TEMA: HOE BESLUIT EK WANNEER EK ‘N LANDSWET OF ‘N GEBOD VAN GOD KAN OORTREE?
Artikel 36van die Nederlandse geloofsbelydenis handel oor die burgerlike owerheid en hoe ons goeie God owerhede aanstel om wet en orde in ’n sondige wêreld te handhaaf.
Romeine 13 word aangehaal waar daar baie duidelik aan die gelowiges opdrag gegee word om hulle te onderwerp aan die gesag wat oor hulle gestel is.
God se wil is dat sy kinders saamwerk sodat hulle Hom kan verheerlik en sonder vrees vir straf kan lewe.
Soos wat die natuurwette ons beheer moet ons van jongs af tot die besef kom dat ons altyd onder beheer van gesag sal wees. Moedswillige oortredings lei tot slegte konsekwensies.
Maar dit is nie altyd so eenvoudig nie! Soms bevind ons onsself in baie moeilike situasies en moet ons een wet oortree om ’n belangriker een te gehoorsaam.
Daarvan is daar verskeie voorbeelde in die Bybel, mense wat landswette en selfs God se wette oortree het.
Christus is self aangespreek toe Hy God se wet in spesiale omstandighede oortree het.
Hoe weet ons wanneer oortredings toelaatbaar is?
Daarom kyk ons vandag na...
- Die gesag wat oor elke mens gestel is.
- Wanneer mag ons menslike wette oortree?
- Wanneer mag ons God se wette oortree?
TEKS:
As julle begryp het wat dit beteken: “Ek verwag barmhartig-heid en nie offers nie, dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.”
Mat. 12: 7
ONDERLINGE MEELEWING
- Ons betuig ons innige meegevoel met Sr. Hannelie Briel wie se Moeder die afgelope week oorlede is asook met Br. Fanie Briel.
- Janus Powell (‘n oud lidmaat van ons gemeente) word Dinsdag om 10 uur begrawe by Soutpansdrift Kerk.
- Br. Raymond Dicker kry 6 Mei ‘n hartomlyning. Ons wens hom sterkte toe.
- Dit gaan beter met Br, Seun Potgieter na sy operasie.
- Sr, Annemarie Eloff sterk ook goed aan na haar operasie.
- Sr. Annetjie Scheepers het hierdie week gegaan vir haar laaste Chemobehandeling.
KLEINGROEPIE
Die kleingroepie van ds. Regardt Venter kom weer Donderdag 2 Mei in die kerksaal bymekaar.
Tyd: 18:30
Almal is welkom.
47. OMGEWINGSPITKOS
Die wyse waarop skeppingsorg deur Christelik geörienteerde kerke aangespreek moet word, word deur verskillende grade van radikale omgewingsgesindes verdag gemaak.
Kundige omgewingbewarings aksies wat oor baie jare wetenskaplik begrond is, word smalend oorboord gegooi en vervang met ‘n sondig geheiligde sogenaamde ‘moederaarde’.
Die ekoloë as die werklike groenes word besweer omdat hulle waarsku teen globale verwarming en osoongate. Onvergenoegde rooi groenes of anti-alles word gedryf deur haat en ongelukkigheid met hul baie geld.
Hulle stem ooreen met fanatiese radikales in die geloof, soos die Puriteine.
Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword (Rom 1:22).
Koningkinderskamp 2019
Die Koningskinderkamp vir sowat 50 Gr 6 & 7 leerders is om die draai en ons is reeds druk besig om die kamp te reël.
Die kamp is 16 tot 23 Junie in die pragtige bosveld te Thaba Morula. In die oggend en die aand het ons ‘n geestelike program en verder deur die dag hou die instrukteurs van Thaba Morula die kinders besig met opwindende speletjies.
Indien u of ‘n kleingroep ‘n bydrae tot die kamp wil lewer sal die volgende baie waardeer word:
- U gebede dat die kamp vlot en sonder teespoed sal verloop
- Belydende lidmate wat as groepleiers kan optree
- Enige vleis en groente
- Skryfbehoeftes
- Ou / Nuwe klere
- Bybels
- Koekies/ Beskuit
- Lekkergoed
- Badbenodighede
- ‘n Geldjie om van die bogenoemde aan te koop.
Vir enige navrae kontak gerus Jana Leibbrandt - 073 217 5222 of Josua van der Walt – 083 638 0545
PROGRAM VIR DIE WEEK
30 April 2019 Spesiale Kerkraadsvergadering 19:00 Kerksaal
5 Mei 2019 Blokraad A Vergadering 16:30 Annemarie Eloff
VERJAARSDAE
28 Apr 1939 ERNST SPRONG Sel: 07316723 Wyk: D 8
29 Apr 1939 MOLLIE SPRONG Sel: 0832862723 Wyk: D 8
30 Apr 2008 MARLIONET FOURIE Sel: 0735602215 Wyk: D 1
30 Apr 1924 KITTY VAN DER WALT Sel: 0738229500 Wyk: D 6
3 Mei 1967 ZANNE DU PLESSIS Sel: 0828874385 Wyk: A 1
4 Mei 1979 ANIKA VAN DER WALT Sel: 0824121562 Wyk: E 4
4 Mei 1990 SHYANN VAN WYK Sel: 0836558999 Wyk: E 7
Kollektes
Vandag onder diens Barmhartigheidsdiens
Vandag by deure Ekumenisiteit Buiteland London
Volgende week Sustentasiefonds
FB
https://www.facebook.com_/gkkrokodilrivier
GKKrokodilrivier@GK_Krokodil
DIENSBEURTE (hierdie week)
Soutpansdrif Beestekraal
Ouderling André Rossouw Pieter du Preez
Diaken Albert du Plessis Louis Kruger
DIENSBEURTE (volgende week)
Ouderling Frikkie van der Walt Hannes Venter
Hennie Oosthuizen Seun Potgieter
SKINK
Vandag: B 2 & B 3 A 5
Volg. Week: B 5 & B 6 A 6