Sosiale Skakels

Besoekers

We have 1 guest online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Friday, 22 February 2013 10:01

24 Februarie 2013

Written by 
Rate this item
(0 votes)

24 Februarie 2013

Selfst. Skriflesing: Hand 21:17 – 26    Sing: Ps.  33:1,6 & 7 (p. 157)

Teksdeel: Openb. 3:14 – 22                       Ps. 130:1 & 2 (p. 640)

Teks: Openb. 3:19 & 20                             Ps.   86:1 & 2 (p. 431)

                                                               Sb.  10-2

HOOR JY DIE HERE KLOP?  BEKEER JOU EN MAAK OOP DIE DEUR!

Die Here Jesus skryf aan die hand van sy apostel Johannes aan die gemeente in Laodisea  ʼn brief.  In sy brief rig Hy  ʼn ernstige waarskuwing: 

Hy wil hulle God, hulle Verlosser en Saligmaker wees, maar hulle het Hom na buite geskuif. 

Die probleem was dat hulle selfvoldaan geword het. Hulle voorspoedige materiële lewe het hulle geestelike lewe verlam. 

Die Here Jesus sê hulle is wat hulle geloofslewe betref, nie warm of koud nie, maar lou. Hulle louheid maak Hom naar. Daarom sê Hy, gaan Hy hulle uit sy mond uitspoeg!

Die genade is dat die Here hulle nie los nie. Hy sê: Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.

Hoe lyk ons elkeen se geloofslewe?  Die Here kyk na jou. Wat sien Hy?  Warmte? Liefde? Toewyding? Entoesiasme? 

Of maak jy Hom naar met  ʼn  houding van selftevredenheid, selfregverdiging  en gevolglike ongehoorsaamheid?

 

DIENSBEURTE VANDAG     Soutpansdrift                     

Ouderling:   Chris Kamffer

                  Vakant

 Diaken vandag:     Bridget Kamffer                 

Volgende Sondag: Cecile du Plessis    

Beestekraal                             

Ouderling:  Thinus Eloff

 

SKINKBEURTE         

Soutpansdrift:

            Bridget Kamffer

            Vakant

Beestekraal:

            Petra van Wyk

KOLLEKTES VANDAG:         

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid                              

By die deure:    Sustentasiefonds                             

 Volgende Sondag:  Bybelverspreiding

 

Huisbesoek: 

Huisbesoek by Wyk A 1 (Thinus Eloff) 26 & 28 Februarie

 

Diensbeurt vir klankdiensgroep: 

24 Feb. Paul Siebert

3 Maart Jan-Adriaan du Plessis

 

Vergaderings:                     

Finanskom. Verg.

Maandag 25 Februarie om 19:00 aan huis van Derick Rheeders.

Spesiale  Breëkerkraadsverg.

Woensdag 27 Februarie om 19:00  in die kerksaal.

Begroting

 

Koor:-

 Koor  oefen 24 Februarie om 16:30 by Soutpansdrift Kerk.

 

SUSTERS                                                                                                      

Ons is nou twee weke van D-dag af en alles is besig om nou bymekaar te kom.  Net  ʼn paar belangrike brokkies:

•  Ons eie susters moet asseblief ook hulle name opgee en die daggeld betaal anders gaan ons nie vir genoeg sitplek en verversings voorsiening kan maak nie.                                                                                                           

•  NB. Vandag is die laaste dag wat ons nog name kan opgee want ons moet begin om die kosaankope te doen.                                                                                           

•  Baie dankie aan almal wat so ywerig meewerk.  Dit is werklik  ʼn groot vreugde om as  ʼn gedugte span saamwerk.                                                                                      

•  Ons doen ook  ʼn beroep op al ons lidmate – broeders en susters - om in hulle gebede die Saamtrek aan die Here op te dra. 

Ons doelwit is om die hele oggend te laat staan in die lig van diensbaarheid aan ons Here en dat al die teenwoordiges hiervan-daan sal vertrek met  ʼn versterking van hullegeloof en  ʼn herinnering aan  ʼn geestelik ervaring asook met daadkrag om te gaan werk soos wat die Here dit van ons vra.

 

Die volgende drie weke gaan ons  drie Bybelstudies plaas ter voorbereiding van die Saamtrek.  Hierdie Bybelstudies is oorgeneem uit die Die Vroueblad.

BYBELSTUDIE  2: Altyd diensbaar,  diensbaar met my hart en hand

Opgeslel deur ds. Jan-Louis Lee, GK Bothaville

Lees: Matteus 7:15-23 : Jakobus 1 :16-27 (gebruik beide die ‘53- en ‘83-vertaling)

1. Lees weer Matt. 7:15 en 21 . Wat het hierdie twee groepe mense in gemeen?

2. Watter rede(s) voer die "elkeen" van vers 21 aan dat hulle die koninkryk waardig is?

3. Hoekom is hierdie redes nie aanvaarbaar nie?

4. Hulle optrede word beskryf as "ongeregtigheid" (1953)  en "wat die wet van God oortree" (1983).    Watter motivering moes hulle optrede eerder gerig het?

