Sosiale Skakels

Besoekers

We have 32 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Monday, 18 December 2017 15:19

DANIëL 6:11,27 & 28. AS JOU LEWENSRUIMTE BEDREIG WORD, BEGIN BID, WANT GOD BEVRY

Written by 
Rate this item
(0 votes)

GELOFTEFEESPREEK                              DANIëL 6:11,27 & 28

 

AS JOU LEWENSRUIMTE BEDREIG WORD, BEGIN BID, WANT GOD BEVRY

 

Deesdae hoor ‘n mens nogal soms die vraag:

 

            Wat soek ons hier in Afrika?

 

Ons wat van Wes-Europese oorsprong is. Ons is is mos nie oorspronklik deel van Afrika nie. Die Afrika-mens se leefstyl is so ver verwyderd van dit wat ons as normaal beskou. Kyk net hoe sit ons deesdae in ‘n land wat weens swak regering besig is om van van ‘n eerswêreldland na ‘n tipiese derdewêreldse Afrika toestand te verander.

 

Ja, in ‘n sekere sin kan ‘n mens seker vra: Wat soek ons hier?, maar die feit van die saak is:  ONS IS NOU HIER ......  en ons het ‘n taak en ‘n opdrag.  Ons moet op God fokus. Ons moet so leef dat, nie ons as mense nie, maar Hy alleen die eer ontvang.

 

Kyk na Daniël en sy vriende, ‘n klompie jong manne wat uit Judea as bannelinge in die goddelose wêreldstad Babel beland het.  Hulle kon sekerlik ook vra:       Wat soek ons hier?

 

Hierdie jongmanne het egter daar in Babel hulle roeping begin uitleef en deel van die samelewing geword.  Hulle het spesiale opleiding ontvang.

 

In Hfst. 1 lees ons:

 

God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. ....(Vers 17)

 

En verder:

 

Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. (Vers 19)

 

Hierdie jongmanne het besluit om nieteenstaande die feit dat hulle ballinge in die vreemde land en goddelose stad is, steeds hulle roeping as God se verteenwoordigers uit te leef.

 

God het die mens immers met ‘n baie spesiale doel geskep, naamlik om sy verteenwoordiger te wees.  En dit is presies wat die jongmanne daar in Babel gedoen het.

 

Ek en jy is God se verteenwoordigers hier in ons omgewing. Ons moet voluit leef en werk om God te verheerlik. Dit is ons taak en ons roeping.

 

En as iemand vra: Wat soek ons hier?, is die antwoord

 

 

1. ONS SOEK LEWENSRUIMTE OM GOD TE DIEN

 

Iemand wat die ware God liefhet en Hom dien, doen sy of haar werk met toewyding. So ‘n gelowige se lewensdoel is nie in die eerste plek om vir hom- of haarself ‘n gemaklike lewe hier uit te werk nie, maar in die eerste plek om God te eer. Ons soek lewensruimte om juis dit te doen.

 

Daniël, wat ‘n Jood was, het so met volle oorgawe as verteenwoordiger van God geleef dat uitstekend gevaar  het daar in Babel. Op ‘n later stadium in sy lewe het Koning Daruis sy volgehoue toewyding en buitengewone bekwaamheid raakgesien en hom as een van sy drie ministers aangestel..... Ons lees dat hy selfs van plan was om vir Daniël oor sy hele koninkryk aan te stel!

 

Oral waar God se kinders hulle in die wêreld bevind, doen hulle hul werk as sy verteenwoordigers. Die apostel Paulus skryf in sy brief aan die Christen-gelowiges in Efese en sê:

 

….doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.  (Ef 6:7)

 

Daniël kon in die goddelose Babel woon en in die ongelowige koning Darius se regering met toewyding werk. Dit is waar die Here aan hom lewensruimte gegee het.

 

Maar dan kom die aanslag van die bose magte......

 

Op grond van ‘n wet wat Daniël se vyande by koning Darius deurdruk, word Daniël verbied om die ware God te aanbid. Daar word van almal, ook van Daniël verwag om die mens, in dié geval koning Daruis, te aanbid.

 

Kyk mooi, geliefdes, sodra die aandag van God af weggeneem word en daar op die mens gefokus word, ontstaan die probleme. Hierdie goddelose mense het vir Daniël as mens gehaat en reël toe dat die koning, wat ook ‘n mens is, aanbid moet word. 

 

Die feit van die saak is, die sondige mense gun mekaar nie die lewensruimte om God te dien nie. Hulle veg met mekaar omdat elkeen vanuit ‘n eie selfgesentreede benadering besig is om eie belang en eie voordeel te soek.

 

Omdat ons voorouers se lewensruimte destyds aan die Oosgrens bereig is, het hulle die Groottrek aangepak. ‘n Groot groep van hulle het gemeen dat hulle in Natal lewensruimte sou kon vind om die Here te dien.  Daar loop hulle hulleself egter teen die moordlustige Zoeloekoning Dingaan met sy verraderlike optrede vas. Piet Retief en sy manskappe word vermoor en daarna volg Bloukrans en Wenen waar baie van die Voortrekkers op die allerwreedste maniere vermoor is. Die Voortrekkers het op ‘n vreedsame manier na lewensruimte gesoek om God in vrede te kan dien. Maar dan beland hulle teen hulle sin in ‘n geveg met die Zoeloes en die geveg gaan om lewensruimte.

 

Ons is deesdae ook in ‘n geveg om lewensruimte gewikkel.  As gevolg van swak regering, korrupsie, misdaad en politieke chaos is ons opnuut in ‘n lewensbedreigende situasie.

 

Die vraag kom by mens op:  Wat en waarheen nou?  Waar kry ons lewensruimte?

