen die optrede van die Rooms-Katolieke Kerk openbaar gemaak het.

In die 1000 jaar wat die hervorming voorafgegaan het was die kerk vasgevang in die greep van  ʼn dwaalleer waar gewone lidmate as leke, d.w.s.  as onkundiges en onbevoegdes, behandel is.

Slegs die biskoppe en priesters was geletterd en dus in staat om die Bybel lees. Hulle het oor die eeue met allerhande skewe uitlegte en verklarings vorendag gekom en die gewone lidmate byna soos marionette gemanipuleer.

Hervorming beteken om te verander of nuut te maak. Dit gaan veral oor omkeer of terugdraai na God en sy Woord. Vernuwing deur terug te draai na die Woord.

Toe Luther onder die kragtige leiding van die Heilige Gees openlik teen hierdie toedrag van sake in opstand gekom het, het hy, kan ons maar sê,  die vader van die Hervorming geword.

Ons is tans in ons Gereformeerde Kerke met so  ʼn omdraai of terugdraai na die Woord besig.  In lyn met die sinodebesluit noem ons dit die omkeerstrategie, maar dit kan net so wel  ʼn hervormingstrategie genoem word.

Waarom is hervorming nodig? Natuurlik omdat ons as mense van nature geneig is om van God en sy Woord weg te dwaal. Ons volg so maklik ons eie koppe en beland dan op die verkeerde pad.

En dan begin mense agterkom iets is verkeerd.  En dan sê iemand op  ʼn stadium: Stop! Ons is op die verkeerde pad. Ons moet omdraai! 

Daarom kan ons sonder meer aanvaar

1. HERVORMING LOOP SAAM MET SPIRITUELE OUERSKAP

Met Israel se terugkeer uit ballingskap was dit mos destyds die priester Esra wat die volk tot hervorming gelei het. Hy het die tempeldiens weer aan die gang en op die regte koers gekry en die volk weer met die suiwer Woord van God bedien.

Hoewel die profete soos Jesaja, Jeremia en Esegiël asook die ander kleiner profete elkeen sekerlik  ʼn groot rol vervul het, en die volk tot bekering geroep het, was dit uiteindelik Johannes die Doper wat die weg vir die Here Jesus gelykgemaak het.  Hy het duidelik en op die man af gepreek dat die volk hulle moes bekeer.

En dan  kom die Here Jesus!  Hy is sekerlik die ware, wesenlike Hervormer - Hy het gekom om mense se hele lewe omte keer!   Hy het mos vir die apostel Johannes gesê: Kyk Ek maak alles nuut! (Openb. 21:5)

Die apostel Paulus het saam met die ander apostels, die draer van hierdie hervorming geword.  Hy het die nuwe lewe in Christus verkondig!   Boonop was hyself die toonbeeld van hierdie nuwe lewe.  Daarom kan hy ook as so  ʼn vader van hervorming beskryf word.

Kom ons luister weer wat hy in verse 14 en 15 skryf:

Hierdie dinge skryf ek nie om julle skaam te maak nie, maar om julle as my geliefde kinders tereg te wys, want al sou julle ook duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie. Deur die verkondiging van die evangelie is ek in Christus Jesus julle vader.

Die punt is: Elkeen van ons het so ʼn vader (of moeder) nodig, want

2.   OUERS LEI DEUR VOORBEELD

Paulus wys hier op  ʼn baie belangrike verskil  tussen  ʼn leermeester en  ʼn vader.  Destyds in die Griekse kultuur was daar vir elke huishouding  ʼn pedagoog of te wel ʼn leemeester. So  ʼn leermeester moes die kinders van ongeveer 5 jaar oud tot so 12  jaar begelei.  Hy moes sorg dat hulle skool toe gaan en hulle onderrig in dit wat goed en sleg is.

Op so 12- of 13-jarige ouderdom het die kind oorgegaan na volwassenheid en dan het die seun by pa en die dogter by ma aangesluit. Nou moes hulle leer om soos pa en ma te lewe.  Die ouers het dan deur hulle voorbeeld die kind begelei. Gewoonlik het die kind presies in die ouer se voetspore gevolg.  Selfs wat hulle beroep betref. Ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat Paulus se pa  ʼn tentmaker was, want Paulus het ook tente gemaak. Hy sou dit volgens destyds se gebruik by sy pa geleer het.

Die pedagoog of leermeester het verseker  ʼn baie belangrike taak verrig, maar kon nooit die plek van  ʼn vader  of moeder inneem nie. Die vader en moeder is altyd die kind se rolmodel.   Daarom sê Paulus:

... al sou julle duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie.... ek is in Christus julle vader.

Paulus beskou homself as die lidmate se geestelike of te wel spirituele vader. Net in die volgende vers noem hy Timoteus: ... my geliefde en getroue seun in die Here.