5. Watter verband kan tussen hierdie optrede en die van Jak. 1:22 getrek word?

6. Wat moet eintlik gebeur wanneer die woord "ingeplant" word (Jak.1:21)?

7. Wat is die gevolg van iemand wat "hoor" en nie "doen" nie (Jak. 1:22)?

8. Met watter doel word die woord van waarheid aan ons verkondig (Jak. 1:18)?

9. Met watter beeld maak Jakobus hierdie bedrog konkreet?

10. Wat is egte en suiwer Godsdiens?

11. Toets jou diensbaarheid aan hierdie gedeeltes: bly dit aan die een kant by "sê"? Bly dit aan die ander kant by "hoor"? Hoe kan jy 'n blywende verandering maak?

 

ONS FOKUSTYD                                                                                           

Ons kry baie goeie en positiewe terugvoer van al die groepe wat aan die fo-kustydprogram deelneem.  Daar is ook nog elke week lidmate wat nuut by groepe inskakel!  Dis wonderlik!  Mense geniet die deelname en getuig van dieper insig in die Skrif en ook persoonlike geloofsgroei.  Baie dankie vir u volgehoue gebede.  Ons ervaar die Here se wonderlike seën.  Die afgelope week het ons in ons Bybelstudie na die oplossing van die probleem van geestelike louheid in die kerk  gekyk.  Ons het met ontnugtering kennis geneem van die feit dat die gemeente se geestelike vlak uiteindelik van elke lidmaat se persoonlike insette asook verhouding met die Here Jesus afhang. Die Here het ons geleerdat ons vir mekaar verantwoordelik is en dat ons mekaar moet bedien en mekaar moet aanmoedig en opskerp.  Paulus verduidelik dit mooi as hy in Ef. 3: 18 skryf: Mag julle in staat wees omsaam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus sterk.   Miskien maak ons nog heeltemal te min van die gemeenskap van die gelowiges.   

 

   

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:

25 Feb 1942      ANNATJIE DU PLESSIS        Sel: 0722379223 Wyk: C1

27 Feb 1979      THERESA OTTO                       Sel: 0729725426 Wyk: B4

28 Feb 1989      DRIKUS VAN DER WALT           Sel: 0795030542 Wyk: G1

28 Feb 1967      INNUS VAN WYK                      Sel: 0834491850 Wyk: E5

1 Mrt 1957         JANETTE OOSTHUIZEN            Sel: 0845483274 Wyk: E5

1 Mrt 2002         VANWYK VAN DER WALT         Sel: 0828098986 Wyk: B1

1 Mrt 2009         SIONÈ VAN DER WALT             Sel: 0825615192 Wyk: F6

2 Mrt 1967         PIETER MOULDER                    Sel: 0833058320 Wyk: A5

 

DIAKONALE KONFERENSIE

Baie dankie aan Danolien Postma en haar span wat ywerig gewerk het om gister ʼn baie geslaagde streekskonferensie aan te bied.  Prof. Gert Breed het aan al die aanwesiges  ʼn heel nuwe perspektief op die diakenamp gegee. 

Met hierdie nuwe perspektief gaan daar sommer  ʼn hele nuwe wêreld oop vir meer intensiewe dienswerk in die gemeente. 

Dit kan verder grootliks bydra tot nog groter betrokkenheid van al ons lidmate en uiteindelik lei tot  ʼn nog meer lewende gemeente!   Ons sal mettertyd oor die aangeleentheid meer inligting aan al die lidmate deurgee.

 

 

ONDERLINGE MEELEWING

Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie (1 Joh. 2:10)

1. Sr. Bellie du Plessis het verlede naweek geval. Sy is nie ernstig beseer nie. Net  ʼn paar lelike kneusplekke in die gesig. Ons is dankbaar dat sy alweer soveel beter is.  

2. Sr. Ria du Plessis het gehoor dat sy DV op 6 Maart in Rustenburg geopereer sal word. Sy verduur intussen baie pyn en ongemak. Ons dra haar op aan ons hemelse Vader.                                                                                                                            3. Br. Eddie en sr. Ria van der Merwe se seun Stefan was in  ʼn motorongeluk. Sy een long is in die proses baie beskadig. Hy het tot so  ʼn mate herstel dat hy uit intensief na  ʼn gewone saal oorgeplaas is. Ons bid vir sy volkome herstel.                                         

4. Sr. Rina Scheepers het die afgelope week  ʼn oogoperasie ondergaan. Alles het goed afgeloop en sy sê sy sien nou sommer baie beter!                                              

5. Br. Willie en sr. Elmarie Pistorius se kleinkind is gister  in Ellisras getroud. Baie geluk!

 

 

 

                                                                             

 

 

Read 2379 times
Kerk Kantoor

Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments