Sosiale Skakels

Besoekers

We have 4 guests online

Teken In

Follow us on FacebookFollow us on Twitter


Mosterdsaad
Mosterdsaad

Mosterdsaad (150)

Friday, 16 March 2012 09:56

18 Maart 2012

Written by

 

Selfst. Skrifl. Hand. 4:1 – 22    Sing: Ps.   48:1 & 4 (p. 243)

Teksdeel: Luk. 13:22 – 30                Sb.12-3:1 – 3)

Teks: Luk. 13:23 & 24                       Ps. 130:1 & 2 (2001 p. 640)

                                                          Ps.   86:5 & 6 (p.433)

 

                                                          Sb.18-6:1(A), 2(A), 3(S), 4(B), 5(A).

GOD SE GENADE IS NIE GOEDKOOP NIE

Iemand het aan die Here Jesus gevra: Here is dié wat gered word, maar min?  Jesus se antwoord is ontstellend: Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie.

1. DIE WAT OP TOEGANG AANSPRAAK MAAK IS BAIE

Die Jode het destyds gedink dat hulle fisiese afstamming die toegangskaartjie tot die ewige lewe is. Vandag is daar steeds groepe soos die Israelvisie wat so dink. Daar is ook baie kerklidmate wat dink dat blote kerklidmaatskap die toegangskaartjie is.  Maar nou kom Jesus en sê:

2. DIE DEUR IS SMAL

Hy vergelyk die koninkryk van God met 'n huis wat net een deur het. Mense word geroep om al hulle kragte in te span om in te gaan, want die deur gaan op 'n sekere tydstip gesluit word. Hulle reageer egter nie.  Hulle hoor, maar doen nie (vgl. vers 27). 

3. DIE WAT INGAAN IS MIN

Om voortdurend te stry, is moeilik. Mense raak moeg.  Hulle aandag word afgetrek. Hulle verloor belangstelling. Baie dink hulle is nog reg, maar sal metontnugtering besef hulle is uitgesluit!  Net die wat die verlossing van die Here Jesus met  ʼn ware geloof (wat doen) aangryp, sal aan die feesmaal aansit.

 

DIENSBEURTE VANDAG

Soutpansdrift

Ouderling:     Floris van der Walt            

                     Theuns Koekemoer

   Diaken:      Hannelie Briel

Beestekraal

Ouderling:    Gerhard du  Plessis

Kollektes vandag:

Onder die diens: Diens  van Barmhartigheid

By die deure::   Studentekas

Volgende Sondag by deure:    Streeksinode Bosveld

SKINKBEURTE

Soutpansdrift:

            Alida van der Walt

Gertie du Plessis

Beestekraal:

Sanette du Plessis

HUISBESOEK:

Huisbesoek by Wyk D3  (Banie Grobler) 20 en 22 Maart 2012.

Huisbesoek by Wyk G1 (Floris van der Walt) 23 Maart 2012.

ONDELINGE MEELEWING:

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie...... Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13)

1. Br. Jan en Sr. Hester du Plessis se kleindogter is ernstig siek. Ons dra hulle aan ons hemelse Vader op.

2. Br Danie du Plessis (Lettie)  word nog in die Eugene Marais hospitaal  in Pretoria behandel. Ons bid vir hom en sy geliefdes.

3. Br Gertjie van der Walt het  ʼn oogoperasie ondergaan. Die was nie so suksesvol nie en hy sal die week weer geopereer moet word. Ons dra hom ook op aan die sorg van ons hemelse Vader.

Die Armkas is dringend op soek na nog ‘n vrieskas asook wintersklere vir kinders.  Enige kledingstuk sal welkom wees.

Hulle maak ook heerlike kerriegroente wat te koop aangbied word vanaf 18 Maart.  Bestellings kan geplaas word op die lys wat op die kennisgewingbord is, teen R20 per botteltjie.

VERJAARSDAE HIERDIE WEEK

18 Mrt 2008       JOHAN BERTHOLD                   Sel: 0735283982 Wyk: B4

18 Mrt 1944       MARIE DU PLESSIS                 Sel: 0837621726 Wyk: E2

18 Mrt 1944       DALEEN MEIJER                      Sel: 0739973360 Wyk: E6

18 Mrt 2005       PETRUS RHEEDERS                Sel: 0829225266 Wyk: F2

18 Mrt 1956       ANNATJIE SCHEEPERS           Sel: 0828203095 Wyk: A7

18 Mrt 1954       MARA STRYDOM                     Sel: 0731118788 Wyk: D1

18 Mrt 1980       JIMMY YOUNG                         Sel: 0782675195 Wyk: G3

20 Mrt 1998       MARLI DU PREEZ                     Sel: 0837615720 Wyk: B2

21 Mrt 1954       KOOS SCHEEPERS                 Sel: 0825756978 Wyk: A7

22 Mrt 2003       THENÈ RIEKERT                       Sel: 0836794462 Wyk: A4

24 Mrt 1964       MARTHIE KRUGER                   Sel: 0722754177 Wyk: A2

24 Mrt 1938       CHRISTOFF NAUDÈ                 Sel: 0828090182 Wyk: E7

24 Mrt 1923       POPPIE PRETORIUS                Sel: 0122523119 Wyk: E2

24 Mrt 2007       MIA RHEEDERS                       Sel: 0829225459 Wyk: F2

24 Mrt 2000       FRANCOIS SIEBERT                 Sel: 0847189405 Wyk: F6

BEROEPE ONTVANG

·        Ds CA Jansen van Secunda na Pietersburg-Suid.

·        Proponent SJL Linde na Pretoria-Wonderboom-Suid.

·        Ds JC van Dyk van Ventersdorp na Kuruman.

·        Ds HC van Rooy van Randburg na Durban-Noord.

BEROEPE AANVAAR

·        Proponent SJL Linde na Pretoria-Wonderboom-Suid.

BEROEPE BEDANK

·        Ds W van den Heever van Rietvallei na Zeerust.

·        Ds TJ van Vuuren van Heilbron na Elandskraal.

DIENSGROEPE

Die diakonie funksioneer in verskillende diensgroepe waarby enige lidmaat, wat dienswerk wil doen, kan inskakel.   Daar is diensgroepe vir Jeug, Seniorlidmate, Armsorg, Gemeentefunksies, Siekes, Kommunikasie ens.  Kontak gerus vir Danolien Postma of enige van die diakens om by een van die diensgroepe in te skakel. Hier kan u geloof in dade sigbaar word!

<< Start < Prev 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 Next > End >>
Page 50 of 50