Net soos  ʼn ouer die natuurlike rolmodel vir sy of haar kind is, is die geestelik volwasse lidmate in die gemeente juis spirituele rolmodelle.

En benewens jou as ouers se gewone taak as rolmodel, moet jy, binne die raamwerk van God se verbond, ook  ʼn spirituele rolmodel vir jou verbondskinders wees.

Hoe voel u oor u taak as ouer en as rolmodel? Voel u gemaklik met die feit dat u kind presies soos u moet word?  Voel u dat u ook soos Paulus in vers 16 kan sê:  Ek spoor julle aan: Volg my voorbeeld!

Die vraag, broeder en suster, maak  ʼn mens so  ʼn bietjie ongemaklik, want ons het mos almal maar ons foute en tekortkominge.  Ons is nie engeltjies nie.....

Hoe kan ons dan voorbeelde wees?  Hoe kan ons sorg dat ons kinders wel op die regte koers bly?

Kom ons luister weer mooi na Paulus. Hy sê:

Ek is in Christus Jesus Julle Vader.....

En dan in vers 16:  

Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue seun in die Here na julle toe gestuur.  Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus.

Het u mooi gehoor?   Paulus beklemtoon dat sy lewe as geestelike vader en as voorbeeld IN CHRISTUS JESUS is.........

Sonder die Here Jesus Christus kan Paulus nog vader – nog voorbeeld wees!  Dit is uitsluitlik slegs op grond van die feit dat die Here Jesus sy lewe verander het dat Paulus homself  ʼn geestelike vader kan noem.

 Verstaan u?  Dit is regtig die enigste manier hoe enige een van ons  ʼn geestelike vader of moeder kan word.   Ek en jy kan slegs navolgingswaardige voorbeelde word as ons self  hervorm is...... ja, deur ons Here Jesus Christus nuut gemaak is.

Hoe sal daar  ʼn omkeer of  hervorming  in ons Gereformeerde Kerke en meer spesifiek in die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier kom?

Dit hang alles van ons elkeen se voorbeeld af....   Dit hang daarvan af of ons met oortuiging kan sê: Volg my voorbeeld!

As ons met  ʼn omkeerstrategie of hervorming vorendag wil kom, moet ons vir mekaar sê:

3.  KOM ONS WERK AAN SPIRITUELE OUERSKAP

Kyk net watter wesenlike invloed  het Paulus op Timoteus uitgeoefen. Timoteus het Paulus se voorbeeld gevolg.  Hy het Paulus se spirituele seun geword.  Ja, op geestelike vlak het hy het soos Paulus geword. Hy het presies gedoen wat Paulus gedoen het. Juis daarom kon Paulus self, met volle vrymoedigheid, die Korintiërs aanmoedig om na Timoteus te luister.  Hoor net wat sê Paulus:  Hy (Timoteus) sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus... (vers 17).

Met ander woorde, Paulus sê vir die lidmate in Korinte: 

Luister na Timoteus en volg sy voorbeeld, want hy volg my voorbeeld .... en ek volg die Here Jesus.  So word ons almal saam navolgers van Christus!

Broeder en suster as ons die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier wil omdraai of hervorm, dan moet letterlik elke lidmaat omdraai. Die kerk is mos nie een of ander organisasie of struktuur waarby jy aansluit of sommer weer bedank nie.  Die kerk is Christus se liggaam en bestaan uit mense!  Die kerk is ons... ek en jy!  En ons moet omdraai sodat ons voorbeelde kan wees.  Voorbeelde van  die nuwe lewe in Christus! Ja, voorbeelde van liefde en gehoorsaamheid en diensbaarheid.

Ons moet saam met die apostel Paulus kan sê:

                    Ek spoor julle aan: Volg my voorbeeld.

·         Elke verbondsouer moet dit vir sy of haar kind kan sê.

·         Elke lidmaat moet dit vir  ʼn medelidmaat kan sê.

·         Elkeen van ons moet dit vir mense buit die gemeente kan sê.

Maar wat hoor ons kinders by hulle ouers? En wat sien hulle? 

ʼn Navolgenswaardige voorbeeld?  Liefde en gehoorsaamheid? Toewyding en diensbaarheid?  Of beleef hulle negatiwiteit en selfgesentreerdheid en eiewilligheid?

En wat beleef mense buite die gemeente as hulle met ons te doen kry? 

Is hulle eerste en belangrikste indruk van ons  dat ek en jy  ʼn lewende verhouding met die Here Jesus het?  Sien hulle nederigheid en diensbaarheid?

SLOT

As ons wil omdraai, as ons wil hervorm, moet ons elkeen persoonlik omdraai – so omdraai dat ons saam met Paulus kan sê: Ek spoor julle aan: Volg my voorbeeld.                                             

                                                                                  AMEN

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
Page 10 of 22