 

Kyk wat het Daniël gedoen en kyk wat het ons voorouers in 1838 gedoen.

 

2. BEGIN BID

 

Toe sy vyande sy lewe soek en sy lewensruimte bedreig, gaan Daniël dadelik na sy huis en gaan bid. En dan staan daar:

 

..... soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.

 

Dit was juis op hierdie punt waar sy vyande hom kon bykom. Hier waar hy op op sy knieë, in sy mees weerlose posisie is, daar kom storm sy vyande op hom af.

 

Wat sy goddelose vyande egter nie geweet het nie, is dat Daniël op sy knieë voor God, nie op sy swakste nie, maar juis op sy heel sterkte was!

 

Dit was dieselfde fout wat die Voortrekkers se vyande destyds gemaak het. Hulle het ook op ‘n biddende laer afgestorm. Die Voortrekkers het toe al elke dag, vir ‘n week lank gebid en voor die Here ‘n gelofte afgelê.

 

En nou is dit insiggewend om na die gelofte te kyk. Uiteraard het die Voortrekker gebid om te oorwin, maar kyk wat belowe hulle aan die Here:

 

·         Hulle sal die dag as ‘n dankdag, soos ‘n Sabbat vier. Maw ‘n dag aan die Here toegewy.

·         Hulle sal ‘n kerkgebou oprig. Waar God aanbid kan word.

·         Hulle sal aan hulle kinders vertel. So word  God in sy almag en heerlikheid aan die volgende geslag oorgedra.

 

Sien u dit?  Die gelofte gaan nie oor die mens nie, maar oor die Here en veral hoe Hy verheerlik kan word!

 

Sowél Daniël as ons eie voorouers het met hulle optrede gewys dat hulle hele bestaan enersyds gaan oor die Here se eer en andersyds oor hulle afhanklikheid van Hom as die almagtige God wat jou hele lewe in sy hand hou.

 

Soos ons alreeds gesê het, word ons lewensruimte deesdae op ‘n ernstige manier in hierdie land bedreig. 

 

Hoe hanteer ons die bedreiging?

 

Hoe soek ek en jy lewensruimte om die Here te dien binne ons huidige omstandighede? 

 

Broeder en suster.  Ons moet bid ...... Soos Daniël gebid het toe hy van koning Darius se dekreet gehoor het.....  En soos die Voortrekkers -  veral die week voor die slag van Bloedrivier gebid het!

 

Gebed is die pad om te loop, want

 

3. DIT IS DIE HERE WAT BEVRY

 

Luister net wat het koning Darius vir Daniël gesê toe sy vyande hom in die leeukuil gooi:

 

            Mag jou God wat jy met soveel volharding dien, jou red.

 

En kyk wat het gebeur!  Die volgende oggend, na ‘n slapelose nag, kom kyk die koning wat van Daniël geword het. Toe hy na Daniël roep, kom die antwoord:

 

My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie .....

 

Toe ons voorouers by Bloedrivier gebid het en die gelofte afgelê het, het die Here hulle ook so met ‘n wonderwerk bevry.

 

Broeders en susters. Ons dien vandag presies dieselfde God as wat sowel Daniël as ons Voortrekker-voorouers gedien het.  Die God wat alle mag in die hemel en die aarde het.

 

Hy het sy Seun gestuur om ons uit die greep van die satan te verlos.

 

Daarom kan ek en jy ook met vrymoedigheid tot Hom bid.

.

Hy doen ook vandag wonders. Hy kan ons omstandighede verander en aan ons lewensruimte gee. Lewensruimte om Hom te dien.

 

Ons Here Jesus Christus het gesê:

 

Vra, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word."(Matt 7:7 & 8)

 

Ons Here Jesus is ons waarborg vir gebedsverhoring, want Hy het met sy verlossingswerk aan die kruis vir ons die pad na ons hemelse Vader oopgemaak.

 

En dit is baie opmerklik. Ons Here Jesus se laaste ure voor sy dood was gebedsure. Tydens die laaste pasga het hy sy hoëpriesterlike gebed vir sy dissipels gebid. In Getsemane het Hy so gebid dat sy sweet soos bloeddruppels op die grond geval het. Aan die kruis was Hy gedurig in gebedskontak met sy hemelse Vader....... Mens kan sê: Sy verlossingswerk is gedra deur gebed.

 

Ek en jy kan net die Here met oorgawe dien as ons ook toegewyde bidders is. Bidders wat onder leiding van die Heilige Gees in alles God se eer soek.

 

Kyk net wat was die gevolg van Daniël se toegwyde gebdslewe:

 

Sy gebed waarmee hy God se eer gesoek het, het ‘n geweldige uitwerking!  In die eerste plek red die Here hom uit die leeukuil, maar dan is daar ‘n tweede gevolg naamlik die koning se reaksie:  

 

Koning Daruis gee die volgende opdrag:

 

Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees moet word.  Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig; sy koninkryk sal nie vernietig word nie, sy heerskappy sal nooit eindig nie. Hy red en bevry, Hy doen wonders in die hemel en op die aarde....”

 

God word uiteindelik deur middel van Daniël se beproewing verheerlik.  Die heidense koning gee aan God al die eer. Hy word selfs ‘n kragtige getuie in die Here se diens.

 

SLOT

 

Net soos ons Voortrekker voorouers in hulle diepste nood die Here se eer voorop gestel het, is dit ook jou en my taak.

 

Kom ons leer uit sowel die Woord van God as ons eie geskiedenis dat ons die taak het om God te verheerlik. Ons kan dit selfs in  die moeilikste omstandighede regkry, as ons dit biddend doen.

                                                                        AMEN.

 

Read 1370 times
Danie de Kock

Website: www.facebook.com/profile.php?id=1438745475 Email This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Login to post comments

Soek